|
Waarom moet ek my laat was?
1 2
3 4 5 6
7
Die Goue Reukaltaar.
Die goue reukaltaar word in Exodus
30:1-10 beskryf. In vers 6 sê JaHWeH aan Moshé:
6 Sit dit
dan voor die voorhangsel wat voor die aangesig van die ark van die Getuienis
is, voor die aangesig van die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek
met jou sal saamkom.
(Moshé het voor die
voorhangsel gestaan terwyl JaHWeH van agter die voorhangsel met hom gespreek het.)
7 En Aäron
moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die
lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek.
8 En as Aäron
teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as ’n voortdurende
reukwerk voor die Aangesig van JaHWeH, in julle geslagte.
9 Julle mag daarop
geen volksvreemde reukwerk of brandoffer of spysbydrae bring nie. Julle mag
ook geen drank daarop inskink nie.
10 En Aäron moet
een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloed
vir die versoening van oortreding moet hy een maal in die jaar daarvoor
versoening doen vir julle geslagte. ‘n Apartheid van aparthede is dit aan
JaHWeH.
Die speserye se voorbereiding
vind ons in verse 34-35:
34 Verder
het JaHWeH vir Moshè gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en
galbanum - speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede,
35 en maak daar
reukwater van, ’n mengsel soos die salfmenger dit maak, gesout, suiwer
apartheid.
Van die reukwerk lees ons in:
Openbaring 5:8:
8 en toe Hy die Boekrol neem, val
die vier
lewende wesens en die vier-en-twintig oudstes voor die Lam
neer, elkeen met siters en goue bekers vol reukwerk, wat die gebede van
die Apartes is.
Verder in Openbaring 8:3-4:
3 En ’n ander Boodskapper het gekom en met ’n
goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom
gegee, om dit met die gebede van al die Apartes op die goue altaar voor
die Troon te lê;
4 en die rook van die reukwerk het met die gebede van
die Apartes uit die hand van die Boodskapper opgegaan voor Elohim.
Die Goue Altaar het dus te doen
met die gebede van die kinders van JaHWeH. As jy dan saam met JaHWèshua voor
hierdie Altaar kom staan, word jou lewe voor JaHWeH blootgelê en word jy
beoordeel. Daarom is dit uiters noodsaaklik om die Versoendag korrek te hou.
Wanneer jy eenmaal in die jaar versoening voor JaHWeH gaan doen en in sak en as
voor Hom berou gaan toon, sal daardie gebede voor Hom in herinnering geroep
word.
Die bloed op die horings van
die altaar kan dalk ‘n verwysing wees na die gebede by die pasga-tafel (MattithJaHûW
26:26), wanneer jy dank vir vlees en bloed.
Slaag jy hier die toets voor
JaHWeH en jou naam is in die Boekrol van die Lewe van die Lam geskrywe (Openbaring
21:27), sal jy die teenwoordigheid van JaHWeH kan betree soos ook met Henog
gebeur het.
Openbaring van Henog 9:15-23:
15 En ek het op my aangesig neergeval en Hom
vereer.
16 En JaHWeH het met my met Sy eie mond geroep: Wees
dapper, Henog, moenie bevrees wees nie, staan op en staan voor My Aangesig tot
in die ewigheid.
17 En JaHWeH se groot Hoofboodskapper, MíkaEl, het my
opgelig en voor die Aangesig van JaHWeH in gebring.
18 JaHWEH het sy diensknegte op die proef gestel en aan
hulle gesê: Laat Henog voor My staan tot in ewigheid.
19 En die glansrykes het voor die aangesig van JaHWeH
neergebuig en gesê: Laat hom opkom. (Laat die Gérubs die Voorhangsel van
die Getuienis oopmaak, sodat jy kan deurbeweeg.)
20 En JaHWeH het aan MíkaEl gesê: Neem Henog en
verwyder sy aardse kledingstukke en salf hom met My goeie olie en
klee hom in glansryke kledingstukke.
21 MíkaEl het my klere uitgetrek en my gesalf met goeie
olie.
22 En die voorkoms van die salf was meer glansend as ‘n
groot lig en die rykheid daarvan soos soet dou, en die geur soos mirre, blinkend
soos ‘n straal van die son.
23 Ek het na myself gekyk en ek was soos een van die
glansrykes, en daar was geen opvallende verskil nie.
Nóú kan jy JaHWèshua volg
waar Hy gaan (Openbaring 14:4-5), met die Naam van die Vader op jou
voorhoof en as dienskneg voor Sy troon - (Openbaring 22:3-4).
So lees ons ook in Openbaring
14:4:
Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie (Vrou
Dwaasheid of Boosheid en haar twee dogters — (ZekarJaH 5), want
hulle is maagdelik skoongewas; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy
ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die adamiete as eerstelinge (144
000 as bruid) vir Elohim en die Lam (Bruidegom).
Henog 108:9 en 10
beskryf dit verder mooi:
9 wat sedert hulle geskep is, nie na aardse
voedsel verlang het nie, maar alles as ‘n verbygaande asemteug gesien het,
en daarvolgens geleef het, en JaHWeH het hulle baie beproef en hul geeste
is rein (opreg) bevind sodat hulle Sy Naam kon seën.
10 En al die seëninge wat vir hulle bestem is, het ek
in die Boekrolle verhaal. En Hy het hul beloning aan hulle toegeken,
want hulle is bevind dat hulle die hemele meer begeer as hul aardse
lewe, en hoewel bose mense hulle onder hul voete vertrap en hulle misbruik en
uitgeskel het en hulle tot skaamte gedwing is, het hulle My Naam nogtans
geseën.
Die agtste deel of mees
Apartgestelde Apartheid.
Omdat ons nie weet of wil
bespiegel oor wat ons hier gaan aantref nie, wil ek my nie graag hieroor uitlaat
nie. Tog lees ons in Exodus 25:22:
En daar sal Ek met jou saamkom, en van die Versoendeksel
af, tussen die twee Gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal
Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van JisraEl sal beveel.
Ons het reeds gesien dat die
twee tafels van die Getuienis, die Twee Woorde, onder die Versoendeksel gebêre
is—Exodus 25:21.
Die Hemelse Tabernakel (Openbaring
2:3) sal na die adamiete toe kom en dan sal die Vader op Sy Troon sit. Die
twee Gérubs wat Hom sal beskut, kan moontlik die Gees van die Wysheid of
Apartheid wees, want so lees ons in Wysheid van Salomo 9:4, 10 en 17.
4 gee U my die Wysheid wat op U troon sit,
…
10 Stuur U Haar vanuit die hemele van apartheid en send
U Haar vanaf die Troon van U Glansrykheid, sodat Sy met my kan wees en
saamwerk, en ek kan weet wat aan U welgevallig is.
17 Wie kan U Wil ken as U Self nie die Wysheid geen en
U Gees van Apartheid van omhoog stuur nie?
Dan sê Stéfanus in Handelinge
7:56:
Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die adam
aan die regterkant van die Elohim staan.
So verklaar JaHWèshua ook Self
in Openbaring 3:21:
Aan Hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My
Troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My VADER op SY Troon gaan sit het.
Die Wysheid van Salomo 18:15
sluit hierby aan:
Het U Almagtige Woord (JaHWèshua) soos ‘n
grimmige Krygsman van U Koningstroon in die hemele in die midde van die
land van bederf gespring en Hy het U onherroeplike oordeel gedra soos ‘n
skerp swaard.
Binne-in die aardse ark was die
kliptafels met die Tien Woorde. Ons lees in Markus 1:1 van die Goeie
tyding wat die Seun gebring het, wat die Goeie tyding van die Koninkryk van
Elohim is (1:14) met die opdrag in vers 15:
Bekeer julle en glo die Goeie tyding.
In Openbaring 14:6 lees
ons:
En ‘n ander Boodskapper in die middel van die lug sien
vlieg met ‘n ewige Goeie tyding en nuus om te verkondig aan die
bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.
Is dit dalk wat in die Hemelse
ark bewaar word? - Openbaring 21:3.
Watter vreugde sal dit nie wees
vir hulle wat beskore sal wees om daardie dag te mag belewe nie!!!
Net ‘n laaste waarskuwing:
Die van julle wat nog nie gewas is nie, maak baie seker dat jy die regte
voorskrif volg, want jy en jou gesin se ewige lewe, hang daarvan af.
Dankgebed van ‘n Uitverkorene.
Ode van Salomo 25:
1 Ek het ontsnap uit my boeie, en na U het ek
gevlug, o my Elohim,
2 Want U Regterhand was ‘n verlossing, en my Helper.
3 U het hulle wat teen my opgestaan het, teëgehou, en
ek sal hulle nie weer aanskou nie,
4 Want U Seun was met my, wat my gered het deur U
Barmhartigheid.
5 Maar ek is verag en verwerp in die oë van baie, en
ek was in hulle oë soos lood.
6 En sterkte van U is aan my gegee, en hulp.
7 U het ‘n lamp vir my opgestel, aan my regterhand en
aan my linkerhand, sodat daar niks binne my sonder Lig sou wees nie.
8 En ek is bedek met die bedekking van U Gees, en U het
my klere van vel verwyder,
9 Want U Regterhand het my opgehef, en het gewil dat
siekte van my verwyder word.
10 Ek het magtig in die Waarheid geword en apart in U
Geregtigheid.
11 Almal wat teen my was, het my gevrees, en ek het
JaHWeH s’n geword, in die Naam van JaHWeH.
12 Ek is geregverdig deur SY goedheid; en SY rus vir
ewig.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH.
Aan Hom alle eer en lof en danksegging.
HalaluJaHH, prys Sy Naam!
1 2
3 4 5 6
7
|