|
|
|
Die Ware Naam van ons Hemelse Vader
DOGS OF CHRISTIANITY Contamination of African Blood Liberal Afrikaner begins with Manipulation What was written in the Bible originally?
|
Die Ware Naam van ons Hemelse Vader en SY Seun Die vertaal van Eiename is ‘n groot probleem. ‘n Eienaam van ‘n persoon of plek kan tog nie vertaal word nie!! Met die ver-Grieksing van die nM (AD)-geskrifte, het dit wel deeglik gebeur, soveel so dat Koos nou Klaas geword het. Die grootste gruwel wat egter deur skrywers en vertalers gepleeg is, is dat die NAAM van ons Hemelse Vader, JaHWeH en SY Seun, JaHWèshua, totaal wegvertaal, vervals en vervang is met gruwelike name van heidense gode. Die aanvanklike en eerste oogmerk was om die Ware onvertaalbare NAAM van ons Skepper in ‘n Afrikaanse Skrif terug te plaas. Dinge het egter sodanig ontwikkel dat baie meer as net SY Naam gerestoureer is. SY Naam is ‘n ewige herinnering aan HOM - [Exodus 3:15]. SY Naam bring beskerming vir die een wat HOM by SY Naam aanroep - [Psalm 91:14]. Selfs Totius, die mede-vertaler aan die 1933-Bybel, het hewig beswaar aangeteken toe die destydse vertalingskomitee nie sy aanbevelings wou aanvaar om hierdie Hebreeuse Eiename in te sluit nie. Ons het dan nou by die kern van die saak gekom, naamlik ons Hemelse Vader se Naam, Sy Gedenknaam vir ewig, asook die Naam van Sy Seun, die Gesalfde, ons Losser en Verlosser. Wanneer die Masorete se tittels geïgnoreer word, vanweë die moontlike geknoei daarmee, sien die Hebreeuse Tetragram, hwhy so daarna uit. As ons dan die medeklinkers translitereer, dit wil sê oorskryf, word die Tetragram in ons alfabet HWHJ. Omdat Hebreeus van regs na links gelees word, moet ons dit nou JHWH maak sodat dit in Afrikaans reg kan lees van links na regs. In die Antieke Grieks was Sy Naam as IAUE, geskryf. As die klinkers getranslitereer word, kry ons nou JAUE. Voeg ons nou die klinkers en medeklinkers saam, kry ons JaHuWeH. Daar is wel onsekerheid en onduidelikheid oor die Griekse weergawe. Baie gesaghebbende werke het sedert die sestigerjare verskyn waarin die Naam as YAHVEH(Engels) of JAHWEH(Afrikaans) aangegee word. Die jod-klank waarmee die Naam JaHWeH begin, is ‘n Afrikaanse j-klank, net soos in Jakob, Jerusalem en JisraEl. Sou ons verkeerdelik die Naam as YaHWeH skryf, moes ons konsekwent dieselfde verkeerde beginsel toepas met Yakob, Yerusalem en Yisrael. Hierdie verkeerde gebruik het heelmoontlik van die Engelse oorgewaai, wat ‘n j-klank soos in “you” met ‘n y skryf.Op hierdie stadium is dit seker die akkuraatste om die Naam as JAH?WEH aan te toon, maar hoe word dit uitgespreek? Om verwarring op hierdie stadium te voorkom, het ons besluit om Sy Naam as JaHWeH, wat 8 500 keer in die Boek van Herinnering voorkom, te skryf, sodat die Tetragram, dit is die translitereerde Hebreeuse letters, in die hoofletters behoue bly. Met die kort vorm JaHH, wat 11 700 keer in die Skrif, losstaande of as deel van ‘n woord voorkom, is daar geen probleem nie en word dit direk gebruik. Wat ons Losser se Naam betref, is daar nie ‘n groot probleem nie, aangesien daar geskryf staan in JeHôWganan(Johannes) 5:43 dat: “Ek het gekom in die Naam van My Vader ...” As ons nou na Sy funksie op daardie stadium kyk, naamlik om te los, te verlos en te red en ons gebruik die Hebreeuse woord daarvoor, naamlik “shuá”, dan word Sy Naam JaHshuá [vhyof JaHWèshuá [vwhy in Hebreeus.Ook sê JaHWèshua in JeHôWganan 17:6:“Ek het U Naam geopenbaar aan die adamiete wat U My uit die wêreld gegee het.” In JeHôWganan 20:21 sê Hy verder: “Soos die VADER My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Daar is dan mos geen argument vir die weiering van enige persoon om Sy Eienaam te gebruik nie. Hy sê dat jy dit MOET gebruik! Dank die Vader dat Sy skape Sy stem sal hoor.
|
|
Stuur E-Mail aan Dirk
van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
|