Verbondskoerier

'n Tydskrif vir die denkende Boere-Israeliet !


Waarom moet ek my laat was?

Ramshorings

Die idiote kisse

Jou Erfdeel

Stof tot nadenke

Heraldiek

Die Arend Koningkryk

Die Verbonde

Vigs, wat steek hulle weg ?

Die voedsel wat ons eet

Inleiding

Historiese Agtergrond

Boerevolk - Situasie

5 Brode & 2 Visse

Vertalingsmeganisme

Vertalingsprobleme

Samestellingsprobleme

Saulus van Tarsus

Die Gelofte

Die Ware Naam van ons Hemelse Vader

Hoofletters, leestekens ens.

Apartheid

Vredesverbond

Ten Slotte

Aanhangsel B

Prelude

Terminology

DOGS OF CHRISTIANITY

Introduction

Motivation

Background

Control over Humans

Bible rewritten

Contamination of African Blood

Liberal Afrikaner begins with Manipulation

What was written in the Bible originally?

Kennisgewing

Media verklaring

Toespraak te Bloedrivier

Deel 1

Deel 2

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4


HOOFSTUK 2 - DIE VOORBEREIDING

Nadat hulle die grondpad bereik het, sê Kerneels sag, asof hulle hom dalk nog kan hoor: “Daar is so veertig van hulle, met vee en allerhande goed …”

Hulle vat ‘n stywe pas en haas hulle na Tinus se plek.

Met hul aankoms staan daar alreeds ‘n hele klompie mans in klein groepies rond en gesels.

Almal kyk die ‘Engelse’ offisier baie agterdogtig aan.

Kerneels spring af en roep die manne nader. Namate hy vorder met die verduideliking, helder die manne se gesigte op. Hier is ‘n geleentheid vir ‘n bietjie pret.

Hulle wil sommer holderstebolder wegspring

maar Skottie roep hulle tot orde: “Ons kan nie blindelings daar aangestorm kom nie, laat ons eers ‘n plan van aksie uitwerk.”

“… gaan die Engelsman ons vertel wat om te doen?” vra Piet Botha selfvoldaan.

“Toemaar, hy is een van die goeies. Ek sal later verduidelik, terloops, hy het gelyk. Ons kan nie net daar aangejaag kom nie. Kom ons werk eers ‘n plan uit.” Kerneels skuif sy hoed reg.

Tinus vra eers presies waar Kerneels-hulle die Barbare gesien het en omdat hy die omgewing goed ken, begin hy om vir die manne ‘n skets op die grond te maak.

Tinus se plan klink goed en die manne bestyg die perde.

Die reuk van gebraaide vleis hang nog in die lug terwyl die vuurtjie nog smeul. Dit is duidelik dat die stropersbende hulle dik geëet het. Hoé hulle so in die bloedige son kan lê en slaap, gaan alle verstand te bowe.

Kerneels sien sy Luiperdvel en nog vele ander goed wat aan hom behoort, daar rondlê. Skottie stamp liggies aan Kerneels en fluister sag in sy oor: “Dit is my beeste en skape.”

Tinus, bekend as ‘n man wat nie ‘n bang haar op sy kop het nie, bekruip een van die Swartes wat rustig teen ‘n boom lê en slaap soos ‘n wafferse ryk Jood. Tinus se veldskoen tref die Swarte se ribbekas met geweld. Behalwe vir die pyn, skrik die Barbaar homself byna in ‘n ander bloedgroep in.

Die swartnerf gil, rol om en gryp na sy spies, maar die skoot klap …

Die Barbare is onverhoeds betrap en voordat hulle tot verhaal kon kom, praat die Bobbejaanboude uit al die rigtings met hulle. Dit het nie lank geduur nie of hulle is aasvoël-kos.

Die diere maal benoud rond in die tydelike tak-kraal wat die Swartes vir hulle gemaak het.

Kerneels vat liggies aan sy seer oogbank en ‘n gevoel van tevredenheid wel in hom op. Selfs Skottie staan triomferend daar rond en probeer om die diere weer te kalmeer.

Gelukkig is daar nou baie helpers om hand te gee met die aanjaag van die diere.

Die stilte op die werf word versteur deur die gefluit en die geknetter van dierpote. Hannie, Maggie en die kinders staan vol verbasing voor die opstal om die vreeslike aantog gade te slaan.

Kerneels se perd kom in ‘n stofwolk tot stilstand en hy is die ene glimlag. “Hier, vrou, vat aan …” hy stoot sy arm met die luiperdvel voor hom uit. “Ons het alles teruggekry.”

Die ander manskappe gee aan terwyl die kinders dit weer op die wa pak.

Die geskeduleerde vergadering wat by Tinus sou plaasvind, word nou hier by Kerneels voortgesit. Soos gewoonlik is Apie en sy geselskap op hulle tak om te hoor wat aangaan.

Na die gebed het die manne in ‘n groot halfmaan by die peperboom gaan sit. Kerneels het weer die kassie uit en die man met die mooi baard doen weer sy ding:

“Die vraag wat op almal se lippe is, is ‘waarheen?’ Volgens die inligting wat ons bekom het, is daar lieflike weigrond indien ons reg noord sou trek.” Die man kyk die manne eers deur sodat sy stelling kan insink.

“Wat van ‘n hawe? …” vra een uit die gehoor. “… moet ons nie eerder Natal oorweeg nie.”

Die manne brom en die saak word nou onderlangs bespreek sodat die man op die kassie sukkel om hulle weer tot orde te kry.

“Manne, ons sal moet saamstaan, anders kan ons maar gereedmaak vir probleme.”

“Hoor, hoor!” kom dit waarvoor Apie gewag het en hy giggel. Essie se mondhoeke trek ook al daarvoor. Apie het al agtergekom dat Essie ook ‘n goeie sin vir humor het.

‘n Ander man met ‘n welige baard, woeste ooghare en ‘n diep stem, staan op. Ewe kalm sê hy; “Natal sal binnekort ook deurdrenk wees van die Engelse. Dan sal ons wéér moet trek. Ek stel voor ons gaan Noord, … baken ons eie grond af en gebruik die Portugese se hawe by Mosambiek.”

Sommiges hou van dié idee, ander stry weer en hou vol dat Natal reeds bekend is en dat dit ‘n beter opsie is. Gaandeweg ontaard dit in ‘n hewige stryery wat maak dat hulle opbreek en in groepies rondstaan en redeneer. Later ruk dit só hand-uit, dat sommiges op hul perde spring en dikbek daar wegry.

Daardie aand na huisgodsdiens, praat Kerneels en Skottie ernstig: “Skottie, oor ongeveer twee weke vertrek Andries Potgieter en ek oorweeg dit om saam te gaan. Dit sal natuurlik afhang van hoe gou ek alles in orde kan kry.” Kerneels sê dit met gemengde gevoelens.

Op dié stuk grond lê baie van sy sweet. Die huis het hy man-alleen gebou. Die klipkraal het hy gepak totdat sy hande vol blasé was. Geen geld sal genoeg wees om hom daarvoor te vergoed nie.

Skottie knik instemmend en sê; “ Die een luitenant het reeds ‘n gesinnetjie en hy stel belang in jou grond …”

“Wel, ek hoop jou oorplasing Natal toe kom gou deur …” sê Kerneels. “… jy het gesien wat hier aangaan. Die Ngqika bendes sal nie hul streke los nie.”

Apie is half jammer dat hulle paaie uitmekaar moet gaan, want hy en die Skotte speel deesdae lekker saam. Dit kan beteken dat hy hulle dalk nooit weer sal sien nie.

Apie het die Skotte geleer hoe om ‘n pyl en boog te maak en om daarmee te skiet. Hy het hulle ook geleer om vroteier te speel en op hulle beurt het hulle weer vir Apie-hulle geleer om ‘Ellie Rose’ te speel. Neels, Gert en Ragel het veral daarvan gehou.

Die volgende oggend vertrek Kerneels dou voor dag Kaap toe. Ouboet Neels is ook saam. Gert, David en Tiekie die klong, is met die vee veld toe. Skottie het onderneem om mooi na die twee gesinne om te sien.

Later die dag gaan Apie, Essie en Eddie om eiers uit te haal toe hulle vir Antjie die rooi-bruin hen sien. Sy sit met haar vere so opgetof dat sy byna tweemaal so groot lyk. Die drie kinders sit op hul hurke om die hen. So af en toe waarsku die hen met ‘n ‘kierrrr’ geluid terwyl sy haar nekvere rys – die kinders moet nie té lastig word nie.

“Kyk!” roep Essie en wys met haar vinger na ‘n klein koppie wat so tussen die vere uitboor. Soos blits reageer Antjie en pik daardie vinger met geweld.

Essie skrik groot, ruk haar vinger terug sodat sy skoon agteroor val. Die hen vererg haar en besluit om ‘n stiller plek te gaan soek. Die kuikens word vinnig getel toe die hen opstaan en al kloekende aanstap. Twaalf geel, donsbolletjies draf agter die ma aan.

Baie opgewonde draf die kinders huis-toe om die nuus met hul ma’s te deel.

In die huis is Hannie en Maggie besig met die kinders se klere. “Ek wonder wat ek vir Apie kan gee vir sy verjaarsdag, … die mannetjie verjaar môre …” sê Hannie net voor die kinders daar instorm.

“Ma, Antjie het twaalf kuikentjies!” Apie kry nie betyds sy remme nie en hol in sy ma vas sodat sy haarself met die naald raaksteek. “Stadig …!” maan sy en sit die vingerpunt in haar mond.

“My vinger het ook deurgeloop …” Essie hou die bewysstuk in die lug. “Die hen het my gepik.”

Hannie neem Essie om die lyf en soen dit ‘gesond’. Sy hou baie van dié dogtertjie met haar ligte sproetjies.

“Apie, wie verjaar môre?” vra Hannie en plaas haar eie vinger in die mond.

“Ek is môre veertien!” Hy kyk Essie en Eddie ewe groot-meneer aan.

“Ek sê jou wat, … gaan vang daardie kuikens en dan merk ons hulle vir jou. Dan is dit jou verjaarsdag geskenk.”

“Al twaalf!” Apie kan sy ore nie glo nie. Hannie knik met die kop.

Apie en sy makkers kom na ‘n rukkie hygend die huis in met die skreeuende kuikens. Kort agter hulle steek Antjie by die deur vas. Die hen is duidelik nie dik van die lag nie.

“Hoe gaan Mamma die kuikens merk?” wil Apie weet.

“Ons knip die eerste lid van die regter toontjie af. Solank ‘n mens dit doen terwyl hulle net een dag oud is, dan bloei hulle nie baie nie.” Hannie neem haar skêr en begin om die kuikens een vir een te merk. Na die sesde kuiken, keer Apie haar.

“Mamma, knip die ander ses se linker toontjies asseblief …” vra Apie beleefd.

“Hoekom?” Hannie is heel verbaas.

“Ek wil hulle vir nig Essie gee, dan het sy ook haar eie hoendertjies. Sy het my so mooi gehelp om die hoenders kos en water te gee.”

“Maar ons trek dalk binne die volgende week of twee. Wie sal hulle grootmaak?”

Apie draai na Essie: “Jy moet hulle dan maar verder hans grootmaak. Saans moet jy hulle in die huis bring totdat hulle sterk genoeg is.” Essie knik met die kop en gelukkig is die ore daar, anders was die glimlag reg om die kop.

Buite wil Eddie weet hoekom Apie vir Essie kuikens gee, sy verjaar mos nie, dan het hy ook gehelp hoenders versorg. “Aaag, sommer …” stamel Apie en sy wange word rooi.

Vir die res van die dag was die kinders meer broeis oor die kuikens as ou Antjie haarself. Apie is baie bly en kon nie wag om vir Neels en Gert te vertel nie. Neels het al sy eie ooie wat Pa vir hom gegee het. Hulle is gemerk met so ‘n kepie in die oor wat Pa met die herneutermes gemaak het.

Kerneels se tuiskoms ‘n paar dae later, veroorsaak groot opgewondenheid. Hy het die ou wa vir ‘n nuwe een by Gerrit Maritz ingeruil. Hy het dadelik ‘n koper gehad vir Kerneels se ou wa. Kerneels wou egter nie die pad met ‘n ou wa aandurf nie.

Die verf ruik lekker en Hannie kan nie genoeg kyk nie. Die buitekant van die wa is donkergroen geverf, ‘n kleur wat in Nederland deur die eeue heen gewild was. Die binnekant was blou. Die onderstel en wiele was rooi met groen strepies op die vellings, speke en nawe. Met die splinternuwe seil wat wit vertoon, lyk die wa alte spoggerig.

“Dit sal ons Trekkers se kenmerkende kleure wees, vrou. Rooi, wit, blou en groen …” sê Kerneels baie trots terwyl hy met duime in die kruisbande staan en wieg.

Selfs die osse lyk in hul noppies met die wa. Apie kyk na die hotagter, ou Bitterbek – hy draai mos altyd sy oë tot die wit uitkom as hy nie baie gelukkig is nie, maar nou staan hy ewe trots met die nuwe disselboom tussen hom en die haaragter, ou Geduld.

“Nou ja, toe …” sê Hannie en sy raak doenig; “… van sit en staan, kom niks gedaan.”

Elke artikel word sorgvuldig deurgekyk. Die vrouens is besorgd oor die klerasie en materiaal. Die molvel word bevoel en bekyk.

Die nuwe eetgery … elke lid in die gesin het ‘n nuwe drinkbeker en bord gekry. Daar is nuwe messe en vurke, alles wat nodig kan wees.

Kerneels het nog drie gewere gekoop. ‘n Yslike vaatjie kruit waaroor hy baie broeis is.

Twee tente wat nog pure nuut ruik. Alles word sorgvuldig gebêre.

Parte vir die wa is daar ook oorgenoeg. ‘n Groot vaatjie vol teer om die lunsrieme te smeer. ‘n Volledige stel nuwe jukke.

Apie vat en dra, vat en dra, heen en weer en dit laat hom dink aan miere wat op trek is met hul eiers. Met sy terugkeer by die wa, roep sy pa hom eers daar na die voorkant.

“As ek my nie misgis nie, dan het iemand mos verjaar. Hier is jou eerste, splinternuwe saal.”

Apie is sprakeloos. Sy mond val oop soos die smous se geldsak wanneer hy geld wil ingooi. Hy bekyk die saal en die reuk van die nuut gepoleerde leer is soet in sy neus.

“Dankie, Pa …” hy gryp sy pa om die lyf.

“Daardie ligbruin vulletjie wat jy so mooi help grootmaak het …”

“Prins! …” val hy sy pa in die rede.

“Ja, Prins, … dit is van nou af joune …”

“Neee, …” protesteer Gert, “ek hoor die mannetjie het nog ‘n spul kuikens ook by Ma gekry – laas toe ek verjaar het, het ek net ‘n nuwe nekdoek gekry …”

“Toemaar Gert, …” sê Kerneels, “… hy gaan nog hard met daardie perd werk.”

Apie vlieg om en hol eers kraal toe om vir Prins deur ‘n ander paar oë te sien. Hy kyk met trots na sy perd terwyl hy hom op die wang streel. Dan sluit hy sy oë: “Vader, dankie vir hierdie groot geskenk. Seën hom, sodat hy my sal dra deur dik en dun, deur die aanslae van die lewe, deur die lief en die leed …”

Kerneels se lang uitgerekte fluit laat Apie besef hy sal moet spring.


Stuur E-Mail aan  Dirk van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
Kopiereg © 2001 Dogter van Sion
Laaste opdatering: 04-Jan-2001