|
Voedsel wat ons eet
Meeste
van ons weet dat ons aan die Skrif gehoorsaam moet wees. Oor die voedsel wat ons
eet moet daar meer duidelikheid wees, omdat ons almal tog moet eet. Sommige eet
om te lewe, terwyl ander weer lewe om te eet. Elkeen moet self gaan kyk wat reg
is, maar hierdie sal as ‘n riglyn kan dien.
Ons kan die vleis wat ons mag
eet in drie basiese groepe verdeel:
Die viervoetige diere.
Visse.
Voëls.
Die viervoetige diere
In die Wet lees ons die
volgende:
Levítikus 11:2-7:
Spreek met die kinders van JisraEl en sê: Dit
is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is.
Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste
kloue, [en] herkou – dit mag julle eet. Maar die volgende mag julle nie eet
nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy
herkou, maar het geen gesplitste kloue nie – besoedel is hy vir julle; en die
das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie – besoedel is hy vir
julle; en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie –
besoedel is hy vir julle; ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja,
heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie – besoedel is hy vir julle.
Levítikus 11:27, 29 en 30:
En alles wat op kaal pote loop onder al die
viervoetige diere – besoedel is hulle vir julle;… En die volgende is vir
julle besoedel onder die ongediertes wat op die aarde wemel: die mol en die muis
en die akkedis volgens hulle spesies, en die krimpvarkie en die geitjie en die
klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.
Levítikus 11:41, 42:
En al die ongediertes wat op die aarde wemel,
is ‘n gruwel – dit mag nie geëet word nie. Alles wat op die buik seil en
alles wat op vier [pote] loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die
ongediertes wat op die aarde wemel - julle mag dit nie eet nie, want dit is ‘n
gruwel.
Deuteronómium 14:4-8:
Dit is die diere wat julle mag eet: ‘n bees,
‘n skaap en ‘n bok; ‘n takbok en ‘n gemsbok en ‘n gestippelde takbok
en ‘n steenbok en ‘n ribbok en ‘n eland en ‘n klipspringer; en al die
diere wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal in twee gesplitste kloue, [en]
herkou onder die diere dié mag julle eet. Maar die volgende mag julle nie eet
nie van die wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en
die haas en die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie –
onrein is hulle vir julle; ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is
geen herkouer nie – besoedel is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie
eet en hulle karkas mag julle nie aanraak nie.
In hierdie gedeeltes is daar
duidelike aanwysings van wat geëet en wat nie geëet mag word nie.
Dit is egter nie die enigste
viervoetige diere nie. Daar is ‘n báie groot verskeidenheid. Laat ons dus nou
gaan kyk watter ander diere, wat nie hier genoem word nie, wel geëet mag
word.
Die voorvereiste is dat hulle móét
herkou ÉN heeltemal gesplitste kloue moet hê.
Die kameelperd (Giraffa
camelopardalis) behoort tot die orde van die soogdiere wat as Artiodactyla of
gesplete hoef-diere bekend staan. Die kameelperd is, soos die bees en die bok,
‘n herkouer.
(Kennis, boek 4, bl 650)
Die buffel, blouwildebees en
die bison behoort tot die familie Bovidae, en behoort tot die orde
Artiodactyla (ewehoewige soogdiere) en die suborde Ruminantia (herkouers).
(Kennis, boek 14, bl 2718)
Die viervoetige diere wat ons
mag eet, sluit dan die volgende in:
Beeste, skape, bokke, takbokke,
gemsbokke, gestippelde takbokke, steenbokke, ribbokke, elande, klipspringers,
kameelperde, buffels, blouwildebeeste, bisons en ander boksoorte wat nie hier
genoem word nie.
Viervoetige diere wat NIE geëet
mag word nie, sluit die volgende in:
Kameel, haas, das, vlakvark,
vark, perd, ape en bobbejane, renoster, seekoei, olifant, zebra en kwagga, alle
honde, alle katsoorte, eekhoring, otter, likkewaan, mol, muis, akkedis,
krimpvarkie, geitjie, klipsalmander, koggelmander en verkleurmannetjie.
Visse
In die Wet lees ons die
volgende:
Levítikus 11:9-12:
Dit mag julle eet van alles wat in die water
is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die
riviere – dit mag julle eet. Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë
en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van elke lewende siel
wat in die water is – ‘n gruwel is dit vir julle. Ja, ‘n gruwel moet hulle
vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle karkasse moet
vir julle ‘n gruwel wees. Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie
– ‘n gruwel is dit vir julle.
Deuteronómium 14:9 en 10:
Dit mag julle eet van alles wat in die water
is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet. Maar alles wat geen
vinne en skubbe het nie, mag julle nie eet nie – onrein is dit vir julle.
Hierdie opdrag is effens
moeiliker omdat ons nie almal Vissers is nie. Daar is egter redelik betroubare
boeke waarin ons kan naslaan.
Een baie goed gedetailleerde
boek is, “Smith’s Sea Fishes” deur Prof. J.L.B. Smith,
waarin meer as ‘n duisend seevisse bespreek word en aan elkeen ‘n syfer
toegeken is. Ook word hulle opgedeel volgens hul orde, familie en genus.
Besonderhede oor die skubbe kan in enige van hierdie drie afdelings voorkom. Vir
u gerief word die nommers hier genoem sodat u self ook in die boek kan gaan
nalees.
Die kode wat in die boek
gebruik word om die aantal skubbe aan te dui, is byvoorbeeld:
L.l. 42, Tr 3/9.
Dit sal beteken dat daar 42 skubbe in die laterale lyn (sylyn) vanaf die skouer
tot stertvin en 3 rye bokant en 9 onderkant die sylyn naby die skouer is. Die
laterale lyn is ‘n kenmerkende streep wat op die vis se sykante sigbaar is en
beteken nie noodwendig dat daar skubbe teenwoordig is nie.
Die meeste visse se skubbe kan
sikloïd-vormig of kamvormig wees. Die grootte en dikte van skubbe mag ook baie
verskil. Nêrens in die Skrif lees ons dat ons nie roofvisse mag eet nie.
SEEVISSE
BEKENDE NAAM BIOLOGIESE NAAM BESKRYWING VAN
SKUBBE EN VINNE
ANSJOVIS
Anchovy
Anchoviella Indica Geen sylyn. Skubbe in 37-42 reekse, met 9 rye naby (Nr.
118) die skouer. Rug- en anaalvin.
Anchovy Anchoviella
Commersonii Geen sylyn. Skubbe in 37-40 reekse, met 9 rye naby (Nr. 119) die
skouer. Rug- en anaalvin.
Anchovy Anchoviella
Holodon Geen sylyn. Skubbe in 39-42 reekse, met 9 rye naby (Nr. 120) die skouer.
Rug- en anaalvin.
Anchovy/Ansjovie Engraulis
Japonicus Geen sylyn. Skubbe in 40-45 reekse, met 6-8 rye (Nr. 123) naby die
skouer. Rug- en anaalvin.
BARRACUDA
Barracuda
Scomberomorus Commerson Skubbe baie klein. Rug- en anaalvin (Nr. 840).
ENGELVIS
Angel Fish Platax
Pinnatus Skubbe is klein en grof, maar is stewig aan lyf vas (Nr. 577). Rug-
en anaalvin.
Angel Fish Heniochus
Acuminatus Ongeveer 45 skubbe in sylyn. Rug- en anaalvin (Nr. 590).
Angel Fish Brama
Raii Ongeveer 90 reekse van skubbe. Rug- en anaalvin (Nr. 859).
GALJOEN
Banded Galjoen
Coracinus Multifasciatus Ongeveer 70 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis
(Nr. 645) van stertvin. Slegs die bek het nie skubbe nie. Rug- en anaalvin.
Beaked Galjoen/
Oplegnathus Conwayi Skubbe is klein en sterk en sit stewig vas. Rug- en
Pappegaaivis. Anaalvin. (Nr. 461)
Galjoen Coracinus
Capensis 60-64 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 644) stertvin.
Slegs die bek het nie skubbe nie. Rug- en anaalvin.
Pan Galjoen Neoscorpis
Lithophilus 90-97 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 646) stertvin.
Rug- en anaalvin.
HARING
Flat Herring
Macrura Kelee Geen sylyn. Skubbe in 42-44 reekse, met 12-14 rye (Nr. 109) naby
die skouer. Skubbe is dun en verloor maklik. Rug en anaalvin.
Herring Etrumeus
Micropus Skubbe verloor maklik. Geen sylyn. 48-56 syreekse (Nr. 106). Rug- en
anaalvin.
Herring Harengula
Vittata Geen sylyn. Skubbe in 39-41 reekse, met 12-13 rye (Nr. 112) naby die
skouer. Skubbe is dun en verloor maklik. Rug- en anaalvin.
Herring Thrissocles
Malabaricus Geen sylyn. Skubbe in 37-40 reekse, met 11 rye naby (Nr. 121) die
skouer. Rug-en anaalvin.
Herring Thrissocles
Setirostris Geen sylyn. Skubbe in 40-44 reekse, met 11 rye naby (Nr. 122) die
skouer. Rug- en anaalvin.
Spotted Herring Harengula
Ovalis Geen sylyn. Skubbe in 42-44 reekse, met 10-11 rye (Nr. 111) naby die
skouer. Skubbe is dun en verloor maklik. Rug- en anaalvin.
Wolf Herring Chirocentrus
Nudus Skubbe klein, sikloïd-vormig. Geen sylyn. Rug- en (Nr. 103) anaalvin.
Wolf Herring Chirocentrus
Dorab Skubbe klein, sikloïd-vormig. Geen sylyn. Rug- en (Nr. 104) anaalvin.
KABELJOU
Kabeljou
Johnius Hololepidotus 50-58 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 552)
stertvin, buisies met verskeie vertakkings, veranderlik. Skubbe 8 rye bokant en
20 rye onderkant die sylyn naby die skouer. Rug- en anaalvin.
KARP
Karp
Argyrozona Argyrozona 59-62 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 745)
stertvin, met 7 rye bokant en 19 rye onderkant die sylyn naby die skouer. Skubbe
tussen oë. Rug- en anaalvin.
KOLSTERT
Kolstert
Diplodus Sargus 62-72 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 713)
stertvin, met 8 rye bokant en 18 rye onderkant die sylyn naby die skouer. Rug-
en anaalvin.
KONINGKLIP
Kingklip
Acanthistius Sebastoides Skubbe is klein. Ongeveer 60 buisies in sylyn vanaf
(Nr. 431) skouer tot basis van stertvin, 17 rye bokant en 50 rye onderkant die
sylyn naby die skouer. Rug- en anaalvin.
Kingklip Epinephelus Andersoni
Skubbe is klein. Ongeveer 80 buisies in sylyn vanaf (Nr. 437) skouer tot basis
van stertvin,
en 16 rye bokant die sylyn naby die skouer. Rug- en anaalvin.
Kingklip Genypterus
Capensis Geen skubbe op kop. Slegs die kieudeksel het skubbe (Nr. 1023). Baie
klein skubbe in skuins rye wat gedeeltelik ooreenkom. Geen aanduiding van
vinne nie.
MAKRIEL
Frigate Mackerel Auxis
Thazard Skubbe slegs as ‘n borsstuk. Geen skubbe op agterlyf (Nr. 828). Rug-
en anaalvin.
Mackerel/Makreel Scomber
Japonicus Liggaam heeltemal geskub. Rug- en anaalvin (Nr. 839).
Spanish Mackerel Scomberomorus
Commerson Skubbe baie klein. Rug- en anaalvin. (Nr. 840)
Spanish Mackerel Scomberomorus
Maculatus Skubbe baie klein. Rug- en anaalvin (Nr. 842).
SALM
Beaked Salmon
Gonorhynchus Gonorhynchus Kop en lyf bedek met klein kamvormige skubbe (Nr.
102). Rug- en anaalvin.
Cape Salmon Atractoscion
Aequidens 75-80 buisies in sylyn vanaf skouer tot basis van stertvin (Nr. 554)
aan voorkant met baie vertakkings, die op agterkant van sylyn met 3 vertakkings.
Rug- en anaalvin.
Cape Salmon Elops
Saurus 100-120 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 100) stertvin,
met 12 rye bokant en 17 rye onderkant die sylyn naby die skouer. Rug- en
anaalvin.
Rock Salmon Lutianus
Argentimaculatus 40-47 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 664)
stertvin, met 7 rye bokant en 14 rye onderkant die sylyn naby die skouer. Rug-
en anaalvin.
Rock Salmon Plagiogeneion
Rubiginosus Ongeveer 70 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 575)
stertvin, met 12 rye bokant en 24 rye onderkant die sylyn naby die skouer. Rug-
en anaalvin.
Salmon/Salmon Bass Johnius
Hololepidotus 50-58 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 552)
stertvin, buisies met verskeie vertakkings, veranderlik. Skubbe 8 rye bokant en
20 rye onderkant die sylyn naby die skouer. Rug- en anaalvin.
Salmon de Alto Polymixia
Nobilis Ongeveer 50 skubbe in sylyn. Liggaam bedek met (Nr. 283) skubbe. Rug- en
anaalvin.
Small Salmon Johnius
Sina Skubbe word redelik maklik verloor. Sylyn het ongeveer (Nr. 550) 50 buisies
met 2 vertakkings vanaf skouer tot basis van stertvin, met 7 rye bokant en 13
rye onderkant die sylyn naby die skouer. Rug- en anaalvin.
Snapper Salmon Otolithes
Ruber In sylyn vanaf skouer tot basis van stertvin ongeveer 50 (Nr. 553)
boomvormige buisies, met 8 rye onderkant en 10 rye bokant die sylyn naby die
skouer. Rug- en anaalvin.
SARDIENS/SARDYN
Sardine
Sardinella Melanura Geen sylyn. Skubbe in 39-42 reekse, met 11 rye (Nr. 113)
naby die skouer. Skubbe is dun en verloor maklik. Rug- en anaalvin.
Sardine Sardinella
Jussieu Geen sylyn. Skubbe in 44-48 reekse, met 12 rye (Nr. 114) naby die
skouer. Skubbe is dun en verloor maklik. Rug- en anaalvin.
Sardinha Sardinella
Aurita Geen sylyn. Skubbe in 45-50 reekse, met 12 rye (Nr. 114a) naby die
skouer. Skubbe is dun en verloor maklik. Rug- en anaalvin.
Sardine/Sardyn Sardinops
Ocellata Geen sylyn. Skubbe in 50-55 reekse, met 12 rye Pilchard naby die
skouer. Skubbe is dun en verloor maklik (Nr. 115). Vergrote skubbe by stertvin.
Rug- en anaalvin.
SKELVIS
Haddock
Physiculus Capensis Heel moontlik ongeveer 100 klein skubbe in sylyn vanaf
skouer tot (Nr. 206) basis van stertvin. Rug- en anaalvin.
SNOEK
Snoek
Scomberomorus Leopardus Skubbe baie klein. Rug- en anaalvin (Nr. 841).
Snoek Thyrsites
Atun Skubbe baie klein. Rug- en anaalvin (Nr. 863).
STEENBRAS
Bank Steenbras
Palunolepis Grandis Skubbe middelmatige grootte. 50-53 skubbe in (Nr. 399)
sylyn vanaf skouer tot basis van stertvin, met 5 rye bokant en 14 rye
onderkant die sylyn naby die skouer. Rug- en anaalvin.
Geel Steenbras Petrus
Rupestris 57-63 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 741) stertvin,
met 12 rye bokant en 20 rye onderkant die sylyn naby die skouer. Gedeeltelik
geskub tussen die oë en voorste kieudekselrand. Rug- en anaalvin.
Sand Steenbras Lithognathus
Mormyrus 60-65 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 727) stertvin,
met 6 rye bokant en 14 rye onderkant die sylyn naby die skouer. Geen skubbe
tussen oë, op voorste kieudekselrand, of op rug- en anaal vin nie. Rug- en
anaalvin.
Steenbras Sparodon
Durbanensis 58-61 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 711) stertvin,
met 7 rye bokant en 14 rye onderkant die sylyn naby die skouer. Geen skubbe
tussen oë of op voorste kieudekselrand nie. Rug- en anaalvin.
Steenbras Cymatoceps
Nasutus 61-65 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 719) stertvin, met
11 rye bokant en 22 rye onderkant die sylyn naby die skouer. Rug- en anaalvin.
Wit Steenbras Lithognathus
Lithognathus 44-51 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 726)
stertvin, met 5 rye bokant en 14 rye onderkant die sylyn naby die skouer. Geen
skubbe tussen oë, op voorste kieudekselrand, of op sagte rug- en anaalvin nie.
Rug- en anaalvin.
STOKVIS (HAKE)
Stokvis/Stockfish
Merluccius Capensis 125-140 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 257)
stertvin. Klein sikloïd-vormige skubbe. Rug- en anaalvin.
TONGVIS
Sand Sole
Trulla Capensis 90-115 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 342)
stertvin. Rug- en anaalvin.
Sole Coryphaesopia
Cornuta 90-100 sikloïd-vormige skubbe in sylyn vanaf skouer (Nr. 319) tot basis
van stertvin. Rug- en anaalvin.
Sole Zebrias
Regani 82-90 kamvormige skubbe in sylyn vanaf skouer tot (Nr. 320) basis van
stertvin. Rug- en anaalvin.
Sole Heteromycteris
Capensis 80-88 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 321) stertvin.
Rug- en anaalvin.
Sole Synaptura
Kleini 110-130 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 323) stertvin.
Rug- en anaalvin.
Sole Synaptura
Marginata 100-130 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 324) stertvin.
Rug- en anaalvin.
Sole Austroglossus
Pectoralis 145-180 skubbe in sylyn vanaf skouer tot basis van (Nr. 325)
stertvin. Skubbe baie klein. Rug- en anaalvin.
Sole Austroglossus
Microlepis Ongeveer 180 skubbe in sylyn vanaf skouer tot (Nr. 326) basis van
stertvin. Skubbe baie klein. Rug- en anaalvin.
TUNA
Bluefin Tunny/
Thunnus Thynnus Kragtige liggaam met klein skubbe, ‘n voorste Tuna borsstuk.
Hele liggaam geskub. Rug- en anaalvin (Nr. 831).
Itoshibi Tuna/Tunny Germo
Itosibi Kragtige liggaam, skubbe vorm ‘n borsstuk aan voorkant (Nr. 834). Rug-
en anaalvin.
Little Tunny/Tuna Euthynnus Alleteratus
Geen skubbe op agterlyf. Rug- en anaalvin (Nr. 830).
Longfin Tunny/Tuna Germo
Alalunga Kragtige liggaam, skubbe vorm ‘n borsstuk aan voorkant (Nr. 836).
Rug- en anaalvin.
Yellowfin Tunny/ Germo
Albacora Kragtige liggaam, skubbe vorm ‘n borsstuk aan voorkant. Tuna Rug- en
anaalvin (Nr. 835).
VARSWATERVISSE
Baber
Orde: Siluriformes Gladde vel, geen skubbe.
Forel Familie:
Salmonidae Klein skubbe, rug- en anaalvin.
Geelvis Barbus
capensis Skubbe en vinne.
Karper/Karp Familie:
Cyprinidae Sommige soorte het byna geen skubbe nie, tot ander wat baie skubbe
het.
Kurper Familie:
Cyprinidae Sommige soorte het byna geen skubbe nie, tot ander wat baie skubbe
het.
Paling Orde:
Anguilliformes Geen skubbe.
Swartbaars Orde:
Perciformes Meeste skubbe met ‘n groot donkerige kol.
Varswatersnoek Familie:
Esocidae Klein skubbe, rug- en anaalvin.
Ander verbode seediere
Ander waterdiere wat as voedsel
bedien word en wat nie aan die vereistes voldoen nie, is die volgende:
Walvisse en robbe,
omdat hulle geen skubbe het nie en deur longe asemhaal, al is hulle seediere.
Ook voed hulle hul kleintjies.
Garnale (shrimps), krewe
(lobster), mossels, slakke, seekat en krappe, die skilpad, krokodil, seekat,
paling, haai, dolfyn en paddas mag ook
nie geëet word nie.
Daar is natuurlik nog ‘n
groot groep wat nie hier gemeld word nie.
Voëls
Levítikus 11:13-19: En
die volgende moet julle van die voëls vir ‘n gruwel hou – hulle mag nie geëet
word nie, ‘n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël;
en die kuikendief en die valk volgens haar spesie; elke kraai volgens sy spesie;
en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens hulle
spesies; en die steenuil en die visvanger en die steunuil; en die silweruil en
die pelikaan en die klein-aasvoël; en die groot-sprinkaanvoël, die reier
volgens haar spesie, die hoep-hoep en die vlermuis.
Deuteronómium 14:11-18: Al
die rein voëls mag julle eet. Maar dit is wat julle uit hulle nie mag eet nie:
die arend en die lammervanger en die aasvoël; en die kuikendief en die valk en
die blouvalk volgens haar spesie; en elke kraai volgens sy spesie; en die
volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens hulle spesies;
en die steenuil en die groot-uil en die silweruil; en die pelikaan en die
klein-aasvoël en die visvanger; en die groot-sprinkaanvoël en die reier
volgens haar spesie, en die hoep-hoep en die vlermuis.
As ons mooi gaan kyk na die
dieet van die voëls wat nie geëet mag word nie, sal ons sien dat hulle
hoofsaaklik vleis- of aaseters is.
Nêrens in die Skrif word
melding gemaak van enige web-voetige voëls wat nie geëet mag word nie.
In 1 Konings 4:23 word
genoem dat Salomo daagliks vetgemaakte ganse, asook ander vee, laat gaarmaak
het. Dit is ‘n interessante woordkeuse.
“vetgemaakte” Strong's
# 75 'abac (aw-bas)’;
a primitive root; to fodder:
KJV-- fatted, stalled. (DIC)
“ganse” Strong's
# 1257 ‘barbur (bar-boor)’;
by reduplication from 1250; a
fowl (as fattened on grain):
KJV-- fowl (DIC)
Dit was dus nie noodwendig
ganse wat gaargemaak is nie, maar wel ‘n voël wat op graangewasse vetgemaak
is. Dit kan dus enige pluimvee wees. Hulle dieet bestaan hoofsaaklik uit
graangewasse.
Duifvoëls: Klipduif,
tortelduif, bosduif en ander.
Eendvoëls: Alle eende, ganse
en swane.
Hoendervoëls: Kwartel, pou,
fisant, patrys, tarentaal, kalkoen, en hoender.
(Kennis, boek 1, bl. 30-33)
‘n Afleiding wat rakende rein
voëls gemaak is, is dat hulle kroppe moet hê. Ons lees dit in Levítikus
1:14-16. Onrein voëls is nooit as brandoffers aan JaHWeH berei nie.
Levítikus 1:14-16:
En as sy bydrae aan JaHWeH ‘n brandoffer is van voëls, moet hy sy bydrae
naderbring van tortelduiwe of van jong duiwe. En die priester moet dit na die
altaar naderbring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en
die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word. Dan moet hy die krop
met die vere daaraan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die oostekant, op
die asplek.
Bogenoemde kan egter nie net
ten opsigte van rein voëls geld nie, aangesien alle voëls ‘n krop en ‘n
maag het. Die rede hiervoor, is omdat hulle nie tande het nie. Die
spysverteringstelsel van ‘n voël is egter daarvoor aangepas. Wanneer die maag
of krop van byvoorbeeld ‘n hoender oopgesny word, sien ‘n mens dat dit ‘n
bietjie gruis bevat. Die voël sluk hierdie gruis met opset in. Wanneer voedsel
in die voël se maag beland, trek die spiere van die maagwand saam en die gruis
tree op soos ‘n meul om die graankorrels en ander voedsel fyn te maal. As ‘n
voël geen gruis in sy maag het nie, sal hy spysverteringsprobleme hê en sal sy
gesondheid daaronder ly.
(Kennis, Boek 4, bl 667)
In die basiese skelet,
struktuur en belangrike inwendige organe, is voëls baie dieselfde as ander
gewerweldes. Die grootste verskil is dat voëls vlerke het om mee te vlieg,
spiere het vir die vlerke, ‘n verlenging van die borsbeen het en dat kos in
die maag gemaal word omdat voëls nie tande het nie.
(Collier’s Encyclopedia, Boek 4, bl 194)
INSEKTE
Levítikus 11:20-23:
Al die insekte met vlerke wat op vier [pote] loop – ‘n gruwel is hulle vir
julle. Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier
pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.
Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan volgens sy spesie en die
boomsprinkaan volgens hulle spesies en die springer volgens hulle spesies en die
voetganger volgens hulle spesies en die voetganger volgens hulle spesies. Maar
al die ander insekte met vlerke wat vier pote het – ‘n gruwel is hulle vir
julle.
Levítikus 11:41 en 42: En
al die ongediertes wat op die aarde wemel, is ‘n gruwel – dit mag nie geëet
word nie. Alles wat op die buik seil en alles wat op vier [pote] loop, ook alles
wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel – julle
mag dit nie eet nie, want dit is ‘n gruwel.
Deuteronómium 14:19:
En al die insekte met vlerke moet vir julle onrein wees; hulle mag nie geëet
word nie.
In die sakboekgids “Insekte”
deur Erik Holm & Elbie de Meillon, uitgegee deur Struik, word die
treksprinkaan en sprinkaan as volg beskryf:
Orde Orhoptera: Suborde
Caelifera
Hierdie insekte staan bekend as
sprinkane in die solitêre fase en treksprinkane in die swermfase. Sprinkane het
verskillende kleurvorms, bruin en groen sprinkane kom byvoorbeeld binne
dieselfde spesie voor. By treksprinkane lyk die enkelinge in die tuisgebied soos
gewone sprinkane. Alle sprinkane vreet slegs plante. Sprinkane se agterpote is
springpote. Treksprinkane is berugte vernietigers van oeste, maar is ook
tradisioneel ‘n bron van voedsel vir inheemse bevolkingsgroepe.
Insekte wat nie geëet mag word nie:
Spinnekoppe, honderd- en
duisendpote, bosluise, naaldekokers, termiete, krieke, kewers, torre,
oorkruipers, hottentotsgotte, toktokkies, muskiete, vlieë en brommers,
skoenlappers en motte, bye, kakkerlakke, mopaniwurms en alle vorms van wurms en
ruspes.
DIE SLAG/BLOEI VAN
DIERE WAT ONS EET
Openbaring van Henog 15:9 en 10:
En alles wat julle as voedsel het, bind dit by vier bene vas, dit is genesend
[hy genees sy eie siel]. Die adamiet wat ‘n dier doodmaak sonder om hom vas te
bind – dit is ‘n bose gebruik [hy oortree teen sy eie siel].
Levítikus 3:17:
’n Ewige Insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén
vet en géén bloed mag julle eet nie.
Levítikus 17:13: En
elkeen uit die kinders van JisraEl en uit die besoekers wat onder hulle vertoef,
wat ‘n stuk wild of ‘n voël vang wat geëet mag word – hy moet die bloed
daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak.
Die vraag is nie hoe gesond ons
wil wees nie, maar wel hoe gehoorsaam ons aan JaHWeH se Wette is? Wanneer daar
in die Wet staan dat ons géén vet en géén bloed mag eet nie, is dit presies
wat daar staan.
Die diere wat ons dus eet, moet
g
evang word (óf in ‘n kamp
gejaag word en gevang word, óf met ‘n lasso oor die kop óf met ‘n pyl en
boog sodat hy nog lewendig is), dan moet sy pote vasgebind word. Eers dán kan
die dier se nekslagaar gesny word sodat hy kan doodbloei. Die kop moet nie
afgesny word nie.
LET WEL: DIE DIER MOET DOODBLOEI
en nie doodgemaak word nie. Wanneer die slagaar (L.W. nie die kop nie)
gesny word, sal die dier se bloed stadig uit sy liggaam pomp terwyl hy in ‘n
koma gaan en die dood later intree. Die dier sal dan ook baie meer ontspanne
wees en nie in sy eie bloed verstik soos wanneer sy keel afgesny word nie.
SMAAKLIKE ETE!!!
|