|
|
|
Die Ware Naam van ons Hemelse Vader
DOGS OF CHRISTIANITY Contamination of African Blood Liberal Afrikaner begins with Manipulation What was written in the Bible originally?
|
Die vyf brode en die 2 visse Die Woord word deurgaans in die Skrifte met brood vergelyk. Ons Verlosser doen hierdie volgende wonderlike gelykenis in JeHôWganan [Johannes] 6:13. JaHWéshua doen ‘n gelykenis en breek die vyf garsbroodjies sodat Sy studente die garsbrood aan die volk kon uitdeel. Daarna bly genoeg brokstukke oor om twaalf mandjies vol te maak. Dit is werklik al brood oftewel Skrif, wat tans vir ons hier aan die einde oorgebly het - brokstukke van gars, maar die belofte is daar dat ons daarvan versadig sal word. Die Skrifte wat JaHWeH tot beskikking van Sy volk gestel het, is dan ook in vyf duidelike kategorieë verdeel, naamlik:1) Die Wet vir JisraEl. 2) Die Geskiedenis van die adamiet (blosende mens). 3) Die Wysheidsgeskrifte. 4) Die Profete van JisraEl. 5) Die Boodskap van die Koninkryk. Al vyf hierdie kategorieë vul mekaar aan en oorvleuel mekaar sodanig dat daar deur herhaling, bevestiging plaasvind. Baie “buite-bybelse” literatuur waardeur die goue draad van die Waarheid loop, is bygewerk. Daarmee gee ons nie te kenne dat alles wat ons ingesluit het, vry van vervalsing is nie. Hoegenaamd nie. Hierdie geskrif is en sal altyd “’n lewende woord” bly, omdat ons tans in die tyd lewe van die belofte dat “die kennis sal vermeerder” soos wat dit in DaniEl 12:4 geprofeteer is. Elke ywerige student van die Woord kan en MOET meedoen aan die uitloog van die suurdeeg uit hierdie brokstukke. Daar sal voortdurend errata uitgepos moet word. Afhangende van die reaksie van die volk, sal periodieke opgedateerde uitgawes jaarliks of tweejaarliks verskyn. As gevolg van die omstredenheid van die gerestoureerde geskrifte, het die vertalingskomitee dit nodig geag om ‘n Verklarende Woordeboek in te sluit wat die volgende inligting bevat: 1) Woordelys in Afrikaans. 2) Hebreeuse woorde met verklarings. 3) Griekse woorde met verklarings. 4) Transliterasie van Griekse en Hebreeuse woorde. 5) Strong’s nommers. 6) Fonetiese uitspraak van die woorde. Om ‘n Woordeboek volledig uit te voer, is ‘n allesomvattende en enorme taak. Tydsbeskikbaarheid het ons genoop om slegs ‘n voorlopige en gedeeltelike woordelys in te sluit. Hierdie Woordeboek is maar slegs die voorloper van ‘n beoogde volledige Afrikaans/Hebreeus/Griekse Konkordansie. Sou dit die Wil van die Hemelse Vader wees, sal ons eersdaags voortgaan met hierdie beoogde projek. Agteraan elk van die vyf afdelings, oftewel “Brode”, het ons vir u blanko bladsye gelaat waar u alle foute, verbeterings en vervalsings kan noteer en u kommentaar kan lewer. U kritiek is vir ons van uiterste belang, want die hoofmotief van elke Skrifstudent, moet wees om na die waarheid te streef en van die suurdeeg verlos te word. U kan hierdie inligting periodiek aan ons stuur. Dit sal gekontroleer en ge-evalueer word vir tussentydse publikasie. Sodoende kan u as Skrifstudent meewerk aan hierdie grootse reddingsprojek, waar u deel sal kan wees van ‘n span om hierdie Boerevolk van ons, ‘n Geskrif, vry van die suurdeeg van die diensknegte van Satan, te gee.
|
|
Stuur E-Mail aan Dirk
van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
|