Verbondskoerier

'n Tydskrif vir die denkende Boere-Israeliet !


Waarom moet ek my laat was?

Ramshorings

Die idiote kisse

Jou Erfdeel

Stof tot nadenke

Heraldiek

Die Arend Koningkryk

Die Verbonde

Vigs, wat steek hulle weg ?

Die voedsel wat ons eet

Inleiding

Historiese Agtergrond

Boerevolk - Situasie

5 Brode & 2 Visse

Vertalingsmeganisme

Vertalingsprobleme

Samestellingsprobleme

Saulus van Tarsus

Die Gelofte

Die Ware Naam van ons Hemelse Vader

Hoofletters, leestekens ens.

Apartheid

Vredesverbond

Ten Slotte

Aanhangsel B

Prelude

Terminology

DOGS OF CHRISTIANITY

Introduction

Motivation

Background

Control over Humans

Bible rewritten

Contamination of African Blood

Liberal Afrikaner begins with Manipulation

What was written in the Bible originally?

Kennisgewing

Media verklaring

Toespraak te Bloedrivier

Deel 1

Deel 2

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4

Jou Erfdeel - Die beswewaarde geheim in die wêreld!

Deel 1 - Jou verborge erfenis

1 2 3 4

SKOTLAND

Die Nasionale Wapenskild van Skotland bevat twee eenhoringperde en drie leeus, distels, kettings, en die vlag van die beskermheilige St. Andrew. Die leuse bo-op die wapenskild lees “In Defens” wat “in Verdediging”, beteken en die leuse onder “Nemo Me Impune Lacessit”, beteken, “Niemand Val my ongestraf aan nie”. Dit kan met verwysing wees na dit wat Elohim aan Abraham en sy JisraEl-afstammelinge beloof het: “En hom vervloek wat jou vervloek;” en “Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie”.285

Gawler kwoteer ‘n voetnota deur Counellan in The Annals of Irelanddeur die Vier Meesters wat sê dat die konings van Skotland en die Huis van Stewart afstammelinge van die Ierse Milesianiete was - (bl. 32).

Skotland se mees waardevolle besitting is hulle Onafhanklikheidsverklaring, bekend as The Declaration of Arbroath, geskryf aan Pous XXII op 6 April 1320, op die erflating van Koning Robert van Skotland286 deur Bernard de Linton, die Ab van Aberbrothick en bekragtig deur die 25 lede van die Skotse state in Parlement, wie hulle koninklike seëls daarop aangebring het. Die brief het Koning Robert as ‘n koning beskryf wat sy mense en erfenis van die vyand se hande vry wou maak, wie soos nog ‘n Josua of Makkabeër uitgestyg het, en wie met blydskap die geswoeg en moegheid, honger en gevare verduur het. [Beklemtoning myne]

Ek bied die volgende getuienis aan van die nasie van Skotland, deur ‘n deel van die deklarasie van Arbroath te kwoteer (1320) soos opgeteken in The Scottish Declaration of Independence, deur E. Raymond Capt, M.A., A.I.A., F.S.A., Scot:

“Mees heilige Vader en Meester, ons weet, en van die ander kronieke en boeke van die oues vind ons dat tussen ander bekende nasies, ons eie, die Skotte, geseën is met wydgespreide roem. Hulle het van Groter Skitië deur die Tirheense See en die Pilare van Hercules gereis, en vir ‘n lang tydperk in Spanje tussen die barbaarse stamme vertoef, maar nêrens kon hulle onderdruk word deur enige stam nie, hoe barbaars ook al. So het hulle, twaalf honderd jaar nadat die kinders van JisraEl die Rooi See oorkruis het, gekom na hulle tuiste in die Weste waar hulle vandag nog leef. In hulle Koninkryk het daar een-honderd-en-dertien konings van hulle eie koninklike stam regeer, die lyn wat nie deur ‘n enkele uitlander gebreek is nie. Die hoë kwaliteite en verdienstes van hierdie mense, as hulle nie anders geopenbaar was nie, verkry genoegsame roem hiervan: dat die Koning van konings en die Meester van die meesters, ons Meester JaHWèshua Messias, na Sy Leiding en Opstanding, hulle geroep het, al is dit in die verste dele van die aarde gevestig, amper die eerste tot Sy mees afgesonderde geloof. Ook sou Hy hulle nie in daardie geloof bevestig het deur sommer enigiemand nie, maar deur die eerste van Sy Apostels deur ‘n roeping - al was hy maar tweede of derde in bevel - die mees sagmoedige Andreas, die geseënde Petrus se broer, en het begeer om hulle onder sy beskerming as hulle beskermheer vir ewig te hou - (bl. 23). [Beklemtoning myne]

‘n Paar jaar voor hierdie Verklaring, net voor ‘n slag om onderdrukkers te verslaan, op Sondagoggend, 24 Junie 1314, het koning Robert the Bruce sy manne as volg toegespreek:

“Vir ons moet die naam van JaHWeH ons hoop vir oorwinning in die slag wees. Hierdie dag is ‘n dag van blydskap. Met ons Meester JaHWèshua Messias as bevelvoerder, sal St. Andreas en die martelaar St. Thomas vandag saam met die heiliges van Skotland veg vir die eer van hulle land en hulle nasie.” - (bl. 16)

Vier jaar na die Verklaring, sou Koning Robert se vrou geboorte gee aan ‘n manlike erfgenaam vir hom - Dawid.

 

Wallis.

Die vlag van Wallis is byna identies met die Wapenskild. Die leuse wat op die gordel wat aan die Wapenskild van Wallis is, is die Walliese frase, “Y Ddraig Goch Ddyry Cychwyn.”288 Die simbool van die Draak dateer omtrent 2000 jaar terug. Maar, in Symbols of Our Celto-Saxon Heritage(1976) dui W.H. Bennet F.R.G.S. aan dat die simbool oorspronklik ‘n rooi klimmende leeu was, maar met tyd na ‘n rooi draak verander is - (bl. 169). Die koning van die ou Walliese Siluriërs was die “Pendragon” genoem, wat hoofdraak beteken; dalk het dit iets daarmee te doen.

Dit lyk asof die draak ‘n verbasterde simbool is wat die leeu en die slang kombineer. Die slang is ‘n simbool van wysheid; en die Messias het vir Sy mense gesê om “versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe289 te wees. Ook is die slang ‘n simbool vir die stam van Dan wie hierdie wysheid (of boosheid sal beoefen - RED) beoefen, want Elohim het gesê dat Dan die rigter290 (of heerser) oor die hele JisraEl sal wees. Die leeu is nie net ‘n simbool van krag nie, maar is ook die hoofsimbool van die Stam van Juda - die Koninklike stam. Dit is moontlik dat die hibridiese simbool van die draak, die spesiale eenheid van die stamme van Dan en Juda kan simboliseer. Elohim het verklaar dat Juda ‘n leeu was en die septer (heersende owerheid) nie van Juda sou wyk nie, ook nie die Wetgewer tussen sy voete, totdat die Messias weer gekom het nie.291 Elohim het ook gesê dat Dan ‘n slang was, en dat Dan JisraEl sal oordeel.292 Dit lyk dan heelwaarskynlik dat Dan hierdie wetgewer tussen Juda se voete is (aangestel in outoriteit onder Juda). Daar moet ook kennis geneem word dat die stam van Benjamin nou verbind sou word met die stam van Juda (soos ons sal sien wanneer ons Ysland behandel). Omdat Juda en Benjamin in noue verbintenis sou wees; en Juda en Dan ook nou verbind sou wees; sou Benjamin en Dan dus ook nou verbind wees. Dit was Willem die Verowenaar en sy mede Normandiërs293 wie die Deense Wet (Dan se wet) na Engeland gebring het. Dit was vanuit hierdie Deense Wet (gebaseer op die Tien Gebooie) waaruit die Engelse Gemene Reg gekom het. Engelse Gemene Reg was die fondasie van Amerikaanse Gemene Reg, waaruit die Verenigde State se Grondwet geformuleer is. Dus het Dan JisraEl geoordeel: want al ons nasies is op Dan se Wet gegrond.

Dit moet ook gemeld word dat die slang, soos in Europese heraldiek, in ‘n eksklusiewe en beperkte konteks gebruik is. Die slang is ook die simbool van die okkultiese wêreld en die simbool van die meeste van al die valse godsdienste in hulle bose soektog na krag en duister kennis. Maar die simbool van die draak kan ook ‘n oorblyfsel van ‘n groter simbool wees, wat te vinde is in ander Europese nasies se heraldiek; ‘n oorblyfsel van St. George294 op ‘n wit perd wat besig is om die draak met ‘n lans, spies en swaard dood te maak. Die draak stel natuurlik ook Satan voor, daardie ou slang. Hierdie storie kan ook gevind word in die Ou Engelse Saga Beowulf295. Hierdie simbool waar St. George die draak doodmaak, kan ook gevind word in die Wapenskild van sekere provinsies van die oorspronklike Russiese Koninkryk en Litaue (Marijampolé distrik).

Die lyn van Serag-Juda het die Romeinse Koninkryk en die Stad van Troje gestig en toe na die Britse Eilande getrek en die stad van Londen gestig wat eers Caer Troy of New Troy genoem is, later Londinum en uiteindelik Londen. In die “Welsh Bardic“ literatuur staan:

“En toe Brutus die stad klaar gebou het, en die mure en kastele versterk het, het hy hulle toegewy en onbuigbare wette vir die bestuur van die wat daar in vrede wou leef, gemaak en hy het beskerming op die stad geplaas en het vrywaring aan die stad gegee. In hierdie tyd, het Beli (Eli) die Priester in Judea geheers, en die Verbondsark was by die Filistyne in aanhouding [ongeveer 1050 v.M.].” (Die “Welsh Bruts”; Van “Prehistoric London(1914), geskryf deur E.O. Gordon)

1 2 3 4

 

Stuur E-Mail aan  Dirk van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
Kopiereg © 2001 Dogter van Sion
Laaste opdatering: 03-Jan-2001