Verbondskoerier

'n Tydskrif vir die denkende Boere-Israeliet !


Waarom moet ek my laat was?

Ramshorings

Die idiote kisse

Jou Erfdeel

Stof tot nadenke

Heraldiek

Die Arend Koningkryk

Die Verbonde

Vigs, wat steek hulle weg ?

Die voedsel wat ons eet

Inleiding

Historiese Agtergrond

Boerevolk - Situasie

5 Brode & 2 Visse

Vertalingsmeganisme

Vertalingsprobleme

Samestellingsprobleme

Saulus van Tarsus

Die Gelofte

Die Ware Naam van ons Hemelse Vader

Hoofletters, leestekens ens.

Apartheid

Vredesverbond

Ten Slotte

Aanhangsel B

Prelude

Terminology

DOGS OF CHRISTIANITY

Introduction

Motivation

Background

Control over Humans

Bible rewritten

Contamination of African Blood

Liberal Afrikaner begins with Manipulation

What was written in the Bible originally?

Kennisgewing

Media verklaring

Toespraak te Bloedrivier

Deel 1

Deel 2

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4

Waarom moet ek my laat was?

2 3 4 5 6 7

Wanneer jy ‘n afspraak het om na te kom, sal die aard en omstandighede van die afspraak bepaal hoe jy daarop gaan reageer.

Sou jy gaan rugby kyk, gaan fliek, of op vakansie gaan, of ‘n belangrike vergadering bywoon, sal jy by elkeen van hierdie afsprake anders optree ten opsigte van jou voorbereiding vir die afspraak.

Sou jy in die Transvaal woon en jy moet na Kaapstad gaan om daar ‘n belangrike persoon te gaan spreek, kan jy sekere keuses maak. Jy kan per pad, per spoor, of per lug daarheen gaan.

Daar aangekom, sal jy heelwaarskynlik eers ‘n lekker stort of bad neem en dan skoon klere aantrek om die persoon te gaan ontmoet. Die kanse dat jy die klere waarmee jy in Kaapstad aangekom het, eers gaan uitwas en weer gaan aantrek vir jou afspraak, is uiters skraal.

Die GROOT afspraak.

Netso is dit ook met die adamiet die geval waar hy tans besig is om hom voor te berei vir die belangrikste afspraak van sy lewe, naamlik sy afspraak met die Hemelse Vader.

Die adamiet (die kinders van JaHWeH) is tans net vreemdelinge en bywoners op aarde — (Hebreërs 11:13). Ons verlang na ons vaderland waar ons eendag met ons Hemelse Vader kan verenig - (Hebreërs 11:14-16). Ons afspraak vir ‘n ewige lewe is dus eendag met Hom wat alles geskape en alles gemaak het.

Om daar uit te kom, is daar ook ‘n pad wat die adamiet moet loop en waarop hy hom moet voorberei om eendag sy grootste afspraak van alle afsprake na te kom.

Die agenda van die vergadering is baie eenvoudig: Jy sal nie veel te sê hê nie, want die roete wat jy gevolg het en die klere wat jy gaan aanhê, sal die uitslag van die vergadering bepaal:

Openbaring 20:12:

2 En ek het die dode, klein en groot, voor Elohim sien staan, en die Boekrol is geopen; en ’n ander Rol, die Boekrol van die Lewe, is geopen En die dode is geoordeel na wat in die Rol geskryf is, volgens hulle werke. [2 Ezra 8:33]

So waarsku Henog 98:7 ons:

7 Moenie in julle gees dink, of in julle hart sê dat julle nie weet en dat julle nie sien hoe elke oortreding elke dag in die hemele aangeteken word voor die Aangesig van die ALLERHOOGSTE nie.

Henog 97:6:

6 Al die woorde van jul wetteloosheid sal voor die Groot Aparte Een gelees word, en julle gesigte sal met skaamte bedek wees, en Hy sal elke werk wat op wetteloosheid gebou is, verwerp.

Dus om nie eendag jou gesig voor JaHWeH met skaamte te bedek nie, maar om met vreugde en blydskap voor Hom te kan verskyn, moet ons:

Eerstens, die regte pad volg en

tweedens, moet ons die regte klere aanhê.

Spreuke 12:28 dui die pad so aan:

28 Op die pad van geregtigheid is lewe, en [in] die rigting van dié pad is geen dood.

Ook sê Salomo in Wysheid van Salomo 1:15:

5 Want die geregtigheid is onsterflik.

Die begrip “geregtigheid” beteken hier, “om die Wil van JaHWeH te doen”.

Hoe word hierdie pad bewandel?

Volgens Génesis 1:26 is ons na die beeld en die gelykenis van ons Hemelse Ouers gemaak.

26 En Elohim het gesê: Laat ONS adamiete maak na ONS beeld, na ONS gelykenis, en laat hulle heers ...

Ons is dus die teëbeeld van hoe dit daar in die hemele uitsien. Ons maniere en optrede het ons van Hulle geërf, want ons is Hulle gelykenis.

Daarom, as ons hier op aarde die huisgesin as kernstruktuur het, is dit tog net ‘n voorbeeld van die hemelse Huisgesin.

MattithJaHûw 6:10:

10 laat U Koninkryk kom; laat U wil geskied, soos in die hemele net so ook op die aarde;

Die moeder dra, versorg, vertroetel en onderrig haar kinders. Sodra hulle wasdom bereik, neem die pa hulle in sy sorg en hulle werk vir hom, of soek werk by ander.

So leer en onderrig die Hemelse Moeder (Gees van Wysheid) ons ook eers totdat Sy ons oorgee aan ons Hemelse Vader.

‘n Pragtige voorbeeld word gevind in:

Hosea 11:3, 4, 7, 9, 10, 11:

3 En Ek self (ma) het Efraim (kind) leer loop. Hy (pa) het hulle (kinders) op sy arms geneem, maar hulle (kinders) het nie erken dat Ek (ma) hulle genees het nie.

4 Met koorde van adamiete, met bande van liefde het Ek (ma) hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek (ma) het My na hom (kind) neergebuig, Ek het hom voedsel gegee.

7 Want My (ma) volk (kinders) neig om van My afvallig te word; maar tog roep hulle die Hoogste, (pa) en Hy word glad nie verhoog nie.

9 Ek sal My brandende Woede nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek (ma) is El en nie ’n man nie, die Aparte Een in jou midde. En Ek sal nie kom in Grimmigheid nie.

10 Hulle (kinders) sal agter JaHWeH aan trek; Hy (pa) sal brul soos ’n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal sidderende van die seekant aankom.’n duif uit die land Assur; en Ek (ma) sal hulle laat woon in hulle huise, spreek JaHWeH.

Ons kan dit verder met skoolopleiding vergelyk. Gedurende jou skooljare is jy nog in jou moeder se sorg en sy help jou om deur jou primêre opleiding te worstel.

Na skool gaan jy universiteit toe vir sekondêre of gevorderde opleiding. Daarna is jy klaar geleer en is jy gereed om die lewe aan te pak.

‘n Babatjie drink eers melk en daarna neem hy vaste spys in. So lees ons in:

Hebreërs 5:13-14:

13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die Woord van geregtigheid, omdat hy ’n kind is. (primêre opleiding)

14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van boosheid te onderskei. (sekondêre opleiding)

Daar is dus twee Geeste wat ons onderrig. Die Gees van die Hemelse Moeder, die Gees van die Wysheid of Apartheid en die Gees van die Hemelse Vader, die Gees van die Waarheid of die Trooster. Die Ode van Salomo 19:1-4 beskryf die Hemelse Gesin, en Spreuke 8 vertel ons van Haar ontstaan.

Die Wysheid werk dan eerste met jou en lei jou stadigaan uit die donkerte na volmaan, dan na dagbreek, dan na die volle sonlig. As Sy jou klaar geleer het, kan jy jouself as ‘n regverdige beskou.

Henog 58:2-3 sê:

2 Geseënd is julle, die regverdiges en uitverkorenes, want Glansrykheid sal julle lot wees. Die regverdiges sal in die lig van die son staan,

3 en die uitverkorenes in die Lig van die ewige lewe; die dae van hul lewe sal sonder ophou wees, en die dae van die apartes sonder getal.

MattithJaHûW 13:43 sê:

43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die Koninkryk van hulle VADER. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. [DaniEl 12:3, Openbaring 13:9]

Daarna sal die Hemelse Vader se Gees van Waarheid jou verder lei in die hele Waarheid, sodat jy ‘n uitverkorene kan word en in die Lig van die ewige lewe staan - (Henog 58:3).

Ek glo daar is maar min indien enige van ons wat hierdie goddelose aarde bewandel wat enigsins ‘n kans staan om ‘n uitverkorene te word. Ons moet egter maak soos die spreekwoord sê: “Reik vir die sterre, dalk haal jy die plafon.”

Ons moet hoog mik, want ook die regverdiges is nie baie veilig nie.

1 Petrus 4:18:

18 En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die boosdoeners en die oortreders, verskyn?

Die werking van die Wysheid.

In Spreuke 8 vanaf vers 22 lees ons:

22 JaHWeH het My berei as eersteling van Sy Weg, voor Sy werke, van ouds af. [Wysheid van Sirah 24]

23 Van ewigheid af is Ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.

30 toe was Ek by HOM, (Génesis 1:26)soos een wat opgelei word en Ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor SY Aangesig altyd,

31 en het gespeel op die woonplek van SY aarde, en My verlustiginge was met die seuns van adam. (moeder)

So lees ons ook verder in:

Ode van Salomo 8:14-16:

14 Want Ek wend nie My aangesig af van hulle wat Myne is nie, omdat Ek hulle ken;

15 En voordat hulle ontstaan het, het Ek hulle waargeneem; en My seël op hul aangesigte geplaas.

16 Ek het hul liggaamsdele geformeer; en My borste het Ek vir hulle voorberei, sodat hulle My melk van Apartheid mag drink en daardeur mag lewe.

Wie is hierdie seuns van adam wat die Wysheid ken en haar seël op geplaas het?

In Wysheid van Sirah 6:22 lees ons:

22 Want Wysheid, is soos Haar Naam, Sy is nie toeganklik vir almal nie.

Henog 42:1 en 2:

1 Wysheid het geen plek gevind waar Sy kon woon nie; toe is ‘n woonplek vir Haar in die hemele aangewys.

2 Wysheid het uitgegaan en woonplek tussen die kinders van die adam gesoek en het geen woonplek gevind nie: Wysheid het na Haar plek teruggekeer en het Haar sitplek tussen die Boodskappers ingeneem.

Maar weliswaar het Sy uiteindelik ‘n woonplek gevind.

Sirah 24:8:

8 Toe het HY, die Formeerder van die heelal, My beveel, en My Formeerder het My woonplek vasgestel; en HY het gesê: Onder Jakob moet Jy woon en in JisraEl moet Jy [jou] erfdeel besit.

Om dus Wysheid te besit en deur Haar onderrig te word, moet jy deel van die Twaalf Stamme van JisraEl uitmaak. Die Wysheid wat jy van Haar ontvang, is die Wysheid van Bo, soos Jakobus 3:17-18 dit beskryf.

17 Maar die Wysheid van Bo is ten eerste onbesoedeld, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en opreg. [Wysheid van Salomo 7:22-23] (moederlike eienskappe)

18 En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

Hoe bereik Sy dan die kinders van JisraEl?

In Ode 33:5-13 lees ons:

5 Maar ‘n volmaakte Maagd (die Wysheid) het gestaan, en aangekondig en uitgeroep en gesê,

6 Draai om, (kom tot inkeer) julle seuns van adam, en julle, hulle dogters, kom,

7 En verlaat die weë van verdorwenheid en kom na My;

8 En Ek sal julle binnedring en julle uit vernietiging haal en julle Wys maak in die weë van Waarheid. (op die weg van geregtigheid)

9 Moenie verdorwe raak nie, en moenie tot niet gaan nie.

10 Luister na My en word verlos. Want Ek verkondig aan julle die barmhartigheid van Elohim.

11 Deur My sal julle verlos word en geseënd word: Ek is jul regter.

12 En diegene wat hulle met My beklee, sal nie verwerp word nie, maar sal onverdorwenheid in die nuwe wêreld verkry.

13 0 My uitverkorenes, (Jakob, JisraEl) wandel in My! En Ek sal My weë bekend maak aan hulle wat My soek, en maak dat hulle in My Naam sal vertrou. [Wysheid van Sirah 15:1-10]

Volgens Spreuke 8:1-21 gaan Haar roepstem ook uit.

1 Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstand nie Haar stem nie?

2 Op die top van die verhewe plekke langs die Weg, op die kruispunt van die paaie staan Sy,

3 aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep Sy hardop:

4 Ek roep na julle, manne, en My stem is tot die seuns van die adam.

5 Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.

6 Hoor, want Ek sal voortreflike dinge spreek, en My lippe gaan oop vir wat reg is.

7 Want My verhemelte spreek Waarheid, en boosaardigheid is vir My lippe ’n gruwel.

8 Al die Woorde van My mond is Geregtigheid; (die pad wat jy moet loop) geen verdraaidheid of valsheid nie,

9 hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat Kennis gevind het.

10 Neem My Tug aan, en nie silwer nie, en Kennis liewer as uitgesoekte goud.

11 Want Wysheid is beter as robyne, en al die kleinode kan nie met Haar vergelyk word nie.

12 Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en Ek vind Kennis van regte Oorleg.

13 Die Vrees van JaHWeH is om te haat

11 Hulle (kinders) sal sidderende aankom soos ’n voëltjie uit Egipte (Afrika) en soos  wat boos is; hoogmoed en trotsheid en ’n bose wandel en ’n huigelagtige mond haat Ek.

14 Raad en Wysheid is Myne, Ek is die Insig, Sterkte is Myne.

15 Deur My regeer die konings en skryf die maghebbers wetgewing van geregtigheid;

16 deur My heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.

17 Ék het lief die wat My liefhet, en die wat My soek, sal My vind.

18 Rykdom en eer is by My, duursame goed en geregtigheid.

19 My vrug is beter as goud en as fyn goud, en My opbrengs as uitgesoekte silwer.

20 Ek wandel op die Weg van Geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,

21 om die wat My liefhet, ’n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak Ek vol.

 

2 3 4 5 6 7


Stuur E-Mail aan  Dirk van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
Kopiereg © 2001 Dogter van Sion
Laaste opdatering: 04-Jan-2001