|
|
|
Die Ware Naam van ons Hemelse Vader
DOGS OF CHRISTIANITY Contamination of African Blood Liberal Afrikaner begins with Manipulation What was written in the Bible originally?
|
Samestellingsprobleme n Volgende probleem was watter Boeke ingesluit moes word en watter uitgelaat moes word en op welke gronde dit moes geskied. Groot werk is die afgelope paar jaar gedoen deur instansies wat Apokriewe en Deutero-kanonieke literatuur in Afrikaans die lig laat sien het. Daaruit kon die restourasie-komitee alreeds ‘n waardebepaling doen of ‘n geskrif ooreenstem met die beskikbare en betroubare Geskrifte, naamlik die Wet, die Profete, die Geskiedenis, die Wysheidsgeskrifte en die vier beskikbare Evangelies al dan nie. Sodra ‘n Boekrol voldoen aan hierdie basiese vereistes, is na alle beskikbare en mees oorspronklike literatuur gesoek en is met die restourasiewerk begin. Die volgorde van die boeke was ook ‘n probleem, aangesien van die boeke baie later geskryf is as die gebeure. Ander boeke weer, soos die profesieë, is lank voor die gebeure geskryf. Daar is gepoog om die Boekrolle so te rangskik dat die hele Boek van Herinnering ‘n geskiedkundige en kronologiese geheel uitmaak. Die Wet. Dit het ons dieselfde gehou as die eerste vyf boeke van die Skrif met dieselfde bekende kronologiese volgorde. Die Geskiedenis. Die Geskiedenis-afdeling het ons gerangskik dat dit kronologies so getrou moontlik is. Weens oorvleueling van gebeure is ‘n eksakte skeiding egter onmoontlik. Die oorvleueling bring egter duplisering en bevestiging mee. Drie nuwe Boekrolle is bygevoeg. Die Wysheid. Die Wysheidsgeskrifte behels al die prosaïese werke soos die Psalms en verskillende Spreuke. Ook is die Boekrolle van die vrouens van Jisrael, naamlik Rut, Ester en Judit hier ingebring omdat hulle almal profeties is van die Wysheid [wat self vroulik is] se werke met Haar kinders. Die Boekrolle van Job en Tobias is hier ingeplaas, maar sou net so tuis gewees het onder die Profete. Dit is die ongelooflike wonder van ons Skepper se Woord. Die leser kan tot vier verskillende vlakke herken en tegelyk lees. ‘n Enkel gedeelte geskiedenis wat gelees word, kan ook profeties wees, dit kan terselfdertyd Wet wees en in digvorm geskrywe wees. Somtyds is daar nog syfers betrokke en dan kan daar selfs ‘n vyfde vlak wees. Die Profete. Die Profete se geskrifte is opeenvolgend geplaas volgens die tye waarin hulle geleef het. Oorvleueling was onafwendbaar, aangesien talle van die Profete in dieselfde tyd geleef het. Die Profete begin met die Boekrolle van Henog en sluit af met Maleági. Daar is besluit om die profesie van Openbaring te laat as die laaste Boekrol in Die Boek van Herinnering. Die Boodskap. Die geskrifte wat dateer uit die periode ná die geboorte van ons Gesalfde, is almal gerangskik in kronologiese volgorde en begin met die verhaal van JaHWèshua se moeder en eindig met die laaste openbaring van JaHWèshua aan Sy student JeHôWganan op die eiland, Patmos. Daar is gekonsentreer op die lering wat JaHWèshua aan Sy twaalf Apostels gegee het, aangesien hulle eerstehandse getuienis vir ons van groot belang is.
|
|
Stuur E-Mail aan Dirk
van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
|