|
Die Verbonde
'n Artikel om vir eens en altyd die
onsekerhede wat daar oor die VERBONDE heers
uit die weg te ruim
Bladsy 6
1 2
3 4 5
6 7
Almal daar bymekaar het voor
die Aangesig van JaHWeH gestaan om:
12 om oor
te gaan in die Verbond van JaHWeH jou Elohey - en in Sy Eedswering -
wat JaHWeH jou Elohey vandag met jou sluit;
13 sodat
Hy jou vandag vir Hom as volk kan bevestig
en vir jou ’n Elohim kan wees soos Hy
jou beloof het, en soos Hy aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ’n
eed beloof het.
14 En nie met
julle alleen maak ek hierdie Verbond en hierdie Eedswering nie,
15 maar met die
wat vandag hier saam met ons voor die Aangesig van JaHWeH onse Elohey staan, én
met die wat hier vandag nie saam met ons is nie. (Die
wat nog moet kom.)
18 sodat daar
onder julle geen man of vrou of familie of stam mag wees wat sy hart vandag
van JaHWeH onse Elohey afwend om die gode van dié nasies te gaan dien
nie, sodat daar onder julle geen wortel mag
wees wat papawergif en Alsem dra nie,
19 en as hy die
woorde van hierdie Eedswering hoor, homself dan in sy hart prys deur te sê:
Dit sal met my goed gaan alhoewel ek in die verhardheid van my hart
wandel - om so die bewaterde saam met die dorstige weg te ruk!
20 JaHWeH sal
hom nie wil vergewe nie, maar dan sal die Woede van JaHWeH en Sy ywer teen
dié man rook, en die hele vloek wat in hierdie Boekrol geskrywe is,
sal op hom rus; en JaHWeH sal sy naam onder die hemele uitdelg.
21 En JaHWeH sal
hom tot verleentheid vir al die stamme van JisraEl afskei volgens al
die vloeke van die Verbond wat in hierdie Boekrol van die Wet geskrywe is.
24 en al die
nasies sal sê: Waarom het JaHWeH so met hierdie land gedoen? Wat beteken
hierdie groot woede?
25 Dan sal hulle
antwoord: Omdat hulle die Verbond van JaHWeH, die Elohey van hulle vaders,
verlaat het wat Hy met hulle gesluit het toe hulle deur Hom uit Egipteland
uitgelei is, (Dit was die Horeb Verbond van
Gehoorsaamheid en Seëninge.)
26 en hulle
gode van andere gaan dien en hulle daarvoor neergebuig het, gode van andere
wat aan hulle nie bekend was nie, en wat Hy hulle nie toebedeel het nie, (Deuteronómium
4:19 en Miga 4:5.)
27 daarom
het die Woede van JaHWeH teen daardie land ontvlam om op haar die hele
vloek te bring wat in hierdie Boekrol geskrywe is.
Op ons in Suid-Afrika rus daar
seker ‘n dubbele vloek, want hier word die gode Baäl, Mammon, Bacchus en al
die ander verfoeisels met liefde aangehang, soos die Lotto’s, Casino’s,
Raveclubs, hoerhuise en hoerkerke.
29 Die
verborge dinge is vir JaHWeH onse Elohey; maar die geopenbaarde dinge is
vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie
Wet.
Wat dan van die vloeke waarvan
in hierdie Verbond gepraat word? U kan hulle lees in Deuteronómium 27:15-26;
28:15-68.
Hierdie volk het egter nie
geluister nie en nie gehandel volgens die Wil en Weë van JaHWeH nie. Hulle
harte was steeds verhard en die Psalmdigter spreek in:
Psalm 95:6-11:
6 Kom, laat
Ons aanbid en neerbuk; laat Ons kniel voor die aangesig van JaHWeH Ons Maker.
7 Want HY is Onse
Elohey, en Ons is die volk van SY weide en die skape van SY Hand. Ag, as
julle vandag maar na SY Stem wou luister!
8 Verhard julle
hart nie soos by Mériba(versoeking), soos op die dag van Massa(beproewing) in
die wildernis nie;
9 waar julle
vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle My werk gesien het.
10 Veertig jaar
het Ek ’n afkeer gehad van [hierdie] geslag en gesê: Hulle is ’n
volk met ’n dwalende hart, en hulle ken My weë nie;
11 sodat Ek in My
woede gesweer het: Waarlik, hulle sal in My rus nie ingaan nie!
Ook NegemJaH sê in:
NegemJaH 9:26:
26 Maar
hulle het wederstrewig en rebels geword teen U en U Wet agter hulle rug
gewerp; en U profete wat hulle gewaarsku het, om hulle na U terug
te bring, het hulle gedood en groot, afskuwelike dinge gedoen.
Vir JeségiEl stuur JaHWeH na
JisraEl en sê:
JeségiEl 2:4:
4 En die
kinders is hard van aangesig en verstok van hart ...
JeségiEl 3:7:
7 Maar die
huis van JisraEl sal na jou nie wil luister nie, omdat hulle na My nie wil
luister nie; want die hele huis van JisraEl het ’n harde voorhoof en ’n
ongevoelige hart.
Ook Salomo voeg by:
Spreuke 28:14:
14 Geseënd
is die adamiet wat voortdurend Vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in
boosheid verval.
Ook tydens die Gesalfde se
wandeling op aarde, was hulle harte nog steeds verhard:
Markus 6:52:
52 Want
hulle het by die wonder van die brode nie verstandig geword nie, omdat
hulle hart verhard was.
Ook sê die Gesalfde aan hulle
dat hulle op hulle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van
Herodes moet wees.
Markus 8:15-18:
15 En Hy
het hulle beveel en gesê: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van
die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.
16 Toe redeneer
hulle onder mekaar en sê: Dit is omdat ons geen brode het nie.
17 En JaHWèshua
merk dit en sê vir hulle: Waarom redeneer julle dat julle geen brode het nie?
Begryp julle nie en verstaan julle nie? Het julle nog jul verharde
hart?
18 Het julle oë
en sien julle nie? En het julle ore en hoor julle nie?
Hoe kan ons dan sê lyk ‘n
verharde hart? Ons lees in:
1 ShemuEl 25:37:
37 Maar die
môre vroeg toe die wyn Nabal verlaat het, deel sy vrou hom dié dinge mee.
Daarop het sy hart in sy binneste gesterwe en was hy soos ’n klip.
‘n Verharde hart is ‘n hart
van klip en daardie hart het vir JaHWeH gesterwe. Daarom dat Hy in Deuteronómium
29:20 gesê het:
20 JaHWeH
sal hom nie wil vergewe nie, maar dan sal die Woede van JaHWeH en Sy
ywer teen dié man rook, en die hele vloek wat in hierdie
Boekrol geskrywe is, sal op hom rus; en JaHWeH sal sy naam
onder die hemele uitdelg.
Ons lees in Deuteronómium
27:26:
26 Vervloek is hy
wat die woorde van hierdie Wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk
moet sê: Amein.
So het ons voorouers hulleself
en ook ons wat na hulle gekom het, gebind onder hierdie vloek (Deuteronómium
29:15) Want JaHWèshua het gesê in MattithJaHûW 18:18:
18 Voorwaar Ek sê
vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemele gebonde wees;
en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemele ontbonde wees.
Hierdie vloek is nog steeds
gebonde want die Boodskapper het aan Ezra gesê:
2 Ezra 9:9-12:
9 Dan sal
daar geen ontferming wees vir hulle wat My weë geskend het nie. En
hulle wat dit verwerp het, sal in smarte verkeer;
10 want hulle wat
My nie geken het terwyl hulle in die lewe weldade ontvang het nie,
11 en wat My Wet
verag het, toe hulle vry was (Die Vrymense)
12 toe daar
vir hulle nog geleentheid vir berou was en hulle dit nie wou verstaan nie,
maar verag het, hulle moet dit na die dood deur
pyn erken.
Die wat nog die geleentheid het
om hul weë te verander en die geleentheid het om uit die net wat oor hulle
gespan is, uit te kruip, weet dit:
2 Ezra 7:142:
142 En dat
HY HOM ontferm oor hulle wat terugkeer na SY Wet;
Nou is JeshaJaH 24:3-6
reeds in vervulling:
3 Die aarde
word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, (natuur word verwoes)
want JaHWeH het hierdie Woord gespreek.
4 Die aarde; sy
treur, sy (het) verwelk, die wêreld; sy (het)
verswak, sy verwelk; die hoë volk van die aarde, hulle (het)
verswak.
5 Want die aarde
is besoedel onder haar bewoners; want hulle het die Wette
oortree, die Insetting geskend, die ewige Verbond verbreek.
6 Daarom verteer
die vloek die aarde en moet haar bewoners in haar boet; daarom word
die bewoners van die aarde deur ’n gloed verteer en bly daar min
mense oor.
Die Nuwe Verbond
In die Hebreeus het elke woord en getal ‘n identiteit. ‘n
Woord is óf manlik óf vroulik, iets is óf reg óf verkeerd, jy moet ‘n ding
doen of nie doen nie, dit is óf lig óf donker, koud óf warm.
Sodra iets tussenin is, of lou,
dan word dit uitgespuug - (Openbaring 3:16).
In JirmeJaH 31:31 lees
ons dat JaHWeH met JisraEl en JeHûWdah ‘n nuwe Verbond gaan sluit.
Die Hebreeuse woord wat “nuwe”
aandui, is Strong’s-2322 en hierdie “nuwe” is vroulik.
JimeJaH praat dus van ‘n “nuwe” Verbond, maar die Verbond sal ‘n
vroulike Verbond wees.
In MattithJaHûW 9:15
lees ons:
15 En JaHWèshua
sê vir hulle: Kan die seuns (Apostels) wat die
bruidskamer voorberei dan treur so lank as die Bruidegom by hulle is? Maar
daar sal dae kom wanneer die Bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal
hulle vas.
JaHWèshua verwys hier na
Homself. As Hy dan die Bruidegom is, waar en wie is die Bruid? Ons moet die
Bruid in die Nuwe vroulike Verbond gaan soek. As Hy dan ‘n Verbond (huwelikskontrak)
met haar aangaan, behoort ons haar te kan uitwys.
Terwyl die Boodskapper met Ezra
gepraat het, was die Bruid nog nie bekend nie. Sy sou eers daarna gekom
het.
2 Ezra 7:26:
26 Kyk, die
tyd sal kom dat die tekens waarvan Ek jou vertel het sal gebeur; die
Bruid sal verskyn, en Sy sal openlik vertoon word, Sy wat nou vir die wêreld
verborge is. (Volgens die tekens in 2 Ezra 5:1-10 - dit gebeur nou.)
JaHWèshua het die seuns
(Apostels) aangestel om Sy bruidskamer (JisraEl en JeHûWdah) in gereedheid te
bring. Daarna het Hy hulle verlaat en opgevaar.
Kyk ons na die Nuwe Verbond
soos omskryf in JermiJaH 31:31-34 en Hebreërs 8:8-12, sien ons:
31 Kyk,
daar kom dae, spreek JaHWeH, dat Ek met die huis van JisraEl en die huis van
JeHûWdah ‘n nuwe Verbond sal sluit;
Na watter Verbond word hier
verwys?
Die Horeb Verbond het gehandel
oor die gehoorsaamheid aan JaHWeH se Weë en die onderhouding van Sy Gebooie,
Verordeninge en Insettinge. Die Nuwe Verbond sal dan anders wees as die Horeb
Verbond. Ons lees verder in vers 32:
32 nie soos
die Verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand
gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie - My Verbond wat hulle (JisraEl)
verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle
was, spreek JaHWeH.
JisraEl het hulle deel van die
Verbond nié nagekom nie, maar JaHWeH het Sy deel van die Verbond nié verbreek
nie.
In Levítikus 26:15 lees
ons:
15 en as julle
My Insettinge verwerp, en as julle siel van My Verordeninge ’n
afsku het, sodat julle nie al My Gebooie doen nie en
My Verbond verbreek -
Daarna sal die straf volg, dan
sal Ek dit aan julle doen ... (Lees die res van Levítikus 26.)
Deuteronómium 31:15:
15 En
JaHWeH het in die tent in ’n wolkkolom verskyn terwyl die wolkkolom by die
ingang van die tent bly staan het.
16 Toe sê JaHWeH
vir Moshè: Kyk, jy ontslaap met jou vaders, en hierdie volk sal opstaan, en
hulle sal hoereer agter gode van ‘n vreemde land aan in die land waar hulle
sal gaan; en sal My verlaat en My Verbond verbreek wat Ek met hulle
gemaak het.
17 Dan sal My
Woede op dié dag teen hulle ontvlam, en Ek sal hulle verlaat en My
Aangesig vir hulle verberg, sodat hulle verteer word en baie ellende en node
hulle oorkom. Dan sal hulle op dié dag sê: Het hierdie ellende ons nie
oorgekom, omdat onse Elohey nie onder ons is nie?
18 Maar Ek sal op
dié dag My Aangesig heeltemal verberg weens al die boosheid wat hulle
gedoen het; want hulle het na gode van andere afgewyk.
NegemJaH 1:7:
7 Ons het baie
verkeerd gehandel teenoor U, en ons het die Gebooie en Insettinge en
Verordeninge wat U aan Moshè, U kneg, beveel het, nie gehou nie.
Toe JaHWeH die Wet (Horeb
Verbond) aan JisraEl gegee het:
2 Ezra 3:20-22:
20 En tog
het U nie van hulle weggeneem die bose hart sodat U Wet in hulle vrug
sou voortbring nie.
21 Want die eerste
Adam, wyl hy ‘n bose hart gehad het, het die gebod oortree; en is
oorwin; en so almal wat uit hom gebore is.
22 En dit het ‘n
ingewortelde swakheid geword; alhoewel die Wet in die hart van die volk gebly
het, so het ook Boosheid as die wortel van alle kwaad in die hart
gebly; sodat dit wat goed was, tot niet gegaan
het, en die boosheid agtergebly het.
2 Ezra 7:55:
58 Want ons
bose harte het sterk gegroei, dit het ons van ons Elohey se Gebooie vervreem,
het ons op die pad van bedrog en Dood laat wandel, het vir ons die pad
van vernietiging oopgemaak, en het ons ver weggevoer van die lewe. Dit
het nie net so aan ‘n paar gedoen nie, maar aan feitlik almal wat geskape
is.
Wat dan gebeur het, is dat toe
JaHWeH die Verbond by Horeb aan JisraEl gegee het, het Hy nie die harte van klip
uit hulle liggame verwyder nie. Hy het hulle daarna beproef dat Sy vrees voor
hulle oë mag wees, sodat hulle nie oortree nie (Exodus 20:20) en om te
kyk of hulle Hom werklik liefhet - (Deuteronómium 13:3-4).
Die volk het egter baie
verkeerd gehandel en in Deuteronómium 5:29 spreek JaHWeH ‘n versoek
uit:
29 Ag, as
hulle maar so ’n hart gehad het om My te vrees en al My Gebooie altyd
te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan
Daar by Horeb het JaHWeH dus
nie die verharde nekke sag gemaak en die harte van klip verwyder nie.
Kyk ons nou verder na die Nuwe
Verbond:
JirmeJaH 31:33-34,
sien ons:
33 Maar dit
is die Verbond wat Ek ná dié dae met die huis van JisraEl sal sluit, spreek
JaHWeH:
Ek gee My Wet in hulle binneste
en skrywe dit op hulle hart;
en Ek sal vir hulle ‘n Elohim wees,
en hulle sal vir My ‘n volk wees.
34 En hulle sal
nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken JaHWeH;
want hulle sal My almal ken, klein en
groot onder hulle, spreek JaHWeH;
want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe
en aan hulle oortredinge nie meer dink
nie.
Hierdie Verbond bevat dan 8
(agt) bepalings en die syfer 8 dui ‘n nuwe begin aan.
Kyk ons nou na die eerste twee
bepalings, sien ons dat JaHWeH iets aan die harte van Sy kinders moes doen, want
‘n hart van klip is dood en daarop kan geen Wet geskryf word nie.
So hou JaHWeH dan die Belofte
aan JisraEl voor oor wat Hy beplan om met Sy Volk te doen wanneer Hy hulle weer
gaan versamel.
JeségiEl 11:19-20:
19 En Ek
sal hulle een hart gee, en ’n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die
hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ’n hart van vlees gee,
20 sodat hulle in
My Insettinge kan wandel en My Verordeninge kan hou en dit doen;
en hulle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n Elohim wees.
JaHWeH sê dus hier dat jy nie
Sy kind kan wees en Hy jou Elohim kan wees, alvorens jou hart verander het,
sodat jy dan Sy Gebooie, Insettinge en Verordeninge kan nakom en dit doen nie.
Ook vir JeségiEl sê JaHWeH in
JeségiEl 36:25-27 wat Hy aan Sy volk sal doen:
25 Dan sal
Ek skoon water op julle uitgiet, sodat julle skoon kan word; van al jul
onsuiwerhede en van al jul drek-idole sal Ek julle suiwer.
26 En Ek sal julle
’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek
sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart
van vlees gee.
27 En Ek sal My
Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in My Insettinge wandel en My
Verordeninge onderhou en doen.
Bepalings 5 en 6 sê dan -
JirmeJaH 31:34:
34 En
hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken
JaHWeH;
want hulle sal My almal ken, klein en
groot onder hulle, spreek JaHWeH;
Hulle wat dan deel van hierdie
Nuwe Verbond gaan wees, sal almal klaar geleer wees.
Dit sal dus net hulle wees wat
ten volle gehoorsaam was en JaHWeH se Wet in hul lewens uitgevoer en uitgeleef
het.
JaHWeH gaan dan voort in JeségiEl
36:27 en sê:
27 En Ek
sal My Gees (Trooster) in jul binneste gee en sal maak dat julle in My
Insettinge wandel en My Verordeninge onderhou en doen.
So lees ons verder in JeHôWganan
14:15-17:
15 As julle My
liefhet, onderhou My Gebooie.
16 En Ek sal die
VADER versoek, en HY sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot
in ewigheid:
17 die Gees van
die Waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en
Hom nie ken nie; (begryp nie die werking van die
Trooster nie) maar julle (My bruid) ken Hom,
omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Hierdie Gees van die Waarheid
sal dan sorg dat die bepalings 5 en 6 van die Nuwe Verbond nagekom word, deur:
JeHôWganan 14:26:
26 maar die
Trooster, die Gees van die Waarheid, wat die VADER in My Naam sal stuur, Hy
sal julle alles leer (sodat julle almal My sal ken) en sal julle
herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. (Onderhou al my Gebooie,
Insettinge en Verordeninge.)
Die Trooster sal die
Uitverkorenes, die Bruid, nie net alles leer nie, maar ook:
JeHôWganan 16:13:
13 Maar
wanneer Hy gekom het, die Gees van die Waarheid, sal Hy julle in die hele
Waarheid lei; (julle klaar leer) want Hy sal
nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die
toekomstige dinge aan julle verkondig.
14 Hy sal My
vereer, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, (My
blye Boodskap) en aan julle verkondig. (Markus
1:1,14 en 15)
Eers dán kom die volgende in
jou lewe in vervulling;
1 JeHôWganan 2:20 en 27:
20 En julle
het die salwing van die Aparte Een en sal alles weet.
27 En die salwing
wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat
iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing (Trooster)
julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en
soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
Dán kan diegene wat klaar
geleer is, aansluit by Hebreërs 12:22-24;
22 Maar julle
het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende Elohim, die hemelse
Jerusalem en tienduisende Boodskappers,
23 by die
feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele
opgeskrywe is, en by Elohim, die Regter van almal, en by die geeste van die
volmaakte regverdiges, (Uitverkorenes)
24 en by
JaHWèshua, die Middelaar (Bruidegom) van die
Nuwe Verbond, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as
Abel.
Wat sal dan by die berg Sion
gebeur? So lees ons in:
Openbaring 14:1-5:
1 En ek het
gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom
honderd-vier-en-veertigduisend met Sy Naam en die NAAM van Sy VADER op hulle
voorhoofde geskrywe. [2 Ezra 2:38]
2 En ek het ’n
geluid uit die hemele gehoor soos die geluid van baie waters en soos die
geluid van ’n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers
wat speel op hulle siters.
3 En hulle het
’n nuwe lied gesing voor die Troon en voor die vier lewende wesens en die
oudstes; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die
honderd-vier-en-veertigduisend wat van die aarde vrygekoop is. (Met
die Bloed van die Bruidegom.)
4 Dit is
hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, (Dood, Doderyk en
Boosheid) want hulle is maagdelik skoongewas; (JaHWeH het hulle baie
beproef en hulle geeste is skoongewas bevind, sodat hulle Sy Naam kon seën
volgens Henog 108:9-10) dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook
heengaan; (soos ‘n bruid haar bruidegom) dit is hulle wat gekoop is uit
die adamiete as eerstelinge (van die oes) vir
Elohim en die Lam.
5 En in hulle mond
is daar geen bedrog gevind nie; (klaar geleer, in die
hele Waarheid geleer, sodat hulle alles weet) want hulle is sonder gebrek (vlekkeloos,
nie verbaster) voor die Troon van Elohim.
Dit is hulle wat eerste
versamel sal word, die Eerstelinge van die oes:
MattithJaHûW 24:31:
31 En Hy
sal Sy Boodskappers uitstuur met harde geluid van ramshoring, en hulle sal Sy
uitverkorenes (Bruid) versamel uit die vier
windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
Dit is hulle van wie die
Psalmdigter gesê het:
Psalm 84:5-7:
5 Geseënd
is die adamiet wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.
6 As hulle deur
die droë laagte trek, maak hulle dit ’n fonteinland; ook oordek die vroeë
reën dit met seëninge.
7 Hulle gaan van
krag tot krag; elkeen [van hulle] sal verskyn voor Elohim in Sion.
Dit is hulle wat die Koninkryk
van Elohim binne-in hulle het (Lukas 17:21), want hulle kan dan juig saam
met 2 Ezra 7:55:
55 Hoe geseënd
is die wat gedurende hulle lewe, u bevele gehoorsaam het.
97 Maar vir hulle
wat gewandel het in die weë van die ALLERHOOGSTE, dit is wat vir hulle
sal wag wanneer die tyd vir hulle sal aanbreek om hulle vleeslike liggame te
verlaat.
98 Gedurende hulle
verblyf op aarde, het hulle ten spyte van groot verdrukking en
volgehoue gevaar, die ALLERHOOGSTE gedien, en die Wet tot die laaste
letter gehou soos wat die Wetgewer dit gegee het.
Lees dan die seëninge verder
in verse 99-110.
Die populêre siening dat die
“Nuwe Verbond” nou skielik ‘n verskoning is om nie meer onder die
Wet te wees, of die Horeb Verbond nie te gehoorsaam nie, word die nekslag
toegedien in:
Hebreërs 8:6:
6 Maar nou
het Hy ’n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van
’n beter Verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.
As hierdie beter kontrak met
die beter beloftes wettelik gegrond is, beteken dit in duidelike terme dat die hele
WET nog steeds geldig is.
Om saam te vat: Al wat JaHWeH
met die Nuwe Verbond laat doen het, is dat Hy die dooie, gestorwe, ongehoorsame
harte, wat Sy Weë nie wou volg nie, wat Sy Verbonde verloën het, Sy Wette
verag het, laat vervang het met ‘n hart van vlees. Hierdie hart van vlees sal
dan Sy Weë navolg, Sy Verbonde eerbiedig en Sy Wette, Gebooie, Insettinge en
Verordeninge doen en uitleef.
Die wat die Trooster toegelaat
het om hulle te leer en te onderrig, het die Salwing ontvang en het as
Uitverkorenes die Nuwe Verbond betree. Die ander wat net gehandel het volgens JeségiEl
18:1-9, vir hulle is daar ‘n ander Verbond, die Ewige Verbond van Vrede.
Die Ewige Verbond van Vrede vir die Regverdige
Wanneer JaHWeH weer Sy kinders
van regoor die aardbol gaan versamel en terugbring na Jerusalem, gaan Hy ook aan
hierdie Regverdiges ‘n nuwe gees en ‘n nuwe hart gee om Hom te dien.
Die verskil tussen die Nuwe -
en die Ewige Verbond van Vrede, lees ons in JirmeJaH 31:33 en 32:39-40.
Waar JaHWeH die Wet in die
Uitverkorenes (Bruid) se binneste gee en op hulle harte skrywe, gee Hy met die
Ewige Verbond slegs ‘n vrees in die Regverdiges (Gaste) se harte.
JirmiJaH 32:39-40:
39 En Ek
sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en
hulle kinders ná hulle.
40 En Ek sal ‘n
ewige Verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle
goed te doen nie; en Ek sal My vrees in hulle hart gee, sodat hulle van
My nie afwyk nie.
Waar die Uitverkorenes onder die Nuwe
Verbond klaar geleer is en alles weet, moet die Regverdiges onder die Ewige
Verbond nog geleer word.
Volgens Job 28:28 is die
Vrees van JaHWeH - Wysheid.
Die Vrees van JaHWeH is die
begin van Kennis - (Spreuke 1:7). So sal die Wysheid dan opstaan en aan
die Regverdiges gegee word wanneer hulle opstaan uit hulle slaap - (Henog
91:10).
Koning Dawid sal oor hulle
koning wees en die seuns van Sadok sal hulle onderrig - (JeségiEl 37:24 ;
44:15).
Hulle sal dan die Volk die
onderskeid moet leer tussen wat apart is en die algemene en hulle bekend maak
tussen wat suiwer en onsuiwer is.
JeségiEl 44:23-24:
23 En hulle
moet My volk die [onderskeid] aandui tussen: apartheid en die algemene, en
hulle bekend maak die onderskeid tussen wat suiwer en onsuiwer (vermeng)
is. [JeségiEl 22:26]
Bladsy
1 2
3 4 5
6 7
|