Verbondskoerier

'n Tydskrif vir die denkende Boere-Israeliet !


Waarom moet ek my laat was?

Ramshorings

Die idiote kisse

Jou Erfdeel

Stof tot nadenke

Heraldiek

Die Arend Koningkryk

Die Verbonde

Vigs, wat steek hulle weg ?

Die voedsel wat ons eet

Inleiding

Historiese Agtergrond

Boerevolk - Situasie

5 Brode & 2 Visse

Vertalingsmeganisme

Vertalingsprobleme

Samestellingsprobleme

Saulus van Tarsus

Die Gelofte

Die Ware Naam van ons Hemelse Vader

Hoofletters, leestekens ens.

Apartheid

Vredesverbond

Ten Slotte

Aanhangsel B

Prelude

Terminology

DOGS OF CHRISTIANITY

Introduction

Motivation

Background

Control over Humans

Bible rewritten

Contamination of African Blood

Liberal Afrikaner begins with Manipulation

What was written in the Bible originally?

Kennisgewing

Media verklaring

Toespraak te Bloedrivier

Deel 1

Deel 2

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4

Die Verbonde

'n Artikel om vir eens en altyd die onsekerhede wat daar oor die VERBONDE heers

uit die weg te ruim

Bladsy 1

1 2 3 4 5 6 7

Oor die Verbonde wat JaHWeH met Sy kinders aangegaan het, is daar al oor die jare baie deur die JisraEliete gepraat, gestry, nagevors en geskryf. Waar staan ons egter vandag? Ons stry nog steeds. Die een sê die Ou Verbond (ek kan dit nog steeds nie opspoor nie!) het verval en is aan die kruis vasgenael - jy moet nou net op die stoep gaan sit, jou pyp opsteek en wag dat die genade op jou neerdaal. Andere weer, veral die wat hou van die “rokke van vel” (Paulus-evangelie) sê dat jy nie jou saligheid kan verdien nie, daar is slegs genade. Jy moet net glo en as jy iets wil doen, dan is jy van die Bose of uit die Hel.

Deesdae is JisraEliete lief om te sê dat ons niks mag doen aan ons toestand in Suid-Afrika nie, want JaHWeH straf ons nou. Voorwaar straf JaHWeH ons júís omdat ons niks doen nie en daarom sal die smaad ook nie van ons afgewentel word nie. Alvorens ons nie gaan wakker skrik en begin optree nie, sal ons nie die smaad van ons afgewentel kry nie. Eers wanneer ons iets gaan begin dóén, dan eers kan ons barmhartigheid van JaHWeH verwag.

Ek sien ‘n sekere skrywer noem die Ou Verbond ook die Abrahamitiese Verbond. Dit is glo vervang met die Nuwe Verbond of ook die Gebod van JeHôWganan 13:34.

Ek wil dan nou vir die lesers van die Verbondskoerier vra om saam met ons die pad te stap, stap-vir-stap, of tree-vir-tree, sodat ons kan kyk of ons nie vir eens en vir altyd hierdie verskillende sienings, gestryery en algehele onkunde, uit die weg kan ruim nie.

JaHWeH het vir Abraham as eenling geroep (JeségiEl 33:24) en met hom ‘n Verbond aangegaan. Daarom sal ons van heel voor af moet begin, by die geboorte van Abraham, om alles na behore te kan verstaan.

Ons aartsvader, Abram.

Die besondere verhaal van Abraham se geboorte kan u lees in die Boek van die Opregte, hoofstuk 8. Nimrod, die tweehoring-god en eerste Apollo, die kind van Satan, wou vir Abram doodmaak. Daarom moes Tera, Abram se vader, sekere stappe neem om Abram se lewe te beskerm. So word Abram in sy eerste tien jaar in ‘n grot versteek - (Opregte 8:36).

Abram word toe uit die grot gehaal en wat doen hy?

Opregte 9:5:

5 Toe Abram uit die grot gekom het, het hy na Noag en sy seun, Sem, toe gegaan, en hy het by hulle gebly -

Hoekom? - om die onderrigting van JaHWeH en Sy weë te leer; en geen man het geweet waar Abram was nie, en Abram het Noag en Sem sy seun vir ‘n lang tyd gedien.

Hoe lank word Abram daar in die weë van JaHWeH onderrig?

6 Abram was in Noag (die man wat met Elohim gewandel het) se huis nege-en-dertig jaar, (39) en Abram het JaHWeH geken (die El van Sem - Génesis 9:26) van sy derde jaar af en hy het in die weë van JaHWeH gewandel

Vir hoe lank? tot en met die dag van sy dood, soos Noag en sy seun Sem hom geleer het;

Omdat Abram aan JaHWeH gehoorsaam was en in Sy Weë gewandel het, daarom het JaHWeH aan hom ‘n begrypende hart gegee - (Opregte 9:12).

Op die ouderdom van vyftig jaar verlaat Abram die huis van Noag en gaan na die huis van sy vader, Tera (11:13). Op daardie ouderdom het Abram steeds vir JaHWeH geken en het hy in Sy weë en voorskrifte gewandel. Om daardie rede - was JaHWeH sy Elohey met hom - (11:14).

Abram kom by die huis van sy vader Tera en verwoes al die afgodsbeelde en omdat Abram vir JaHWeH geywer het en opgetree het:

Opregte 11:31:

31 Die aand van daardie dag, in die huis, is Abram beklee met die Gees van Elohim.

Die Gees van Elohim, of die Gees van Apartheid, of die Gees van Wysheid, neem nie net van enige persoon besit nie. Daar is sekere vereistes:

Wysheid van Salomo 1:4:

4 Die Wysheid sal nie ingaan in ‘n bedrieglike siel nie, (ongehoorsaam aan die Wil van JaHWeH) en Sy woon nie in ‘n liggaam wat deur wetsverbreking (liggaam wat verbaster het) beswaar is nie.

Hier word dus bevestig dat toe Abram met die Gees van Elohim beklee is, was hy:

Gehoorsaam aan die Wil van JaHWeH.

Sy liggaam en vlees was raseg.

In Opregte 12 kan u lees wat toe met Abram gebeur het. Nimrod (Satan se seun) het weer probeer om Abram te vermoor. Abram en sy broer Haran word in die vuuroond gegooi.

Op daardie tydstip het Haran gevoel om Abram se weë te volg, maar het besluit dat as Abram oor die koning (Satan se seun) sou seëvier, dán sou hy vir Abram volg. Sou die koning egter oor Abram seëvier, dan sou hy die koning (Satan se seun) navolg - (12:18-19). Hy wou dus doen soos wat ons vandag so dikwels sien, gaan maar in die rigting wat jou jaspunte waai, want dis die weg van die minste weerstand.

Wat gebeur toe in die oond? - (12:24-26).

JaHWeH het vir Abram liefgehad en Hy het medelye met hom gehad -

Hoekom? - omdat hy aan Hom gehoorsaam was - en JaHWeH het neergedaal en Hy het Abraham uit die vuur gered en hy was nie verbrand nie. Wat gebeur toe met Haran?

26 En Haran het gesterf toe hulle hom in die vuur gegooi het, en hy is tot as verbrand, -

Hoekom? - omdat sy hart nie volkome met JaHWeH was nie ...

Om dié rede het JaHWeH hom nie gered nie!

Die koning laat haal vir Abram uit die oond en Abram sê aan die koning:

Opregte 12:35:

35 Abram het aan die koning gesê: Die Elohey van hemel en aarde in wie ek vertrou en wat alles in Sy mag het, Hy het my verlos van die vuur waarin u my gegooi het.

Al wat leef en beef wou toe voor Abram neerbuig, maar hy sê aan hulle - (12:38).

38 En Abram het aan hulle gesê: Moet nie voor my neerbuig nie, maar buig julle neer voor die Elohey van die wêreld wat julle gemaak het en dien Hom en wandel in Sy Weë, want dit is Hy wat my uit die vuur verlos het,

Abram het hier geen eie eer gesoek nie, maar getuig van sy Elohey, JaHWeH. Hy het dit gedoen omdat hy, Abram, sy Elohey, JaHWeH gedien het al die dae van sy lewe en hy het in Sy Weë gewandel en Sy Wet gevolg - (12:42).

Hierdie optrede van Abram en voorbeeld wat hy gestel het, het gemaak dat - (12:43):

43 Van daardie dag af aan het Abram die harte van die seuns van die adam laat neig om JaHWeH te dien.

Op die ouderdom van twee-en-vyftig, vertrek Abram na die landstreek Haran en bly daar. Abram se leefwyse het toe tot gevolg - (13:2):

2 En die adamiete van die land Haran het gesien dat Abram goed en opreg (raseg) was voor Elohim en die adamiete, en dat JaHWeH sy Elohey met hom was, en sommige van die adamiete van die land

Haran het gekom en het hulle by Abram aangesluit en hy het hulle onderrig in die bevele van JaHWeH en Sy Weë en hierdie manne het by Abram gebly in sy huis en hulle het getrou gebly aan hom

Abram het dus net diensknegte geneem uit hulle wat bereid was om JaHWeH na te volg.

Op die ouderdom van vyf-en-vyftig, verskyn JaHWeH weer aan Abram en sê in 13:4:

4 Nou, daarom, as jy na My Stem sal luister en My Gebooie onderhou My Verordeninge en My Wet,

dan sal Ek

jou vyande voor jou laat val en

Ek sal jou nageslag vermeerder (vrugbaar maak) soos die sterre aan die hemel, en

Ek sal my seëning stuur oor al die werke van jou hande en

jy sal aan niks gebrek hê nie.

Wat moes Abram dan dus doen om hierdie wonderlike Beloftes van JaHWeH te kan geniet?

Hy moes net:

Na Sy Stem luister - (gehoorsaam wees).

Sy Gebooie onderhou.

Sy Verordeninge onderhou.

Sy Wet navolg.

Het hy? Ja, hy het dit met die vreugde van sy hart gedoen.

Eerste Verbond

Vyftien jaar later, in die vyftiende jaar van Abram se verblyf in Kanaän in die sewentigste (70) jaar van die lewe van Abram, het JaHWeH in daardie jaar aan Abram verskyn en Hy het aan hom gesê:

Opregte 13:17-18:

17 In die vyftiende jaar van Abram se verblyf in Kanaän, in die sewentigste jaar van die lewe van Abram, het JaHWeH in daardie jaar aan Abram verskyn en Hy het aan hom gesê: Ek is JaHWeH wat jou uit Ur Kasdim gebring het om hierdie land as ‘n erfdeel aan jou te gee.

18 Nou, (as jy dit as erfdeel wil hê) daarom moet jy voor My wandel en suiwer (raseg) wees en My Gebooie hou, (gehoorsaam wees) want aan jou en jou nageslag sal Ek hierdie land gee as ‘n erfdeel, vanaf die Misraim-rivier tot aan die groot Eufraat-rivier.

JaHWeH sê ook aan Abram - (Génesis 15):

1 Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ’n Skild en jou loon sal uitermatig vergroot. (Daar is dus loon as jy raseg en gehoorsaam aan JaHWeH is.)

2 Toe vra Abram: U Majesteit JaHWeH, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner EliEzer is?

3 Verder het Abram gesê: Aan my het U geen saad gegee nie;

Inhoud van die Eerste Verbond

Die Woord (die Lig, die Seun - Melgisédek) van JaHWeH sê toe:

4 Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.

5 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemele en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou saad wees

6 En hy het in JaHWeH geglo; en HY het hom dit tot geregtigheid gereken. (Gereken as gehoorsaamheid aan JaHWeH.)

7 Verder het Hy vir hom gesê: Ek - JaHWeH het jou uitgelei uit Ur(vuur) van die Chaldeërs om jou hierdie land te gee om haar te besit.

13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou saad besoekers sal wees in ’n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vierhonderd jaar lank.

14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.

15 Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.

16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nog nie klaar nie.

Dít is dus die Verbond wat JaHWeH met Abram gesluit het toe hy 70 jaar oud was. Dit was in die jaar 2018 na Adam.

Nou, geagte lesers, dit was dan die geskiedenis van Abram, die Hebreër, tot en met sy sewentigste (70) jaar.

Voor ons egter verder kan gaan, moet u eers die volgende vraag aan uself vra en beantwoord:

Antwoord u “Ja” op die vraag, stap dan die pad verder met ons.

Antwoord u “Nee” op die vraag, totsiens dan, dan het ons niks meer vir mekaar te sê nie.

Vraag:

Was hierdie Abram, die Hebreër, die man met die begrypende hart, met die Gees van Elohim gevul, gehoorsaam aan die Wil en Weë van JaHWeH, gehoorsaam aan die Verordeninge en Wet van JaHWeH, getrou en raseg deur al sy beproewinge, wat JaHWeH gedien het, met wie JaHWeH in twintig jaar gereeld gepraat het:

Was sy hart besny?

Meet dit aan die vereistes van die hartsbesnydenis:

Deuteronómium 10:12-16:

12 En nou, JisraEl, wat EIS JaHWeH jou Elohey van jou as net om JaHWeH jou Elohey te vrees, in al Sy Weë te wandel en Hom lief te hê en JaHWeH jou Elohey te dien met jou hele hart (gehoorsaamheid) en met jou hele siel, (raseg),

13 om te hou die Gebooie van JaHWeH en Sy Insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?

16 Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.

Antwoord u “Ja”, dan vra ek u:

WAAROM, WAAROM, WAAROM het JaHWeH met hierdie REEDS hartbesnede seun van Hom die Verbond van die Besnydenis aangegaan?

Bladsy

1 2 3 4 5 6 7


Stuur E-Mail aan  Dirk van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
Kopiereg © 2001 Dogter van Sion
Laaste opdatering: 03-Jan-2001