|
|
|
Die Ware Naam van ons Hemelse Vader
DOGS OF CHRISTIANITY Contamination of African Blood Liberal Afrikaner begins with Manipulation What was written in the Bible originally?
|
Die Idiote kissie ! Dogter van Sion - bláás die Ramshoring, “Want die kinders van JisraEl het gesondig teen JaHWeH hulle Elohey wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het gode van andere gevrees en gewandel volgens die insettinge van die nasies wat JaHWeH voor die kinders van JisraEl uit verdryf het, en van die konings van JisraEl wat dit bewerk het. En die kinders van JisraEl het heimlik volbring wat nie reg was teenoor JaHWeH hulle Elohey nie; en hulle het vir hul Hoogtes gebou in al hulle stede, van wagtoring af tot versterkte stad. En hulle het vir hul torings en Asherim opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom. En reukwerk berei, op al die Hoogtes, soos die nasies wat JaHWeH voor hulle uit weggevoer het, en bose dinge gedoen om JaHWeH te tart. En hulle het die drek-idole gedien waarvan JaHWeH vir hulle gesê het: Julle mag dit nie doen nie. En JaHWeH het JisraEl en JeHûWdah gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou My Gebooie, My Insettinge, volgens die hele Wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.
Besef u dat daar vandag nog steeds ‘n volk bestaan wat afgesonder is? Daar is nog ‘n klein volkie, ‘n oorblyfsel wat JaHWeH se Wet van Apartheid uitleef. Maar, binne daardie volkie - ja, selfs binne daardie ou klein klompie wat so afgesonder is - kry ons ongelukkig steeds die wat hul drek-idole vereer, onwetend wat hulle doen. Binne daardie volkie is daar nog steeds die wat sit en tydmors voor hul televisie-afgod en die Satan en sy helse magte lag al te lekker as hulle die miljoene mense voor die Babiloniese idioteskerm sien sit, terwyl hulle entoesiasme vir hul Elohim afneem. Watter beter manier is daar om die uitverkorenes met drek te voer? U sien JisraEl, op daardie afgod word die sonde openlik gepropageer. As u daarna kyk, raak u besoedel en wat ookal u redenasie, Satan het homself dan in u binnekamer gevestig. Besef u dat u, indien u nog steeds ‘n aktiewe TV-kyker is, ‘n afgod huisvesting gee? Baie sal seker hieroor lag en spot en Paulus aanhaal waar hy sê dat afgode niks is nie. Oppas egter vir JaHWeH se Toorn! Lees JeHôWshua 7:1; Deuteronómium 7:26; JeHôWshua 6:18. Lees die hele stuk en u sal sien dat deur die hardkoppigheid van een enkele mens (wat nog gedink het hy doen JaHWeH ‘n guns) het JaHWeH ontsettend kwaad vir die hele volk geword en gesê:
As ons in JirmeJaH 15:20 lees, sien ons dat as ons terugkeer, JaHWeH ons ‘n omgrensde kopermuur vir die volk sal maak, want Hy sal ons red. As ons dus waarde heg aan JaHWeH se teenwoordigheid, en as jy, Dogter van Sion, ‘n sterk en stewige kopermuur om jou wil hê, om sodoende sterk te staan teen die aanslag van die bose - raak dan ontslae van daardie vervloekte afgod in jou huis. Ek twyfel nie daarin dat die TV vandag ‘n vervloekte ding in ons huise geword het nie, want:
Mens kan werklik daaroor ween. Hoe durf ons aanhou om JaHWeH so seer te maak, wanneer ons en veral ons kinders hierdie drek met ons oë indrink? Sal ons dan nie daaroor veroordeel word nie? Die grootste probleem wat ons het, is ons kindertjies. Wat van u kinders? Selfs die tekenprogramme is so van die okkulte besmet, dat party kinders aan’t huile en skreeue gaan as iemand JaHWeH as die Elohim uitwys, in plaas van “Superman”, of “He-man”, of al die ander “man’s”.
Ons is soms te blind om te sien hoe ons volk se kinders in ‘n klomp korrupte wesens verander. Ons kan nie sien hoe ons kinders oornag soos zombies word, want hulle word aanhoudend gevoer met zombie drek. Hou maar aan Ma en Pa en laat die Baäl-afgod jou kind oppas. Maar ek belowe jou, as JaHWeH nie ‘n wonderwerk laat plaasvind nie, gaan jou kind net so korrup wees soos dit waarmee hulle elke dag op die skerm ingeforseer word. Statistieke toon dat ‘n gemiddelde kind van 18, ‘n totaal van 6 jaar TV agter die rug het - en dan minder as 6 maande se Skrifnavorsing. Is dit dan nie ‘n afgod nie? En uit daardie 6 maande, wat word hulle gevoer? Oppas, JisraEliet ouers, want jy maak van jou kind ‘n monster sonder enige teerheid, sonder enige gevoel, sonder liefde vir die goeie, en sonder liefde vir JaHWeH. Dit is presies wat die TV doen. Hy maak monsters van onskuldige kinders.
Ons kan werklik vandag huil oor ons kinders. Ons moet hulle weghou van die afgode, want hulle moet genoeg hel buite hul ouerhuise aandurf. Kom, Dogter van Sion, kom, ek vra julle, kom ons blaas die basuin! Kom ons verklaar oorlog teen die idioteskerm! Kom ons vernietig daardie eenoog-monster. JaHWeH sê in JirmeJaH 2:13 en 14 ‘n verskriklike ding. Hy sê:
JisraEl, waarom wil u die vars en lewendige fonteinwater verruil vir die besoedelde, besmette modderwater van die televisie wat deurtrek is met sy drek-idole? Kry dit uit u huis, so gou as moontlik. Dit hoort nie by ‘n JisraEliet nie. Gee of verkoop dit aan die heiden, want dit is vir hom gemaak.
Wat gaan dit wees? Gaan u luister soos in JeshaJaH 18:3, of gaan u dalk antwoord?:
Vrede van JaHWeH aan u almal. |
|
Stuur E-Mail aan Dirk
van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
|