|
|
|
Die Ware Naam van ons Hemelse Vader
DOGS OF CHRISTIANITY Contamination of African Blood Liberal Afrikaner begins with Manipulation What was written in the Bible originally?
|
Ramshorings - Deur Frik Grobler[shôphâr - (Sho-far). Strongs 7782] Ek sien werklik dat iets opwindends in hierdie land besig is om te gebeur. Dit is iets wat ek nog nooit voorheen opgemerk het nie. Dit wil vir my lyk asof ons Hemelse Vader besig is met ‘n bonatuurlike stille suiwering en afskeiding onder die witman en JisraEliet in hierdie land. Dit lyk asof die daders en die hoorders tog op ‘n manier besig is om van mekaar te skei, sonder dat dit van mensekant af kom. Die hartseer kant van die saak is egter dat die lou ja-broers rustig en onopgemerk besig is om uit die stryd te tree. Tog is dit vir my opmerklik dat die werklike ernstige gelowige JisraEliet al meer-en-meer begin terugkeer na die voorskrifte wat ons Hemelse Vader daargestel het. Dit is ‘n onbeskryflike ervaring om te kan sien dat ook die Feesdae en die ander gebruike wat aan ons voorgeskryf word, ernstig besig is om vorm aan te neem soos dit aan ons uitgewys word in die Skrifte. Daarom is dit vir my so mooi dat ek kan waarneem dat juis die Dogter van Sion vandag baie ernstig besig is om, ten koste van al die skeldwoorde, kritiek en smeerstories, te volhard tot die einde toe. Die Dogter van Sion is dan ook een van die weinige organisasies wat letterlik en figuurlik die Ramshoring blaas, volgens die gebruike en voorskrifte wat vir ons nagelaat is. Dan kan ons werklik nie anders as om te dink aan die gedeelte in
Ongelukkig vir party, lyk dit asof Sion soms sal blaas tot sy blou word, want as JaHWeH die ore sluit, hoor net die wat moet — (Deuteronómium 29:4; Lukas 8:10). Tog, reg deur die Skrifte sien ons dat die Ramshoring ‘n baie belangrike rol in die volk JisraEl se bestaan speel. Die geluid van die basuin was telkemale gebruik voordat die volk tot JaHWeH genader het - (Exodus 19:3, 19). Ook is dit gebruik nadat die Gees van JaHWeH Gideon vervul het - (Rigters 6:34). In ZekarJaH 9:14 sien ons dat JaHWeH Self die Ramshoring gaan blaas en -
In Openbaring 10:7 sien ons ook die Boodskapper op die ramshoring blaas:
Dat die Ramshoring dus ‘n baie belangrike en sekerlik die mees onderskatte instrument in JaHWeH se volk se hande vandag is, kan ons maar net sien uit die gevolge wat voortgespruit het nadat die Krag van JaHWeH losgemaak is ná die blaas van die Ramshoring. Dit is beslis ‘n belangrike instrument vir JaHWeH en saam met die harp, is die Ramshoring of “shofar” die instrument wat ook die meeste in die Skrifte genoem word. Die Harp self is ‘n vertrooster. Dit streel die siel en gees, terwyl die Ramshoring as ‘n voorbereider gebruik word om die siel en gees van die adamiet aan te gryp. Dit is dus nie verbasend dat daar vandag al meer-en-meer van die Ramshoring gebruik gemaak word, soos wat die eindtyd naderkom nie. Dit sal ook al meer en meer gebruik word, soos wat elke een besig is met die voorbereiding van die finale uur. Ons moet mekaar egter daarop wys dat die blaas van die Shofar nie grappies is nie en dit moet nie ligtelik opgeneem word nie. Wanneer die Shofar geblaas word tussen gelowige JisraEliete, word die vyand baie duidelik in kennis gestel dat hy baie vinnig moet verdwyn. Hy word ingelig dat hy moet vlug en elders gaan skuil, want dan is hy nie welkom in die vergadering waar die Gees van JaHWeH teenwoordig is nie. Die Ramshoring, wanneer ons gaan lees in die Skrifte, is ‘n magtige wapen wat JaHWeH in die hand van Sy Volk geplaas het. Dit is sekerlik ook één van die magtigste wapens wat ons kan gebruik in geestelike oorlogvoering, want die vyand en sy demone weet dat die dag wanneer die Bruidegom na Sy Bruid terugkom, die Ramshoring geblaas sal word en dan is hul draadjie geknip. Hulle sal dus letterlik en figuurlik die pad by die aanhoor van die Ramshoring vat, omdat hulle nie weet watter uur en watter dag dit is nie, maar hulle is wel deeglik bewus dat die Ramshoring gaan blaas juis op daardie bepaalde uur, soos u verder sal sien.
Die Ramshoring, of Shofar, word gemaak uit die horing van ‘n ram. Enige horing kan gebruik word, maar die horing van ‘n koei of ‘n os mag nie gebruik word onder JisraEl nie. Die rede daarvoor is omdat koeie gebruik was vir offers aan Baal, en omdat die volk JisraEl die beeld van die kalf gemaak het (Exodus 32:8; Psalm 106:19), wat ‘n gruwel was vir JaHWeH, en ook deur die Wet verbied was. Die mees gewilde Ramshoring is die van die Koedoe, met drie of meer draaie, of die Gemsbok, maar ook die gewone horing van ‘n skaapram word net so suksesvol aangewend. Die Ramshoring, of Shofar, verteenwoordig die dier se bron van krag (die horing is ‘n simbool van krag). Dit is díe wapen waarmee so ‘n dier sy vyand kan skade aandoen, of selfs doodmaak. Die Ramshoring wys ook heen na die ram wat verstrengel was toe Abraham vir Isak wou gaan offer - (Génesis 22). Skaapwagters in die veld en wagte op die mure het dit ook geblaas om alarm te maak. Geen Skrif dui daarop dat slegs die man, of slegs die Priester die Ramshoring mag blaas nie. Dit lyk dus asof dit aanvaarbaar is indien die vrou, of ook die kinders in die familie, die Ramshoring wil blaas. Sover ek kon vasstel, bestaan daar net 4 verskillende note:
Die Shofar kan ook tydens lofprysing gebruik word as ‘n lof-instrument. Elke Ramshoring moet dan tydens die “regmaak”-proses ingestem word. Indien jy dus 7 Ramshorings het wat almal verskillend ingestem is (bv. volgens dó, ré, mé, fá, só, lá, té - dó), kan jy regte musiek maak, mits jy weet in watter sleutel jou instrument ingestem is. Die klank van die Ramshoring praat met JaHWeH se Volk. Dit roep ons op tot eenheid, versterk ons geloof en moedig ons aan. Ook waarsku dit ons en laat dit ons besin. Deur dit te blaas, hoor ons Vader ons nie net nie, maar Hy reageer op ons geloof met al Sy krag en Glorie. Dit is een van die wonderlikste seëninge wat JaHWeH aan Sy Volk gegee het en daardeur nooi Hy ons uit om meer intiem met Hom te wees.
Soos u seker teen die tyd weet, het die meeste Ramshorings, voordat dit skoongemaak is ‘n aaklige “vrot” reuk omdat die vleis wat in die horing agtergbly het, aan die wande kleef en inderdaad vrot word. Sny dus die mondstuk oop. Die horing word vir nagenoeg ’n uur gekook, dan afgeskuur en glad gemaak en binne-in, sover moontlik skoongemaak. So kan meeste oorblywende vleis binne-in verwyder word. Dan kan dit verder skoongemaak word deur skoon gruis-klippies, gemeng met ‘n hand lekker sterk growwe sout en water, binne-in te gooi. Seël die opening en begin dit te skud. Gee gerus elkeen in die gesin ‘n beurt, want dit kan ure duur. Spoel dit uit en doen dit weer. Dit is nie so erg nie en onthou, die les wat ons hieruit kan leer, is dat ons ook deur die lewe geskud word en ook so gesuiwer word - (Markus 9:49). Herhaal nou die proses tot dit skoon is en die ergste reuk verdwyn het. Gooi dan alkohol of brandspiritus in en skud weer goed vir ‘n paar minute. Spoel af met water en laat dit droog word. Salf met gegeurde olyfolie of ander geure soos mirre, ensovoorts. Voltooi die mondopening met ‘n ronde vyl en stem die instrument min of meer in deur die sagte gedeelte waar die kop was, gelyk te sny, of korter te maak totdat die regte noot bereik word. Die hele proses word weer na ‘n paar weke herhaal en dan weer later indien nodig. Daarna kan u dit finaal instem en bedek met ‘n vernislaag. Nadat u Ramshoring skoongemaak is, is dit ‘n goeie idee om tot JaHWeH te bid en Hom te vra om dit te seën, asook die pogings wat jy gaan doen om Hom hiermee te verheerlik. Dan Sion, wanneer JaHWeH jou as wag aanstel, en jy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die Ramshoring en waarsku die mense - as dan iemand die geluid van die Ramshoring hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof - (JeségiEl 33:2-4). Mag JaHWeH u seën met u Ramshoring.
N.S. Indien u meer inligting oor hierdie onderwerp het, of indien u moontlik verskille met bogenoemde het, sal ons dankbaar wees indien u dit aan ons kan stuur. |
|
Stuur E-Mail aan Dirk
van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
|