|
Die Verbonde
'n Artikel om vir eens en altyd die
onsekerhede wat daar oor die VERBONDE heers
uit die weg te ruim
Bladsy 5
1 2
3 4 5 6
7
Dit is die woorde wat jy aan die kinders van
JisraEl moet meedeel.
8 Toe antwoord die
hele volk eenparig en sê: Alles wat JaHWeH spreek, sal ons doen. En Moshè
het die woorde van die volk aan JaHWeH oorgebring
So het die volk hulleself dan
voor JaHWeH gebind om aan Hom gehoorsaam te wees. Om die Verbond te kan sluit, sê
JaHWeH vir Moshé:
10 Verder
het JaHWeH aan Moshè gesê: Gaan na die volk (die manne)
en sonder hulle af, vandag en môre, en laat hulle hul klere was
11 en hulle gereed
hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal JaHWeH voor die oë van die
hele volk op die berg Sinai afdaal.
So het JaHWeH toe gekom en aan
die volk die Tien Gebooie voorgehou.
Exodus 20:18-22:
18 En toe
die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die ramshoring en
die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ’n afstand
bly staan.
19 En hulle het
vir Moshè gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat Elohim nie
met ons spreek nie, anders sterwe ons.
20 Toe antwoord
Moshè die volk: Wees nie bevrees nie, want die Elohim het gekom om julle
te beproef en dat Sy vrees voor julle oë mag wees, sodat
julle nie oortree nie.
21 So het die volk
dan op ’n afstand bly staan. Maar Moshè het nader gegaan na die
wolkedonkerheid waar die Elohim [is].
22 Toe sê JaHWeH
vir Moshè: So moet jy met die kinders van JisraEl spreek: Julle het self
gesien dat Ek met julle van die hemele af gespreek het.
Só is die Verbond van Horeb
dan gesluit tussen JaHWeH en die volk JisraEl. U sal merk dat die manier hoe die
Verbond gesluit is, heelwat verskil van die Verbond aangegaan in Génesis 15.
JaHWeH roep vir Moshé berg toe
en daar vertoef Moshé saam met JaHWeH vir 40 dae en 40 nagte. Hy ontvang die
Tien Gebooie van JaHWeH, geskryf op twee kliptafels. Daarmee moes Moshé die
kinders van JisraEl onderrig - (Opregte 82:9-10).
Opregte 82:15-16:
15 Voordat
Moshè van die berg afgekom het, het JaHWeH aan Moshè gesê: Gaan af, want
jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het verderflik gehandel.
16 Hulle het vir
hulle ‘n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig. Daarom, laat my begaan
dat Ek hulle kan verteer van die aarde af, want hulle
is ‘n hardnekkige volk.
Moshé gooi die kliptafels
stukkend en verwoes die kalf. Daarop gaan Moshé terug na JaHWeH en bly vir 40
dae en 40 nagte op die berg om vergifnis vir JisraEl se ongehoorsaamheid te
smeek.
JaHWeH stuur Moshé af om twee
ander klippe te kap en Moshé gaan weer terug na JaHWeH vir 40 dae en 40 nagte.
So onderrig JaHWeH toe ook vir Moshé in die Insettinge en Verordeninge wat aan
JisraEl oorgedra moes word - (Opregte 82:22-26).
Moshé onderrig die volk in die
Insettinge en Verordeninge en toe antwoord die hele volk met een stem en sê:
Al die woorde wat JaHWeH gespreek het, sal
ons doen - (Vers 31).
Daar word toe geslag en die
helfte van die bloed word teen die altaar uitgegooi.
Moshé het toe die Boekrol van
die Verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees.
En hulle het gesê:
Alles wat JaHWeH gespreek het, sal ons doen
en daarna luister.
Exodus 24:8:
8 Toe
neem Moshè die bloed en sprinkel dit uit op die volk en sê: Dit is die
bloed van die Verbond wat JaHWeH met julle gesluit het op grond van al
hierdie woorde.
Die Insettinge en Verordeninge
is dus ook gesluit met ‘n Bloedverbond.
Net voordat JeHôWshua by Moshé
oorneem, spreek Moshé die volk toe en sê:
Deuteronómium 4:1-10; 39; 40:
1 Luister
dan nou, JisraEl, na die Insettinge en die Verordeninge wat ek julle leer
om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat JaHWeH, die
Elohey van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem.
2 Julle mag by die
woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks
van weglaat nie; sodat julle die Gebooie van JaHWeH julle Elohey mag
onderhou, wat ek julle beveel.
5 Kyk, ek het
julle Insettinge en Verordeninge geleer soos JaHWeH my Elohey my beveel het,
om so te handel in die land waarheen julle gaan om haar in besit te neem.
6 Onderhou Haar dan en doen Haar; want
Sy is julle Wysheid en julle Verstand voor die oë van die volke wat al
hierdie Insettinge sal hoor en sê: Waarlik, hierdie
groot nasie is ’n wyse en verstandige volk.
7 Want watter
groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos JaHWeH onse Elohey
so dikwels as ons Hom aanroep?
8 En watter groot
nasie is daar wat sulke regverdige Insettinge en Verordeninge het soos
hierdie hele Wet wat ek julle vandag voorhou?
9 Neem jou net in
ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë
gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou siel
nie; en jy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak:
10 die dag dat jy
voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey by Horeb gestaan het, toe JaHWeH aan
my gesê het: Vergader die volk vir My, en Ek sal hulle My Woorde laat hoor,
dat hulle kan leer om My te vrees al die dae wat hulle op die grond/adamah
lewe, en dit aan hulle kinders kan leer.
39 daarom moet jy
vandag weet en ter harte neem, Hy JaHWeH, [is] die Elohim, bo in die hemele en
onder op die aarde; daar is geen ander nie.
40 En jy moet
Sy Insettinge en Sy Gebooie hou wat ek jou vandag beveel,
WAAROM MOET JY DIT HOU?
dat dit met jou en jou kinders ná jou goed
mag gaan,
en dat jy die dae mag verleng op die grond/adamah
wat JaHWeH jou Elohey jou vir altyd sal gee.
Lees ons verder in Deuteronómium
5:1-3, sien ons dat die Horeb Verbond duidelik geskei is van die Besnydenis
Verbond. Die nakoming van die Horeb Verbond is gehoorsaamheid aan die
onderhouding van die opdragte van JaHWeH.
1 En Moshè
het die hele JisraEl laat roep en vir hulle gesê: Hoor, JisraEl, die
Insettinge en die Verordeninge wat ek vandag voor julle ore uitspreek; julle
moet dit leer en dit sorgvuldig hou.
2 JaHWeH onse
Elohey het by Horeb met ons ’n Verbond gesluit.
3 Met ons
vaders het JaHWeH hierdie (Horeb)
Verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal
in die lewe is.
Dan lees ons ook in Deuteronómium
30, net soos in Deuteronómium 4:6-8, die eienskappe van hierdie
besonderse stel reëls aan JisraEl.
Deuteronómium 30:10-11:
10 as jy na
die Stem van JaHWeH jou Elohey luister om Sy Gebooie en Sy Insettinge te hou
wat in hierdie Boekrol van die Wet geskrywe is; as jy terugkeer tot JaHWeH jou
Elohey met jou hele hart en met jou hele siel.
11 Want hierdie
Gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is
nie ver nie.
Ook ons Gesalfde sluit hierby
aan toe Hy gesê het:
MattithJaHûW 11:28-30:
28 Kom na My toe,
almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
29 Neem My juk op
julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en
julle sal rus vind vir julle siele;
30 want My juk is sag en My las is lig.
Daarom het Hy aan Sy Apostels
gesê:
MattithJaHûW 28:18-19:
... Aan My is gegee alle mag in
die hemele en op aarde.
en leer hulle om alles (nie
net seker dele nie) te onderhou wat Ek
julle beveel het.
So, as jy saam met die kerke beweer dat jy
die Wet van JaHWeH nie kan hou nie, weet dan dat jy ‘n baster is,
vergeet dan vir JaHWeH en dien
eerder die genot van die wêreld. Moenie eers probeer om JaHWeH halfhartig te
dien nie - jy mors jou tyd.
Deuteronómium 30:12-19:
12 Sy is
nie in die hemele nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemele opklim
en haar vir ons gaan haal en ons van haar laat hoor, en ons haar kan doen? [
Wysheid van Sirah 33:8, 24:10, 19:20]
13 Sy is ook nie oorkant die see
nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en
haar vir ons gaan haal en ons van haar laat hoor, en ons haar kan doen? [
Wysheid van Sirah 15:1-3, Wysheid van Salomo 6:18 ]
14 Maar baie naby
jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om haar
te doen.
15 Kyk, ek het jou
vandag voorgehou die lewe en die voorspoed, (onderhouding van die Wet) en die
Dood en die ellende. (Verwerping van die Wet.)
16 Wat ek jou
vandag beveel, is
om JaHWeH jou Elohey lief te hê,
in Sy Weë te wandel en
Sy Gebooie en Sy Insettinge en Sy
Verordeninge te hou,
WAAROM MOET JY DIT DOEN?
sodat jy kan lewe
en vermenigvuldig
en JaHWeH jou Elohey jou mag seën in die
land waarheen jy gaan om haar in besit te neem.
19 Ek neem vandag
die hemele en die aarde as getuies teen julle; Lewe en Dood, die seën en die
vloek het ek jou voorgehou. Kies dan Lewe, dat jy kan
lewe, jy en jou saad,
20 deur JaHWeH jou
Elohey lief te hê, na Sy Stem te luister en Hom aan te hang; want dit is
jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon op die
grond/adamah wat JaHWeH aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed
beloof het om dit aan hulle te gee.
Wat het die Gesalfde ongeveer
1500 jaar later oor die onderhouding van die Wet te sê gehad? Ons ken almal die
bekende woorde van MattithJaHûW 5:17-20. Wat egter in hierdie studie van
belang is, is verse 19 en 20.
19 Elkeen
dus wat een van die minste van hierdie Gebooie breek en die adamiete só
leer, sal die minste genoem word in die Koninkryk van die hemele; maar
elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die Koninkryk van
die hemele.
20 Want Ek sê vir
julle (die Gesalfde sê SELF so) dat, as julle
geregtigheid (gehaarsaamheid aan die Wet van JaHWeH) nie
oorvloediger is as die van die skrywers en Fariseërs nie, julle nooit in
die Koninkryk van die hemele sal ingaan nie.
Nou wat het die Fariseërs dan
gedoen?
MattithJaHûW 23:1-3:
1 TOE het
JaHWèshua die skare en Sy studente toegespreek
2 en gesê: Die
skrywers en die Fariseërs sit op die stoel van Moshè.
3 Alles wat hulle
dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; (die
besnydenis, die feeste, die voedselwette) maar
volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want
hulle praat en doen nie.
Daarom sê JaHWèshua ook in MattithJaHûW
7:24:
24 Elkeen
dan wat na hierdie Woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek
vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die Rots gebou het
Die ryk jongman vra aan JaHWèshua:
MattithJaHûW 19:16-17:
16 ...
Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?
17 En Hy sê vir
hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe EEN, naamlik die
Elohim. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou
die Gebooie.
‘n Sekere wetsvertolker vra
aan JaHWèshua:
Lukas 10:25-28:
25 En daar
het ’n sekere wetsvertolker opgestaan wat Hom versoek het deur te sê:
Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
26 En Hy antwoord
hom: Wat is in die Wet geskrywe? Hoe lees jy?
27 En hy antwoord
en sê: Jy moet JaHWeH jou Elohey liefhê uit jou hele hart en uit jou hele
siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou
volksgenote soos jouself. [Levítikus 19:18, Deuteronómium 6:5]
28 Toe sê Hy vir
hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.
1 JeHôWganan 2:3-5
som dit mooi op:
3 EN
hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons Sy Gebooie
onderhou.
4 Hy wat sê: Ek
ken Hom - en Sy Gebooie nie onderhou nie - is ’n leuenaar en
in hom is die Waarheid nie.
JeHôWganan 9:31:
31 En ons
weet dat Elohim nie bose mense (wat die Wet nie wil hou nie) verhoor
nie; maar as iemand die Elohim vrees en SY wil doen,
dié verhoor HY.
Daarom dat JaHWèshua gesê
het:
MattithJaHûW 12:50:
50 Want
elkeen wat die wil doen van My VADER wat in die hemele is, dié is My
broer en suster en moeder.
Daarom dan:
JeHôWganan 8:52:
As iemand My Woord onderhou, sal hy die
Dood in der ewigheid nie smaak nie.
As jy die Wil van die Hemelse
Vader doen, Sy Wette eerbiedig, Sy Insettinge en Verordeninge en Verbonde
gehoorsaam, dan het jy ‘n REG op die Boom van die Lewe en sal jy ingaan
deur die poorte van die stad - (Openbaring 22:14).
Wat is dan die hartsbesnydenis?
Deuteronómium 10:12-16:
12 En nou,
JisraEl, wat eis JaHWeH jou Elohey van jou as net
om JaHWeH jou Elohey te vrees,
in al Sy Weë te wandel en
Hom lief te hê en
JaHWeH jou Elohey te dien
met jou hele hart en
met jou hele siel,
13 om te hou die
Gebooie van JaHWeH en
Sy Insettinge wat ek jou vandag beveel,
dat dit met jou goed kan gaan?
16 Besny dan die
voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.
Dán sal julle die seëninge
ontvang waarvan Deuteronómium 28:1-14 spreek.
Dit was juis hier waar JisraEl
se probleem gelê het. Hulle het hul nekke verhard omdat hulle ‘n hardnekkige
volk was - (Exodus 32:9; Deuteronómium 9:6 en 13).
Toe JaHWeH Sy Belofte aan
JisraEl bekend gemaak het ná hul uittog uit Egipte, antwoord die hele volk
eenparig en sê: Alles wat JaHWeH gespreek het, sal ons
doen - (Exodus 19:8). Ook nadat hulle die Insettinge en die
Verordeninge ontvang het, het hulle aan Moshé gesê: Ons sal alles doen
wat JaHWeH met u gespreek het: - (Opregte 82:31).
Maar wat doen hulle toe? Hulle
maak ‘n gegote kalf en buig daarvoor neer - (Opregte 82:16).
JaHWeH sê toe aan Moshé:
Exodus 32:7-8:
7 ... Gaan
heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het
verderflik gehandel.
8 En hulle het gou
van die Weg afgewyk wat Ek hulle beveel het ...
JisraEl het dus hulle nekke
steeds verhard om nie na JaHWeH te luister nie.
In Deuteronómium 9:26 en 27
kan ons lees hoe Moshé hierdie ongehoorsaamheid van JisraEl in herinnering roep
en hoe hy gedurende veertig dae en veertig nagte vir die volk van JaHWeH gebid
het.
26 En ek
het tot JaHWeH gebid en gesê: U Majesteit JaHWeH, stort U volk en U erfdeel
wat U deur U Grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur ’n Sterke Hand
uitgelei het, nie in die verderf nie.
27 Dink aan U
knegte Abraham, Isak en Jakob; kyk nie na die
hardheid van hierdie volk of na hulle wetteloosheid en hulle oortredinge nie,
Die verdere geskiedenis van hoe
ons volk JaHWeH gedurigdeur vertoorn het en hoe Hy hulle in die wildernis laat
ronddwaal het en hoe hy die manne wat Egipte verlaat het, almal laat uitsterwe
het, is aan ons welbekend.
Aan die einde van die wandeling
in die wildernis sê Moshé aan die volk:
Deuteronómium 8:2:
2 En jy
moet dink aan die hele pad waarlangs JaHWeH jou Elohey jou nou veertig jaar
lank in die wildernis gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te
weet wat in jou hart is, of jy Sy Gebooie sal hou of nie.
Net vóór JisraEl die Beloofde
Land kon intrek, het JaHWeH wéér met JisraEl ‘n Verbond aangegaan.
Die Moab Verbond
(Verbond van Vervloeking)
Ons lees in Deuteronómium
29:1:
1 Dit is
die woorde van die Verbond wat JaHWeH Moshè beveel het om met die kinders van
JisraEl te sluit in die land Moab, behalwe die
Verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het.
Moshé sê dan in vers 4:
4 Maar
JaHWeH het julle nie ’n hart gegee om te verstaan en oë om te
sien en ore om te hoor tot vandag toe nie.
Moshé sê:
9 Onderhou
dan die woorde van hierdie Verbond en volbring dit, sodat
julle voorspoedig kan uitvoer alles wat julle doen.
Bladsy
1 2
3 4 5 6
7
|