Verbondskoerier

'n Tydskrif vir die denkende Boere-Israeliet !


Waarom moet ek my laat was?

Ramshorings

Die idiote kisse

Jou Erfdeel

Stof tot nadenke

Heraldiek

Die Arend Koningkryk

Die Verbonde

Vigs, wat steek hulle weg ?

Die voedsel wat ons eet

Inleiding

Historiese Agtergrond

Boerevolk - Situasie

5 Brode & 2 Visse

Vertalingsmeganisme

Vertalingsprobleme

Samestellingsprobleme

Saulus van Tarsus

Die Gelofte

Die Ware Naam van ons Hemelse Vader

Hoofletters, leestekens ens.

Apartheid

Vredesverbond

Ten Slotte

Aanhangsel B

Prelude

Terminology

DOGS OF CHRISTIANITY

Introduction

Motivation

Background

Control over Humans

Bible rewritten

Contamination of African Blood

Liberal Afrikaner begins with Manipulation

What was written in the Bible originally?

Kennisgewing

Media verklaring

Toespraak te Bloedrivier

Deel 1

Deel 2

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4

Waarom moet ek my laat was?

1  2 3 4 5 6 7

Die Waskom.

In Exodus 30:17-21 lees ons:

17 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:

18 Jy moet ook ’n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van samekoms en die altaar, en gooi water daarin,

19 dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was.

20 As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle die altaar nader om te dien deur ‘n vuurbereiding aan die brand te steek aan JaHWeH.

21 Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle ’n ewige Insetting wees, vir hom en sy saad in hulle geslagte.

In Exodus 40:12 lees ons dat Moshé vir Aäron en sy seuns na die tent laat kom het en hulle met water gewas het. Daarna is hulle geklee en toe gesalf.

As ons Levítikus 8:6 en 16:4 saamlees, dan is hierdie met water was, die was van die hele liggaam, voordat jy die kleed van Apartheid aantrek.

Daarná, nadat die priester geklee en gesalf is, was hulle net die hande en die voete uit die waskom.

Jy beweeg nou na die waskom (water) en laat jou was - jou hele liggaam om skoon te kom van die verlede, soos wat die voorskrif verskyn in MattithJaHûW 3:16 en Handelinge 8:37.

Voordat jy deur die water gaan, kan jy saam met die Psalmdigter sê:

Psalm 51:7-13:

7 Was my van oortredinge met hisop, dat ek kan skoon wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.

8 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.

9 Verberg U Aangesig vir my oortredinge en delg uit al my skuld vir oortredinge.

10 Skep vir my ’n opregte hart, o Elohim, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees.

11 Verwerp my nie van U Aangesig nie en neem die Gees van U Apartheid nie van my weg nie.

12 Gee my weer die vreugde van U voorspoed, en vernuwe my deur ’n vaste gees.

13 Ek wil die opstandiges U weë leer, dat die oortreders hulle tot U kan bekeer.

Kom jy uit die water, dan kan jy jubel:

Ode van Salomo 11:2-3:

2 Want die ALLERHOOGSTE het my besny met SY Gees van Apartheid en my niere voor HOM blootgelê; en my gevul met SY liefde. (Wysheid.)

3 En SY besnydenis het my verlossing geword; en ek het op die weg in SY vrede gehardloop, op die weg van Waarheid:

4 Vanaf die begin tot die einde het ek SY Kennis ontvang.

JeségiEl 36:25-27:

25 Dan sal Ek skoon water op julle uitgiet, sodat julle skoon kan word; van al jul onsuiwerhede en van al jul drek-idole sal Ek julle suiwer.

26 En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee.

27 En Ek sal My Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in My Insettinge wandel en My Verordeninge onderhou en doen.

Die Wysheid is nou in jou binneste verseël en jy dra die onderkleed, die linnekleed wat in een stuk gewewe is — (die kunstig, bewerkte rok van Exodus 28:4; 29:5, 8; 40:13-14).

Nou voldoen jy aan die vereistes soos JaHWèshua dit neergelê het in:

JeHôWganan 3:5-6:

5 JaHWèshua antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die Koninkryk van die Elohim nie ingaan nie.

6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

Ons weet reeds dat JaHWèshua sonder enige oortreding was en dat Hy van Sy geboorte vervul was met die Gees van Wysheid. Toe Hy deur JeHôWganan gewas is, is Hy gewas met die Wysheid reeds in Hom.

Wat het verder daar gebeur?

Toe JaHWèshua uit die water kom - (MattithJaHûW 3:16-17:

En nadat hy JaHWèshua gewas het, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van Elohim soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.

En daar kom ‘n Stem uit die hemele wat sê: Dit is My Geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.

Hiermee het die Hemelse Vader Self die mantel van die Hoëpriesterskap op die skouers van Sy Seun gelê.

Exodus 29:5:

5 En neem die klere en beklee Aäron met ‘n kleed en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind hom die band van die skouerkleed om.

Hier is JaHWèshua ook met die Gees van Waarheid, die Trooster gesalf (die duif), die salwing wat die Hoëpriester moet kry alvorens hy met sy taak kan begin.

Exodus 40:13:

13 Trek vir Aäron

dan die klere van die Apartheid aan;

en salf hom en hou hom apart,

dat hy vir My die priesteramp kan bedien

Onmiddellik daarna word JaHWèshua versoek om die Waarheid in Hom te toets - (MattithJaHûW 4:1-11).

Eers nadat Hy die toets geslaag het, het Hy begin om Sy skape te onderrig.

So sê Hy dan aan Pilatus in:

JeHôWganan 18:37:

37 Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ’n koning? JaHWèshua antwoord: U sê dat Ek ’n koning is. Ek is hiervoor gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die Waarheid te getuig. Elkeen wat uit die Waarheid is, luister na My stem.

Wat JaHWèshua dus hier sê, is dat iemand wat nie die Gees van die Waarheid (Trooster van JeHôWganan 14) ontvang het nie, ook nie na Hom sal luister nie.

As jy jou dus laat was het, sonder om met jou hele hart in Hom te glo (Handelinge 8:37), kan jy nie na Hom luister nie. Jy dra dan ‘n verkeerde kleed en sal ook nie die Salwing van die Trooster ontvang nie. Dit is hulle waarna die Gesalfde in MattithJaHûW 7:21-23 verwys het.

21 Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! sal ingaan in die Koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My VADER wat in die hemele is. (Nie die wil van Tarsus of Antiochië nie.)

22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Meester, Meester, het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam demone uitgedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie?

23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid bedryf! (teen die Wil optree.)

Hulle wat onwrikbaar glo dat JaHWèshua in die vlees gekom het, vir hulle het die Gees van die Waarheid gekom. Dit is net hulle wat met Hom gesalf sal word — (Handelinge 2). Met die gevolg dat dit ook net hulle, die Uitverkorenes is wat die Salwing sal ontvang en daardeur onderrig sal word.

1 JehôWganan 2:20, 27:

20 En julle het die salwing van die Aparte Een en sal alles weet.

27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde Salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.

Die van julle wat beskore is om hierdie Salwing te mag ontvang, moet dan net weet dat jy die vyand van die owerste van hierdie wêreld is. Satan sal jou toets, versoek en verlei op die mees geslepe wyses denkbaar. Maar die wat die toetse deurstaan, sal die kroon van die lewe ontvang — (Openbaring 2:10-11; 20:4-6).

Die Gees van Waarheid (Salwing) gaan ‘n paar dinge doen:

Hy sal julle alles leer en,

Sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het — (JeHôWganan 14:26).

Hy sal julle in die hele waarheid lei.

Hy spreek nie uit Homself nie.

Alles wat Hy hoor sal Hy spreek,

Die toekomstige dinge verkondig - (JeHôwganan 16:13). Hy vereer die Seun.

Hy neem uit wat aan die Seun behoort en

Verkondig dit aan Sy skape - (JeHôwganan 16:14).

Dit is die Leraar tot Geregtigheid waarvan JôWEl 2:23 profeteer en wat uitgestort is in Handelinge 2:3, 16.

Volgens Exodus 30:22-28 is hierdie salfolie net vir die priesterskap (30) en mag op geen (gewone) adamiet uitgegiet word nie. Dit mag ook op geen onbevoegde kom nie — (33).

Hierdie salwing is dan ook vir die priesters ‘n salwing van ewige priesterskap — (Exodus 40:15). Net so sal hulle wat die Salwing van die Gees van Waarheid ontvang, vir ewig priesters saam met JaHWèshua wees — (Openbaring 20:6).

Een ding wat jy mooi moet verstaan, is dat die Trooster nie preek en jy sit en luister nie. Nee, jy leer en dan terwyl jy leer, wys Hy die weg vir jou aan. Vergeet daarvan om te wag en te wonder en te hoop jy hoor iets wat vir jou lekker en aangenaam klink. As jy nie self leer nie, sal jy nêrens kom nie.

Lees Lukas 9:57 en 62:

62 En JaHWèshua antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die Koninkryk van die Elohim nie.

Hier staan jy dan nou; van vlees besny, jou oortredinge verbrand deur die Bloed van die Gesalfde, jou liggaam gewas met skoon water, beklee met die onderkleed van die Wysheid en gesalf met die Gees van die Waarheid. Jy is vervul met die Gees van die Wysheid om jou verstand te open en gesalf met die Gees van die Waarheid om jou verstand in die 

regte rigting te stuur.

Al wat jy moet doen, is om te begin leer.

Tot hiertoe het jy dit nagekom volgens 1 JeHôWganan 5:1-8:

1 Elkeen wat glo dat JaHWèshua die Gesalfde is, is uit Elohim gebore; en elkeen wat die VADER liefhet, het ook die een lief wat uit HOM gebore is.

2 Hieraan weet ons dat ons die kinders van Elohim liefhet: wanneer ons Elohim liefhet en SY Gebooie onderhou.

3 Want dit is die liefde tot Elohim dat ons SY Gebooie onderhou; en SY Gebooie is nie swaar nie.

4 Want alles wat uit Elohim gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

5 Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat JaHWèshua die Seun van die Elohim is?

6 Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, JaHWèshua die Gesalfde; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die Waarheid.

7 Want daar is drie wat getuig (Die uitgelate gedeelte kom nie in die oudste manuskripte voor nie naamlik: Codex Siniaticus, Vaticanus, Alexandrinus)

8 die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.

 

1  2 3 4 5 6 7 


Stuur E-Mail aan  Dirk van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
Kopiereg © 2001 Dogter van Sion
Laaste opdatering: 03-Jan-2001