|
|
|
Die Ware Naam van ons Hemelse Vader
DOGS OF CHRISTIANITY Contamination of African Blood Liberal Afrikaner begins with Manipulation What was written in the Bible originally?
|
Stof tot Nadenke As 'n mens die saak baie deeglik ter harte neem, kom die besef dat daar geen ander Godsdiens kan wees, as slegs die een Waaragtige Godsdiens van die ware Hemelse Vader, die Elohey van JisraEl nie - deur Hom volgens Sy Woord te aanbid en jou Godsdiens as 'n diens aan Hom toe te wy. Dit bring 'n mens by die vraag. Wat is die enigste waaragtige Godsdiens? Daar is meer as 2000 denominasies wat elkeen aanspraak maak op die regte manier van aanbidding. Dit het my genoop tot 'n diepe bidde-soeke na wat die Hemelvader JaHWeH werklik van ons verlang. Dit is egter ontstellend om te sien hoeveel misleiding daar in die wêreld is. Ek gaan nou die grootste woede by kerkmense ontketen en ek besef deeglik tot watter uiterstes toe ek as kerkmens sou gegaan het voor hierdie lig en grootse waarhede my beskore was. So ook die broers in Israel wat nog in 'n verharde hart Poulis bly aanhang. Poulis (ek spel poulis opsetlik met 'n ‘i’ vandat ek weet hoe listig hy was). Sy redelike Godsdiens is in elkgeval 'n alternatiewe godsdiens - die beste advokaat as jy verskoning wil soek om in jou sondes te volhard. Elkeen van die Poulis-kerke het sy besondere manier om nie te doen wat die uitdruklike opdragte van die Hemelvader is nie en het 'n kundigheid om vir homself en andere verskoning te soek vir hulle sonde, hetsy deur doen of nalate. Die woord spreek ook luid en kragtig van hierdie misleiding en sê. “As dit moontlik was, sou hulle ook die regverdiges mislei het”. Dit bring my weer by die vraag: Wie en wat is die Regverdiges? Deurdat jy bloot woordontleding in die Skrif doen, gaan boekdele vir 'n mens oop. Daar word slegs van een Reg gepraat en dit is die Wet van JaHWeH. Dus is die Regverdiges diegene wat hulle na alle wil en vermoë van liggaam en verstand aan die Wet hou en die Insettinge van JaHWeH getrou onderhou. JaHWèshua onse Messias het hierdie saak tog so helder en duidelik by vele geleenthede gestel. Die mees aandoenlike is vir my die Gelykenis van die ryk jong man wat tot vader Abraham spreek in die Doderyk. Hy pleit dat Abraham tog vir Lazarus uit die dode sou stuur om sy broers te waarsku. Die antwoord van Abraham is kort en saaklik: ”Hulle het Moses en die Profete, as hulle na die nie luister nie, sou dit ook niks baat as iemand uit die dode na hulle sou gaan nie”. As die ware betekenis hiervan vir vandag jou tref, is dit 'n geweldige sielsontnugtering. As jy met jou slimmigheid, met jou redelike godsdiens vir Moses en die Profete negeer, help dit jou niks dat JaHWèshua uit die dood opgestaan het nie. Andermaal sê Hy duidelik dat nie 'n jota of 'n tittel van die Wet of die Profete verander nie, ja Hy het nie gekom om te verander nie, maar om te volbring, dit wat die Profete juis oor Hom geprofeteer het. By nadere betragting, sien 'n mens juis hoe Sy eerste koms presies volgens profesie en juis met die Pasga moes saamval. Die volmaakte Lam ter slagting. Die volmaakte offer wat vir Sy volk verlossing bring. Dit verander niks aan die Wet of die Profete nie, net so min as wat die wet of ordinansie sou verander as iemand anders my boete vir 'n oortreding of my maandelikse verpligting vir my sou betaal. As JaHWèshua gevra word wat die grootste Gebod is, en Hy ons so kragtig en duidelik antwoord in MattithJaHûW 22:37, besef 'n mens dat dit onmoontlik vir 'n Adamiet is om uit eie wil en krag, hieraan te voldoen. Ongelukkig het die hele kerkewêreld hierdie eerste deel van die Gebod heeltemal vergeet en hulle totale lewe en strewe aan die tweede, wat aan die eerste gelyk is, gewy - naamlik die Naasteliefde. Ongelukkig het die kerke ook die naaste begrip verkrag tot die totale gemors van vandag. Dus is daar nie iets soos 'n redelike Godsdiens nie . Daar is en moet alleenlik 'n volslae Godsdiens wees, soos ons beveel is - met jou hele hart, jou hele siel en jou hele verstand. Hieraan kan ons nooit voldoen in ons menslike swakheid of daarmee klaarkry nie, daarom die vergunning van die tweede wat aan die eerste gelyk is. Dus mag ek ook daaraan aandag skenk om my naaste soos myself lief te hê. Let op die veskil, die liefde tot die Hemelse Vader verg alles van jou hart, liggaam, siel en gees. Die naasteliefde is volledig behandel met, “soos jou self“. Sekerlik geld die dissipline en perke wat ek vir myself stel eweneens vir my naaste. As, en hoe meer ek in die eerste slaag, hoe meer voorsien dit outomaties in die tweede en ook al die ander Gebooie. Vir my is een van die mees skokkendste Christenslagspreuke van ons dag sekerlik hierdie een: “Ek het 'n verhouding met Jesus”. Dit is afgryslik aanmatigend. Dit is arrogansie. Die mens het vir hom 'n,godtjie geskep wat hy kan hanteer, 'n verhouding mee kan skep waarin die mens in beheer is en die verhoudingsvoorwaardes volgens sy kerkregliment of eiesinnige dekreet kan neerlê en bepaal, ook wysig soos die verhouding hom pas en hy hoef hom geensins aan die Wet, Profete en Verbonde te streur nie. Jy, vermetele mens!! die enigste houding wat jy tot die volmaak, soewereine, onmeetbaar Grote Godheid kan en mag hê, is die van 'n diep dankbare, begenadigde, wie se skuld betaal is. Ken tog jou plek. Slegs deur Sy grote genade mag jy Sy kind wees, Hy is en bly die Ewige, Onveranderlike, die Almagtige, Volmaakte, Soewereine JaHWeH, Elohey van JisraEl. Aldus in Afrikaans, onse Grote God en Hemelse Vader. Moet tog nooit probeer pappa speel met die Volmaakste, Soewereine Wese nie. Dit is arrogant en lasterlik om die Godheid met 'n nietige aardse sondige vaderstatus te wil vergelyk. Dink maar net aan watter statusverskille en aansien jy tussen mense eerbiedig en hoe jy aantrek vir aardse geleenthede. Hoeveel te meer moet ons nie die Allerhoogste na die uiterste van ons vermoë, eer en dank bewys nie Waartoe het Poulis nie die wêreld verlei nie? Alle Godsdiensverskille het ontstaan omdat elkeen Poulis verstaan en vertolk soos dit hom pas. As 'n mens in nederige erns praat van die Ontsag van die Aller,- Ontsaglikste Wese, naamlik JaHWeH onse ELohey en 'n mens gebruik terme soos Alwetende, Alsiende, Alomteenwoordig, Almagtige God en Hemelse Vader, word dit deur die nuutste teologiese denkers afgemaak as afgesaagde retoriek uit 'n vorige dispensasie. Dit is so duidelik dat die wêreld die grootste Godheid wil negeer of wil wegwens en 'n Poulisjesus wil aanhang wat elkeen na sy smaak of groepsmaak kan aanpas. Tog is hier 'n dringende noodsaaklikheid wat nie uit die oog verloor mag word nie. Die ganse mensdom is mislei en is verslaaf gemaak aan denke en denkpatrone. Om maar enkeles te noem - die Katolieke, die Gereformeerdes in al sy besondere vertakkings, al die charismaatgroepe in hulle grote verskeidenheid en vertakkings. Dit is dus duidelik dat dit 'n hoogs gespesialiseerde kundigheid geword het om mense van die waarheid te weerhou. Om mense te inspireer en af te rig om 'n dogma of leerstellings te aanvaar en slaafs na te volg. Een van die wreedste dinge is lojaliteite. Kán hierdie ou volkie nie lojaal wees as dit van hom verwag word nie - lojaal aan kerk en partypolitiek sonder weerga. 'n Onvoorwaadelike lojaliteit - sy kerk en sy party word nie bevraagteken nie. Ai!! het die duiwel en sy trawante dit nie uitgebuit nie. Na al die afgelope dekades se wrede ontnugterings in politiek en kerk, was daar die groepe wat van die kerke en party-politiek gebreek het. Baie van die was dan opgeraap deur die charismatiese geldpredikers, maar die groot gros was baie professioneel en kundig hanteer. Eerstens word die K.P. gestig om die hele regse verset te kaap en te fnuik. Toe kom die A.P. Kerk - 'n oulike vangnet waarin die ou spul regse vaak visse aangehou word sodat hulle met meer tyd en spesiale aandag verliberaliseer kan word. Hierna volg Radio Pretoria, onbeskaamd Afrikaans, 'n mens moet baie dwaas wees as jy nie kan sien hoe liberales al hoe meer gehoor word en hoe die musiek almeer ver-Engels nie. Aan elkeen van hierdie gebeure kan toegevoeg word: Die volk luister na 'n Dominee. Dan was daar die grote Generale-brawade. So 'n doelbewuste verraaiery sal seker nog sy loon ontvang. Hierdie mense spesialiseer daarin om massas te imponeer en mee te voer. Inderdaad 'n massa-hipnose soos die Toronto Blessing 'n sprekende voorbeeld is. Die Generaals is egter steeds sonder gelyke om die massa van die goedgelowige Boerevolk op loop te neem,hulle gruwelik te verraai en ryklik daarvoor beloon te word, sonder dat 'n haan daarna kraai. Die A.P. Kerk!! Wat 'n gulde geleentheid vir so baie predikante. Selfs 'n nuwe teologieseskool word gestig: “Jobs For Pals.” Geen iets nuuts word in die Woord van JaHweH ontdek of gesoek nie. Die doel is om 'n bietjie stagnasie in die verliberaliseringsproses in te bring, totdat die ou spul kan bykom en nie vir die Kerkewêreld verlore gaan nie. Wat weet 'n kerklidmaat van sy Sinode? Wat weet 'n predikant wat die sinodesitting bywoon van al die gekonkel agter die skerms? Die geknoei op kerkraadsvlak lê nog vars in my geheue. As 'n mens sien met watter eer die Pous behandel word, met watter eer die onlangse aardsvyande van die kerk nou om die hals geval word, kan 'n mens nie anders as om te glo dat al hierdie dogters van die groot hoer, weer almal na een kraal mik nie en dat daar sekerlik agteraf skakeling in die verband tussen hulle bestaan. Is dit dalk die Jesuïetiese Priesterorde van die Roomse Kerk wat agter die skerms besig is? Die groot vraag bly egter: Wie is verlei? Die arme, naïewe, lojale volgelinge. Wie is die verleiers? Gebore knegte van die hel of volksmanne wat hul siel verkwansel het. Wat is die beweegredes om willens en wetens die volk te mislei? Dalk 'n ou vakature hier, 'n beter beroep daar - die aansien, 'n pos as dosent of dalk 'n professoraat vir die wat die wil om te beweeg, kniehalter? Of is dit net ruggraatlose slapheid? Ai, dis ’n redelike salaris met ‘n huis en wat van die pensioenvoordele. Ja, sowaar 'n moeilike keuse om te maak. Die gemak van hierdie wêreld waarvoor die mens bereid is om aan sy siel skade te ly. Hulle weier steeds om JaHWeH op Sy Woord te neem en Sy gewisse Beloftes te aanvaar. Vlug vir die JisraEliete, skinder of swyg hulle dood, maar vermy alle gesprek met hulle. Sweep jou gemeente op teen die lekepredikers. Ja, foeitog dominee, al hardloop jou leuntjie ook hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel. Ja die Woord sê: “Wee julle.” Mag die Vader tog 'n kentering en 'n inkeer vir ons predikers voorsien.
Die grondslag van geloof is gehoorsaamheid, gehoorsaamheid aan die stem van Sy Woord. Die Stem van Sy Woord wat binne-in jou werk, is in hoe ‘n mate jy deur die ware Heilige Gees gelei word om Sy Wil in jou lewe te soek. Dit is nougesette toewyding aan Sy Wil sonder om daarvoor verskonings te soek. Ai!! Is die verskonings nie legio nie. Daar is dogma, of is dit, “dog maar“, daar is biblioteke vol geskrifte, meer as 2000 soorte kerke, elkeen met sy eie dogma, leerstellings en gebruike en almal beroep hulle op die Bybel. Ja, ware geloof is die werklike doen van Sy Wil - presies volgens Sy Woord. Die resultaat is, hoe langer jy dit doen, hoe meer, hoe lekkerder. Die strewe is om soos Sy kneg Dawid te mag uitroep: “U Wet is vir my 'n verlustiging.” Die woorde van Psalm 43 doem in my gemoed op. “Dan gaan ek in na JaHH’s altare tot JaHH my El my vreugde en lied, dan speel ek met die harpesnare. Dan ruis vir U my blyesnare, vir U wat my na kort verdriet 'n ewige vreugde bied“ Ja, daar is voorwaar vir ons 'n blye en 'n sekere vooruitsig waarvan ons die maat en perk sekerlik nie kan pyl nie. Lees gerus die hele Psalm 43 in die beryming so wel as in die Skrif. Die aanslae van die lewe is ewe eens so gedug en voortdurend, so geweldig slu dat 'n mens daar nie aan sou ontkom anders as deur die beskerming van die Allerhoogste nie - Psalm 91. Vader JaHWeH, neig ons hart na U en voeg dit saam tot die vrese van U Naam. Kom ons verlustig ons in die Wet van JaHWeH, kom ons leef Psalm 119.
Hierdie lelike woord is uit menige kind se mond uitgewas of die kind is selfs baie ernstiger daaroor gestraf . Ja, in die volksmond wel 'n baie lelike woord. Die kultuur geworde volksbegrip. Ons waardestelsels. Ek wil graag aandui as dit nie die geval was nie, watter wêreld van betekenis oopgaan, en hoeveel beter ons daaraan toe sou gewees het, as hierdie nie 'n lelike woord was nie, maar die ware betekenis en begrip deel van die daaglikse volksmond sou gewees het. Wat beteken: ”Die verdomde?” Seersekerlik dui dit die weg of pad van persone na die gewisse verdoemenis aan - ja, die hel en sy volle gevolge. Dit is nie 'n woord waarmee ons ligtelik kan omgaan nie, maar wel een wat ons met afsku, weersin en wrewel moet vervul. Die feitelike betekenis daarvan en dat dit 'n noodsaaklike woord is wat skoon uit die volksmond uitgevoeter is, is nie aan te twyfel nie. Die gevolg is dat noodsaaklike waarskuwings, kennis en begrippe agterweë gebly het. Met “rekonsiliasie” is dit verstommend wat vandag alles so akkuraat in die begrip saamgevat kan word. Ek wil eintlik sê; geadresseer moet word. Almal wat willens en wetens hulself aan die waarheid vergryp, of dit by verharding van die hart moedswilliglik negeer. Ook almal uit Esau se geslag; ja ons kan ensovoorts, ensovoorts, ensovoorts hieraan toevoeg. Die sogenaamde vrye genade vir alles en almal wat op twee bene kan loop, kon so 'n woord nie duld nie. Gevolglik moes die woord weg. Die onveranderlike word verander, die genelyne word misken, die uitdruklike Volksuitverkiesing van die Hemelse Vader word vervang met 'n sogenaamde katolieke of algemene Christelike kerk. Hoe jammer tog. As ons in alle erns kon vermaan: ”Vriend, jy loop 'n verdomde pad”. Die enigste omkeer is bekering. Bekering is niks anders as om die Wil van die Hemelse Vader te doen nie, dit kan alleenlik gebeur deur nougesette gehoorsaamheid aan die Wet en die Profete. |
|
Stuur E-Mail aan Dirk
van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
|