Verbondskoerier

'n Tydskrif vir die denkende Boere-Israeliet !


Waarom moet ek my laat was?

Ramshorings

Die idiote kisse

Jou Erfdeel

Stof tot nadenke

Heraldiek

Die Arend Koningkryk

Die Verbonde

Vigs, wat steek hulle weg ?

Die voedsel wat ons eet

Inleiding

Historiese Agtergrond

Boerevolk - Situasie

5 Brode & 2 Visse

Vertalingsmeganisme

Vertalingsprobleme

Samestellingsprobleme

Saulus van Tarsus

Die Gelofte

Die Ware Naam van ons Hemelse Vader

Hoofletters, leestekens ens.

Apartheid

Vredesverbond

Ten Slotte

Aanhangsel B

Prelude

Terminology

DOGS OF CHRISTIANITY

Introduction

Motivation

Background

Control over Humans

Bible rewritten

Contamination of African Blood

Liberal Afrikaner begins with Manipulation

What was written in the Bible originally?

Kennisgewing

Media verklaring

Toespraak te Bloedrivier

Deel 1

Deel 2

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4


HOOFSTUK 4 - DIE SWEEP WORD GEKLAP 

 

Later daardie middag kom die jong luitenantjie en sy vrou daar aan om met Kerneels oor die plaas te onderhandel. Nadat Kerneels die Engelsman rondgewys het, staan hulle by die kraalmuur en redekabel oor die prys. Alex moet kort-kort as tolk optree, want die Engelsman kom reguit uit Londen en Kerneels se Engels is nie waffers nie.

“I’m prepared to give you my brand new oxwagon for this piece of land …”

“Die man is van sy sinne beroof, Skottie …” fluister Kerneels “… maar aan die ander kant, oral verkoop die mense nou plase omdat die grond nie waarde het nie. … maar moet dít nie vir hóm sê nie …” Die luitenant maak of hy van niks bewus is nie.

“Ek stel voor jy draai sy arm vir ten minste ‘n paar osse ook …” sê Alex en dit is duidelik dat hy aan Kerneels se kant is.

Die manne stry dié kant toe en daai kant toe en ten einde laaste, word die transaksie na goeie oorlegpleging beklink. Die luitenant sal vir Kerneels sy nuwe ossewa, plus agt osse en ‘n nuwe snaphaan vir die plaas gee. Die wa is ten minste vyfhonderd Riksdaalders werd.

Onder die omstandighede is dit maar die beste. Kerneels ag homself ‘n geseënde man aangesien daar boere is wat geen offers vir hul plase kry nie en dit maar net so los en trek.

Dit is nog donker buite, maar Apie is alreeds wakker. Nie dat hy juis veel geslaap het nie. Die opgewondenheid is te erg. Hy lê net en wag tot hy die eerste beweging hoor, dan gaan hy ook opstaan.

Hy dink aan gistermiddag toe die Biggars kom groet het voordat hulle na hul eie grond teruggekeer het. Die swaarste was toe Essie hom ‘n stywe druk gegee het en met trane gevra het om haar nooit te vergeet nie. Alhoewel hy belowe het, besef hy daar gaan nog baie water in die see loop. Trouens, hy is pas veertien en sy word twaalf. Sy ma noem dit mos kalwerliefde en sê dat dit niks beteken nie, tog is daar ‘n eienaardige gevoel tussen hom en Essie en hy twyfel of afstand en tyd ooit iets daaromtrent sal kan doen.

Toe hy haar ses kuikens gegee het, het sy so deur die trane gelag en gesê dat hulle mekaar miskien weer eendag sal sien en dan moet hulle kyk wie se hoenders die meeste geword het.

Die kans om haar weer eendag te sien is nul. Kerneels wil juis saam met Hendrik Potgieter trek omdat hy Natal nie vertrou nie. Nee, sy pa wil binneland toe.

Hier laat hy nou twee kosbare dinge agter wat hy maar vir eens en vir altyd vaarwel sal moet roep. Dit is dinge wat hy nooit sal kan saamneem nie. Die een is Essie en die ander is sy boom met die tak wat so laag hang. Essie het op daardie tak ‘n hartjie uitgekerf met haar en Apie se voorletters in, maar toe moes Lientjie juis daaroor by Alet gaan klik het. Alet het die hartjie verwoes deur dit met ‘n klip te skuur.

Uiteindelik hoor hy sy ma en pa opstaan. Soos weerlig is hy aangetrek en in die kombuis. Fluks help hy vir sy ma om koffiewater aan die gang te kry.

Terwyl die koffiekan gesels, stap Apie na buite met sy pa se nuwe sweep en gee drie harde slae daarmee, sodat Tiekie en sy span aan die gang kan kom.

Neels, Gert en ousus Ragel is ook vanoggend dadelik op – anders as ander oggende waar hul pa eers so twee of driemaal moet praat.

Apie voer die hoenders sodat hulle genoeg kan eet en drink. Hy sal hulle op die laaste nippertjie in die hokkie laai. Antjie lyk vanmôre onrustig, dalk kom sy agter dat die helfte van haar kroos nie daar is nie.

Apie het selfs vir sy gemmerkat ‘n hok gevleg. Brakkies moet maar saamdraf.

Tiekie is besig om die perde op te saal toe Apie by die kraal kom. Hy ruik eers weer aan die vars leer van sy nuwe saal voor hy dit op Prins se rug sit. Dan lei hy die perd sodat hy hom aan die peperboom kan vasmaak.

Die osse is volgende aan die beurt. Heel agter is ou Bitterbek en Geduld. Voor hulle stap Regter en Wandelaar op die hakke van Houtskool en Witbal. Heel voor stap Makman en Gewild.

Die wa wat Kerneels by die Engelsman gekry het, dra al die gereedskap en wa-onderdele. Dié wa se nuwe osse moes gou naam kry. Hulle heet: Robert, afgelei van die jong luitenantjie wat hulle plaas oorneem. Dan is daar nog Rooinek, Hartseer, Kwaaiman, Vryman, Rooiman, Wolsak en Speelman. Die spaar osse word saam met die koeie aangeja.

Hannie roep die hele spul om te kom eet. Sy wil daarna opwas sodat sy die skottelgoed kan inpak. Al die porselein en 

glasware het sy vir Maggie geskenk, dit kan net breek op die pad.

Die sweep word geklap en die wawiele draai. Die waens kruin en kners behoorlik onder die vrag. Hannie sit op die voorste wa met haar kop in haar hande. Sy huil, maar weier om om te kyk, sy weet wat met Lot se vrou gebeur het …

Antjie en die ander hoenders onderneem hul eerste rit op die agterste trap van die ossewa waar hul hokkie vasgemaak is. Die hokkie skommel maar woes rond. Antjie weet hoe om ‘n hond of ‘n kat te bevloog indien die té naby aan haar kuikens kom, maar vir hiérdie bedreiging het sy nie raad nie.

Apie sit trots op sy perd en hy help soos ‘n wafferse grootmeneer met die aanja van die vee. Op die laaste bultjie vanwaar ‘n mens die opstal kan sien, trek hy Prins in. Hy kyk om en sien hoe sy pa nou regop op die wa staan om die osse te dryf.

Apie ken sy pa. Dié bedrywigheid is nie om dowe neute nie. Hy sien hoe sy pa ook maar veg teen die trane. Op die agterste wa is ousus Ragel aan die stuur met klein Lientjie as hulp. Ouboet Neels en Gert is ook op hul perde bedrywig om al die vee in die regte rigting te hou. Die vee is gewoond aan hul roetine en vandag word daar ‘n heel ander rigting ingeslaan.

Skielik staan die opstal verlate. Die luitenantjie sou glo kom inloer het voor hul vertrek, maar Kerneels het nie vir hom gewag nie. Die boom met die tak wat so laag hang, wink vir Apie. In sy geestesoog sien hy vir Essie op die tak sit en lag soos altyd …

‘n Lang fluit bring hom terug na die werklikheid en hy sien hoe Gert vir hom beduie. Twee speenkalwers het hier digby Apie onder ‘n boom gaan staan. Hy kap sy hakke in Prins se lies en die twee kalwers moet spoed kry om by die res van die trop aan te sluit.

Hulle moet druk, want die plan is om vannag by die spruit te oornag. Dit is so twintig myl verder. Die Ludick’s, Botha’s en andere sal almal daarheen beweeg en so sal die groepies sterker word tot by die Grootrivier. Almal is redelik vertroud met die gebied tot by die Grootrivier aangesien hulle gereeld in die distrik gejag het.

Apie sal hierdie tyd onthou. Die tyd van skeiding, asook die tyd van ‘n nuwe begin - Oktober 1835. Oral kondig die bome die lente met hul nuwe blare aan.

Die Tarka-distrik met al sy herinneringe van grensoorloë lê nou agter hulle vir ewig. Vorentoe kan dit net beter, of so dink Apie.

Gelukkig het Kerneels en sy twee groot seuns, Neels en Gert, met ‘n paar arbeiders verlede week reeds ‘n tak-kraal by die spruit gebou, anders sou hulle nie tot daar in een dag kon gaan nie. Twintig myl per dag met die ossewaens en diere, wil gedoen word.

Die aankoms by die spruit is ‘n groot affêre. Daar word gegroet en gesels vir ‘n vale. Apie se sitvlak brand, hy is nie heeldag op die perd se rug gewoond nie.

Gert lag te lekker oor Apie se wydsbeen–lopery. “Ja toe, mannetjie, jou boutjies is maar lekker saf, nê? Môre sal jy twee yslike krone op daardie boutjies hê.”

Die tweeling, Thysie en Alet is ook dadelik by om te groet. Hierdie is verseker nie een van die kort kuiertjies nie. Nee, nou gaan hulle sommer ‘n hele paar sakke sout saam opeet.

Alet kla oor die wa wat so stamperig ry, maar Apie wil niks daarvan hoor nie, want sy eie boude kla genoeg. Hy wil eers weer vir Thysie sy nuwe saal gaan wys.

Daardie aand word daar om die kampvuur huisgodsdiens gehou. Die man met die mooi baard wat altyd by Apie-hulle op die kassie gepraat het, Hendrik Potgieter, lei vanaand se studie.

Na huisgodsdiens word daar oor koeitjies en kalfies gesels. Apie wil nog laat kuier, maar hy is poot-uit. Vanweë die vorige aand se opgewondenheid, kon hy nie juis goed slaap nie.

Die volgende oggend word die diere versorg. Daar is nie baie haas nie, want Potgieter wag vir ‘n paar gesinne wat laat weet het dat hulle oppad is. Die gesinne, Kruger, Liebenberg, Roberts en Steyn kom eers laat daardie middag daar aan. Nou is hulle ‘n totaal van dertig gesinne.

Potgieter is nou tevrede, hulle kan die volgende oggend vroeg vertrek. Daardie nag sak daar egter ‘n sagte bui reën uit.

Voordat Hannie se ou haan kon kraai, het die koffiekanne reeds op die vuurtjie gesels . Die mense moet vroeg ontbyt, want die lang pad roep. Potgieter wil kyk of hulle so gou moontlik kan vorder tot by die Grootrivier.

Apie het gou die hoenders versorg terwyl Gert vir Nonna, die melk-koei, gemelk het. Sy het nie meer so baie melk as voorheen gegee nie, seker maar dikbek oor die getrekkery.

Die touleiers word nader geroep en die voorste wa se sweep word geklap.

Die konvooi het redelik goed gevaar vir die afgelope paar maande toe alles een dag skielik in rep-en-roer verander. Die een vrou soek haar ses-jarige seun. Die diere se geraas maak dit ook nie maklik om hom te hoor nie.

Apie onthou dat hy die knapie eenmaal langs ‘n ossewa gesien stap het. Hy besluit om net so ‘n entjie terug te ry. Ouboet Neels val ook langs hom in. So ver as wat hulle ry, roep hulle na dié Pietertjie.

Uit die bloute hoor hulle hom huil. Die knapie het met ‘n miershoop gespeel wat deur ‘n wawiel oopgetrap was.

Die gras is so lank dat niemand hom gesien het nie en hy het nie rekening gehou met die konvooi se beweging nie.

Met Pietertjie weer by sy ma, kon die konvooi voort.

Daardie middag laat kom hulle by die rivier aan. Dit is heelwat later as wat hulle beplan het, want daar het minstens ‘n uur verlore gegaan met Pietertjie se gesoek.

Van die mense was kwaad vir Pietertjie se ma, maar Potgieter het hulle ernstig berispe. “A, nee, a, …” het hy gesê, “ … dit is dan nou eers ‘n paar maande en julle wil alreeds onder mekaar invlieg en dit oor ‘n onskuldige kind. Skaam julle!”

Die mense het toe maar so brom-brom in die sterk skemer kamp reggemaak.

Apie verstom hom aan die Grootrivier en wonder hoe hulle daardeur gaan kom.

Dit is môre se probleem, want vanaand gaan hy weer soos ‘n klip slaap. Selfs die diere is stil – hulle is ook moeg. Apie lê en luister na die naggeluide. Hy wonder of die diere slaap terwyl hulle so herkou, want dié duisende kakebene wat so woel is nogal ‘n aardige geluid. ‘n Jakkals tjank in die verte en sy maat antwoord uit ‘n ander oord. Môre trek hulle oor die Grootrivier, dan is hulle uit die Koloniale distrik, dan is hulle vry! Apie het tred verloor met die datums, maar hy weet dit is iewers laat in Februarie 1836.

“Om die rivier oor te steek, kan selfs twee of meer dae neem, …” sê Potgieter op die koue lente oggend, “… maar as ons saamwerk, kan ons dalk nog almal vanaand oorkant slaap.” Die mense sit in ‘n groot sirkel met hul koffie en beskuit. Apie kyk weer oor die rivier en hy is nie lus vir daardie koue water nie.

“Die jong seuns moet maar solank oorgaan om weer tak-krale te bou vir die diere. Die manne moet toesien dat die waens een vir een oorgaan. Almal moet saamwerk.” Niemand het ‘n probleem met Potgieter se instruksies nie.

“Sal jy my oor die rivier neem met jou perd?” vra Alet vriendelik vir Apie.

“Met ‘n groot plesier … kom ons spring sommer nou dan is ons die eerste wat oorgaan.” Apie trek Alet op en dan draf hulle hand-aan-hand na Prins waar hy reeds opgesaal op Apie wag.

Thysie is eerste op sy perd. “Ek gaan julle wen!” skree hy, maar toe hy by die water kom, steek sy perd in vier spore vas.

Prins het egter net vir ‘n oomblik gehuiwer om seker te maak of sy baas dit regtig bedoel. Toe Apie die leisels pluk, laat vat hy en mens sien net water spat.

Dié oorgangsplek is lank reeds deur die kommissietrekke uitgesoek en gebruik. Hier is die water darem nie te diep nie – dit vat Prins net-net aan die stubeuel.

Aan die oorkant spring Apie en Alet byna gelyk van die perd af, “Ons is vry!” skree die twee met hande in die lug.

Potgieter glimlag vir die twee jonges terwyl hy sy baard streel. “Nou ja, van sit en staan kom niks gedaan …” sê hy en die manne kom in beweging.

Thysie het uiteindelik sy perd sover gekry om die rivier oor te steek.

“Apieee!” roep Hannie haar jongste seun weer terug.

Apie huiwer nie, hy ken sy ma. Gelukkig sukkel hy nie so met Prins soos wat Thysie met sy perd gesukkel het nie.

“Ja, ma,” sê Apie, sonder om van die perd af te klim.

“Wat van die hoenderhok en die kat se hok? Hulle sal binne-in een van die waens moet ry, anders versuip hulle,” sê Hannie ongeduldig.

Apie spring dadelik aan die werk, want hy wil weer aan die oorkant kom waar Alet en Thysie nou die wêreld verken.

Daarna kry Apie die handbyl sodat hulle aan die werk kan spring met die tydelike kraal. Intussen het die mans ‘n span osse aan die eerste wa gekoppel. Daar is vier ekstra osse by, ‘n lang string van twaalf.

Die osse is maar moeilik om in die water te gaan.

Net toe Apie in die water wou gaan met Prins, roep Oom Tinus hom terug. “Apie, vat die tou en lei die osse deur … dalk sal hulle agter jou perd aanstap die water in …”

Die plan werk. Die osse stap gedweë agter Prins die water in. Met sy volle aandag op die osse, laat val Apie die byl in die water. Stop kan hy nie, die byl in die rivier los, kan hy ook nie, want sy pa gaan hom afskil. Hy probeer die plek so goed moontlik onthou, maar hoe doen ‘n man dit in water?

Aan die oorkant maak hy Prins gou aan ‘n boom vas en pluk sy klere uit, maar behou sy broek. Dan durf hy die koue water aan. Met die ingaan snak hy behoorlik na sy asem.

Hy loop tot waar hy dink die byl kan lê en voel-voel met sy voete, maar niks. Die osse en die wawiele moes dit in die sand weggetrap het.

Lank het hy so voel-voel geloop toe die volgende wa se osse op hom afpyl. Dit is die wa van die vrou wie se man onlangs deur stroperbendes vermoor is. Die vrou het drie kindertjies, waarvan die oudste maar agt is. Sy is baie dapper om die trek sonder ‘n man aan te durf. Die vrou sit in haar pikswart rou-gewaad, terwyl die kindertjies agter-in die wa klou vir lewe en dood.

Apie staan opsy vir die osse wat kop onderstebo voortbeur.

Meteens gebeur ‘n lelike ding. Net toe die wa hier by Apie kom, sak die een voorwiel weg en die wa tuimel om. Apie wou nog padgee, maar dis te laat. Die wa se tent-raam vang hom en druk hom onder die water in. Hy spook en spartel maar sy been sit vas. Dan word dit swart om hom … .

[Maters, lees verder in die volgende Koerier wat se verskriklike ding hier plaasgevind het. Oom Red.]


Stuur E-Mail aan  Dirk van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
Kopiereg © 2001 Dogter van Sion
Laaste opdatering: 04-Jan-2001