|
|
|
Die Ware Naam van ons Hemelse Vader
DOGS OF CHRISTIANITY Contamination of African Blood Liberal Afrikaner begins with Manipulation What was written in the Bible originally?
|
Historiese Agtergrond Hierdie vertaling en restourasie van drie-en-sewentig verskillende Boekrolle, dra ons as vertalers en restoureerders van die Skrifte van Apartheid (die Heilige Skrifte), op aan ons Volk, die Boerevolk van Suid-Afrika. In nederigheid en erkentlikheid bely ons dat ons as mense geen vermoëns besit om die ware volheid en prag van die Hemelse Vader se Wonderwoord tot Sy volle reg te laat kom nie. Hierdie is ‘n eerste poging tot restourasie en sal tot op die laaste slegs ‘n poging bly van die nietige geskapene om die Almag van sy Skepper te verstaan. Hierdie Boerevolk, wat deur die eeue heen vir sy besonderse vaste geloofsoortuiginge, vervolg en agtervolg is, staan tans voor sy grootste uitwissingskrisis sedert sy ontstaan. Nog nooit was ‘n volk so verward oor sy herkoms of sy toekoms nie. Nog nooit het enige ander blanke volk op hierdie aardbodem ooit so ‘n aanslag teen sy Godsdienstige waardes, sy kulturele waardes en sy sedelike waardes beleef nie. Uit ‘n brandende Europa vlug hierdie volk se stamvaders voor die vernietigende aanslag van die Rooms-Katolieke Kerk met hul Jesuïtiese moordbendes. Hier in die onbekende en wilde Afrika-vasteland, verander hulle die Kaap van Storms na die Kaap van Goede Hoop. Met die Skrifte van Apartheid (Heilige Skrifte) in die hand en ‘n onwrikbare “Ou Testamentiese” geloofsbenadering, weer hierdie pioniers aanslag na aanslag af van moordende swart barbare. Verbasteringsaanslae van ‘n vervolgingsugtige Engelse owerheid word afgeweer deur die onbekende binneland in te trek, op soek na rus en vrede waar hulle hul Skepper ongestoord kan dien. Liberale teoloë, gekweek in die kweekskole van die Europese liberalisme, vervolg hierdie Boere genadeloos en vermeng met die Boere se vyande op alle terreine. Binne ses-en-veertig jaar na hierdie Volk se vernedering in 1902 by Vereeniging, gebeur een van die grootste wonderwerke van die Twintigste eeu. In 1948 verkry hierdie blanke volk beheer oor homself en plaas hy vir die eerste keer in 3450 jaar, die Apartheidswette van die Almagtige op sy Wetboek. Vir die eerste keer nadat Moses die Wet van die Almagtige ontvang het om nie te verbaster nie [Exodus 20:14], word dit weer Wet. As gevolg hiervan beleef Suid-Afrika ‘n ongekende tydperk van voorspoed en seën. Die tragiese gevolge van welvarendheid is dat welvarendheid ‘n volk arrogant en hoogmoedig maak. Dit bring die onvermydelike voort, naamlik ‘n volk wat stelselmatig sy rug op sy Skepper en op SY Wette draai. Doelgerig verkry die liberaliste beheer oor bykans elke faset van die Boerevolk. Die Boer verloor stelselmatig sy grond, sy minerale, sy media, sy skole, sy parlement en laastens verloor hy sy vaste geloof in JaHWeH, die Skepper van hemel en aarde. Al die aparthede word oopgegooi vir algemene gebruik en die volk beland geheel-en-al in die hande van roofsugtige wolwe. ‘n Algemene (katolieke) godsdiens van verbastering, broederskap en gelykheid word daagliks deur die Afrikaanse Kerke tot vervelens toe in hierdie “volk wat afgesonderd wou woon en hom nie tot die nasies wou reken nie” [Númeri 23:9] se kele afgedruk.
|
|
Stuur E-Mail aan Dirk
van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
|