|
|
|
Die Ware Naam van ons Hemelse Vader
DOGS OF CHRISTIANITY Contamination of African Blood Liberal Afrikaner begins with Manipulation What was written in the Bible originally?
|
Jou Erfdeel - Die beswewaarde geheim in die wêreld! Deel 1 - Jou verborge erfenis Vertaal en versorg deur Errol Botha & René Wagner Hierdie is ‘n Afrikaanse vertaling van die boek “Your Inheritance: The Best Kept Secret In The World Part 1: Your Hidden Heritage” deur Sacred Truth Ministries, in die V.S.A. Die vertaling van die reeks was in 1998 tydelik gestaak, maar is egter deur twee toegewyde JisraEliete voortgesit.
Die Nasionale Wapenskild van Noord-Ierland bevat ‘n leeu, ‘n takbok, Dawid se harp, die rooi hand van Ulster260 en die vlag van die beskermheilige van Ierland, St. Patrick. Noord-Ierland se vlag (moontlik ongeveer 1950 n.M.) het uit ‘n rooi vlag bestaan met die Britse “Union Jack” in die vryhoek261, met die wapenskild van Noord-Ierland in die vlagsoom opgehang deur, en in die middel van ‘n Groen Krans. Ou Ierse manuskripte gee baie inligting aangaande die “Tuatha dé Dannan”.262 ‘n Paar van die beste werke oor Ierse geskiedenis is, “Keatinge’s History of Ireland”, en “Annals of Ireland by The Four Masters”. Hierdie antieke geskiedenisse wys dat die Dannaniete en Milesianiete263 van dieselfde ras was (Keatinge, bl. 30). Hierdie twee stamme het in Ierland aangekom in verskillende golwe van migrasie vanaf Griekeland, Gothland naby die Swartsee,264 en vanaf Skitië naby die Swart- en Kaspiese Seë. Migrasies van Feniciërs en ander mense deur Egipte is ook opgeteken. Keatinge meld dat die Dannaniete voor die Milesianiete aangekom het, en dus aangekom het nadat hulle van Griekeland af weg is na ‘n geveg met die Assiriërs en het deur Denemarke en Noorweë in Ierland aangekom - (bl. 40). Die Milesianiete het van Skitië deur Spanje in Ierland aangekom.265 Die Vier Meesters dui aan dat die Dannaniete in ongeveer 1200 v.M. en die Milesianiete in ongeveer 1000 v.M. in Ierland aangekom het - (bl.123). Lank voordat JisraEl verslaan en gedeporteer is, het oorblyfsels van ‘n paar van die stamme alreeds om verskeie redes begin migreer. Die Daniete het die land van JisraEl redelik vroeg verlaat, want hulle het beknop begin voel in die land wat aan hulle aangewys is.266 Verder was die stam van Dan ‘n avontuurlistige stam en het orals saam met die Feniciërs rondgeseil: Die Feniciërs was Hebreërs en self heelwaarskynlik uit die stam van Dan ... Die bekende Duitse ontdekker, natuurkenner en staatsman, Alexander von Humboldt (1769-1859) het die Grieke as JisraEliete bestempel en hy was baie seker dat die vroeë inwoners van Ierland suiwer Hebreërs was en dat die meeste van hulle vanaf Griekeland deur Spanje, na Ierland gekom het. Humboldt267 het verklaar dat wanneer die Grieke die woord “Feniciërs” gebruik het, hulle die JisraEliete saam met hierdie mense ingesluit het. Indien die Dannaniete in ongeveer 1200 v.M. in Ierland aangekom het, sou dit ongeveer 85 jaar na ‘n groot geveg van JisraEl wees waarin talle profesieë aangaande meeste van die stamme van JisraEl gemaak is. Een van hierdie profesieë was dat Dan in skepe sou vertoef;268 en dus oor die hele wêreld sou vaar. Moses het ook oor Dan se reise geprofeteer: “Dan is ‘n jong leeu wat uit Basan uitspring.”269 As die Milesianiete in ongeveer 1000 v.M. aangekom het, sou dit om-en-by die tyd van Koning Dawid gewees het en omtrent 70 jaar voordat JisraEl in twee koninkryke opgedeel is met die dood van Koning Salomo. Koning Salomo was die mees wyse man wat nog ooit geleef het; maar hy het groot foute begaan wanneer hy op die luste van die vlees vertrou het in plaas daarvan om Elohim te gehoorsaam. Salomo het die JisraEliete swaar belas. Sy seun, Rehábeam, het beplan om die belasting te verhoog – téén die wyse raad van sy ouer raadgewers. Omdat JisraEl alreeds ‘n vloot270 gehad het, was dit heel moontlik dat sommige JisraEliete baie ongelukkig met die regering van hulle land geword het271 en vertrek het voordat dinge erger kon word.272 Keatings meld dat die Dannaniete en Milesianiete dieselfde taal gepraat het. Kolonel Gawler verwys na bronne wat toon dat hierdie taal, Gaelies of suiwer Iers - soos wat tot die 1700’s gepraat is - identies was aan Hebreeus (wat identies was aan Fenisies). Gawler kwoteer verder ‘n onthullende verklaring uit “Phoenician Ireland” deur Villaneuva soos vertaal deur O’Brien. [Al was hierdie Ierse historikus Vallaneuva, blykbaar vertroud met die Bybel, het hy nie al die name korrek gekry of die hele Skriftuurlike storie in sy verklaring reggekry nie; maar hy het wel die Iere met die JisraEliete verbind.] Villaneuva het verklaar: “Ek onthou dat in die Feniciese taal daar ‘n woord ‘danihain’ te vinde is, wat roemryke, vrygewige, edele, of liewer Danirfor Danani, of Danita aandui - die inwoners van die stad Dan aan die voet van Berg Lebanus, die plek waar die Feniciërs [JisraEliete] die gegote beeld wat Miga gemaak het, aanbid het en waar Jeróbeam [Aäron by Sinai?] die goue kalf opgerig het273 - (Gawler; bl. 31). Professor C.A.L. Totten, het in “Our Race” (ongeveer 1896), opgeteken dat die Ierse historikus Valancy, gebaseer op substansiële getuienis, vas geglo het dat Iers en Punies274 dieselfde taal was, of dat hulle vertakkings van dieselfde taal was, met hulle oorsprong in ‘n algemene moedertaal. Haberman meld dat die Milesianiete (Gadeliërs) van die stam Juda was, en die adel van Ierland saamgestel het. Hy wys ook daarop dat die Skots- en Ierse Gaelies, so wel as die Wallies en Manx tale, vertakkings van die Fenicies/Hebreeuse taal is.275 Hierdie is ‘n vervulling van profesie, want Elohim het gesê, “Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek.”276 Haberman wys daarop dat die “Strong’s Hebrew Concordance” die woord ‘gael’ vir ‘hakkel’ aangee, terwyl die “Young’s Hebrew Concordance” dit as ‘leag’277 aangee. Haberman sê: Dit is dus baie treffend dat een van die ou name vir die Iere “Leagael” moet wees, of in Hebreeus, ‘n ‘hakkelende volk’, die dubbelwoord wat van links na regs Fenicies, en van regs na links Hebreeus verteenwoordig. Die Vier Meesters meld ook dat die “Cuath di Dannan” die naam Inis Fail278 aan Ierland gegee het, in verband met die Lia-Fail:279 die merkwaardige klip wat hulle saam met hulle gebring het. Die spieël-kwaliteit van ‘n woord wat deur albei tale verteenwoordig word, kan in hierdie woord Liafail gevind word. Volgens ander bronne, was daar ‘n ander stam van mense van dieselfde ras, wat dieselfde taal gepraat het, wie bekend was as Formoriane of Fororiane en wie voor die Dannaniete in Ierland was. Volgens Haberman: Lig is hierop gewerp deur ‘n ou Joodse Rabbi (gekwoteer deur Eerw. A.B. Grimaldi), wie sê dat daardie vroeë Ierse manne van die stam Efraim was wat Egipte voor die uittog verlaat het.280 By Loghguir naby Limerick en elders, is daar ou klipsirkels, bestaande uit twaalf klippe, een groot klip wat in die middel staan, en elf kleiner klippe wat in ‘n buigende houding rondom staan. Ierse oudheidkundiges vertel vir ons dat daardie klippe die droom van Josef bevestig, soos vertel in Génesis 37, waar Josef gedroom het dat sy gerf (van koring) die grootste was wat in die middel gestaan het, terwyl die van sy broers daarom gestaan en na syne gebuig het. Dit kan soos ‘n feëverhaal klink, maar daardie klipsirkels is nog daar - (bl. 116). Haberman meld ook dat daar ‘n ou Ierse wet was wat, afhangende van hulle stand of status, die hoeveelheid kleure wat op ‘n mens se jas mag wees, beheer het. Hy kwoteer die Ierse historikus O’Halloran: “Hier vind ons weer bewyse van ‘n afstammeling van Josef, wie se vader vir hom ‘n jas van vele kleure gemaak het .. Heelwaarskynlik die geruitmantel, volgens die kleure waardeur die Skotse stammegroep uitgeken kan word, wat ontstaan het by Josef se kleed van vele kleure.” Haberman maak ook melding van ‘n ander Ierse oudheidkundige, Kolonel Vallency, wie daarop gewys het dat daar priesters van On in Ierland was;281 dat die antieke waterputte van Ierland as heilig bestempel is ter nagedagtenis van die put waarin Josef se broers hom ingegooi het voordat hulle hom in slawerny verkoop het en hy uiteindelik in Egipte aangekom het;282 en dat die antieke Ierse klipsirkels oorspronklik “Bothals” genoem is in herinnering van die klippilaar wat Jakob gemaak het en “Bethel” genoem het, wat Huis van Elohim beteken.283 - (bl. 116). Connon maak die volgende aantekening in die “Documents of Destiny”: In die biblioteek van die “Royal Irish Academy” is ‘n gedig, “The Kings of the Race of Eibhair” (Heber, die afstammeling van Abraham), met die volgende voorwoord: “The use of [Coats of] Armes and Escouchions [family shields] is anciently obserued by the Irishy in imitation of ye Children of Israell, who began to vse them in Egypt (at which time the ancestor of all the Irishy, called Gaoidhil, or Gathyelus there liued) which Armes, the Israellits at their passing through ye Redd Seas, under the conduct of Moyses did carry in their severall Banners. They were Twelve Tribes, and each Tribe had a certaine number of men under his own command with Distinct Banners and Armes;” Dan volg ‘n lys van die baniere van JisraEl, waarvan daar twee is waarin ons op die oomblik geïnteresseerd is, Juda – ‘n leeu, en Josef – ‘n bul - (bl. 106). Een van die oudste name van Ierland is Erjinn; en ons sien in Númeri 26:36, 37 dat die naam van een van die seuns van Efraim Eran was, wie die vader van die hele stam was wat die Eraniete genoem is. In “British History Traced” vertel Majoor R.G.A. Roberts (ongeveer 1913) dat Pomponius Mela beweer het dat sommige van die vroegste inwoners van Ierland “jode” [sic, JisraEliete] was en het die land Erinn genoem. Die ou Ierse Kronieke van die vroeë 800’s n.M., “The Book of Armagh”, het ‘n simbool vir elkeen van die Evangelies: ‘n man vir Matthéüs; ‘n leeu vir Markus; ‘n bees vir Lukas; en ‘n arend vir Johannes. Hierdie is die vier simbole vir die afdelings van JisraEl. Is dit net toevallig dat die historiese registerboeke van die Europese volke “The Irish Chronicles”, “The Anglo-Saxon Chronicles”, “The Chronicles of the Kings of Britain”, ensovoorts, genoem is, net soos die JisraEliete hulle geskiedenisboeke genoem het soos opgeteken in die Ou Testament? Dit is ook die simbole vir die Evangelies soos gebruik in die Latynse Vulgaat Bybel [ongeveer 400 n.M.]. Ander antieke boeke [ongeveer 600-800 n.M.] bevat ook vertalings van die Latynse Vulgaat na Wallies, Kelties, Iers en Skots Gallies. |
|
Stuur E-Mail aan Dirk
van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
|