FINGRO
Posbus 143
Buccleuch 2066
10 Januarie 2000
Die herstel van die mark het beteken dat Fingro een van die beste
jare van
sy bestaan beleef het met 'n groei van 36,5%, wat die jaarlikse
groei op
52,3% te staan bring. Dit is een van die beste vertonings ooit.
'n Groei van
dié orde is op sigself egter geen aanduiding van prestasie nie.
Slegs 'n
vergelyking met soortgelyke beleggings sal enigsins van nut wees.
Die beste
vergelyking is met die sogenaamde "General Equity
Funds". Die vergelyking
sien soos volg daar uit.
Tydperk (jaar) Fingro se posisie Aantal groeifondse
1 ..............................4......................... 46
2 ..............................4......................... 30
3 ............................10......................... 25
4 ..............................3......................... 21
5 ..............................4......................... 19
Behalwe vir die vergelyking oor drie jaar, het Fingro 'n posisie
in die
boonste kwartiel verwerf. Dit is maar die maatstaf wat deur
groeifondse
gebruik word om sukses te bepaal. Wat interessant is, is
dat geen van die
fondse wat oor drie en vier jaar bokant Fingro presteer het, oor
een jaar
eers in die boonste tien verskyn nie. NIB Syfrets Prime Select,
wat heelbo
was oor drie, vier en vyf jaar, kon slegs twaalfde posisie behaal
oor een
jaar. Netso is Metropolitan General Equity nou in 32ste posisie
nadat dit
tweede gelê het.
Sowat twee jaar gelede het ek die resultaat van 'n studie oor die
prestasie
van groeifondse in hierdie brief genoem en ek wil dit graag
herhaal omdat
dit lig werp op die kwessie van hoe moeilik dit is om die regte
fonds te
kies.
Indien 'n bedrag van R100 op 1 Januarie in 'n algemene fonds
belê is, met 'n
verskuiwing na 'n ander fonds elke twee jaar, sou die resultaat
soos volg
gewees het:
Indien u na die beste presteerder van die vorige twee jaar
oorgeskakel het,
sou u op 1 Januarie 1997 R396 gehad het.
Indien u na die swakste presteerder oorgeskakel het, sou u R444
gehad het.
Dit lyk of dit dus beter is om u geld in 'n fonds te plaas wat
swak
presteer!
Indien u deurgaans in die swakste presteerder oor die tien jaar
belê het en
glad nie u geld geskuif het nie, sou u R466 gehad het. Dit lyk of
dit dus
nog beter is om 'n fonds te kies en by hom te bly.
Indien u ewe veel in al die fondse belê het en dus die
gemiddelde opbrengs
van die mark verdien het, sou u R561 gehad het.
Indien u so gelukkig was om die beste presteerder te gekies het,
sou u R628
gehad het.
Indien u Fingro gekies het, sou u R617 gehad
het.
Indien u die wysheid gehad het om die beste
presteerder van die volgende
jaar te kies, sou u 'n verstommende R4689 gehad het.
Netsowel kon u die swakste presteerder gekies het, in welke geval
u die R100
na R33 sou verminder het!.
Die bogaande wys dat dit bykans onmoontlik is om die beste fonds
te kies.
Dit is ook onmoontlik om die toekoms in 'n tru-spieël te sien,
m. a. w.
historiese prestasie is geen waarborg vir toekomstige sukses nie.
Vir diegene wat belangstel om die portefeulje op 'n meer gereelde
basis dop
te hou, verskaf ek die besonderhede.
Aantal Aandeel
Aankoopprys Prys: 31/12/
1999(sent) Prys: 7/01/2000 100
De Beers
10640
17900
18000
200 Gencor
1075
3535
3840
1000 Billiton
1075
2675
2535
1056 Absa
1775
2760
2790
2000 BOE
570
600
596
1000 Old Mutual
1230
1615
1595
710
M&R
2200
464
476
2000 Profurn
435
678
650
10475 Leisurenet
122
324
326
200 Sasol
4240
5110
5190
1015 Didata
912
3860
4215
6500 Mnet-SS
255
580
600
300
Naspers
2650
5600
5970
228
Foschini
2320
1685
1745
1087 Iscor
3690
2330
2700
Fingro bestaan reeds sedert 1 Augustus 1978. Elke lid het
destyds met 'n
bedrag van tien Rand afgeskop. Tien Rand was destyds drie
kartonne
sigarette. Hierdie eenmalige belegging van R10 is vandag R169
werd by
Fingro. Dieselfe tien Rand kon destyds koop wat R112 vandag sal
koop. Indien
die destydse lid volgehou het met sy bydrae, sou hy vandag R21
191 gehad
het. Indien hy die insig gehad het om daardie bedrag op te stoot
met die
inflasiekoers, sou hy vandag R112 per maand bygedra het en sy
belang by
Fingro sou R55 000 gewees het.
Enige belegging teen 'n vaste rentekoers sou beter as die
effektebeurs oor
die afgelope vyf jaar gewees het. Indien die periode egter
verleng word, lyk
die aandelebeurs weer meer aantreklik, met selfs die risiko in ag
geneem.
Fingro se opbrengs was gemiddeld 13,5% per jaar oor die afgelope
22 jaar,
wat gelykstaande is aan 'n opbrengs van 24,5% per jaar wat aan
belasting
onderworpe is. Slegs die eerste R2000 van rente-inkomste is
belastingvry.
Indien die eerste vier jaar van Fingro se bestaan ge-ignoreer
word, lyk die
posisie heelwat beter met 'n opbrengs van 19% per jaar (34,5%
voor
belasting).
In die eerste week van die nuwe jaar het Fingro reeds met 4,3%
gestyg.
Vriendelike groete
Tel.: (012) 309-3228 (b)
: (011) 804-6533 (h)
: 083 282-0047