Verbondskoerier

'n Tydskrif vir die denkende Boere-Israeliet !


Waarom moet ek my laat was?

Ramshorings

Die idiote kisse

Jou Erfdeel

Stof tot nadenke

Heraldiek

Die Arend Koningkryk

Die Verbonde

Vigs, wat steek hulle weg ?

Die voedsel wat ons eet

Inleiding

Historiese Agtergrond

Boerevolk - Situasie

5 Brode & 2 Visse

Vertalingsmeganisme

Vertalingsprobleme

Samestellingsprobleme

Saulus van Tarsus

Die Gelofte

Die Ware Naam van ons Hemelse Vader

Hoofletters, leestekens ens.

Apartheid

Vredesverbond

Ten Slotte

Aanhangsel B

Prelude

Terminology

DOGS OF CHRISTIANITY

Introduction

Motivation

Background

Control over Humans

Bible rewritten

Contamination of African Blood

Liberal Afrikaner begins with Manipulation

What was written in the Bible originally?

Kennisgewing

Media verklaring

Toespraak te Bloedrivier

Deel 1

Deel 2

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4

Vertalingsprobleme

Wanneer vertaling van die Skrifte ter sprake is, is daar ‘n hele aantal dilemmas waarmee deeglik rekening gehou moet word. Die antieke tale - Aramees, Hebreeus en Grieks het nie dieselfde alfabet as wat ons tans gebruik nie. Die Hebreeus het 22 letters, die Grieks het 24 letters. Die letters het nie almal dieselfde klankwaarde as ons moderne alfabet nie. Die Hebreeus word van regs na links geskryf en dus ook so gelees, verder het die Hebreeus geen hoof- of kleinletters nie. Die Grieks het wel hoof- en kleinletters en word, soos ons gewoond is, van links na regs geskryf en dus ook so gelees.

In baie gevalle in die ou geskrifte is daar geen spasies tussen woorde nie, wat dit uiters moeilik maak om hierdie skrif korrek te kan lees en daarom bestaan daar verskillende sogenaamde “lesings” van dieselfde geskrif, omdat woorde verskillend deur verskillende persone uit al die letters saamgestel word! Wanneer in die ou tale idiomatiese uitdrukkings gebruik word, word dit uiters kompleks en kan die werklike betekenis totaal verskil van enigiets wat vertaal is. Byvoorbeeld: Die Hebreeus praat van die “lip van die rivier”. Ons praat van die “wal” of die “bank van ‘n rivier”, maar ons praat ook van die “mond van ‘n rivier”. Watter een is dit nou? Die konteks is ook nie altyd duidelik nie en kan selfs misleidend wees.

Die letters a, e, i, o, u, met ander woorde, die klinkers, kom glad nie in die Hebreeuse alfabet voor nie, maar die klanke daarvan kom wel deeglik voor. Hierdie belangrike woorddele is dus nooit neergeskryf nie. Daarteenoor was slegs die klinkers in die antieke Grieks neergeskryf en nie die medeklinkers nie!

Woordbetekenisse is ook problematies, omdat die Hebreeuse taal so ryk aan betekenis is, dat dit in ons taal ‘n hele sin kan verg om een Hebreeuse woord te “vertaal”. Byvoorbeeld die Hebreeuse woord “Adonoi”: Dit beteken ‘n enkele wese wat Skepper, Besitter, Meester, Koning, Heerser, Majesteit, Magtige, ensovoorts, alles gelyktydig in een is. Hoe vertaal ‘n mens dit? Hierdie begrippe is so moeilik om te verduidelik dat selfs met behulp van lang sinne, die ware Hebreeuse betekenis nie behoorlik in vertalings weergegee kan word nie.

Neem byvoorbeeld die woord “Besitter”. Is jy ‘n besitter omdat jy ‘n voorwerp gemaak het en dit nou besit; OF is jy ‘n tweedehandse besitter omdat jy die ding gekoop het en dit nou besit; OF is jy ‘n derdehandse besitter omdat jy die voorwerp gesteel het en dit nou besit; OF is dit joune, omdat dit deel van jou is, want jy het dit geskep, geformeer, gemaak?

Ook so met die woord “Skepper”. Ons kan herskep, ons maak ‘n stoel of tafel uit ‘n boom, maar ons kan nie ‘n boom maak nie, al probeer ons ook hoe! Ons Skepper egter, het alles geskep uit NIKS, ons ingesluit!!

‘n Verdere komplikasie is dat baie van die Woordeboeke nie dieselfde betekenis vir ‘n woord weergee nie en geweldig van mekaar kan verskil. Selfs so erg dat twee Woordeboeke totaal teenoorgestelde betekenisse vir dieselfde woord gee. ‘n Verdere komplikasie is dat dieselfde woord in baie gevalle ‘n positiewe sowel as ‘n negatiewe betekenis kan hê waarmee deeglik rekening gehou moet word, veral in die Hebreeus. Dit wil voorkom asof van die Hebreeuse tekse soms sarkasties is en gevolglik die teenoorgestelde kan beteken as waarna dit op die oog af lyk. Gevolglik gaan hierdie betekenisse dus verlore in vertalings. Daar is verder ook geen klemtekens in die geskrifte nie, gevolglik gaan nuanses verlore in alle vertalings. In die Hebreeus wil dit voorkom asof die herhaling van dieselfde woord, sin of vers die klem daarop vestig.

In die Hebreeus bestaan geen “dit” nie, alles is óf manlik, óf vroulik. Indien enige vertaling dus korrek gedoen word, moet dit hierdie Hebreeuse kenmerk weerspieël, daar is geen onslagtigheid soos byvoorbeeld in die Duits nie. In hoeverre die woorde werklike geslagtelikheid aandui en in hoeverre dit slegs ‘n taalverskynsel is, is nie bekend nie. Waar entiteite, persone, diere, ensovoorts, betrokke is, is dit egter duidellik. Daar is Hebreeuse woorde met manlike voorvoegsels en vroulike agtervoegsels, met vroulike voorvoegsels en manlike agtervoegsels, met manlike voorvoegsels en manlike agtervoegsels, met vroulike voorvoegsels en vroulike agtervoegsels. Hierdie voor en agtervoegsels vorm die stamwoordverbuigings, sowel as die aanduiding van tyd (tense). Baie navorsing op hierdie aspek is egter nog nodig.

Die Griekse teks is ‘n nagmerrie. Daar bestaan sowat 5400 “oorspronklike!” Griekse tekste en hieruit is met verloop van tyd ‘n standaard teks saamgestel, wat die meeste ooreenstemmende tekste saamvat. Dit staan bekend as die Textus Receptus. Van hierdie Textus Receptus bestaan daar ook minstens drie verskillende weergawes!! Die jongste weergawe daarvan is die Nestlé Aland Textus Receptus, wat al baie onmin opgelewer het.

Vir óns werk is die Masoretiese teks soos in die Biblia Hebraica Stuttgartensia van Kittel; en die Textus Receptus van Schrivener, 1588 gebruik. Dit is ook, sover bekend, waarop die 33-Afrikaanse Vertaling gebaseer was. Daar is ook verwys na die Byzantynse teks en Nestlé Aland se Nuwe Testament.

‘n Verdere probleem was dat daar verskillende spellings van dieselfde woord in die ou tekste voorkom. Watter een is dan nou die korrekte een? Die taak is verder bemoeilik omdat daar nie spelreëls, woordeboeke en grammatikaboeke is wat uit daardie tye dateer waaruit ons kan leer nie. Daar is geen syfers in die klassieke Hebreeus nie, die letters het syferwaardes, maar of dit wat ons vandag ken en die oorspronklike waardes dieselfde is, is ‘n ope vraag. Alle getalle wat aangegee word, moet dus eers as getalle herken word. Verder kan die getalwaardes ook nog verdag wees.

n Baie groot probleem is die betroubaarheid van die Geskrifte waarmee omgegaan word. Die Hebreeuse tekste is eers later van die tittels voorsien wat die uitspraak van elke woord, met ander woorde, die klinkers bepaal. Dit wil voorkom asof die tittels gedurende of ná die Babiloniese ballingskap van JisraEl, in gebruik gekom het. Gedurende die tydperk, ongeveer 586 vC en nog 70 jaar daarná, het die gebruik ontstaan of het die gebruik oorgewaai vanaf Joodse en ander vreemde volke om die Hemelse Vader se NAAM nie te noem of nie uit te spreek nie. Daar is selfs met die jod (in Hebreeus), jotas [in Grieks) en tittels geknoei sodat SY NAAM met JeHôVôH voorgestel is.

Vandag word ‘n versameling van geskrifte, bekend as die Masorete Teks as die standaard en gesaghebbende Hebreeuse skrif aanvaar. Hierdie skrif dateer egter uit ± 800 nM! Een ligpunt wat genoem moet word, is die Boekrolle wat vanaf 1948 te Qumran aan die Dooie See gevind is. Hierdie Boekrolle was gebruik en bewaar deur die oorblyfsel van Juda en JisraEL vanaf die Griekse (Helenistiese) tydperk, ongeveer 336 vM tot die val van Masada in 70 nM. Hierdie geskifte is dus ouer as 2300 jaar en sekerlik van die oudste en ook van die betroubaarste wat tans beskikbaar is. Vier volledige rolle is gekry, onder andere die volledige Boekrol van JeshaJaH. Hierdie Boekrol was agt meter lank en is letter vir letter met jod(Hebreeus), jotas(Grieks) en tittels identies aan die Masorete teks van JesaJah wat toe lank reeds bekend was. Daaruit kan ons aflei dat die Masorete teks, met betrekking tot die boek van JeshaJaH, hoogs betroubaar is!

 


Stuur E-Mail aan  Dirk van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
Kopiereg © 2001 Dogter van Sion
Laaste opdatering: 03-Jan-2001