Verbondskoerier

'n Tydskrif vir die denkende Boere-Israeliet !


Waarom moet ek my laat was?

Ramshorings

Die idiote kisse

Jou Erfdeel

Stof tot nadenke

Heraldiek

Die Arend Koningkryk

Die Verbonde

Vigs, wat steek hulle weg ?

Die voedsel wat ons eet

Inleiding

Historiese Agtergrond

Boerevolk - Situasie

5 Brode & 2 Visse

Vertalingsmeganisme

Vertalingsprobleme

Samestellingsprobleme

Saulus van Tarsus

Die Gelofte

Die Ware Naam van ons Hemelse Vader

Hoofletters, leestekens ens.

Apartheid

Vredesverbond

Ten Slotte

Aanhangsel B

Prelude

Terminology

DOGS OF CHRISTIANITY

Introduction

Motivation

Background

Control over Humans

Bible rewritten

Contamination of African Blood

Liberal Afrikaner begins with Manipulation

What was written in the Bible originally?

Kennisgewing

Media verklaring

Toespraak te Bloedrivier

Deel 1

Deel 2

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4

Dominee! Jy is skuldig bevind! Jou straf is die DOOD!

Bladsy 3

1 2 3

Die hofsamestelling:

Aanklaer - Die Volk, wat insluit alle BLANKE lede van die Boerevolk en die Afrikanervolk.

Aangeklaagtes - Die Herders, wat insluit alle dienende en afgetrede predikante, teoloë, professore, doktore en sinodale ampsdraers van die Afrikaanse Kerke, naamlik die Nederduits Gereformeerde Kerk, die Nederduits Hervormde Kerk, die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Protestantse Kerk en dieselfde van die Apostoliese Geloofsendingkerke en ander kleiner blanke kerke.

Die Regter - Ons Verlosser en Gesalfde JaHWèshua, (as Jesus Christus vertaal) die Eniggebore Seun van die Allerhoogste, wat vir ons oortredinge aan die vloekhout vermoor is deur die Jode. In Johannes 5:22 en 27 sê die Vader die volgende:

22 Want die VADER oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,

27 En HY het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die adam

Matthéüs 28:18

En JaHWèshua het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemele en op aarde.

Die Regter sal bygestaan word deur ‘n Jurie van twaalf lede wat gekies sal word vanuit die Volk. Hierdie manne sal op die basis van hul kennis van die Woord van JaHWeH, sowel as vir hul ywer om die vervalsings van JaHWeH se Woord aan die kaak te stel, gekies word. Hulle sal die Regter bystaan in die verhoor. Hierdie besluit is ook duidelik Skrifgefundeerd en word so omskryf in:

Esegiël 33:7; “En jy, o seun van adam, Ek het jou as wag oor die huis van JisraEl aangestel; en as jy ’n Woord uit My Mond hoor, moet jy hulle van My kant waarsku.

Daar bestaan ‘n behoefte vir ‘n voorlopige verhoor sodat sekere terminologie en woordgebruik wat in die hoofverhoor gebruik sal word, gedefinieër kan word. Daar bestaan byvoorbeeld tans groot verwarring by die Volk watter Bybel die korrekte een is. Daar sal vasgestel moet word watter Afrikaanse Bybel tans ‘n akkurate weergawe van die oorspronklike geskrifte in Hebreeus, Aramees en Grieks weergee, sodat die Hof ‘n geskrif in ons eie moedertaal kan kwoteer.

Verder heers daar ontsettende verwarring oor Afrikaanse woorde wat gebruik is vir sekere Hebreeuse woorde en wat die Hebreeuse betekenis totaal verbloem. Hierdie woorde sal eers reggestel moet word sodat die hof in staat kan wees om ‘n regverdige beslissing te vel.

Dit is baie gerieflik dat alle ampsdraers van die Afrikaanse Kerke wel goed in die antieke tale onderrig is en dat almal gegradueerdes in Hebreeus en Grieks is. Dit sal die hof baie tyd bespaar, want die hof kan aanneen dat die “redelike man” in hierdie geval iemand is wat goed in die oorspronklike tale opderrig is.

Die hof sal dus nou voortgaan om ‘n basiese stel reëls daar te stel wat vir beide die aanklaer, voortaan genoem “Die Volk”, aanvaarbaar sal wees sowel vir die aangeklaagtes in hierdie saak, voortaan genoem “Die Herders”. Die Regter sal ten alle tye in die hofsaal teenwoordig wees, maar sal Sy uitvoerende magte delegeer aan ‘n Jurie, wat uit lede van die Volk sal bestaan. Hierdie Jurie van twaalf lede is uit die Volk deur die Volk gekies vir hul onbaatsugtige diens wat hul deur die jare aan die Volk op geestelike gebied gelewer het.

Griffier:

“Die hof is nou in sitting, sal almal asseblief staan in die Hof.”

Die twaalf lede van die Jurie kom die hofsaal binne. Hulle is redelik gevorderd in hul jare, maar nie stokoud nie - so tussen veertig en vyf-en-sestig jaar. Almal dra die kenmerkende Boeredrag, bruin of kakie met trotse velthoed. Die meeste van die Jurielede het volbaarde en hul kyk strak voor hul uit.

Die hofsaal is stampvol, luidsprekers is na ‘n aangrensende saal aangelê waar duisende Boere vol afwagting sit en wag dat die saak moet begin.

Daar is immers vir meer as ‘n jaar gekibbel en geredekawel of hierdie hofsaak moet plaasvind al dan nie. Eers nadat die kerke die Almag van die enigste Christus, ons Verlosser verloën het en voortgegaan het om die Gelofte van Bloedrivier formeel ter syde te stel, het die Volk kwaad geword. Die Volk het mal van woede geword.

Dit was na dié nag se geweld dat die volksleiers saamgekom het en besluit het dat die Volk nie sinnelose anargie sal duld nie. As die teoloë skuldig is, moet hul ‘n regverdige verhoor kry. ‘n Behoorlik verkose jurie sou verkies word om as assessore op te tree vir die Hemelse Vader se Ware Woord. Vandag het alles bewaarheid geword ...

Die aanklaer is ook ‘n Boer in murg en been. Hy is van gemiddelde lengte en fors gebou, met ‘n ruie volbaard. Sy blou oë kyk deur jou en jy weet instinktief dat hierdie man nie met hom sal laat speel nie. As hy lag vonkel sy oë weer en jy kan sien dat hy egter buite die hofsaal ‘n lekker spontane humorsin sal hê. Die spanning loop hoog ...

In die aanklagbank sit daar ses togadraende mense. Wie predikant is en wie advokaat is, kan geen mens noual sê nie. Hulle is duidelik baie senuweeagtig en bleek. Hulle kaalgeskeerde bleek gesigte (buiten een senuweeagtige valetjie met ‘n baardjie) steek sterk af teen die bruingebrande volbaard Boere van die Jurie en die van die Aanklaer. Hulle verteenwoordig bykans tweeduisend van die teoloë, predikante en pastore. Hierdie tweeduisend geestelikes is almal tans in aanhouding in Pretoria Sentraal se C-MAKS fasiliteit. Na die nag van verskrikking het die Volk hierdie geestesleiers genadeloos gejag, hul uitgehaal uit hul wegkruipplekke en na gevange geneem.

Die aanklaer (die Volk):

“Edelagbare, die Volk het sy saak voorberei en vra die agbare Hof se toestemming om voort te gaan met ‘n voorlopige verhoor waarin slegs gepoog sal word om die definisies van sekere Skrifterme vas te stel. Dit is noodsaaklik dat dit eers vooraf gedoen word, sodat die hoofverhoor kort en op die man af kan wees. Die Volk wil nie die Agbare Hof se tyd mors nie.”

Die Regter:

“Die hof het nie enige beswaar daarteen nie, maar kan u asseblief die aanklagte wat u namens die Volk teen hierdie Herders inbring, vir die Hof formuleer?”

Die Volk:

“Seker, u Edelagbare. Die Volk se saak bestaan uit drie onderafdelings, naamlik:

die definisie van wie die aangeklaagtes is,

die hoofaanklag teen die aangeklaagtes,

en die voorgestelde vonnis vir die aangeklaagdes.

1] Definisie:

Die Volk kla die totale leierskorps van die vier Afrikaanse Susterskerke en dit sluit in alle dienende en afgetrede predikante, teoloë, professore, doktore en sinodale ampsdraers van hierdie Afrikaanse Kerke, naamlik die Nederduits Gereformeerde Kerk, die Nederduits Hervormde Kerk, die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Protestantse Kerk en

dieselfde diensdoenende beamptes van die Apostoliese Geloofsendingkerke.

dieselfde diensdoenende beamptes van die Afrikaanse Pinkster-Protestantse Kerk

Alle uitvoerende beamptes van ander kleiner kerke wat tradisioneel die blanke in sy gebied bedien het.

2] Hoofaanklag:

Die aangeklaagdes, voortaan genoem Die Herders” het gruwelik versuim om hul rol as die geestelike verteenwoordigers van God en die uitvoerders van Sy Woord op aarde te vervul. Hulle het Sy onverganklike Woord verdraai en vervals sodat hul prediking elke nuwe liberale politieke beweging tevrede moes stel. Van ouds af het hierdie Herders ‘n vermengde evangelie van gedeelte-Wet en gedeelte-menseleringe aan die Volk opgedis. Al God se ewige en onverbreekbare Verbonde, Wette, Insettinge en as JaHWeH en van Sy Seun as JaHWèshua.”

Daar is weer ‘n geskarrel onder die lede van die gehoor. Dieselfde ou omie wat vir pienk Willem wou uitlooi sê: “Maar die vuilgoed, hulle stem nou so maklik saam met die aanklaer, hoekom het hulle ons NOOIT dáárvan vertel nie?”

Die Regter:

“Stilte in die Hof!”

Die Aanklaer:

“Nou kom ons by die belangrike saak, naamlik, watter Geskrifte gebruik gaan word as die norm waarmee die Herders geoordeel gaan word. Die Afrikaanse Vertaling wat gebruik sal word om die aangeklaagtes te verhoor sal die mees korrekte vertaling moet wees ten opsigte van die oorspronklikste Ou Hebreeuse, Aramese en Griekse geskrifte.

Omdat die predikante die Volk in die verlede verwar het deur eerstens ‘n redelike goeie Afrikaanse Bybel in 1933 daar te stel, dit verder te verander in 1953, dit in 1983 te repudieer en ‘n Nuwe Vertaling daar te stel, kan die Volk nie veel ag gee op één van hierdie drie Afrikaanse Vertalings nie.”

Die Herders:

“Ons maak beswaar! Ons maak beswaar! Daar is duisende manure in die 1983-Bybel deur die mees gesaghebbende teoloë van ons tyd ingesit; van hulle is van die mees gesaghebbende teoloë in die wêreld!”

Die Regter:

“Ag so, nê. Sê bietjie vir die hof watter Naam van ons Hemelse Vader en watter Naam van Sy Seun kom in hierdie “uitstekende” Bybel voor wat deur die “vooraanstaande” (gesê met ‘n sarkastiese stemtoon) teoloë geskryf is?”

Die Herders:

“Uhm ... uh ... die naam Here en die naam Jesus word in dié Bybel gebruik.”

Die Regter:

“So, jy het dus so pas vir die Hof gelieg toe jy sê dat die Vader se ewige onveranderlike Naam, JaHWeH is.”

Die Herders:

“Nee Edelagbare, ek het nie gelieg nie, maar dis ‘n baie goeie vertaling, gedoen deur uitstekende geleerde manne.”

Die Regter:

“Kyk, as hulle nie eers ‘n Naam wat 6200 keer in die Bybel voorkom; ‘n Naam waarvan die Hemelse Vader Self uitdruklik bevel gee dat hierdie Naam nie verydel of vervals mag word nie, (Exodus 20:7) reg kon vertaal nie, hoe kan die Hof enigsins die 1983-Vertaling met erns bejeën. Ons sal ons koppe moet laat lees as ons so ‘n mal ding in hierdie hof wil toelaat.

Meneer die aanklaer, gaan voort met die saak.”

Die Volk:

“Om hierdie rede stel die Volk voor dat geeneen van die drie Afrikaanse Bybels in hierdie saak as finale getuienis sal dien nie.

Die Volk stel voor dat die onafhanklik opgestelde Afrikaanse Vertaling van 1999, Die Apartheid van JaHWeH, die Boek van Herinnering, as norm in hierdie hofsaak gebruik word. Hierdie Vertaling is ‘n een-tot-een transliterasie vanuit die oorspronklike Hebreeus, Aramees en Grieks na Afrikaans. Die Vertaling is met behulp van gevorderde rekenaartegnologie op ‘n hoogs wetenskaplike manier gedoen.

Om verder regverdig teenoor die aangeklaagtes te wees, onderneem die Volk om in alle sake waar kritiese besluite geneem moet word, terug te val na die oorspronklike geskrifte, die Hebreeuse Ou Testament met die Masoretiese teks, die Biblia Hebraica Stuttgartensia van Kittel; en die Griekse Nuwe Testament, die Textus Receptus van Schrivener, van 1588. Dit is ook, sover bekend, waarop die 33-Afrikaanse Vertaling gebaseer is.”

Die Herders:

“Beswaar! beswaar! Ons kan nie hierdie sogenaamde vertaling wat deur ‘n klomp ongeleerde bobbejane gedoen is, in so ‘n hofsaak gebruik nie. Dit is nie gesaghebbend genoeg nie. Geen teoloog wat sy sout werd is, sal hom eers verwerdig om na die gemors te kyk nie.”

Die Regter:

“Meneer die Aanklaer, het u ‘n kopié van die Boek van Herinnering daar voor u?”

Die Volk:

“Ja, u Edelagbare.”

Die Regter:

“Watter Naam kom in die geskrif voor vir ons Vader en vir ons Verlosser?”

Die Volk:

“JaHWeH en JaHWèshua, Edelagbare.”

Die Regter:

“Is die Wet van JaHWeH in hierdie boek?”

Die Volk:

“Ja, u Edelagbare, die Boek bestaan uit vyf gedeeltes, die Wet, die Geskiedenis, die Wysheidsgeskrifte, die Profete en die Boodskap.”

Die Regter:

“Dankie, die hof sal dan as volg voortgaan. Die Volk sal dan uit Die Boek van Herinnering uit werk. Die Herders mag uit hul Bybel - watter een van die drie moet hulle maar self besluit - werk. Omdat elkeen van u goed in die oorspronklike Semitiese tale onderrig is, sal die hof elke aanhaling uit julle geskrifte kontroleer met die toepaslike oorspronklike dokumente in Hebreeus, Aramees of Grieks. Waar dispute ontstaan, sal die hof die gesag van die Ou Testament met die Masoretiese teks, die Biblia Hebraica Stuttgartensia van Kittel; en die Griekse Nuwe Testament, die Textus Receptus van Schrivener, van 1588 as die norm gebruik. Die Griekse Septuagint van die Ou Testament sal ook ingespan word waar die hof probleme ondervind om uitslag te gee.

Die Hof maak dit baie, baie duidelik dat géén menseleringe van watter aard ookal in hierdie Hof geduld sal word nie. Dit sluit die leringe van Calvyn en van Luther in. Geen mensgemaakte kerklike dokumentasie soos die Heidelbergse Kategismus, die Dordtse Leerreëls, Kerk-en-samelewing of enige ander derglike mensgemaakte bog sál in hierdie hof gebruik word nie.

Hofprosedure sal geskied op die basis dat reg en geregtigheid deurgaans beoefen sal word. Op die getuie van twee of drie sal ‘n saak vasstaan soos beskryf in die Wet van Moses - (Hebreërs 10:28).  Die gesag van die Woord, sal in die volgende gesagsorde ingedeel word:

Die Wet is onvernietigbaar en is in sy huidige Hebreeuse vorm korrek en onvervals, aldus ons Verlosser se Woorde in Matthéüs 5:18:

18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemele en die aarde verbygaan, sal nie een jod[y]1 of een tittel[.] van die Wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

Die Profete, die Wysheidsgeskrifte en die Geskiedenis van Israel sal volledig in Hebreeus en Aramees as gesaghebbende literatuur geld.

Die vier evangelies, Matthéüs, Markus, Lukas en Johannes sal as vier getuies dien ooreenkomstig die Wet van Moses.

Die getuienis van die twaalf Apostels wat saam met ons Gesalfde gewandel en persoonlike opleiding ontvang het, sal as betroubare getuies ingeroep kan word volgens:

Johannes 15:27 En julle (die Apostels) getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.

Die Herders:

“Ons maak ten sterkste beswaar, Edelagbare, want u noem nié die geskrifte van ons geliefde broeder Paulus in u relaas nie. As sy geskrifte nie gekwoteer mag word nie, kan ons nie met hierdie saak voortgaan nie. Ons versoek u om onmiddellik die dertien boeke van die grootste Apostel van alle tye, Paulus, in te sluit in u lys van gesaghebbende literatuur.”

Die Regter:

“Waarom wil u die dokumente van Paulus so naarstigtelik ingesluit hê, Herder? Volgens my kennis het ons omtrent vyf van die handuitgesoekte Apostels van JaHWèshua se getuienis in jou Bybel? Is dit nie genoeg nie? Volgens die Wet van Moses het ons eintlik net twee of drie nodig. Is dit dalk omdat Paulus nie ‘n visserman was nie, maar ‘n geleerde Fariseër soos julle?”

Die Herders:

“Dit is nie werklik die geval nie, edelagbare, ons voel dat Paulus ‘n pragtige, diep insig gehad in wat die Vader eintlik vir ons wou sê. Hy kan ‘n ding sovéél beter stel as die ander Apostels. Hulle het almal maar net herhaal wat die Vader en die Seun gesê het. Met alle respek, Edelagbare, hulle was maar baie eenvoudig en dom, maar Paulus, hy was soos ons, hy was ‘n man met kennis en met visie.”

Die Regter:

“Op die aspek of Paulus ingesluit sal word al dan nie, sal ek as volg besluit.

Die Herders kan vir Paulus gebruik in hul verdediging, maar sal op versoek van die Volk elke stelling van Paulus moet staaf met aanvullende en bevestigende Skrif vanuit genoemde toegelate gedeeltes soos voorheen gelys. Een menslike getuie is nie voldoende op sy eie nie en sal bevestig móet word vanuit die ander Skrifte.

Die Hof maak dit net duidelik aan die Herders dat hulle deeglik moet kennis neem dat die broeder Paulus net ‘n vleeslike mens was en nie ‘n Goddelike wese nie.

Hy as mens se alleengetuienis is niks werd sonder

Goddelike bevestiging nie. In daardie opsig is hy slegs nog ‘n Calvyn, of ‘n Luther of ‘n Pous of ‘n predikant.

Neem asseblief kennis dat hy nié voor JaHWéshua se getuies, Sy twaalf Apostels, as mede-getuie aangestel is nie. Ek verwys u weer na die gedeelte in:

Johannes 15:27 En julle (die Apostels) getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.

Dit is hoogs onwaarskynlik dat JaHWèshua sou vergeet het om so ‘n belangrike aankondiging te maak aan Sy selfaangestelde getuies, die twaalf Apostels.

Ons Gesalfde, JaHWèshua, het kort voor Sy moord die volgende uitspraak gemaak in:

Johannes 17:4 Ek het U verhoog op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.

Hy het dus baie duidelik ALLES wat die Vader vir Hom gegee het om te doen, voltooi. Daar was geen ongedane besigheid wat Hy vir ‘n volgende Christus moes oorlaat om beter te kom doen nie. Verstaan ons mekaar op hierdie punt, Herder?”

Die Herders:

“Ja, maar Edelag ...”

Die Regter:

“Geen ja maars nie, Herder, die geliefde broeder Paulus se getuienis sal in hierdie hof as hoorsê-getuienis beoordeel word, en dis nou finaal!!

Goed, meneer die Aanklaer, gaan voort. Ek dink die Herders is goed genoeg ingelig oor wat die begrip “ENIGGEBORE” Seun nou beteken.”

Die Volk:

“Die Volk is tevrede met die riglyne, Edelagbare en volstaan dat die terminologie en die besluite soos deur u neergelê, aanvaarbaar en regverdig vir die saak van die Volk is. Die Volk sluit dus sy betoog om korrekte terminologie af vir hierdie voorlopige verhoor

Daar is egter een saak wat die Volk met die Agbare Hof wil opneem.”

Die Regter:

“Is dit relevant vir hierdie hof, meneer die Aanklaer?”

Die Volk:

“Ja, u Edelagbare, dit handel oor die sogenaamde Israel-predikante en -pastore wat vir die afgelope dertig jaar wel die “Israelwaarheid” aan die Volk verkondig het, maar in hul prediking ernstige misdrywe gepleeg het.

Hulle het aan die Volk hul identiteit geleer, maar voortgegaan om die Volk met leringe van duiwels sodanig te verwar, dat duisende Israeliete die afgelope paar jaar deur die swaard, die pes, hongesnood en wilde wesens, gesterf het

Hierdie sogenaamde Israel-leraars het die Volk verwar deur Sabbatsonderhouding af te keur, die Apartheidsnaam te verwerp, die ewige Besnydenisverbond te verwerp, die Feeste van JaHWeH te verwerp. Hulle het in kort, ‘n algehele losse ommegang met die Wet van JaHWeH bepleit. Dit alles het hulle gedoen, net ter wille van geld.”

Die Regter:

“Waarom is dit vir die Volk nodig om die verhore te skei, aangesien u reeds vir die doodstraf in die openbaar pleit? Wil u hulle dan tweemaal doodmaak?”

‘n Ligte gelag uit die banke getuig dat die Volk hierdie verloop van sake werklik geniet.

Die Volk:

“Nee, Edelagbare, dit is noodsaaklik dat hierdie verhore geskei word, want hierdie hofsaak moet aan die geslagte na ons as getuienis dien wat met mense gebeur wat doelbewus JaHWeH se uitverkorenes mislei ter wille van geld. Hierdie sogenaamde leraars was die gevaarlikste misdadigers van die hele spul en die Volk voel dat, aangesien hulle wel verkondig het dat hulle Israel is, hulle streng onder Israelwetgewing gevonnis moet word.

Daarom versoek die Volk die Agbare Hof om hulle verhoor apart te hou van die ander sowat tweeduisend Baälpriesters.

Die Volk sal dan voortgaan om aan die Hof te bewys dat hierdie gevaarlike misdadigers skuldig is aan ernstige wandade in Israel en dat hulle die doodstraf moet kry. Die volk sal die Agbare Hof versoek dat hulle deur die Volk gestenig moet word volgens Númeri 15:36.

Die Regter:

“Goed, meneer die Aanklaer, die Hof sal aan die Volk se versoek voldoen.”

 

Vervaard spring daar ‘n krom mannetjie met ‘n effense baardjie uit die aangeklaagtes se bank en skreeu:

Die Herders:

“Luister hier, dit is nou genoeg, vir jare verkondig ek die Israelwaarheid aan hierdie volk en ek is die bes-gekwalifiseerde teoloog in Israel. Niemand is beter as ek met die Hebreeuse en Griekse tale nie. Hierdie hof het geen reg, géén reg sê ek u, om ons eers te verhoor nie. Julle het nie ‘n dag se teologiese opleiding gehad nie en is totaal onbevoeg om enige oordeel in hierdie saak te vel. Laat óns wat die teologiese kennis het, in die bank sit en hierdie saak met die Baälpriesters hanteer. Ons is baie meer bevoeg.”

Die Regter:

“Wie is hierdie man, Aanklaer?”

Die Volk:

“Hy is een van die Israelherders wat vir jare afvalligheid van die Besnydenisverbond bepleit het, u Edelagbare. Ook het hy leringe van duiwels en sataniste opgeteken en dit verkondig synde dit die absolute waarheid sou wees.

... Mmm, ... mnn ...”

Die Aanklaer blaai so ‘n bietjie in sy papiere rond ...

“O ja, hier is dit, u Edelagbare, hy staan ook tereg daarop dat hy mense in die Naam vervloek het en dat hy talle Israeliete aan die Satan gebind het.”

Die Regter:

“In daardie geval meneer, het ek geen ander keuse as dat u u beurt afwag en die Volk hul volledige klag in hierdie hof lê nie. U moet verstaan dat elke saak teen elke herder reeds volledig ondersoek is deur die Openbare Vervolger se Spesiale Ondersoekeenheid van die Boerevolk en dat daar blykbaar heelwat getuienis teen u ingebring is.

U sal uself in hierdie Hof moet kom verdedig. Tot dan, kan die Hof nie anders as om u in veilige bewaring aan te hou nie. U weet dit is hoofsaaklik vir u eie beskerming. U het nie die slagting vergeet wat vroeër die jaar plaasgevind het nie, het u?”

 

Terwyl die Regter gepraat het, het die mannetjie rooier en rooier van woede geword. Dit het behoorlik gelyk of die man gaan ontplof.

Die Herders:

“Ek waarsku jou, jou ... jou ... imbesiel, jy weet nie met wie jy te doen het nie, ek sal nie jou hovaardige houding vat nie, hoor jy my!!!

Ek bind jou, ek bind jou in die Naam van JaHshua, dat dit nooit weer met jou goed sal gaan nie!!” gil die mannetjie dit uit in die rigting van die Regter.

 

Die Regter kom stadig orent. Duidelik is hy hoogs die josie in vir hierdie voorbarige ventjie. Stadig en afgemete praat hy:

Die Regter:

“Nou reg so, vriend, ek dink dit het tyd in jou lewe geword dat jy en ook die ander soos jy ‘n les geleer word, sodat jy begin besef dat hierdie hof tans die hoogste gesag in die Nuwe Boererepubliek is en dat jy hierdie hof se gesag sal respekteer. Jy bind mos graag mense, nê?

Griffier, kom hier, bind hierdie man vas en bring hom buitentoe, na die stadsplein.

Herder, ek vonnis jou vir minagting van die hof. Jy sal gegesel word in die openbaar. Jou vonnis is veertig houe.”

 

Pandemonium breek in die hof los. Mense skreeu, ander lag - die aksie het begin. Vir die eerste keer in hul lewens het hierdie ou spul verleiers hul ware Moses teëgekom. “Bravo! Bravo!” klink dit van alle kante.

Die ou omie van vroeër is duidelik hoog in sy skik. “Dis mos wat hierdie binder wou hê, bind mos die mense, nou word hy self aan ‘n paal vasgebind.”

Die Griffier:

“Stilte in die hof, stilte in die hof,”

en toe hy geen reaksie kry nie,

“Ag, die hof verdaag, die hof verdaag.”

 

“Kom ons beweeg, ou broer,” sê die ou omie, “ek wil hiérdie petalje nie misloop nie.”

Met die is hy en sy vriend soos blits by die deur uit, op pad stadsplein toe waar die betrokke Israelherder skreeuend en swetsend gesleep word deur ‘n groep witgeklede priesters. Moet sê, die ses voet ses duim gespierde kêrel met die opgerolde moue wat die kats kort-kort in die lug swaai, lyk nie na jou maat nie ...

Lees verder oor hierdie opsienbarende hofsaak in die volgende Verbondskoerier. Alle karakters is fiktief en het géén veband met mense wat vandag nog leef nie ... wel, miskien nie almal nie!

Bladsy

1 2 3


Stuur E-Mail aan  Dirk van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
Kopiereg © 2001 Dogter van Sion
Laaste opdatering: 04-Jan-2001