Verbondskoerier

'n Tydskrif vir die denkende Boere-Israeliet !


Waarom moet ek my laat was?

Ramshorings

Die idiote kisse

Jou Erfdeel

Stof tot nadenke

Heraldiek

Die Arend Koningkryk

Die Verbonde

Vigs, wat steek hulle weg ?

Die voedsel wat ons eet

Inleiding

Historiese Agtergrond

Boerevolk - Situasie

5 Brode & 2 Visse

Vertalingsmeganisme

Vertalingsprobleme

Samestellingsprobleme

Saulus van Tarsus

Die Gelofte

Die Ware Naam van ons Hemelse Vader

Hoofletters, leestekens ens.

Apartheid

Vredesverbond

Ten Slotte

Aanhangsel B

Prelude

Terminology

DOGS OF CHRISTIANITY

Introduction

Motivation

Background

Control over Humans

Bible rewritten

Contamination of African Blood

Liberal Afrikaner begins with Manipulation

What was written in the Bible originally?

Kennisgewing

Media verklaring

Toespraak te Bloedrivier

Deel 1

Deel 2

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4

Waarom moet ek my laat was?

1  2 3 4 5 6 7

Die Brandofferaltaar.

Onder die vroeëre Aäron-orde, moes die vader van die huis ‘n slagdier saam met hom na die brandofferaltaar neem waar dit dan deur die priester geslag is en die bloed gesprinkel en die vleis verbrand is - (Levítikus 1-7).

Wanneer jy dan op die Weg van die Waarheid loop om by die ware ewige lewe uit te kom, moet jy ook by die brandofferaltaar verbygaan. Wat het jy nou in jou hand om vir JaHWeH aan te bied? Jy gaan lê daardie bevlekte en besoedelde kleed van ongehoorsaamheid op die vuur om verbrand te word. Die werk by die altaar moet deur die priester behartig word. Jy moet die aanbieding slag (berou, want jy staan met die besoedelde kleed in jou hand), die vleis in stukke verdeel (jy verskeur hierdie ou kleed in stukke), en gee dit aan die priester (Wysheid) wat dit op die altaar (folterpaal) gooi en die vuur (Bloed van JaHWèshua) verteer hierdie kleed vir altyd,

WANT: Psalm 51:17:

17 Die slagdier van Elohim is ’n gebroke gees; ’n gebroke en verslae hart sal U, o Elohim, nie verag nie!

So gee JirmeJaH die woord van JaHWeH weer:

JirmeJah 7:22-23:

22 Want Ek het met julle vaders, op die dag dat Ek hulle uit Egipteland uitgelei het, (onder die Melgisédek-orde) nie gespreek nie en hulle geen bevel gegee in verband met brandoffer of slagdier nie.

23 Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na My Stem, dan sal Ek vir julle ‘n Elohim wees, en julle sal vir My ‘n volk wees; en wandel net in die Weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.

So het hierdie dinge onder die Aäron-orde sy teëbeeld in die Melgisédek-orde.

Hebreërs 9:22-28:

22 En byna alles word met bloed gereinig volgens die Wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen versoening plaas nie. [Levítikus 17:11]

23 Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie aanbiedinge gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter aanbiedinge as hierdie.

24 Want die Gesalfde het nie ingegaan in Apartheid met hande gemaak, ’n teëbeeld van die werklike nie, maar in die hemele self om nou voor die Aangesig van Elohim vir ons te verskyn;

25 ook nie om Homself dikwels nader te bring, soos die hoëpriester elke jaar in die Apartgestelde Apartheid ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, [Exodus 30:10]

26 want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van tyd verskyn om die oortredinge van die Wet weg te neem deur Homself aan te bied.

27 En net soos die adamiete bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,

28 so sal die Gesalfde ook, nadat Hy een maal gebloei is om die oortredinge van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder hul oortredinge te verskyn aan die wat Hom verwag tot verlossing.

Hebreërs 10: 5,10, 14 en 18.

5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagdier en aanbiedinge wou U nie hê nie, maar U het vir My ’n liggaam berei.

10 Deur hierdie wil is ons gewy deur die aanbieding van die liggaam van JaHWèshua die Gesalfde, net een maal.

14 Want deur een aanbieding het Hy vir altyd vervul die wat aangewys word.

18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen aanbieding meer vir die oortredinge nie.

Openbaring 1:5:

5 en van JaHWèshua die Gesalfde, die getroue Getuie, die Eersgeborene uit die dode en die Koning oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons oortredinge gewas het in Sy bloed

Hier staan jy dus nou, jou kleed van ongehoorsaamheid vir ewig verbrand en jy het die linnebroek van die Wysheid aan. Maar ‘n linnebroek is net ‘n gedeelte van jou bekleding, want jy moet ook ‘n onderkleed aanhê en gesalf word.

Voordat jy egter hierdie bekleding kan aantrek, moet jy eers gaan was. 

So lees ons in 1 Petrus 2:21:

21 Want hiertoe is julle geroep, omdat die Gesalfde ook vir julle gely het en julle ’n voorbeeld nagelaat het, sodat julle Sy voetstappe kan navolg;

Wat was die voorbeeld in hierdie geval? Ons lees in MattithJaHûW 1:18 dat Mirjam swanger bevind was uit die Gees van Apartheid. Wat uit haar verwek is (die Gesalfde), was dus ook uit die Gees van Apartheid. Lukas 2:40 en 52 bevestig dat JaHWèshua reeds van Sy geboorte af met die Gees van Apartheid bekleed was.

40 En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van Wysheid. En die Barmhartigheid van Elohim was op Hom.

52 En JaHWèshua het toegeneem in Wysheid en statuur en in guns by Elohim en die adamiete.

Eers nadat die Wysheid Hom onderrig het, het Hy op die ouderdom van ongeveer dertig jaar (Lukas 3:23) eers deur die water gegaan. Hy het dus REEDS die onderkleed van die Wysheid gedra met Sy wassing. Hy moes egter eers ten volle geklee word, voordat Hy met Sy prediking kon begin.

JeHôWganan die Wasser was die laaste profeet onder die Aäron-orde en hy het die weg berei in die oorgaan tot die Melgisédek-orde - (MattithJaHûW 11:10-13).

Daarom lees ons in Markus 1:4:

4 JeHôWganan het gekom en was besig om in die wildernis te was/doop en het die wassing/doop van bekering tot vergifnis van oortredinge verkondig.

Die water was ‘n wassing van bekering, (tot op die pad van vergifnis), want vergifnis kan eers plaasvind met die storting van bloed.

Hoewel JaHWèshua bekleed was met die Gees van Wysheid toe Hy gewas is, is die wassing van die gewone adamiete net ‘n wassing van bekering.

JaHWèshua het die volle bekleding van die Wysheid gedra, omdat Hy sonder enige oortredinge was. Hy het egter die wassing geurgegaan om die bo-kleed te kan dra.

JeHôWganan sê in MattithJaHûW 3:11:

11 Ek was/doop julle wel in water tot bekering; maar Hy (JaHWèshua) wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om te dra nie. Hy sal julle was/doop met die Gees van die Apartheid en met Vuur.

Toe JaHWèshua gewas is, was die Gees van Apartheid nog nie beskikbaar nie, omdat Hy nog nie verglans was nie - (JeHôWganan 7:39). Hy word verglans toe Judas die Iskáriot die bo-vertrek verlaat het - (JeHôWganan 13:31). Nadat Hy opgestaan het, stel Hy die Gees van die Apartheid aan die kinders van JisraEl beskikbaar — JeHôWganan 20:21, 22:

22 En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Gees van die Apartheid.

So het die wassing van die Gees, waarvan JeHôWganan in MattithJaHûW 3:11 geprofeteer het, dan plaasgevind. JaHWèshua sou egter twee wassinge aan die wêreld (JisraEl) bring. Eers het Hy die onderkleed (Wysheid) aan die kinders van JisraEl gegee en daarna het die Salwing (Vuur) gekom.

Voordat die kinders van JaHWeH egter die Salwing kan ontvang, is daar duidelike voorwaardes. So lees ons in:

Handelinge 8:36 en 37:

36 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gewas/gedoop te word?

37 Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat JaHWèshua die Gesalfde, die Seun van JaHWeH is. {Nota: hierdie vers is uit die Afrikaanse 1983-Vertaling verwyder.}

Wat beteken hierdie woorde van Filippus dan: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. Volgens die HAT beteken “geoorloof”; - toelaatbaar, nie strydig met die sedes, openbare mening of die wette nie.”

Dus, om volgens Wet te handel, moet jy eers glo met jou hele hart. Wat beteken ‘glo’? Volgens HAT beteken “glo”:

Vir waar hou; vir die waarheid aanvaar.

Oortuig wees dat wat iemand sê, waar is.

‘n Vaste vertroue hê.

Oortuig wees van die bestaan van,

Volledige (hele hart) vertroue hê veral in God en Christus.

Hierby sluit die woorde van die Gesalfde ook aan:

Jehôwganan 14:23:

23 JaHWèshua antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy My woorde onderhou, en My VADER sal hom liefhê, en ONS sal na hom toe kom en by hom woning maak.

1 JehôWganan 2:3-5:

3 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons Sy Gebooie onderhou.

4 Hy wat sê: Ek ken Hom - en Sy Gebooie nie onderhou nie - is ’n leuenaar en in hom is die Waarheid nie.

5 Maar elkeen wat Sy Woord onderhou, in hom het die liefde van Elohim waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.

Om dus die Salwing te kan ontvang, moet jy die woorde van die Gesalfde glo. Waar tref ons dan Sy Woorde aan?

MattithJaHûW 4:23:

23 En JaHWèshua het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle vergaderings geleer en die goeie tyding van die Koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

Markus 1:1:

1 Die begin van die goeie tyding van JaHWèshua, die Gesalfde, die Seun van die Elohim.

Lukas 4:18:

18 Die Gees van JaHWeH is op My, omdat HY My gesalf het om die blye boodskap te bring aan die neergedruktes;. HY het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om in die gevangenis ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides (kerklidmate) opening van die gevangenis. (kerke)

JeHôWganan 4:14:

14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe

Openbaring 1:1 en 2

1 Die openbaring van JaHWèshua die Gesalfde wat die Elohim Hom gegee het om aan SY diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van Sy Boodskapper aan Sy dienskneg JeHôWganan te kenne gegee het,

2 wat getuig het van die Woord van die Elohim en die getuienis van JaHWèshua die Gesalfde - alles wat Hy gesien het.

Toe JaHWèshua aan die paal gehang het, neem hulle Sy bo-kleed en verdeel dit in vier dele. Sy onderklere was sonder naat van bo af in een stuk gewewe - JeHôWganan 19:24:

24 En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s’n dit sal wees - sodat die Skrif vervul sou word wat sê: Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad (Psalm 22:18). Dit het die soldate dan gedoen.

Hierdie vier soldate was ‘n teëbeeld van die vier soldate wat die kleed van JaHWèshua aan die kinders van JisraEl moes bring.

In Openbaring 22:7 en 18 lees ons:

7 Kyk, Ek kom gou. Geseënd is hy wat die Woorde van die profesie van hierdie Boekrol bewaar.

18 Want Ek betuig aan elkeen wat die Woorde van die profesie van hierdie Boekrol hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal Elohim oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie Boekrol geskrywe is.

In vorige gedeeltes in die Verbondskoerier is reeds aangedui dat die Boekrol van die Lewe vir die regverdige is. Die regverdige het nog net ‘n mate van Wysheid ontvang. Ons kan dus met reg sê dat hierdie Boekrol van Openbaring in een stuk geweef is. (Geen woord mag bygevoeg of weggelaat word nie) van bo na onder — (van die begin tot die einde). Hierdie Boekrol is dan ‘n teëbeeld van JaHWèshua se onderkleed. (Vergelyk ook Openbaring 1:13)

Toe JaHWèshua die elf studente gewas het, het Hy eers Sy bo-kleed uitgetrek. Hy het Sy Apostels gewas net met Sy onderkleed (Wysheid) aan en so is hulle dan ook later met die Gees van Wysheid gewas. Die bo-kleed sou hulle eers later ontvang, nadat hulle volledig onderrig was.

Die vier soldate wat verantwoordelik was dat die Boodskap by JisraEl sou uitkom, was MattithJaHûW, Markus, Lukas en JeHôWganan. Tussen hulle is die lot gewerp oor wie die onderkleed sou ontvang. Die lot het later op JeHôWganan geval. Daarom dat JaHWèshua aan hom Sy Openbaring te kenne gegee het.

Alhoewel bogenoemde boodskapskrywers nie almal Apostels was nie, sou hierdie vier soldate van JaHWeH verantwoordelik wees dat die Boodskap van die Koninkryk tot aan die verste eindes van die aarde aan JisraEl gebring word.

So, liewe lesers, voordat jy jou laat was,moet jy ‘n keuse maak.

Jy glo, leer en doen die Woorde van JaHWèshua.

OF:

Jy verval in die “genade” en dooie werke van Sy teëstander van Tarsus.

Die van julle wat nog nie na behore weet wat die werking van die Bose is nie, neem asseblief kennis van wat aan jou meegedeel gaan word. Indien jou keuse Paulus is, gaan jy die basterkeed van die Bose ontvang sodra jy deur die water gaan en nie die bo-kleed van JaHWèshua nie.

Hier word duidelik NIE na die besprenkeling van klein babas verwys nie, want dit is in elk geval ‘n nuttelose en onskriftuurlike poging, ingestel deur die moederhoer - die Roomse Kerk en voortgesit deur haar spul Protestantse dogterhoere.

Ek verwys jou na wat in die charismatiese kerke en die Paulisitiese JisraElbewegings aangaan. Daar word volwassenes deur die water laat gaan en hulle word gewas, maar bekleed met ‘n basterkleed. Die van julle wat al aan hulle die Waarheid van die Wet en die Verbonde probeer bring het, sal weet waarvan ons praat.

Dit is dan gewoonlik hulle wat nie van die vlees besny is nie en wat gevolglik buite die Verbond van JaHWeH staan - (Génesis 17:14). Hulle het geen beskerming nie, nie hulle of hul vrouens of hul kinders nie.

Die feit van die saak bly; jy kan nié twee kledingstukke dra nie - óf die kleed (Boodskap van) JaHWèshua óf die basterrok van vel van Paulus - MattithJaHûW 10:10:

10 geen reissak vir die pad of twee kledingstukke of skoene of ’n stok nie; want die arbeider is sy voedsel werd.

JeHôWganan 3:19-21, 36:

19 En dit is die oordeel: dat die Lig in die wêreld gekom het, en die adamiete het die Duisternis liewer gehad as die Lig; want hulle werke was boosaardig.

20 Want elkeen wat boosheid doen, haat die Lig en kom nie na die Lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.

21 Maar hy wat die Waarheid gehoorsaam, kom na die Lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in Elohim gedoen is.

36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van Elohim bly op hom.

As jy dus nou jou keuse gemaak het en die Gesalfde van JisraEl se voorbeeld met jou hele hart wil gehoorsaam, onderhou en doen, dan kan jy na die Waskom beweeg.

 

1  2 3 4 5 6 7


Stuur E-Mail aan  Dirk van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
Kopiereg © 2001 Dogter van Sion
Laaste opdatering: 03-Jan-2001