Laat weet ons asseblief van enige wedstryde wat op hierdie tuisblad behoort te verskyn.
Ons plaas dit gratis, omdat ons hoop dat die skryfkuns daarby sal baat.
Wedstryde en Publikasies hier gelys:
Die Woordgilde Poësie Kompetisie
Enige iemand is welkom om gedigte in te skryf.Gedigte word in afsonderlike afdelings beoordeel met die spesifieke afdelings vir skole as volg:
Hoërskole (Graad 10 tot 12, Graad 8 en 9) Laerskole (Graad 5 tot 7, Graad 1 tot 4)
TEMA: Eie keuseSluitingsdatum vir Inskrywings: Einde November 1999
Uitslag bekend: Einde Maart 2000Pryse: Kontant- en boekpryse in alle afdelings Wedstrydreëls:
Slegs ongepubliseerde, Afrikaanse gedigte (lengte beperk tot 2 bladsye per gedig) Gedigte moet getik of in duidelike leesbare handskrif ingehandig word Naam, adres en telefoonnommer van die digter op 'n afsonderlike vel papier Getal inskrywings word nie beperk nie Inskrywings geld R20, ongeag aantal gedigte wat ingeskryf word.
Verskaf 4 kopieë van elke gedig wat ingeskryf word
Die Woordgilde behou die reg voor om enige inskrywing te publiseer en/of andersinds te gebruik hoewel die outeursreg steeds dié van die skrywer bly
Stuur inskrywings aan:
Die Woordgilde
Posbus 29010
Sunnyside
PRETORIA
0132Tel (012) 998 8869
Of e-pos: Woordgilde Navrae
SANLAM-prys vir Jeuglektuur
Skryf in vir Tafelberg en Sanlam se volgende Sanlam-prys vir Jeuglektuur.
Die sperdatum is 10 Januarie 2000.
Kliek hier vir meer inligting.
Korter manuskripte kan digitaal gestuur aan Louise Steyn by lsteyn@tafelberg.comU kan dit ook per pos rig aan:
Tafelberg-Uitgewers: Kinder- & Jeugboeke
Posbus 879
KAAPSTAD
8000
Honderd Dichters
'n Versameling van gedigte in Vlaams, Nederlands en Afrikaans word saamgestel deur
Die Stichting Internationaal, Forum vir Afrikaanse, Vlaamse en Nederlandse Taal
Persone wat belangstel kan gedigte stuur aan die stigting vir voorlegging.
Kontakpersoon:
Jan Biezen von Biezen
Pos aan bydraes aan:
Redactie Honderd Dichters
tav Annekoosje Ming
Stichting Internationaal Forum
Paul Krugerstraat 40
2312 ZD Leiden - Nederland
Hoofblad Skrywers Inligting Wedstryde Skakels Boekrak Die Teaterhuisie My Keuse
![]()