|
Waarom
moet ek my laat was?
Ramshorings
Die
idiote kisse
Jou
Erfdeel
Stof
tot nadenke
Heraldiek
Die
Arend Koningkryk
Die
Verbonde
Vigs,
wat steek hulle weg ?
Die
voedsel wat ons eet
Inleiding
Historiese
Agtergrond
Boerevolk
- Situasie
5
Brode & 2 Visse
Vertalingsmeganisme
Vertalingsprobleme
Samestellingsprobleme
Saulus
van Tarsus
Die
Gelofte
Die
Ware Naam van ons Hemelse Vader
Hoofletters,
leestekens ens.
Apartheid
Vredesverbond
Ten
Slotte
Aanhangsel
B
Prelude
Terminology
DOGS
OF CHRISTIANITY
Introduction
Motivation
Background
Control
over Humans
Bible
rewritten
Contamination
of African Blood
Liberal
Afrikaner begins with Manipulation
What
was written in the Bible originally?
Kennisgewing
Media
verklaring
Toespraak
te Bloedrivier
Deel
1
Deel
2
Deel
1
Deel
2
Deel
3
Deel
4
| |
Dominee! Jy is skuldig bevind! Jou straf is
die DOOD! - Deel 2
1 2 3
Die Jaar 2003 - Die begin van
die hofsaak.
Die vure in die kampe rondom
Pretoria brand vanaand hoog. Wie ‘n ou slagdingetjie in die hande kon kry,
braai vleis. Vir die gelukkiges is daar nog iewers ‘n verdwaalde ou
mampoertjie ook.
Die opgewondenheid is groot.
Die groot en langverwagte hofsaak teen die predikante en pastore, wat die volk
vir dekades in kerkers (Jesaja 42:22) gevange gehou het, het vandag
begin. Almal praat daaroor. Die verrigtinge word oor-en-oor vertel.
“Magtie, maar daai Aanklaer
vat nie nonsens van ‘n Baälpriester nie, nee hy het hulle vandag behoorlik
vasgevat. Die goed het mos alewig gedink hulle is net so duskant God; mos loop
en vertel hulle is die grondpersoneel van God op die aarde, nou sal ons sien!”
“Wat sê julle van daardie
JisraEl-baälpriestertjie wat vandag daar op Kerkplein die pak van sy lewe gekry
het. Magtig kêrels, hy het gebrul. Nee wat, by die sesde hou toe was hy so uit
soos ‘n kers!”
Die ou omie wat die hofsaak in
persoon bygewoon het, ou oom Yster, is duidelik vanaand op sy stukke. Hy wag
immers al vir járe op hierdie geleentheid.
“Nee a kêrels, so het ek nog
nie eers ‘n kaffer geslaat soos daai predikant vandag pakgekry het nie.” So
vir ‘n nagedagte: “Ek hét hulle behoorlik gemo[k]er in my tyd; toe ek nog
die asem gehad het”
So loop al die gesprekke soos
‘n mens van vuur tot vuur beweeg. Die meeste van die Volk het sommer naby die
hofsaal gekampeer, want die perdryery so ver is nog nie so lekker vir almal nie
- die boude is dit nog nie so gewoond daaraan nie.
Die voorlopige hofsaak is
vandag afgehandel, dinge het vlot verloop en baie gouer as wat vooraf bespiegel
is. Die enigste ongelukkigheid was nou die verspotte ou Baälpriestertjie wat
die Regter sommer begin vervloek het. Daar is egter korte mette met hom gespeel
toe hy gevonnis word volgens Deuteronómium 25:2 tot veertig houe met die
kats.
Dit was eintlik ‘n aaklige
gesig om te sien hoe so ‘n Skriftuurlike straf uitgedeel word. Die kats was
perfek gevleg van die fynste wildsbokvel, met sy twaalf knope net so perfek
gespasieer. Die slaner was ‘n meester en het werklik sy taak soos ‘n ware
vakman verrig. Die bewustelose dominee se bebloede liggaam is na die siekeboeg
in C-max geneem waar hy moet herstel.
Een ding wat hierdie ferm
optrede van die Regter op die eerste dag van die Hofsaak reggekry het, was om
‘n duidelike waarskuwing aan die hele volk te stuur dat géen nonsens meer in
die nuwe Boererepubliek geduld sal word nie. Lyfstraf is terug, die doodstraf is
terug en in die hoogste howe van die land geld die gesag van die Allerhoogste se
Wette, Gebooie, Insettinge en Verordeninge. Wat ‘n heuglike gebeurtenis!
By die kamp van die Herders lyk
dit egter nie so feestelik en stemmig soos in die kamp van die volk nie. Hier
heers ‘n geskokte stilte, met ‘n sporadiese uitbarsting van Professor Wimpie
wat sê dat hy nie verder hierdie vernedering sal toelaat nie. Niemand steur
hulle egter aan die ou fossiel nie want elkeen is in sy gedagtes besig om ’n
plan uit te werk hoe om uit hierdie situasie te kom.
Die waterige kool oor stokou,
mieterige pap wat driemaal per dag as kos aangebied word, dra nou ook nie by tot
die stemmigheid nie.
Die span wat die volgende dag
in die beskuldigdebank sal staan, is in diepe koukus met mekaar. ‘n Strategie
sal dringend uitgewerk moet word. Verskillende taktiek word bespreek. Die een
stel voor dat hulle moet bieg en sê dat hulle jammer is vir die valsheid wat
hulle al die jare aan die volk verkondig het. Hulle moes mos ook lewe. Die volk
is mos daarvoor bekend dat hy gou is om te vergewe.
“By daardie Regter en daardie
vuilgoedse Aanklaer gaan jy nie met so ’n storie verbykom nie,“ sê ‘n
ander een.
“Wat van omkoop?” wil ‘n
volgende weet. Ons het mos miljarde in goud en edelgesteentes in die Sinodale
Sentrum versteek wat ons nog wou gryp toe die nag van verskrikking ons oorrompel
het.”
“Nee, vergeet dit, dit sal
nie werk nie,” sê die ou prof. “Definitief nie nou nie, miskien later.”
“Daar is maar net een manier,
ons sal die klomp ongeletterde swape op die terrein van die Bybel moet vát,
menere, dis al. Hulle is nie behoorlik in die Teologie geskool nie en sal swig
as ons die gesamentlike breinkrag in hierdie vergadering oor hulle loslaat.
Hulle kan nie weerstand bied nie. Ons wat hier versamel is, is van die beste
handuitgesoekte teoloë in Suid-Afrika. Hulle is nie opgewasse op die terrein
van die Teologie nie. Ons sal hulle môre belaglik maak.
Skielik kry almal moed en begin
hulle taktiek bespreek. Teologiese terminologie, hermaneutiese spelreëls en
Griekse cliché’s word heen-en-weer geslinger. Die woordvoerder is druk besig
om te skryf. Die span van die Herders maak reg vir die saak van môre.
Die Hofsitting.
“Stilte in die hof!” Die
Griffier in sy netjies, gestrykte bruin klere, kom op aandag vir die Regter en
sy span wat by die sydeur inkom. Niemand buig nie, want die Regter se opdrag aan
die begin was: “Alleenlik voor JaHWeH sal hierdie volk buig en voor géén
mens nie.”
Die Aanklaer is in posisie, en
vroetel vir oulaas in sy lêers voor hom. Die Herders is in die aangeklaagtes se
bank en ’n Zuid-Afrikaanse Polisielid (ZARP) is besig om hul boeie los te maak.
Van hulle wat losgemaak is, is besig om hul predikantstogas aan te trek.
Die saal is stampvol, die
galery is stampvol en buite staan honderde Boere wat geen oomblik van die
verrigtinge wil mis nie.
Die Volk:
“U Edele, die Volk is gereed om voort te gaan. Die Volk roep die Herders om
hul posisie in te neem. Ons dank aan u, Edelagbare, dat u so spoedig met die
voorlopige verhoor, waar die terminologie vasgestel is vir die hoofverhoor wat nou
gaan begin, gehandel het. Ons sal nou baie vinnig in die hoofverhoor kan
beweeg.”
Die Herders:
“Pasop dat jy nie so vinnig beweeg dat ek vandag hier
uitstap nie,” mompel die voorsitter van die span herders met ‘n selfvoldane
glimlag op sy gesig.
Iets het definitief laasnag met hulle gebeur. Die
tevredenheid en selfvoldaanheid straal uit elke daad wat hulle doen. Hulle maak
selfs grappies onder mekaar en lag verskeie kere hardop.
Die Aanklaer maak of hy niks gehoor het nie.
Die Volk:
“Verwysend na die inhoud van die klagstaat soos teen u
geformuleer gedurende die vorige hofsitting van die vorige dag, versoek die Hof
u om ons te verwittig watter instansies u verteenwoordig.”
Die Herders:
“Edelagbare, die ‘Herders’ (gesê met ‘n sarkastiese
smaal) verteenwoordig die totale kerkstruktuur van Suid-Afrika wat onbaatsugtige
diens aan die hele bevolking van hierdie land gelewer het in die afgelope
honderd-en-vygtig jaar. Elke outonome kerk wat bekendgestaan het as ‘n
Christenkerk, Christenorganisasie en sendinggenootskap, is vandag hier
verteenwoordig. Net soos gedurende die Inkwisisie in die Donker Middeleeue,
staan ons hier ‘in die naam van Jesus,’” skreeu hy dit uit
“Ons sal die waarheid getuig aangaande ons goddelike
roeping om die evangelie aan alle nasies uit te dra. Soos ‘n Paulus van ouds
sê ons volgens Efésiërs 3:8: ”Aan ons, die geringstes van al die
heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die
onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,”
Die Volk:
“Hou maar die tirade vir later, dominee, die vraag sal
herbewoord word. Is die bewoording ten opsigte van die omskrywing van wie julle
werklik verteenwoordig, volgens die Klagstaat korrek. Het ek niemand uitgelaat
nie?”
Die Herders:
“Dit is korrrek, Edelagbare. U kan maar sê u kla die hele
Christendom aan. ‘Elkeen wat in Jesus glo sal mos vervolg word,’ staan dit
nie in die Bybel geskryf nie?”
Die Volk:
“Nou goed dan, as ons weet wie u verteenwoordig, kan die
verrigtinge voortgesit word. U moet weet dat u ‘n baie verantwoordelike
posisie beklee. Tweeduisend van u kollega’s luister tans na die verrigtinge op
korgolfradio in hul selle.
Ons gaan dus voort met die: Hoofaanklag, punt 2(a): Die
aangeklaagdes, voortaan genoem “die Herders”, het gruwelik
versuim om hul rol as die geestelike verteenwoordigers van God en die
uitvoerders van Sy Woord op aarde te vervul. Hulle het Sy onverganklike Woord
verdraai en vervals sodat hul prediking elke nuwe liberale politieke beweging
tevrede moes stel. Van ouds af het hierdie Herders ‘n vermengde evangelie van
gedeelte-Wet en gedeelte-menseleringe aan die Volk opgedis. Al God se ewige en
onverbreekbare Verbonde, Wette, Insettinge en Verordeninge is deur die Herders
tot niet verklaar.”
Die Volk:
“Herder, u en u voorsate kom oorspronklik uit die
Protestantse geloof, is dit so?”
Die Herders:
“My voorouers was trotse Hugenote wat vir hulle geloof uit
Europa gevlug het weg van die Rooms-Katolieke Kerk.”
Die Volk:
“Ek is bly u sê dat u gevlug het vir die Rooms Katolieke
Kerk. Kan u die Hof ‘n bietjie toelig oor die redes waarom u moes vlug? Was
die Protestante nie eers deel van die Rooms-Katolieke Kerk nie?”
Die Herders:
“Sekerlik, ek is baie goed op hoogte van my kerkgeskiedenis,
soos elke goeie geleerde Teoloog natuurlik is,” voeg hy met ‘n hovaardige
smaal by. “Natuurlik was die Protestantse gelowiges eers almal Rooms-Katolieke.
Eers toe Martin Luther in Duitsland die protesskrif op die deur van die
Wittenbergse kerk vasspyker, het die groot verdeeldheid tussen Rooms-Katoliek en
Protestant begin. Hy het dit veral teen die verkoop van sonde-aflaatbriewe gehad,
sowel as die prag-en-praal oftewel die onnodige geldverkwisting wat in die
Rooms-Katolieke Kerk aangegaan het.
Die Volk:
“Enige ander noemenswaardige hervormings onder Luther wat u
wil noem?”
Die Herders:
“Nie iets waaraan ons nou kan dink nie.”
Die Volk:
“Het die Hervorming daar opgehou?”
Die Herders:
“Nee, die Hervorming is voortgesit deur manne soos
Servettes, Calvyn, John Knox en ander. Hulle het aan ons die pragtige
nalatingskap van die huidige Kerkformuliere gelaat, naamlik die Doop, die
Nagmaal en die aannemingseromonie, om maar ‘n paar te noem. Calvyn het
monumentale werk verrig in sy boek, ‘Die Institusie van Calvyn’.
Hierdie handboek het die grondslag gevorm van die Afrikaanse Susterskerke, ...
wat u nou so gruwelik besig is om te vervolg,” sê hy verwytend. “Om hom
maar net aan te haal:
‘Ook Calvyn soek die oorsprong van godsdiens in ’n
natuurlike aanvoeling wat die mens het vir ’n goddelike wese - ’n sensus
divinitatis. Godsdiens is ’n universeel menslike verskynsel, want alle
mense het ’n natuurlike religieuse aanvoeling - ’n semen religionis - wat
ingegrafeer is in hulle harte. Die mens se innerlike religieuse sin en sy
vermoë om God se handewerk in die natuur te aanskou, maak van hom ’n soekende
wese wat sy lewensin en -bestemming in God vind en …’”
Die Volk: (hy druk sy ore toe en skreeu!)
“Bly stil, bly stil … ek kan dit nie meer vat nie,
antwoord in die vervolg asseblief op die vraag wat gestel word.”
“Het hierdie sogenaamde Hervorming enigsins verder gegaan
na Calvyn?”
Die Herders:
“Nee u Edelagbare, Calvyn het die grondslag gelê vir die
hele ontstaan en wese van die moderne Protestantse Kerk.”
1 2
3
|