Verbondskoerier

'n Tydskrif vir die denkende Boere-Israeliet !


Waarom moet ek my laat was?

Ramshorings

Die idiote kisse

Jou Erfdeel

Stof tot nadenke

Heraldiek

Die Arend Koningkryk

Die Verbonde

Vigs, wat steek hulle weg ?

Die voedsel wat ons eet

Inleiding

Historiese Agtergrond

Boerevolk - Situasie

5 Brode & 2 Visse

Vertalingsmeganisme

Vertalingsprobleme

Samestellingsprobleme

Saulus van Tarsus

Die Gelofte

Die Ware Naam van ons Hemelse Vader

Hoofletters, leestekens ens.

Apartheid

Vredesverbond

Ten Slotte

Aanhangsel B

Prelude

Terminology

DOGS OF CHRISTIANITY

Introduction

Motivation

Background

Control over Humans

Bible rewritten

Contamination of African Blood

Liberal Afrikaner begins with Manipulation

What was written in the Bible originally?

Kennisgewing

Media verklaring

Toespraak te Bloedrivier

Deel 1

Deel 2

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4


HOOFSTUK 1 - DIE ONTMOETING


“Apie, gaan kyk waarom die honde so blaf!” sê Kerneels terwyl hy vir Hannie die seep roer. Apie vlieg weg soos ‘n pyl uit ‘n boog tot by die hoek van die huis, loer om dit en roep oor sy skouer: “Vreemde mense op ‘n perdekar, pa!”Kerneels los nou eers die seepwerk om self te gaan kyk.“Nou is hier mense en kyk hoe lyk ek!” Hannie trap ongeduldig rond soos ‘n skoorsoekende kalkoen-mannetjie.Kerneels stap in die rigting waar die wa onder die peperboom tot stilstand gekom het. Die perde draai hulle ore om te probeer vasstel waar brakkies is.
“Good morning, sir,” kom dit beleefd van die drywer.“Jis,” antwoord Kerneels kortaf om sy swak Engels te verberg.“Kolonel Alexander Biggar,” sê die man nadat hy van die kar afgeklim het en hy steek sy hand uit om blad te skud. Apie kyk na sy pa wat eers huiwer om sy hand uit te steek, want hy besef alte goed sy pa is keelvol vir die ‘Ingelse’.“Kerneels Heydenrich,” kom dit baie kortaf.“Pardon me, but dit is good om u te … e, … well, to meet you.” Nou word die Engelsman éérs rooi in die gesig.Apie betrag die Engelsman deeglik met sy Britse uniform en besef dat hy nie van vandag in die Kaap is nie. Eerstens ken hy hul taal, al is dit maar krom, verder is dit ook duidelik dat die Afrika-son en die Engelsman deeglik kennis gemaak het.
Apie verstom hom aan die Engelse tante wat so neus in die lug sit asof niks gebeur het nie. Langs die vrou sit haar jongste seun en Apie skat hom net so oud soos hy, dertien. Apie glimlag vir hom maar die klein rooinek antwoord deur vir Apie tong uit te steek.
Apie skuif sy hand versigtig op na sy gesig asof hy sy neus wil vryf en dan maak hy ‘n vuis so teen sy neus om vir die knapie te wys hy gaan gefoeter word.Die sproetgesig dogtertjie van so om en by elf, sit ook nes haar ma, nadat sy vir Apie ‘n vuil kyk gegee het.Hulle ouboet van so om en by vyftien jaar, het intussen afgeklim en voor die perde gaan staan sonder om eers te groet.
“Hoogmoedige spul,” dink Apie, “seker omdat hulle so grênt aangetrek is.”Die gat op sy knie is nie sy skuld nie, want eers kry ouboet Neels al die nuwe klere en wanneer dit te klein word gaan dit oor na Gert. Gert trek als deur sy dinges en wanneer dit vir hóm te klein word, kom dit vol gate na Apie se kant toe. Hy word dan getroos met die woorde dat dit ventilasie-gate is.“Waarmee help ek?” sê-vra Kerneels.“I would like some information about the area …”, maar voor die Engelsman verder kon gaan, besef hy met die kyk wat hy kry, dat Engels nie groot byval by Kerneels vind nie.“Pardon, ontmoet eers my familie,” sê Alex en draai na sy vrou.“Dit is my vrou Margaret, daardie seun voor die perde is David. Dié seun is Eddie en finally my dogter Esther.” Hy het gou agtergekom dat Kerneels nie Engels gaan praat nie, daarom is hy nou maar die minste.Apie kry skielik skaam, want intussen het Lientjie ook uit die huis gekom van pure nuuskierigheid en hier by hulle stelling ingeneem. Sy is nou maar eers vier jaar oud en sy het ‘n hewige verkoue, daarom loop haar neus vinniger as sy. Gevolglik is daar op haar bolip twee stofstrepe wat soos die pad Kaap toe lyk. Met die wat Ma met die seep besig was, kon sy nie Lientjie se neusie afvee nie“Wel, dit help nie ons kuier onder die boom nie, kom ons gaan soek koffie … Apie, gaan sê vir jou ma hier is mense.”Apie vlieg weg, laat die stof so staan, te bang hy gaan iets mis. Kerneels vat Lientjie aan die hand terwyl die Engelsman sy vrou van die kar afhelp. Kerneels stap in die rigting van die huis met die Engelse soos ‘n ry eende agterna.By die deur moet Kerneels eers vassteek, want Apie kom uitgehol met die spoed van weerlig.
“Apie, speel jy en die kinders hier buite, ek wil nie hê jy moet onder ons voete kom rondhang soos ‘n trekkende Israeliet nie. Ek sal solank vir ousus Ragel vra om vir julle elkeen ‘n bekertjie melk te bring.” Kerneels knik met die kop vir die vrou om eerste in te stap.“Vrou, ontmoet vir Alexander en Maggie Beggars, …”“Biggar, Biggar, …” korregeer die Engelsman vinnig.“… en dit is Hannie.” Hannie vryf vir oulaas haar hande aan die voorskoot af voordat sy dit erg ordentlik uitsteek met ‘n “… sit en maak jul tuis …”“Nou ja, wat wou jy van die omgewing weet?” Kerneels vee die sweetring van sy voorkop, waar die palmiethoed se rand was, af.Buite wink Apie vir die Engelse om saam met hom te stap. Hy peil op sy ou gunsteling boom af. Dié het so ‘n dik tak wat laag oor die grond hang waarop hy altyd ry. Apie spring op die tak om die beste sitplek te kry. Die Engelse volg droogweg. Namate hulle gaan sit, buig die tak al hoe laer onder die gewig sodat Apie se voete nou die grond kan raak waar dit vroeër nie kon nie. Vermakerig begin hy nou die tak wieg.Sonder enige takt, soos ‘n kind nou maar is, breek hy die ys met: “Ons hou nie baie van Engelse nie …” en kyk hulle ewe uitdagend aan.Esther se gesiggie word rooi, sodat dit mooi by haar wortel-geel hare pas. Met ‘n parmantige hand in die sy kap sy terug; “Ons is nié Engelse nie, we are Scots, … en by the way, … ons like ook nie die Engelse nie.”Apie se wind is uit sy seile, hoe kan die klein rooinek sê hulle hou nie van Engelse nie, en wat vir ‘n ding is ‘n Skot wonder hy?“Ons is tog ryk, my pa het heelwat beeste en skape gekoop,” Laat waai Eddie windmakerig om sy hou in te kry. Apie bly maar stil, want hy spook nog met die Skot-storie.So het hulle lank in die ongemaklike atmosfeer bly sit totdat ousus Ragel met ‘n skinkbord by die deur uitkom.Apie spring vinnig van die tak af sonder waarskuwing. Esther verloor haar balans en val vooroor, sy tref die aarde met ‘n harde slag. Daardie sproetneusie is nou vol stof, om nie van daardie grênt rok te praat nie.Sy spring blitsvinnig op, gee vir Apie ‘n taai klap en hol al huilende na die huis. Sy het nie regtig seer gekry nie, maar die vernedering was te groot.Ragel sit die skinkbord op die slagklip neer. “Kom kry vir julle!”“Ragel, wat se ding is ‘n Skot?” Apie haak sy duime by sy kruisbande in terwyl hy op ‘n antwoord wag.“Dis ‘n soort Engelsman,” Ragel loer onderlangs na David. Nou is Apie éérs deurmekaar.“Look at you!” sê Margaret vir Esther toe sy die huis instorm. Sy staan op, neem haar aan die hand en ly haar na buite waar sy begin om die ergste stof van Esther se rokkie af te vryf.Hannie kom ook uit … “Abel, kom hier!” Apie weet dat wanneer sy Ma of Pa hom as ‘Abel’ aanspreek, daar foute gaan kom.Hy draf nader en verduidelik byvoorbaat; “Sy’t van die tak afgeval, sy moes beter vasgehou het.”“Ons praat weer later …” Hannie en ‘Maggie’, soos Kerneels haar begin noem het, keer terug na die voorvertrek.Apie sit sy hand op die dogter se skouer. “Jammer Engelsman … kom kry ‘n bietjie melk.”“My naam is nie ‘Engelsman’ nie, dit is Esther.” Nou is sy erg boos, tog stap sy in die rigting van die slagklip, terwyl sy haar voete stamp om haar woede te beklemtoon. Dit lyk vir Apie kompleet of sy ‘n riel trap.“Ons het ingetrek op die stuk grond hier langs julle wat eers aan Herr Kurt Kaltwasser behoort het,” verduidelik Alex.“Wanneer?” Kerneels is heel verbaas.“So om en by ‘n week gelede, … maar ons is so besig dat ons nie vroeër kon kennis maak nie. Die soldate sal eersdaags hier wees en dan kan ons die plek na behore inrig.”Kerneels onthou dat Kurt laas genoem het dat hy wil padgee nadat die Barbare hom so skade gegee het. Die weiding het ook ‘n groot probleem geword.“Is jy bewus van al die moeilikheid met die Xhosas?” vra Kerneels.“Ja, ek het al daarvan gehoor, maar is dit regtig so erg?” die Skot sê dit asof dit maar so ‘n netilige ou sakie is.Kerneels lig sy een wenkbrou. “Jy het nog niks gesien nie, glo my, … en terloops, jy vat deesdae ‘n kans om van jou grond weg te gaan en om dit alleen te los vir vyf minute.”Die Skot skuif effens regop. “Ek is ‘n Kolonel vir die British Empire, … het lank by die Kaserne in die Kaap gewerk, maar nou is ek uitgepos hier na die Oos-Kaap alhoewel ek vir Port Natal gevra het. Terwyl ek wag vir my aansoek om goedgekeur te word, sal ek maar vir eers hier diens doen. Ek stem ongelukkig niesaam met al die idees van die Britte nie, die Engelse dink mos alles en almal behoort aan hulle …”In die verte raas die pote van die vee soos Neels en Gert met hulle van die veld af kom. Eddie sit verstom om al die beeste en skape te sien. Apie sê niks, want sy pa sê altyd ‘n mens moet nie spog nie. Die grootmense maak hulle verskyning en dit is baie duidelik dat die Skot haastig is. Apie is bly, want nou sal hy die geleentheid kry om sy pa te vra wat vir ‘n ding ‘n Skot is. Pa’s is slim, hulle weet alles.Teen skemer kom Tinus Ludick en sy twee oudste seuns, Martin en Danie, met ‘n groot bol stof tot stilstand voor die Heydenrichs se huis. Die perde proes, hulle is hard gery. Tinus spring af en hol deur toe. Daar is nie tyd om te klop nie. Die Heydenrichs sit grootoog in die voorvertrek, besig met huisgodsdiens toe die deur oopbars.“Kerneels, julle moet gou kom, …” Tinus skep eers weer asem, “… ek dink dit is Kurt Kaltwasser …”“Neels, Gert, gaan saal gou die perde op. Wat is dit van Kurt?” Kerneels frons.“Daar trek rook anderkant die koppe, in die rigting van Kurt se opstal.”“Dan weet jy ook nie van Kurt wat weg is nie … hy bly nie meer daar nie. Daar het Skotte ingetrek, ‘n ene Kolonel Biggar.”Hannie kyk na haar kinders. Hulle weet wat dit beteken, nog ‘n slagoffer van die Barbare. Hannie sluit die deur agter die mans en stap dadelik na haar geweer. Met die geweer gereed, sak sy, Ragel, Apie en Lientjie op hul knieë om die mans se veiligheid aan die Skepper op te dra. Hulle sing ook ‘n paar lofliedere terwyl die tyd stap en die kers al wuifende krimp.Heelwat later hoor hulle die geklap van die perde se hoewe. Hannie loer eers versigtig deur die venster en is verlig om haar man se gestalte tussen die ruiters te sien.
Tinus en sy twee seuns vertrek dadelik om na hul eie terug te keer.
Apie en Lientjie het lankal omgedop, sommer net daar op die luiperdvel. Lientjie word gladnie wakker nie, maar al die geraas was te veel vir Apie.
“Kom in, … kom in …” hoor hy sy pa sê.Hy probeer fokus en eerste wat hy sien, is ‘n sproetgesiggie met twee verskrikte ogies en twee boksterte. Ai, al weer die Engelse, of droom hy nou …“Voor ons verder gaan, laat ons eers ‘n dankgebed sê omdat daar geen lewensverlies was nie,” Kerneels sak op sy knieë en almal volg sy voorbeeld in ‘n kring.Na die gebed sit die grootmense op die bankies en kiste terwyl die kinders op die diervelle stelling inneem - die luiperdvel van die luiperd wat Kerneels een aand tussen die beeste geskiet het en langs hom lê die teelbul se vel wat deur die einste luiperd doodgebyt was.
Apie is nou wawyd wakker. Hannie bring vir hulle warm koffie. Eddie se windgatgeit is weg. Esther se twee boksterte wat vanmiddag so parmantig regop gestaan het, hang verlep langs haar kop. David sit kop onderstebo en vroetel senuweeagtig met sy hande. Margaret se deftige rok is vuil en Alexander sit met trane in sy oë.
Apie hou nie daarvan as grootmense huil nie. Hulle huil nie onnodig soos die kinders nie, net by begrafnisse en so aan.
Dié man is anders, dink Apie. Alhoewel hulle Engels praat, is dit geen geheim dat hulle nie veel ooghare vir die Engelse het nie. As hy so na die man luister, is dit baie duidelik dat hy nie van die Swartgoed hou nie. Die ‘Skottie’ soos Kerneels hom noem, gee die Barbare nou name wat Apie nog nie eens uit die Bybel gehoor het nie. Sy pa was reg toe hy gesê het dat die Skotte anders is as die Engelse.Hannie en Ragel maak nou bed vir ‘n vale. Elke beskikbare vierkante duim sal benut moet word. Hier is baie siele wat ‘n lêplek moet kry.Die volgende oggend is Apie vroeg wakker. Hy het nie goed geslaap nie – die vloer is maar hard en die luiperdvel beteken nie veel nie. Hy hoor sy ma in die kombuis woel terwyl hy draai om op sy rug te lê. Met sy hande onder sy kop gevou, dink hy aan die vorige aand se gebeure. Hoe die Skotte by hul plek aangekom het net om te sien hoedat die barbare al hul vee bymekaar gemaak, die huis gesloop en aan die brand gesteek het.Apie dink aan Oom Tinus se op en wakker optrede toe hy die rook gesien het. Apie hou baie van Oom Tinus, nie alleen omdat dit sy beste vriend Thysie se pa is nie, maar ook omdat hy so hard kan slaan.
Hy onthou die dag toe Oom Tinus ‘n Barbaar se kakebeen op drie plekke met een vuishou gebreek het.Hy verlang ook baie na Thysie en sy sussie, Alet. Die keer toe hy vir Ma Hannie gesê het dat hy baie van Alet hou, was die antwoord dat hy kwansuis nog te klein vir muisneste is, … nogtans het hy met Alet gekys.Vandat die Barbare so steel en plunder, kuier die twee families nie meer so dikwels by mekaar nie.
Apie besluit om sy gedromery te staak, op te staan en ‘n koppie warm koffie te gaan soek voordat hy met sy dagtakies kan begin.“Môre Ma!” Hannie is besig om ‘n yslike pot pap aan die gang te kry, want daar is nou baie monde in die huis. Sy groet haar jongste seun met ‘n drukkie en stop hom ‘n beker koffie in die hand.“Drink gou, die hoenders wag al seker vir jou.” Nie dat sy vir Apie daaraan moet herinner nie. Dit is sy werk om vir hulle kos en water te gee. Daarna moet hy vir ouboet Neels en Gert gaan help koeie melk voordat die diere veld toe moet gaan.Terwyl Apie oor die agterdeur loer met sy beker in die hand, hoor hy sy ma hier agter hom sê: “Aaa, hier is nog iemand vir koffie!”Esther staan half verleë in die deur. Apie bekyk die dogtertjie waar sy nou met haar kaal voetjies staan en hy het ‘n idee wat deur haar gedagtes gaan: Nou eet hulle uit die mense se hande op wie hulle gister nog so neergesien het.Hy kry haar jammer en verwonder hom aan haar klein, fyn toontjies wat so spierwit afsteek teen die misvloer.
“Drink gou, Essie, dan gee jy my ‘n hand met die hoenders.” Sy sê niks, veral oor hy haar aanspreek as ‘Essie’, dit klink immers beter as ‘Engelsman’.Buite sien hulle dat Oom Skottie se perde weg is. Hulle swaai kortom en nael terug na die huis.
“Ma, Ma, Oom Skottie se perde is weg!”“Toemaar, …” kalmeer Hannie die twee, “… Oom Skottie en David het al vroeg in die pad Kaap-toe geval. Hy het dringende besigheid om te gaan doen.”Apie en Essie keer terug na die been-bekke.Later speel Apie, Essie, Eddie en Lientjie onder die peperboom toe Brakkies ‘n groot bohaai opsit vir die aankomende ruiters. Onder hulle was Tinus Ludick, Pieter Botha en nog andere wat Apie nie ken nie. Die manne het hulle gewere by hulle en hulle is duidelik oorgehaal vir moeilikheid. Die kinders laat vat na Apie se boom met die tak wat so laag hang. Nou bekyk hulle die spul op ‘n afstand.Die manne staan rond en kort-kort sluit nog groepies by hulle aan.
“Hier is nou maklik so ‘n honderd man …” reken Apie.‘n Man met ‘n mooi baard klim op ‘n kassie wat Kerneels vir hom reggesit het.“Kaapse Patriotte, volksgenote en vriende, kom laat ons saam bid.” Almal staan doodstil en eerbiedig terwyl die man ‘n baie mooi gebed doen. Eers toe hy klaar is, maak die manne weer keel skoon terwyl hulle hul hoede terugsit.“Ons voorvaders was pioniers wat hierdie land bewoonbaar kom maak het. Ons is nie maklike mense nie. Ons is hard – Afrika het ons hard gemaak. Ons is nie bang vir swaarkry nie, inteendeel, ons is gewoond daaraan, maar ten spyte daarvan het ons ons trots. Ons sal nie toelaat dat die Engelse ons langer voorskryf nie …” Die man word toegejuig.Sommige van die manne skreeu: “Hoor, hoor!” en Apie vind dit baie ammuserend, daarom kan hy nie help om te giggel nie.Die man op die kassie gaan voort: “Ons weier om gelyk gestel te word met die Barbaar. Tydens die aankoms van die Witman aan die Kaap, het die Barbare uit die bosse gekom en voor die Witman gekniel. Wié het hulle beveel om dit te doen?!” Die manne raas weer.Die man steek sy hande oor hulle om stilte te kry … “Die Skepper het dit in sy gene geplaas. Die Barbaar wéét dat die Witman verhewe bo hom is …” Die manne is weer eens beïndruk.“Wanneer jy met ‘n volwasse Barbaar redeneer, moet jy met hom praat asof jy met ‘n kind van so om-en-by agt praat, want dit is op daardie vlak waar hulle dink.” Die manne knik bevestigend met die koppe.Apie kyk na die ander om hom. Hulle sit versteen met monde wat oophang soos ‘n ou skoensool wat losgekom het. Essie se blou ogies is wawyd oop en sy knip hulle nie eens nie. Apie kry ‘n glimlag op sy mond en skud die tak.So byna verloor Essie haar balans dat sy amper weer afval. “Man!” druk sy dit uit en kyk hom kwaai aan. Apie lag lekker.Die man kry nou spoed … “Ons diskrimineer wel, maar ons is regverdig. Nooit het ons die Swartes te na gekom nie, inteendeel, hulle leef nou beter as voorheen … In plaas van uintjies wat hulle uitgrou, het ons vir hulle ordentlike groentes gegee. Waar hulle voorheen hul dooies vir die aasvoëls gevoer het, het hulle nou geleer om die dooies te begrawe … Waar hulle eers kaalgat rondgehardloop het met net ‘n riem deur hul stert, het ons vir hulle gewys om klere te maak. Wat kry ons in ruil daarvoor?” Die manne skreeu en raas.Nadat die man gesukkel het om hulle tot bedaring te bring, gaan hy voort: “Hierdie kultuur van karakterloosheid, wetteloosheid en vernielsug staan ons nie aan nie!” Die manne is rasend.“Ons moet ook nooit vergeet wat die Engelse met die Bezuidenhout familie gedoen het nie! Frederik Bezuidenhout se bloed roep!” Weer eens eggo die ‘hoor! hoor!’ – manne.“Ons pleidooie val op dowe ore. Dit is onbegryplik en onaanvaarbaar.” Die manne skud hul koppe vol simpatie.“Ons voorvader Abraham het getrek om vryheid te kan geniet. Ons voorvaders het uit Egipte, uit die slawehuis getrek om vryheid te kan geniet. Hulle het uit Babilon getrek, om vry te wees. Ons het uit Europa getrek, om vryheid te kan geniet. Dit word ons weer ontneem en dit wil voorkom of trek weer die enigste oplossing sal wees.”“Hoor! Hoor!” en Apie giggel weer.Nou kry die voorsitter die manne nie onder beheer nie. Hierdie trek-gedagte het hulle nou erg opgewonde.
Apie kyk na Essie “ … gaan julle saam trek?” vra hy haar asof die besluit by haar berus. Sy kyk Apie verbaas aan terwyl sy net haar skouers optrek.Later het die man met die mooi baard aan die manne vertel hoe die binneland anderkant die rivier lyk volgens inligting wat hulle gekry het van die manne wat op die Kommissie-trekke gegaan het.
Voorts het die man ook gemaan dat hulle die nodige voorbereidings moet tref en om hulle goed in gereedheid te bring. Hulle moet dringend hulle Ossewaens en osse gereed kry, want die vraag is nie óf hulle gaan trek nie, maar eerder wannéér!
Drie dae later is Skottie terug met ‘n paar Britse soldate. Eddie is baie bly om sy pa te sien. Skottie wil summier terugkeer na sy grond, maar Kerneels het hom omgepraat om aan die veiligheid van sy vrou en kinders te dink. Die soldate kan intussen gaan om die plek op te bou.Almal help met die aflaai en Apie is baie nuuskierig om te sien wat die man alles gekoop het. So met die aflaai hoor Apie hoe die Oom Skottie sy pa inlig oor die woelinge in die Kaap.
Onder andere het hy ‘n paar tente saamgebring, asook die nodige klere en slaapgoed vir die familie. Die waens was omtrent gelaai. Op al die houers staan: “Britain deliver the goods!”Skottie oorhandig ‘n pamflet aan Kerneels wat in die Kaap in omloop is en hy lees dit hardop vir hulle:“O Heere der heere!Wie zal hier in Afrika weer regeere;
Alle die uit Engeland zyn gebannen;
Worden hier groote mannen;
En ons arme Hollandsche gezellen,
Kan men de ribben op het lyf al tellen.
O heere, wilt ons toch verlossen,
Van al die Engelsche ossen,
En leidt ons toch naar wenschen,
Ons arme Hollandsche Christenmenschen, Amein.”Een tent word nou eers opgeslaan vir die Biggars en daarna vertrek die soldate na Skottie se grond. Die kooigoed word deur Maggie in orde gebring vir die nag. Apie is bly, want vanaand slaap hy weer in sy eie kooi.Nadat hulle tot ruste gekom het, skep Hannie op sodat hulle kan eet. Skottie het darem ‘n klompie kruideniersware gekoop wat hy in die hande kon kry.Kerneels, Neels en Gert het vanmiddag, nadat die manne vertrek het, gou ‘n vetstert-hamel geslag.Apie, Essie en Eddie het eiers bymekaar gemaak. Alhoewel daar neste is, kry mens maar altyd daardie henne wat weglê. Apie snuffel gewoonlik hul neste uit, maar so af en toe is ‘n hen te slim. Op ‘n dag dan raak hulle weg en jy sien hulle eers weer na drie weke, mét hulle gesinnetjie, natuurlik.Apie het egter al geleer: Hierdie ‘weglê’ henne is die goeie broeiers. Sy gunsteling hen, wat hy ou ‘Antjie’ noem, is een van hulle. Antjie die rooi-bruin hen is hoeka alweer iewers aan die broei. Apie hoop net sy is betyds terug vir die Groot Trek waarvan die manne praat.Die aand nadat almal lekker geëet het, sit die twee gesinne in die voorvertrek en Gert bring vir sy pa die groot Bybel. Kerneels lees ‘n stuk uit Exodus van die trek uit Egipte, daarna maak hulle beurte om ‘n gebed te sê. Die kinders moet gaan inkruip.Apie lê in sy eie kooi en hy waardeer dit baie, veral die bekende geraas van die strooi as hy net roer. Dan lê hy doodstil om te hoor wat sy pa alles vir Oom Skottie verduidelik rakende die Groot Trek.
Daar word gepraat oor die Predikante wat gekant is teen die trek-gedagte. Kerneels sê hulle kan in elk geval maar warm plek toe gaan, want die volk kan sonder hulle klaarkom. Hulle lieg en bedrieg net waar hulle gaan en daarby beroof hulle die armes.
Apie lê nog so en luister, maar dan triomfeer Klaas Vakie …Kerneels en Hannie sorteer al die goed uit om te bepaal wat saam gaan en wat hulle van die hand gaan sit. Die velle wat op die voorvertrek se vloer gelê het, is baie werd. Die mense in Europa is dol oor Luiperdvelle. Dan is daar ‘n paar Olifant-tande wat Kerneels met die tyd tydens jagekspedisies bymekaar gemaak het.Nadat Kerneels en Hannie klaar is met die sortering, word die wa gepak. Die plan is om vroeg môre die pad Kaap toe te vat om te koop en te verkoop.
Daardie nag raak Apie gou aan die slaap, want hy is moeg. Hy het sy Pa mooi gehelp.
Die benoude geblaf van Brakkies laat Apie wakkerskrik. Selfs Apie se gemmerkat wat by sy voete gelê het, raak so onrustig dat hy hier bo-op Apie se gesig kom sit. Apie stoot hom weg en swaai sy voete uit die bed.
Hier in die donker hoor hy ouboet Neels vir hom fluister om te bly lê. Nog voor Neels uit die kamer kon gaan, hoor hulle ‘n skoot klap.Kerneels het ook die lawaai gehoor, opgestaan en nou vuur hy in die donkerte in die rigting van die geraas nadat hy die deur op ‘n skrefie oopgemaak het.Hy weet dat dit nie Skottie sal wees nie, want hulle tente staan aan die ander kant van die opstal. Tweedens sal Brakkies nie vir Skottie blaf nie, immers is hy al gewoond aan die Skotte.
Skaars het Ouboet by sy pa aangesluit, of ‘n klip so groot soos ‘n man se vuis tref Kerneels vol in die gesig. Dit word swart voor hom en hy slaan soos ‘n dooie os neer.Neels skrik groot. Dis te donker om mooi te sien wat buite aangaan. Hy hoor geen geluid van sy pa nie. Hy druk die deur toe en hurk oor hom.
Neels sluit sy oë en stuur ‘n skietgebed op: “Ons Vader wat in die Hemele is, ontferm U oor ons. Verlos ons van die magte van duister en wees met Pa …”Intussen het Hannie ook met ‘n kers nadergekom – hulle hoor hoe baie voete hardloop. Gert maak nog ‘n kers brand en hulle kyk geskok na hulle pa waar hy roerloos in ‘n plas bloed lê.Hannie en die kinders dra Kerneels na sy bed waar hulle sonder versuim begin om die bloed met ‘n nat lap skoon te maak. Die wond aan sy oogbank gaap oop en dit lyk of die bloeding net nie wil stop nie.Skielik is daar ‘n geklop aan die deur en hulle hoor Skottie roep. Ousus Ragel maak die deur oop – Skottie en Maggie staan grootoog met ‘n lantern in die hand.“Julle wa is leeg gesteel!” sê Skottie. Maggie sien die bloed op die vloer en haar oë neem vinnig voorraad om te sien wie en wat makeer, dan snel sy Hannie te hulp om Kerneels se wond skoon te maak. Hulle probeer om die ergste bloed uit sy baard te kry want, as dit eers droog geword het …Kerneels kom stadig by en lig sy hand na sy gesig. Hannie keer vinnig voor hy dalk die wond weer aan die bloei vryf.Die volgende oggend sien hulle al die voetspore op die werf.
“Daar was ‘n swetterjoel van die vuilgoed … “ mompel Kerneels.Apie kyk na al die spore en wonder hoekom die Swartes só is. Hoekom kan hulle nie ook maar net hulle eie ding doen en ander mense uitlos nie. Waarom moet hulle altyd moor, steel, plunder, verwoes, afbreek – dit is asof die Duiwel wydsbeen oor hulle sit.Kerneels is moedeloos. Geld het hy nie in oorvloed nie en nou dit óók nog …“Skottie, daar is nou nie meer sin daarin om Kaap toe te gaan nie, ek kan tog nie ‘niks’ gaan verkoop nie. Nou kan ons maar Tinus se uitnodiging aanvaar deur na die vergadering wat later vandag daar gehou word, te gaan. Dit is ‘n uitstekende geleentheid vir jou om die manne te ontmoet.”Terwyl Hannie vir almal koffie en beskuit in gereedheid bring, het die groot seuns, Neels, Gert en David reeds die perde vir hul pa’s opgesaal. Kerneels en Skottie vertrek nog voor die koppies koud geword het.“Ek wonder wat beteken daardie rook onder by die spruit …?” sê Kerneels vir Skottie toe hulle al ‘n paar myl gevorder het.Die wind is stil en die rokie lyk soos ‘n vaal vlerkveer wat regop staan. Kerneels swenk in daardie rigting en laat die perd net loop om sodoende ‘n geraas te voorkom. Skottie volg en besef dat ondervinding soos dié, hom nader aan die Boere-gemeenskap sal bring.Meteens trek Kerneels sy perd in en beduie sonder om terug te kyk dat Skottie moet terugbeweeg. Hy self trek die perd in om te retireer, dan draai hy die perd om en die kyk in sy oë sê vir Skottie hier is groot probleme.


Stuur E-Mail aan  Dirk van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
Kopiereg © 2001 Dogter van Sion
Laaste opdatering: 04-Jan-2001