|
|
|
Die Ware Naam van ons Hemelse Vader
DOGS OF CHRISTIANITY Contamination of African Blood Liberal Afrikaner begins with Manipulation What was written in the Bible originally?
|
Inleiding In die gerestoureerde Woord van JaHWeH, die God van Israel, profeteer Maleági in Maleági 3:16-18 dat daar aan die einde van die tye ‘n Boek vir die oorblyfsel van JaHWeH se Volk, wat suid van die riviere van Ethiopië (TsefánJaH 3 en JeshaJaH 18) woon, geskrywe sal word: 16 “Toe het die wat JaHWeH vrees, met mekaar gespreek; en JaHWeH het dit opgemerk en gehoor, en daar is ’n Boek van Herinnering voor Sy Aangesig geskrywe vir die wat JaHWeH vrees en Sy Naam eer.”17 “En hulle sal My tot ’n eiendom wees, sê JaHWeH van die skeppings-leërmag, op die dag wat Ek herstel, en Ek sal met hulle medelye hê soos ’n man medelye het met sy seun wat hom dien.” 18 “Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die wettelose, tussen die wat Elohim dien en die wat Hom nie dien nie.” Hierdie boek sal die eienskappe bevat soos beskrywe in JeshaJaH 29:11,12,18-21: 11 “So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van ’n verseëlde Boekrol wat hulle gee aan iemand wat die Boekrol ken, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël.” 12 “En die Boekrol is aan iemand gegee wat die Boekrol nie ken nie, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek ken nie die Boekrol nie. |
|
Stuur E-Mail aan Dirk
van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
|