|
|
|
Die Ware Naam van ons Hemelse Vader
DOGS OF CHRISTIANITY Contamination of African Blood Liberal Afrikaner begins with Manipulation What was written in the Bible originally?
|
Toespraak op die Bloedrivier Terrein 16 Desember 2000 Agtergrond: Die Dogter van Sion is ‘n organisasie wat ses jaar gelede in die lewe geroep is en wat homself ten doel gestel het om die geestelike verval van die Boerevolk te stuit. Die voortsnellende wegbeweeg van die hoofstroom Afrikaanse kerke van ons Hemelse Vader se onverganklike Wet en Gebooie, het ‘n groep Boere en Boerevroue genoop om die belangrikheid van die onverganklike Woord van God, die Geloftes en ooreenkomste as Volk met Hom in die verlede aangegaan, onder die Boerevolk se aandag te bring. Die Boerevolk, as nageslag van die Volk van God, het ‘n ewige verpligting om AL God se Wette, Insettinge, Verordeninge en Gebooie te onderhou. Daardeur sou hy as Volk verseker dat God se seëninge sy deel word. Vir die nie-onderhouding van hierdie Wette van ons God, is die straf die swaard, hongersnood, pessiektes en die vertrapping van sy grondgebied deur bose wesens. Die Boerevolk is gruwelik mislei deur gewetenlose liberale teoloë wat stelselmatig die onverganklike Woord van God vervals het om die moderne liberale tendens van die Christendom ter wille te wees. So erg het dit gegaan, dat die hoeksteen waarop die hele Woord van die God van Abraham, Isak en Jakob staan, naamlik die nougesette onderhouding van die beginsels van rassesuiwerheid oftewel apartheid, geheel en al aan flarde geruk is. God se Woord is sodanig deur hierdie liberale teoloë vervals dat die huidige moderne Bybels absoluut vreemd en nie-verwant is aan die oorspronklike Godgegewe dokumente wat in die oorspronklike tale, Hebreeus, Aramees en Grieks geskryf is. Dokumente wat op oeroue papirusrolle geskryf is deur profete van JaHWeH, die God van Israel en wat SLEGS vir die twaalf blanke stamme van Israel (LET WEL, nie die huidige Jode nie) geskryf is, is tot so ‘n mate vervals en bygewerk dat dit tans as geestelike literatuur aangewend word vir ‘n korrupte, fondasielose, vervalsde Christendom wat verkondig dat daar ’n uitverkiesing vir elke ras op aarde is. Die enigste voorwaarde is dat die arme oningeligte sufgepreekte en bedwelmde veelrassige Christen maar net moet glo! Hy moet maar net glo en glo aan hulle kunsmatig geskepte vals Here Jesus Christus, wat in die wêreldse wandelgange van die kommunistiese Wêrelraad van Kerke sy beslag gekry het, dan sal die vrede van die wêreld op hom neerdaal. Die Boerevolk staan vandag op die punt waar hy deur ‘n vyandige kommunistiese, ANC-regering op elke terrein van die lewe onderdruk word. In hul voortvarendheid om die goddelose barbaar ter wille te wees, het die geestelike leierskorps van die Boerevolk alle Godgegewe beginsels oorboord gegooi en willose pionne in die hande van hierdie regering wat koelbloedige mensemoordenaars vry laat rondloop, geword. Daagliks sterf honderde blanke ongebore babas in die ANC-gestigte aborsieklinieke. Maandeliks vermoor besete swart barbare ons Volk op hul plase en in hul dorpe. Hierdie fynbeplande en sentraalbeheerde plaasmoorde word gepleeg in opdrag van swart leiers wat openlik die slagspreuke, “kill the Boer, kill the farmer” en “one settler, one bullet” van verhoë afskreeu. Niks word ontsien nie, geen vrou, geen kind, geen bejaarde nie. Die traagheid en in sommige gevalle blatante onwilligheid van hierdie ANC–juridiese magte om die skuldiges aan die pen te ry, verklap hul ware oogmerk, naamlik die uiteindelike totale uitwissing van elke blanke wat apartheid in ‘n rassuiwer gemeenskap nastreef. Nelson Mandela, tans die groot wêreldvredemaker, is op rekord dat hy op 8 September 1992 met gebalde vuis in die lug gestaan het terwyl gesing is: Gaan veilig Mkhonto, Mkhonto we Sizwe. Ons, die lede van MK, ons het onsself belowe om dood te maak die Ama-Bhulu. (Boere) Ons, die lede van MK ons het onsself belowe, om hulle dood te maak die Ama-Bhulu. In plaas daarvan dat die geestelike leiers van die volk en hul kerke hierdie regering en die onrusstokers tot verantwoording roep met alle magte tot hul beskikking, verkies hulle egter om Sondag na Sondag van hul preekstoele af te bid dat God hierdie boosaardige regering en sy leiers moet seën. Verbrekers van Verbonde, Wette en Verordeninge word geseën vanuit die Volk se kerke, in plaas daarvan dat die wraak van die God van Abraham, Isak en Jakob, die wraak van die God van Bloedrivier oor hulle gebid word. Daar is ‘n magdom vreedsame protesaksies wat binne ’n demokrasie geloods kan word deur wetsgehoorsame burgers wat deur die regering van die dag verontreg word. Sogenaamde omgekeerde diskriminasie, wat maar net ‘n verbloemde begrip is vir naakte Boerehaat, word openlik en blatant gebruik om die blanke Boer op sy plek te sit. In plaas daarvan dat die kerke egter leiding neem om die diskriminasie stop te sit, verkies hulle die weg van passiewe gedienstigheid. Die ware patriotte van die Boerevolk, naamlik diegene wat vasstaan vir die God van Bloedrivier se Wette, Insettinge en Gebooie, het genoeg van hierdie ruggraatlose kerkleiers gehad . Hulle is en was nog nooit die mondstuk van die Boerevolk nie. Enige ooreenkoms, belydenis en belofte om restitusie wat in die verlede deur hulle aangegaan is vir die “sonde van apartheid”, is geensins bindend op lede van die Dogter van Sion nie. Inteendeel, ons verwerp hierdie verraderlike gebaar met die grootste minagting wat dit verdien. Nooit, maar nooit sal die Dogter van Sion ‘n verskoning aanbied vir die Godgegewe instelling van apartheid nie. Hierdie Gebod, naamlik die Gebod om apart te lewe en alle rassevermenging te verwerp, is die hoeksteen waarop die God wat hemele en aarde geskape het, se skeppingsplan rus. Hy, JaHWeH, het apartheid verordineer en in Sy Sewende Gebod (Exodus 20:14) verbied Hy rassevermenging. (Hebreeuse vertaling van die woord “egbreek” is foutief en moet wees “verbaster.) Persverklaring in Rapport—10 Desember 2000. Die afgelope naweek is daar groot gewag gemaak van ‘n groep blanke liberaliste wat ‘n belydenisgeskrif opgetrek het, waarin die sonde van apartheid in walglike detail bely word. So erg is hierdie verlooptes se bereidwilligheid om voor die barbaar te kruip, dat hulle hulself die reg toegeëien het om hierdie verwerplike en lafhartige gebaar NAMENS die blanke te doen; en dit op die Boerevolk se heiligste, mees aparte dag van sy kalender. Die “sondebelydenis van die Afrikaner”, soos berig in die Rapport van 10 Desember 2000, deur Antjie Krog, Verwoerd en Niehaus kan nie deur enige ware Boer met enigiets anders as met totale veragting bejeën word nie. Hierdie klaarblyklike publisiteitsfoefie van ‘n ou afgeleefde snertskryfster, ’n skuldkompleksgevulde kleinseun van ’n ware apartheidsman en ’n verraaier van sy wit vel, het slegs ten doel om die Boerevolk verder te verneder en in die proses kan elkeen van hulle daaruit voordeel trek. In al drie se geval bly die grootste dryfkrag egter die mate waartoe hulle verder in die ANC kan inkruip. Die Dogter van Sion se lede wil dit onomwonde hier in die laer stel waar ons voorvaders deur die God van Bloedrivier, die God van Abraham, Isak en Jakob gelei is in die oorwinning teen die barbaarse magte van Satan, dat ons geen verpligting sal nakom wat hierdie groep verloopte pienk Afrikaners aanbied vir die “arme swart verontregtes” nie. Want ... Die Dogter van Sion het as groep alreeds op 16 Desember 1998 ‘n Gelofte voor JaHWeH, die God van Bloedrivier afgelê, waarin ons ons toekomsvisie duidelik uiteengesit het. In dit wat daar op 16 Desember 1998 belowe is, kan en sal NOOIT teruggedraai word nie. Inteendeel, daardie Gelofte is op 16 Desember 1999 weer herhaal en van die Geloftes van 1998 was reeds gestand gedoen. Ons belydenis, wat vandag vir die derde keer herbevestig sal word, lui as volg: (Pred. 5:3) 2. Ons en ons Vaders gruwelik versuim het om die Ewige Verbond van die Besnydenis, volgens U instelling, getrou op ons seuns toe te pas. (Gén. 17:9-14)3. Ons en ons Vaders gruwelik versuim het om U glorieryke Naam, JaHWeH, te vereer. (Open. 2:13)4. Ons en ons Vaders gruwelik versuim het om U Sabbatte, U Wette, U Insettinge en U Verordeninge getrou na te kom. (Deut. 6:2)5. Ons en ons Vaders gruwelik versuim het om te reageer op U bevel tot Apartheid in hierdie land wat U aan ons Vadere toevertrou het. (Jos. 23:5-7, 11-13) 6. Ons en ons Vaders gruwelik versuim het deur vreemde gode en heersers op hierdie grond van U te aanbid en te vereer. (Deut. 7:2) 7. Ons en ons Vaders gruwelik versuim het deur nie te reageer op U bevel om tot in ewigheid, nie die vrede en geluk van hierdie bose volke rondom ons te soek nie. (Deut. 23:6) 8. Ons en ons Vaders gruwelik versuim het deur ons te laat mislei deur teoloë wat U Apartheidswoord vir die honde en die varke gegooi het. (Matt. 15:26) 9. Ons en ons Vaders, U grond wat U aan ons toevertrou het, nie elke sewe jaar laat rus het nie, en dit aan vreemdes verpand het. (Lev. 25:3-5) Dit is hieruit gesien totaal onmoontlik dat die Dogter van Sion dit eers sal oorweeg om mee te doen aan die onderhouding van sulke klaarblyklik verspotte en vernederende belydenisse soos in die pers berig die afgelope week. Die Dogter van Sion het REEDS drie jaar gelede met ‘n Gelofte aan hul Hemelse Vader belowe om presies net die teenoorgestelde te doen. Nuwe Afrikaanse “Bybel”. Op 16 Desember 1999 het hierdie organisasie, die Dogter van Sion, die Boerevolk voorsien van ‘n Skrif, vry van die suurdeeg van Satan se dissipels, die teoloë en die predikante. Hierdie Skrif, “Die Apartheid van JaHWeH”, is gedruk en versprei na die verste uithoeke van die wêreld. Hierdie Skrif is tans die enigste en eerste “Bybel” in Afrikaans met die oorspronklike heilige Name van ons Hemelse Vader en Sy Seun korrek gerestoureer. Ook is die begrippe wat deur die eeue heen uitvertaal is soos “apartheid, apartes, rassuiwerheid, verbastering, baster”, ensovoorts weer herstel. Duisende woorde is met behulp van moderne rekenaartegnieke in ‘n rekordtyd gekorrigeer. In die geskrif, getiteld, “Oorsig oor Die Apartheid van JaHWeH, ‘n Boek van Herinnering” verkrygbaar by ons tent, sal u die verdere detail aangaande die beginsels wat tydens die vertaling gevolg is, kan lees. Met die Geloftedag, vandag 16 Desember 2000 hier op Bloedrivier, kan ons met dankbaarheid aan ons Skepper sê dat ons verskeie van die ondernemings wat ons onderneem het om te doen na aanleiding van die Gelofte van 1998, kon afhandel. Hier volg ‘n lys van ons ondernemings wat vandag vir die derde keer onder eed bevestig word, met die hemele en die aarde as getuies.
Die volgende groot taak van die Dogter van Sion was die nakoming van die belofte dat ons vanaf 16 Desember 1998 volgens God se bevel sou handel met elke Baälpriester en Volksverleier wat die Ware Woord van God versaak, vervals en vir die honde en die varke gegooi het. Die leuenteoloë aan die kaak gestel. Hierdie opdrag is die afgelope jaar getrou op ’n maandelikse basis nagekom waar die mondstuk van die Dogter van Sion, naamlik die Verbondskoerier, die leuens van die teoloë en die predikante openbaar gemaak het. Die drekteologie van die kerke is aan die groot klok gehang. Menseleringe en leringe van duiwels wat deur die kerke aan ‘n niksvermoedende Boerevolk opgedis is, is goedberedeneerd en wetenskaplik in artikels verwoord. Maand na maand is nuwe ontdekkings in die Woord van God gemaak en aan die Volk oorgedra. Met die gevolg dat lesers van die Verbondskoerier nie meer onkundig aangaande geestelike onderwerpe is nie. Een van die grootste slae wat toegedien is, is ‘n gedeelte aangaande die grootskaalse bedrieëry rondom die nie-blanke proselietmakery van die Christendom. Hiermee verwys ons u dus na ‘n dokument; “Destroy the Spirit of Ububtu“, said the white christian master ...”, ook verkrygbaar by ons tent. Hierdie skokkende getuienis van hoe die teoloë vir die afgelope tweeduisend jaar saamgesweer het om die niksvermoedende swart man vir eie gewin te bekeer na ‘n afgewaterde en vervalsde Christendom, lees soos ‘n riller. Hierdie geskrif is feiteliks gegrond op die onvervalsde oorspronklike Geskrifte van ons Hemelse Vader. Die huidige Christendom, met sy universele liefde vir ‘n multi-kulturele en allesvergewende Jesus, word bewys as die produk van leuens en gefabriseerde fabels van gewetenlose teoloë wat slegs vir eie finansiële gewin opgetree het in diens van ‘n magsbehepte Joodsbeheerde Nuwe Wêreldorde. Miljarde rande is in Suid-Afrika met hierdie slinkse set ingepalm vir die kerke en hul uitvoerende lede. Leuens en nogmaal leuens is vir dekades aan oningeligte en meestal ongeletterde inwoners van Afrika opgedis in die naam van Jesus. Gewetenloos het hierdie “sendelinge van Jesus” voortgegaan om met slinkse afpersingsmetodes hierdie mense te vervreem van hulle Ubuntu–voorvadergeeste en gode. In meeste gevalle was die Christendom die enigste oplossing vir die arme man se haglike toestande en moes hy onder dwang bekeer. Met die magtige Christendom se tentakels van totale beheer effektief ingegrawe in alle aspekte van die landsadministrasie, kon hulle sorg dat christen-word die enigste weg oop was vir hul voornemende proseliete. Dit was meesal ‘n geval van; “bekeer of vrek van die ellende en honger”. Gelofte-verbreking. Vir diegene in die Boerevolk, die genetiese nageslag van die Voortrekkers, wat die Gelofte van Bloedrivier as bindend beskou op hulle en hul nageslag en die Gelofte getrou onderhou, sal daar beskerming wees van die Hemelse Vader in hierdie tyd van verdrukking wat oor die hele wêreld sal kom. Vir die ander van die Volk — die wat verkies om die Gelofte te verwerp deur dit eerder as ‘n Versoeningsdag saam met verloopte Blankes en verraaiers in die gees van ‘n nuwe reënboog Suid-Afrika te vier, vir hulle het die Hemelse Vader die volgende waarskuwing in Sy Woord: Jeremia 34:8, 15, 18-20. 8 DIE woord wat van JaHWeH tot Jeremia gekom het nadat koning Sedekía ’n verbond gesluit het met die hele volk wat in Jerusalem was, om vir hulle ’n vrylating uit te roep, 15 En júlle het vandag tot inkeer gekom en gedoen wat reg is in my oë, om ’n vrylating uit te roep, elkeen vir sy naaste; en julle het ’n verbond gesluit voor my aangesig, in die huis waaroor my Naam uitgeroep is. 18 En Ek sal die manne wat my verbond oortree het, wat die woorde van die verbond nie gehou het wat hulle voor my aangesig gesluit het nie, maak soos die kalf wat hulle in twee stukke gesny het en tussen die stukke waarvan hulle deurgegaan het: 19 die vorste van Juda en die vorste van Jerusalem, die hofdienaars en die priesters en die hele volk van die land wat tussen die stukke van die kalf deurgegaan het. 20 En Ek sal hulle gee in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek; en hulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde. Wees verseker dat julle ‘n aaklige dood sal sterf deur die hand van hulle met wie julle nou die Versoeningsbeloftes aangaan. Ten slotte. Daar bly dus slegs drie punte in die Gelofte van 16 Desember 1998 oor wat nog nie volkome afgehandel is nie. Die vervulling daarvan, sal van die bereidwilligheid van ‘n Volk se burgers afhang of hulle in die stryd sal staan tot op die einde en of hulle in die stryd sal voortveg in die Naam van JaHWeH, die God van Bloedrivier. Of ... gaan hulle voortslenter op die pad van die linkswordende kerke in hul mensgemaakte “Liewe Jesus”, die naam, afgelei van die bastergod “Zeus” van die Griekse afgodsfaam.
Die Dogter van Sion.
|
|
Stuur E-Mail aan Dirk
van Vuuren met vrae en kommentaar oor die webblad
|