Verbondskoerier

'n Tydskrif vir die denkende Boere-Israeliet !


Waarom moet ek my laat was?

Ramshorings

Die idiote kisse

Jou Erfdeel

Stof tot nadenke

Heraldiek

Die Arend Koningkryk

Die Verbonde

Vigs, wat steek hulle weg ?

Die voedsel wat ons eet

Inleiding

Historiese Agtergrond

Boerevolk - Situasie

5 Brode & 2 Visse

Vertalingsmeganisme

Vertalingsprobleme

Samestellingsprobleme

Saulus van Tarsus

Die Gelofte

Die Ware Naam van ons Hemelse Vader

Hoofletters, leestekens ens.

Apartheid

Vredesverbond

Ten Slotte

Aanhangsel B

Prelude

Terminology

DOGS OF CHRISTIANITY

Introduction

Motivation

Background

Control over Humans

Bible rewritten

Contamination of African Blood

Liberal Afrikaner begins with Manipulation

What was written in the Bible originally?

Kennisgewing

Media verklaring

Toespraak te Bloedrivier

Deel 1

Deel 2

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4

Dominee! Jy is skuldig bevind! Jou straf is die DOOD! - Deel 2

1 2 3

Die Jaar 2003 - Die begin van die hofsaak.

Die vure in die kampe rondom Pretoria brand vanaand hoog. Wie ‘n ou slagdingetjie in die hande kon kry, braai vleis. Vir die gelukkiges is daar nog iewers ‘n verdwaalde ou mampoertjie ook.

Die opgewondenheid is groot. Die groot en langverwagte hofsaak teen die predikante en pastore, wat die volk vir dekades in kerkers (Jesaja 42:22) gevange gehou het, het vandag begin. Almal praat daaroor. Die verrigtinge word oor-en-oor vertel.

“Magtie, maar daai Aanklaer vat nie nonsens van ‘n Baälpriester nie, nee hy het hulle vandag behoorlik vasgevat. Die goed het mos alewig gedink hulle is net so duskant God; mos loop en vertel hulle is die grondpersoneel van God op die aarde, nou sal ons sien!”

“Wat sê julle van daardie JisraEl-baälpriestertjie wat vandag daar op Kerkplein die pak van sy lewe gekry het. Magtig kêrels, hy het gebrul. Nee wat, by die sesde hou toe was hy so uit soos ‘n kers!”

Die ou omie wat die hofsaak in persoon bygewoon het, ou oom Yster, is duidelik vanaand op sy stukke. Hy wag immers al vir járe op hierdie geleentheid.

“Nee a kêrels, so het ek nog nie eers ‘n kaffer geslaat soos daai predikant vandag pakgekry het nie.” So vir ‘n nagedagte: “Ek hét hulle behoorlik gemo[k]er in my tyd; toe ek nog die asem gehad het”

So loop al die gesprekke soos ‘n mens van vuur tot vuur beweeg. Die meeste van die Volk het sommer naby die hofsaal gekampeer, want die perdryery so ver is nog nie so lekker vir almal nie - die boude is dit nog nie so gewoond daaraan nie.

Die voorlopige hofsaak is vandag afgehandel, dinge het vlot verloop en baie gouer as wat vooraf bespiegel is. Die enigste ongelukkigheid was nou die verspotte ou Baälpriestertjie wat die Regter sommer begin vervloek het. Daar is egter korte mette met hom gespeel toe hy gevonnis word volgens Deuteronómium 25:2 tot veertig houe met die kats.

Dit was eintlik ‘n aaklige gesig om te sien hoe so ‘n Skriftuurlike straf uitgedeel word. Die kats was perfek gevleg van die fynste wildsbokvel, met sy twaalf knope net so perfek gespasieer. Die slaner was ‘n meester en het werklik sy taak soos ‘n ware vakman verrig. Die bewustelose dominee se bebloede liggaam is na die siekeboeg in C-max geneem waar hy moet herstel.

Een ding wat hierdie ferm optrede van die Regter op die eerste dag van die Hofsaak reggekry het, was om ‘n duidelike waarskuwing aan die hele volk te stuur dat géen nonsens meer in die nuwe Boererepubliek geduld sal word nie. Lyfstraf is terug, die doodstraf is terug en in die hoogste howe van die land geld die gesag van die Allerhoogste se Wette, Gebooie, Insettinge en Verordeninge. Wat ‘n heuglike gebeurtenis!

By die kamp van die Herders lyk dit egter nie so feestelik en stemmig soos in die kamp van die volk nie. Hier heers ‘n geskokte stilte, met ‘n sporadiese uitbarsting van Professor Wimpie wat sê dat hy nie verder hierdie vernedering sal toelaat nie. Niemand steur hulle egter aan die ou fossiel nie want elkeen is in sy gedagtes besig om ’n plan uit te werk hoe om uit hierdie situasie te kom.

Die waterige kool oor stokou, mieterige pap wat driemaal per dag as kos aangebied word, dra nou ook nie by tot die stemmigheid nie.

Die span wat die volgende dag in die beskuldigdebank sal staan, is in diepe koukus met mekaar. ‘n Strategie sal dringend uitgewerk moet word. Verskillende taktiek word bespreek. Die een stel voor dat hulle moet bieg en sê dat hulle jammer is vir die valsheid wat hulle al die jare aan die volk verkondig het. Hulle moes mos ook lewe. Die volk is mos daarvoor bekend dat hy gou is om te vergewe.

“By daardie Regter en daardie vuilgoedse Aanklaer gaan jy nie met so ’n storie verbykom nie,“ sê ‘n ander een.

“Wat van omkoop?” wil ‘n volgende weet. Ons het mos miljarde in goud en edelgesteentes in die Sinodale Sentrum versteek wat ons nog wou gryp toe die nag van verskrikking ons oorrompel het.”

“Nee, vergeet dit, dit sal nie werk nie,” sê die ou prof. “Definitief nie nou nie, miskien later.”

“Daar is maar net een manier, ons sal die klomp ongeletterde swape op die terrein van die Bybel moet vát, menere, dis al. Hulle is nie behoorlik in die Teologie geskool nie en sal swig as ons die gesamentlike breinkrag in hierdie vergadering oor hulle loslaat. Hulle kan nie weerstand bied nie. Ons wat hier versamel is, is van die beste handuitgesoekte teoloë in Suid-Afrika. Hulle is nie opgewasse op die terrein van die Teologie nie. Ons sal hulle môre belaglik maak.

Skielik kry almal moed en begin hulle taktiek bespreek. Teologiese terminologie, hermaneutiese spelreëls en Griekse cliché’s word heen-en-weer geslinger. Die woordvoerder is druk besig om te skryf. Die span van die Herders maak reg vir die saak van môre.

Die Hofsitting.

“Stilte in die hof!” Die Griffier in sy netjies, gestrykte bruin klere, kom op aandag vir die Regter en sy span wat by die sydeur inkom. Niemand buig nie, want die Regter se opdrag aan die begin was: “Alleenlik voor JaHWeH sal hierdie volk buig en voor géén mens nie.”

Die Aanklaer is in posisie, en vroetel vir oulaas in sy lêers voor hom. Die Herders is in die aangeklaagtes se bank en ’n Zuid-Afrikaanse Polisielid (ZARP) is besig om hul boeie los te maak. Van hulle wat losgemaak is, is besig om hul predikantstogas aan te trek.

Die saal is stampvol, die galery is stampvol en buite staan honderde Boere wat geen oomblik van die verrigtinge wil mis nie.

Die Volk:

“U Edele, die Volk is gereed om voort te gaan. Die Volk roep die Herders om hul posisie in te neem. Ons dank aan u, Edelagbare, dat u so spoedig met die voorlopige verhoor, waar die terminologie vasgestel is vir die hoofverhoor wat nou gaan begin, gehandel het. Ons sal nou baie vinnig in die hoofverhoor kan beweeg.”

Die Herders:

“Pasop dat jy nie so vinnig beweeg dat ek vandag hier uitstap nie,” mompel die voorsitter van die span herders met ‘n selfvoldane glimlag op sy gesig.

 

Iets het definitief laasnag met hulle gebeur. Die tevredenheid en selfvoldaanheid straal uit elke daad wat hulle doen. Hulle maak selfs grappies onder mekaar en lag verskeie kere hardop.

Die Aanklaer maak of hy niks gehoor het nie.

Die Volk:

“Verwysend na die inhoud van die klagstaat soos teen u geformuleer gedurende die vorige hofsitting van die vorige dag, versoek die Hof u om ons te verwittig watter instansies u verteenwoordig.”

Die Herders:

“Edelagbare, die ‘Herders’ (gesê met ‘n sarkastiese smaal) verteenwoordig die totale kerkstruktuur van Suid-Afrika wat onbaatsugtige diens aan die hele bevolking van hierdie land gelewer het in die afgelope honderd-en-vygtig jaar. Elke outonome kerk wat bekendgestaan het as ‘n Christenkerk, Christenorganisasie en sendinggenootskap, is vandag hier verteenwoordig. Net soos gedurende die Inkwisisie in die Donker Middeleeue, staan ons hier ‘in die naam van Jesus,’” skreeu hy dit uit

“Ons sal die waarheid getuig aangaande ons goddelike roeping om die evangelie aan alle nasies uit te dra. Soos ‘n Paulus van ouds sê ons volgens Efésiërs 3:8: Aan ons, die geringstes van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,”

Die Volk:

“Hou maar die tirade vir later, dominee, die vraag sal herbewoord word. Is die bewoording ten opsigte van die omskrywing van wie julle werklik verteenwoordig, volgens die Klagstaat korrek. Het ek niemand uitgelaat nie?”

Die Herders:

“Dit is korrrek, Edelagbare. U kan maar sê u kla die hele Christendom aan. ‘Elkeen wat in Jesus glo sal mos vervolg word,’ staan dit nie in die Bybel geskryf nie?”

Die Volk:

“Nou goed dan, as ons weet wie u verteenwoordig, kan die verrigtinge voortgesit word. U moet weet dat u ‘n baie verantwoordelike posisie beklee. Tweeduisend van u kollega’s luister tans na die verrigtinge op korgolfradio in hul selle.

Ons gaan dus voort met die: Hoofaanklag, punt 2(a): Die aangeklaagdes, voortaan genoem die Herders”, het gruwelik versuim om hul rol as die geestelike verteenwoordigers van God en die uitvoerders van Sy Woord op aarde te vervul. Hulle het Sy onverganklike Woord verdraai en vervals sodat hul prediking elke nuwe liberale politieke beweging tevrede moes stel. Van ouds af het hierdie Herders ‘n vermengde evangelie van gedeelte-Wet en gedeelte-menseleringe aan die Volk opgedis. Al God se ewige en onverbreekbare Verbonde, Wette, Insettinge en Verordeninge is deur die Herders tot niet verklaar.”

Die Volk:

“Herder, u en u voorsate kom oorspronklik uit die Protestantse geloof, is dit so?”

Die Herders:

“My voorouers was trotse Hugenote wat vir hulle geloof uit Europa gevlug het weg van die Rooms-Katolieke Kerk.”

Die Volk:

“Ek is bly u sê dat u gevlug het vir die Rooms Katolieke Kerk. Kan u die Hof ‘n bietjie toelig oor die redes waarom u moes vlug? Was die Protestante nie eers deel van die Rooms-Katolieke Kerk nie?”

Die Herders:

“Sekerlik, ek is baie goed op hoogte van my kerkgeskiedenis, soos elke goeie geleerde Teoloog natuurlik is,” voeg hy met ‘n hovaardige smaal by. “Natuurlik was die Protestantse gelowiges eers almal Rooms-Katolieke. Eers toe Martin Luther in Duitsland die protesskrif op die deur van die Wittenbergse kerk vasspyker, het die groot verdeeldheid tussen Rooms-Katoliek en Protestant begin. Hy het dit veral teen die verkoop van sonde-aflaatbriewe gehad, sowel as die prag-en-praal oftewel die onnodige geldverkwisting wat in die Rooms-Katolieke Kerk aangegaan het.

Die Volk:

“Enige ander noemenswaardige hervormings onder Luther wat u wil noem?”

Die Herders:

“Nie iets waaraan ons nou kan dink nie.”

Die Volk:

“Het die Hervorming daar opgehou?”

Die Herders:

“Nee, die Hervorming is voortgesit deur manne soos Servettes, Calvyn, John Knox en ander. Hulle het aan ons die pragtige nalatingskap van die huidige Kerkformuliere gelaat, naamlik die Doop, die Nagmaal en die aannemingseromonie, om maar ‘n paar te noem. Calvyn het monumentale werk verrig in sy boek, ‘Die Institusie van Calvyn’. Hierdie handboek het die grondslag gevorm van die Afrikaanse Susterskerke, ... wat u nou so gruwelik besig is om te vervolg,” sê hy verwytend. “Om hom maar net aan te haal:

‘Ook Calvyn soek die oorsprong van godsdiens in ’n natuurlike aanvoeling wat die mens het vir ’n goddelike wese - ’n sensus divinitatis. Godsdiens is ’n universeel menslike verskynsel, want alle mense het ’n natuurlike religieuse aanvoeling - ’n semen religionis - wat ingegrafeer is in hulle harte. Die mens se innerlike religieuse sin en sy vermoë om God se handewerk in die natuur te aanskou, maak van hom ’n soekende wese wat sy lewensin en -bestemming in God vind en …’”

Die Volk: (hy druk sy ore toe en skreeu!)

“Bly stil, bly stil … ek kan dit nie meer vat nie, antwoord in die vervolg asseblief op die vraag wat gestel word.”

“Het hierdie sogenaamde Hervorming enigsins verder gegaan na Calvyn?”

Die Herders:

“Nee u Edelagbare, Calvyn het die grondslag gelê vir die hele ontstaan en wese van die moderne Protestantse Kerk.”

 1 2 3

   


Stuur E-Mail aan  Dirk van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
Kopiereg © 2001 Dogter van Sion
Laaste opdatering: 04-Jan-2001