|
Waarom moet ek my laat was?
1 2
3 4 5 6 7
Die Goue Kandelaar.
Die beskrywing van die kandelaar word in Exodus 25:31-40 weergegee.
In vers 37 staan:
37 Jy moet haar sewe lampe
maak, en hulle moet haar lampe opsteek om dwarsoor haar aangesig te verlig.
Die lampe moes dus Lig gee in die Voorhof of Tempel.
Númeri 8:2:
2 Spreek met Aäron en sê
vir hom: As jy die lampe opsteek, moet die sewe lampe die voorkant van
die kandelaar verlig.
Die lampe kan nie vanself brand nie, daarom dat JaHWeH aan
Moshé beveel het in Levítikus 24:2-3:
2 Gee bevel aan die kinders van JisraEl dat hulle vir jou
suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om voortdurend
’n brandende lamp te hê
3 Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die
Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak [om te brand] van die aand tot die
môre voor die Aangesig van JaHWeH, voortdurend. Dit is ’n ewige Insetting vir
julle geslagte.
Die kandelaar self kan nie Lig gee nie, maar dit is die
suiwer (rasegte, rassuiwer) fyngestampte olyfolie wat in die lampe van die
kandelaar is, wat die lig gee.
Nou lees ons in JeshaJaH 10:17:
17 En die Lig van JisraEl
sal ’n Vuur wees, en Sy Aparte Een ’n Vlam; en Hy sal haar
distels en haar dorings verbrand en verteer op een dag.
Psalm 56:13:
13 want U het my siel gered van die Dood - ja,
my voete van struikeling - om te wandel voor die Aangesig van Elohim, die Lig
van die lewe.
Psalm 36:9
9 Want by U is die Fontein van die Lewe; in U
Lig sien ons die lig.
Psalm 112:4
4 [ zÉ
Zajin.] Vir die opregtes gaan Hy op as die Lig in die Duisternis:
Wie of wat was dan hierdie Lig?
In JeshaJaH 9:1-2 en MattithJaHûW 4:15-16 lees
ons:
1 Want nie [langer] sal dit
donker wees daar waar benoudheid is nie: in die eerste tyd het Hy die land
Sébulon en die land Naftáli in veragting gebring, en in die laaste tyd bring
Hy tot eer die weg na die see, die oorkant van die Jordaan, die streek van die
nasies.
2 Die volk (Benjamin in Galiléa) wat in die
Duisternis wandel, het die groot Lig gesien; die wat woon in die land van
Doodskaduwee, oor hulle het die Lig geskyn.
Psalm 43:3
sê aan ons:
3 Stuur U Lig en U Waarheid;
laat Hulle my lei; laat Hulle my bring na die berg van U Apartheid en na U
woninge,
In Lukas 1:78 word die Lig nader aan ons gebring:
78 deur die innige
barmhartigheid van onse Elohey waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons
besoek het,
Lukas 2:32:
2 ’n Lig tot verligting van die nasies en tot
glansrykheid van U volk JisraEl.
Hierby sluit JeHôWganan aan toe hy verklaar:
JeHôWganan 1:4-9:
4 In Hom was lewe,
en
die lewe was die Lig van die adam.
5 En die Lig skyn in die Duisternis, en die Duisternis
het dit nie oorweldig nie.
6 Daar was ’n man van die Elohim gestuur, wie se naam
JeHôWganan was.
7 Hy het tot ’n getuienis gekom om van die Lig te
getuig, sodat almal deur hom sou glo.
8 Hy was nie die Lig nie, maar hy moes van die Lig getuig.
9 Die ware Lig wat elke adamiet verlig, was aan
kom in die wêreld.
Nou sê die Gesalfde vir ons in:
JeHôWganan 8:12:
12 En JaHWèshua het weer
met hulle gespreek en gesê: EK is die Lig van die wêreld; wie My volg, sal
sekerlik nie in die Duisternis wandel nie, maar sal die Lig van die lewe hê.
Ook in:
JeHôWganan 12:35-36, 46-48:
35 En JaHWèshua sê vir
hulle: Nog ’n klein tydjie is die Lig by julle. Wandel so lank as julle die
Lig het, sodat die Duisternis julle nie oorval nie. En wie in die Duisternis
wandel, weet nie waar hy gaan nie.
36 So lank as julle die Lig het, glo in die Lig,
sodat julle kinders van die Lig kan word. Dit het JaHWèshua gespreek, en Hy het
weggegaan en Hom vir hulle verberg.
46 Ek het as die Lig in die wêreld gekom, sodat elkeen
wat in My glo, nie in die Duisternis sou bly nie.
47 En as iemand na My woorde luister en nie glo nie, Ek
oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om
die wêreld te red.
48 Wie My verwerp en My woorde nie aanneem nie, het een
wat hom oordeel: die Woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in
die laaste dag.
Met die eerste vermeerdering van die brode, lees ons in MattithJaHûw
14:16:
16 Maar JaHWèshua sê vir
hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle (die Apostels) vir
hulle iets om te eet
Met die tweede vermeerdering:
MattithJaHûW 15:32:
32 Toe het JaHWèshua Sy
studente na Hom geroep en gesê: Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle
al drie dae by My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle
nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad
beswyk nie.
Wat JaHWéshua hier te kenne wil gee, is dat Hy kos wil gee
aan Sy volgelinge vir die pad vorentoe. Iets waaraan hulle kan vasklou wat vir
hulle rigting en lig in hul lewe kan gee. Hulle het dan ook sewe brode en
daar bly sewe mandjies oor.
In die Openbaring aan JeHôWganan 1:3 kom die
waarskuwing:
3 Geseënd is hy wat die
woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en onderhou wat daarin
geskrywe is, want die tyd is naby.
Hier kom dus ‘n baie duidelike opdrag om die woorde van Openbaring
na te kom as jy geseënd wil wees. Dan sal die opdragte daarin vir jou as
rigtingwyser dien op jou pad - (sodat jy nie miskien op die pad beswyk of
verlore gaan nie).
So sluit Openbaring ook af in:
Openbaring 22:7:
7 Kyk, Ek kom gou.
Geseënd is hy wat die Woorde van die profesie van hierdie Boekrol bewaar
Geen woord mag bygevoeg of weggelaat word in hierdie Boekrol
nie — (Openbaring 22:18 en 19).
Openbaring 1:4, 12, 13, 16, 19, 20:
4 JeHôWganan aan die sewe gemeentes in Asië:
Barmhartigheid vir julle en vrede van HOM wat is en wat was en wat kom, en van
die sewe Geeste wat voor SY Troon is,
12 Toe draai ek my om, om te sien watter Stem met my
gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,
13 en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van
die adam met ’n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors
met ’n goue gordel.
16 En in Sy regterhand het Hy sewe sterre gehou,
en ’n skerp tweesnydende swaard het uit Sy mond uitgegaan, en Sy aangesig
was soos die son wat skyn in Sy Krag.
19 Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is,
sowel as die wat gaan gebeur;
20 die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in My
regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die
boodskappers van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy
gesien het, is die sewe gemeentes.
Dan in Openbaring 3:1:
1 … Dít sê Hy wat die sewe Geeste van Elohim
en die sewe sterre het:
Openbaring 5:6 brei
ook verder uit:
6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die
Troon en die vier lewende wesens en in die midde van die oudstes staan daar ’n
Lam asof Hy doodgebloei is, met sewe Horings en sewe Oë, wat die sewe
Geeste van Elohim is wat uitgestuur
is oor die hele aarde.
In 2
Kronieke 16:9 word die werking van die
Oë verklaar:
9 want JaHWeH - Sy Oë deurloop
die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom
gerig is; ...
Die Oë sal dan ook Lig verskaf aan diegene wat met hulle
hele hart vertrou en doen. As die sewe gemeentes die sewe kandelare is, dan moet
dít wat aan die sewe gemeentes oorgedra is, ook lig verskaf aan hulle wat dit
lees, hoor en doen - (Openbaring 1:2 en 22:7).
Aan elke gemeente word ‘n belofte gemaak, nadat hulle dít
oorwin het wat aan hulle voorgehou word. Die wat oorwin sal dan loon ontvang.
Openbaring 2:7:
7 Wie ’n oor het, (besnede,
gehoorsame oor) laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat
oorwin, sal Ek gee om te eet van die Boom van die Lewe wat binne-in die
paradys van Elohim is.
Ook verder in 2:11, 17, 26 en 3:5, 12 en 21. Die wat
eet van die Boom van die Lewe sal lewe tot in ewigheid - (Génesis 3:22).
JaHWèshua sê vir ons in JeHôWganan 14:6:
6 JaHWèshua antwoord hom: Ek is die Weg en die Waarheid
en die Lewe; niemand kom na die VADER behalwe deur My nie.
Ons het nou gesien dat die Tempel waarvan JaHWèshua die deur
afgeskop het, net bestaan uit Hom en Sy leerstellinge en Gebooie wat ook die
Gebooie van die Vader is. Jy móét deur daardie tempel beweeg om by die
agterste deel uit te kom, die deel waar JaHWeH is, wat die Hemele is.
Nou sê JaHWèshua in JeHôWganan 9:5:
5 EK is die Lig van die
wêreld, so lank as Ek in die wêreld is
Dus, as JaHWèshua nie meer in die wêreld is nie, is Hy nie
meer die Lig van die wêreld nie.
Wat gaan dan van ons word?
Die vertroosting kom in JeHôWganan 14:18:
18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na
julle toe.
Hy sê dan in JeHôWganan 14:15-17:
15 As julle My liefhet, onderhou My Gebooie.
16 En Ek sal die VADER versoek, en HY sal julle ’n ander
Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
17 die Gees van die Waarheid wat die wêreld nie kan
ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom,
omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
In JeHôWganan 16:7-8:
7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle
voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie
na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig (Lig
gee) van oortredinge en van geregtigheid en van oordeel:
Die Salwing, oftewel die Trooster, sal dan by JaHWèshua
oorneem as die Lig van die wêreld.
Indien jy dus ten volle met jou hele hart gehoorsaam is aan
die opdragte en weë van die Seun, Sy voorbeeld jou lewe is, die Gees van
Apartheid en die Gees van Waarheid toelaat om jou te leer en te onderrig, dan
kan jy jubel saam met JeshaJaH 61:10:
10 Ek is baie bly in JaHWeH,
My siel juig in My Elohey; want HY het My beklee met die klere van beskutting,
(onderkleed van die Wysheid) My in die mantel van Geregtigheid (die
bo-kleed van die Waarheid) gewikkel - soos ’n Bruidegom wat priesterlik die
hoofversiersel ombind, en soos ’n bruid wat haar versier met haar
juwele.
Nou is jy ‘n uitverkorene, beklee met wit klere en wat op
hul hoofde verseël is:
Openbaring 3:12:
12 Wie oorwin, Ek sal hom
’n pilaar in die tempel van My Elohey maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan
nie; en Ek sal op hom die NAAM van My Elohey skrywe en die naam van die stad van
My Elohey, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemele van My Elohey neerdaal, en
My nuwe Naam.
Lees ook Openbaring 7:1-17 en 2 Ezra 2:34-48
Die Nuwe Verbond is dan nou jou deel (Hebreërs 8:10),
jy is nou klaar geleer en gereed om saam met die Hoëpriester na die Vader te
beweeg - (Hebreërs 5:10).
Want:
JaHWèshua het Hom aan jou geopenbaar (JeHôWganan 14:21)
en word treffend beskryf in:
Ode van Salomo 11:7, 11:
7 En ek het gedrink en was
bedwelm deur die lewende, onsterflike waters;
11 JaHWeH het my vernuwe met SY kleed, en van my besit
geneem met SY Lig,
Jy het die Waarheid as ‘n ewige kroon op jou hoof geplaas -
(Ode 9:8). Hy het jou oë verlig en jou gesig het die dou opgevang - (Ode
11:14). Nou het Hy jou gebring na Sy paradys waar die rykdom van die genot
van JaHWeH is - (Ode 11:16).
Kan jy nou verstaan waarom Petrus in Handelinge 4:12 gesê
het:
12 En die verlossing is in
niemand anders nie, want daar is ook geen ander Naam onder die hemele wat onder
die adamiete gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
Jy het die tugtiging deurstaan - (Hebreërs
12:6-7).
(Die Paulus-manne het dalk rede om te besin.)
1 2
3 4 5 6 7
|