![]() |
| Hierdie tuisblad is afhanklik van jóú
bydraes en kommentaar!!
Indien jy dus van enigiets weet wat hier opgeneem kan/moet word, kontak Isabel of Johan. Ons plaas graag relevante inligting.
|
|
Ons wil graag meer van ons jeug by hierdie blad betrek! Besoek gerus die nuwe jeugblaaie en moedig jongmense aan om bydraes in te stuur: Opstelle, kortverhale, sketse en gedigte!! |
|
Produksies in Die Teaterhuisie, Gerhard Moerdykstraat, Pretoria |
|
Wedstryde vir skrywers; poësie, radioverhale en jeugfiksie |
|
Kursusse in die verskillende vorms van die skryfkuns |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die redaksie plaas graag Afrikaanse werk van gevestigde en amateur skrywers.
|
Na Skrywers-Indaba se hoofblad |
Hoofblad Skrywers Inligting Wedstryde Skakels Boekrak Die Teaterhuisie My Keuse
UITGEWERS EN TYDSKRIFTE
Tafelberg Uitgewers Beperk
Tafelberg-Uitgewers: Fiksie
Posbus 879
Kaapstad
8001Digitale voorlegging van volledige kortverhaal-
en digbundels kan aan Nèlleke de Jager gestuur word.Ongeveer 30 gedigte of 15 kortverhale per manuskrip
JL van Schaik Uitgewers
Posbus 12681
Hatfield
0028
Tel.: (012) 342-2765
Faks: (012)43-3563
Queillerie-Uitgewers Beperk
Posbus 17187
Groenkloof
0027
HAUM - Daan Retief
Posbus 12
Pretoria
0001
Tel: (012) 342-1000
Faks: (012) 43-7961
J.P. van der Walt en Seun
Posbus 123
Pretoria
0001
Tel: (012) 325-2100
Faks: (012) 325-5498
Die Keur
Mike Oberholzer
Posbus 32083
Babeni
4060
UNISA Uitgewers
Posbus 392
Pretoria
0001
Tel: (012) 429-3051
Faks: (012) 429-3221Spesialiseer in handboeke vir die tersiêre mark,
en ook ander akademiese boeke, vaktydskrifte en
leesbundels vir studente.
CUM
Tel: 0800-110-321
KURSUSSE
ATKV-SKRYFSKOOL:
Die PU vir CHO in samewerking met die ATKV bied jaarliks kursusse vir verskeie vorme van die skryfkuns aan.
Vir verdere inligting kontak:
Die Direkteur
ATKV-skryfskool
PU vir CHO
POTCHEFSTROOM
2520
Telefoon: (0148) 2991783Of besoek die ATKV Skryfskool via die internet
SKRYWERS- EN DIGTERSGROEPE
Die INKPOT
Die INKPOT is 'n tweetalige skryfkring wat elke 2e Woensdagaand om 19h00 by die Bellville biblioteek bymekaar kom. Alle genres skrywers is welkom aangesien daar altyd iets nuuts te leer is.
Kontak Brian by: (021) 483-2407 k/u
of (021) 92-0274 n/u
of Helmuth by (021) 414-9364
ONVERWACHT SKRYWERSGROEP
'n Nuwe groep wat elke eerste Dinsdag van die maand vergader om mekaar se werk te bespreek en te slyp.
Kontakpersoon: Basie van Heerden (014) 763-4786
DIE WOORDGILDE
Die Woordgilde bestaan uit digters en aspirant-digters wat elke laaste Dinsdag van die maand bymekaar kom om hul werk voor te lees, mekaar raad te gee, en oor digters en die digkuns te gesels. 'n Bundel word ook elke vier maande gepubliseer uit die bydraes van die lede.
Kontakpersoon: Jopie Koen Tel.: (012) 998-8869
PRETORIA KORTVERHAALSKRYFGROEP
Hierdie groepie aspirant-skrywers vergader maandeliks om hul werk aan mekaar voor te lees en te slyp.
Kontakpersoon: Johan Horn
EUGENE MARAIS PROSAGROEP
Ook 'n groepie skrywers van Pretoria wat op gereëlde tye bymekaar kom om hul werke voor te lees.
Kontakpersoon: Deleen Bekker Tel.: (012) 47-6938
PRETORIA DIGTERSGROEP
Kontakpersoon: Johan de Jager Tel.: (012) 333-0330
HERENGLIEWE
'n Vereniging van belangstellendes in alles wat met die taalpraktyk verband hou.
Kontakpersoon: Johan de Jager Tel.: (012) 333-0330
Ons wil graag nog groepe hier plaas. (Is daar dan géén soortgelyke groepe in die res van ons land nie?!)
Kontak ons asseblief!!
BOEKE OM TE LEES
Fantasie en die Kinderboek - Elsabé Steenberg - HAUM
In hierdie handleiding gee Elsabé Steenberg leiding aan nie slegs die voornemende skrywer van fantasieverhale nie, maar ook aan ouers, onderwysers en bibliotekarisse.
Sy begin deur die wese, aard en kernelemente van die fantasie te bespreek. Daarna behandel die skrywer die fantasie in die kinderverhaal en sprokie, en sluit af met wenke vir die skryf van fantasieverhale.
Die boek kos R7 by De Jong Booksellers. (Sien "Boekklubs")
Die Blote Storie - Hennie Aucamp
Aucamp se werkboek vir kortverhaalskrywers bevat heelwat stof wat veral op tegniese vlak vir die voornemende kortverhaalskrywer van waarde kan wees.
The Art of Writing Made Simple - Geoffrey Ashe - Made Simple Books
Hierdie boek is 'n moet vir alle skrywers-in-wording. Hieruit sal jy kan leer hoe om jou talente na behore te ontwikkel en hoe om daardie kortverhaal, roman, draaiboek of artikel te skryf, asook hoe om die manuskrip te versorg, en hoe om 'n uitgewer te benader.
Becoming a Writer - ISBN 0333653777 The Writer's Companion - ISBN 0805031898 The Writer's Handbook 1996 - ISBN 0333621336 Writing The Script - ISBN 0805002375 On Writing - ISBN 0805016872
Laat ons asseblief (e-pos hier bo) weet van veral boeke in Afrikaans waarby die aspirant-skrywer baat kan vind.
VEREISTES VIR 'N MANUSKRIP
Die dae toe 'n skrywer sy manuskrip met 'n stomp potlood op lyntjiespapier kon neerpen en net so aan 'n uitgewer voorlê, is lankal verby. Hierdie ís na alles tog die eeu van die rekenaar!
Uitgewers het nie baie tyd tot hul beskikking nie, dus verkies hulle dat manuskripte aan sekere vereistes moet voldoen ten einde die lees daarvan te vergemaklik en dus tyd te bespaar.
Nie alle uitgewers het presiés dieselfde vereistes nie, maar die volgende riglyne behoort vir die meeste voldoende te wees.
1. Getik of rekenaargedruk op A4-grootte wit papier.
2. Gebruik verkieslik 'n nie-proporsionele 10-punt font, waar die "i" net soveel plek as die "w" in beslag neem.
3. Dubbelspasiëring.
4. Laat 'n strook van ongeveer 2,5cm (1") aan die kante, bo, en onder oop.
5. Die bladsye moet nié aan mekaar gekram wees nie, maar los van mekaar wees.
6. Skryf 'n begeleidende briefie waarin jy meld wie en wat jy is, waar jy gekontak kan word, en gee 'n KORT beskrywing van waaroor die manuskrip handel.
7. Sluit 'n koevert in, aan jouself geadresseer en met genoeg seëls daarop, sodat die uitgewer die manuskrip aan jou kan terugstuur indien hy nie nut daarvoor het nie.
Voorspoed!
ENKELE WENKE OOR DIE SKRYF VAN GEDIGTE
deur Jopie Koen
WOORDEKONOMIE:
'n Gedig behoort altyd gekenmerk te word deur die gebruik van woordekonomie. Probeer om sover moontlik so min moontlik woorde te gebruik om 'n gedagte mee uit te druk. Dit beteken nie dat alle gedigte kort moet wees nie, moet net nie onnodig baie woorde gebruik om gedagtes mee uit te druk nie. Die digter Johann de Lange het by geleentheid gesê 'n mens moet bereid wees om jou "heel mooiste woord of reël" uit 'n gedig te haal indien die gedig daarby kan baat vind.VERSKIL TUSSEN PROSA EN POëSIE:
Wees versigtig om nie 'n stuk prosa bloot in korter reëls te skryf en dit dan as poësie te beskou nie. Poësie behoort altyd gekenmerk te word deur bindingsmiddele waarvan daar te veel is om almal hier op te noem. Enkele daarvan is die volgende: Rym, langer en korter reëls, die gebruik van strofes asook klanktegnieke soos bv. alliterasie (kleure en klanke). Dit spreek natuurlik vanself dat al die verskillende bindingsmiddele nie in elke gedig aangetref word nie.ONNATUURLIKE WOORDORDE:
Vermy die gebruik van onnatuurlike woordorde ter wille van onder andere rym. 'n Gedig moet nog steeds verstaanbaar wees net soos normale spraak, gebruik dus steeds die normale orde van woorde.SKAAF AAN ELKE GEDIG:
Hoewel dit soms gebeur dat 'n gedig met die eerste skryf byna afgerond op die papier beland, is dit die uitsondering meer as die reël. Wees altyd bereid om aan jou gedigte te skaaf en te verander ten einde 'n beter eindproduk te kry. 'n Goeie gedig sal nie breek nie.DIE GEBRUIK VAN RYM:
Rym behoort altyd met groot omsigtigheid hanteer te word. Net soos rym 'n wonderlike hulpmiddel kan wees in 'n gedig, kan dit ook afbrekend wees indien dit verkeerd hanteer word. Een van die belangrikste riglyne by die gebruik van rym, is dat die leser rym byna net op 'n onbewustelike vlak behoort waar te neem. Rym moet dus onopsigtelik wees en nie oorheersend nie. Rym bly slegs net een van baie hulpmiddels wat die ondersteuning van die woorde of boodskap in die gedig as funksie het.DIE REGTE WOORD:
'n Gedig behoort sò geskryf te word dat elke woord wat daarin gebruik word, onvervangbaar is. Dit is een van die redes waarom 'n gedig nie sommer net gebeur nie, die skryf van 'n gedig is werk wat tyd neem juis omdat die skryf van 'n gedig grootliks bestaan uit die soek na woorde - en nie sommer die eerste beste woord wat voorkom nie - presies die regte woord. Sheila Cussons verwys na hierdie proses in haar gedig "Akwaties."AKWATIES
Ek wil woorde hê, subtieler
as woorde, subtiel soos
'n blik of 'n fyn gebaar,
iets vinnigs en onverwags
soos 'n nat paddatjie
op 'n boek. Hoe geniaal kan
'n oog nie kyk, 'n hand bedui,
hoe dadelik spring begrip.
O borrels, blink borrels, ondertaals.
Ook NP van Wyk Louw verwys na hierdie proses in die volgende gedig:DIE BEITELTJIE
Ek kry 'n klein klein beiteltjie
ek tik hom en hy blink;
toe slyp ek en ek slyp hom
totdat hy klink en blink.SKRYF FUNKSIONEEL:
André Brink het by geleentheid oor die skryf van prosa die volgende gesê:
"Alles wat nodig is moet daar wees en alles wat daar is, moet nodig wees. In elke moment van die verhaal staan die hele verhaal op die spel."
Dieselfde geld ten opsigte van die skryf van gedigte. Alles wat jy in jou gedig gebruik, moet funksioneel wees - dit geld elke woord, reël wat oopgelaat word, elke hoofletter en elke leesteken. Juis om hierdie rede en as gevolg van die feit dat 'n gedig so kompak is, is dit belangrik om te onthou dat alles wat jy in die gedig doen, vir die leser iets moet sê. As jy dus dwarsdeur die gedig streng hou by 'n sekere patroon (byvoorbeeld net tweereël-strofes) en skielik gebruik jy 'n strofe met drie reëls, kan die leser met reg soek na 'n rede vir die afwyking.
DE GEKOOIDE ROOS
'n Nuwe Nederlandse Literêre Tydskrif: De Gekooide Roos is onlangs op die internet begin.
Vir korrespondensie en bydraes skryf aan die redaksie van die tydskrif by: redactie.dgr@gmx.net
'N INTERNET KOERANT VIR NEDERLANDSE AMATEURSKRYWERS
Deur: JEANNINE JANSSENS
Meanderkrant : voortaan elke zondag
LET OOK OP NA DIE NUWE ADRES VIR MEANDERElke maand komt er een nieuwe Meanderkrant (een poëtische site) on line op http://meander.italics.net
De e-mailversie van de Meanderkrant verschijnt voortaan elke ZONDAG met poëzie en actueel literair nieuws.
Abonneren gaat door een bericht aan majordomo@oudenaarden.nl met als inhoud: subscribe meander-l
Wil je in de Meanderkrant schrijven? Bij mkopij@is.nl zijn per inzender drie gedichten of twee korte verhalen (max. 1500 woorden) welkom. Insturen als plain text, geen HTML-opmaak.
De LINKSPAGINA, met honderden links naar Nederlandstalige literatuur en naar meer dan honderd schrijvers op het Internet vind je op http://meander.italics.net/links/
Berichten over literaire zaken of suggesties voor de linkspagina kun je sturen naar: links@menader.italics.net
Met vriendelijke groeten,
Jeannine Janssens
B O E K K L U B S
DE JONG BOOKSELLERS
Ledegeld: R10 per jaar. Dit verseker dat u maandeliks 'n lys van nuwe titels ontvang.
Foon & faks: (012) 333-3924
Posbus 11850, Queenswood, Pretoria, 0121.
UITGEWERS SOEK NA...
Kortverhale vir tydskrifte
Tydskrifte is altyd na geskikte verhale op soek. Alhoewel elke tydskrif sy eie behoeftes en vereistes het, sal manuskripte wat oor die volgende eienskappe beskik, by die meeste tydskrifte 'n kans staan.
Eerstens moet die manuskrip fisies voorberei word soos bespreek onder "Vereistes waaraan 'n manuskrip moet voldoen."
Die ideale lengte vir 'n tydskrifverhaal is tussen 3000 en 3600 woorde. Dit is ongeveer 11 tot 13 bladsye dubbel gespasieerd getik.
Vir tydskrifte wat op die gesinsmark toegespits is, is 'n tema wat op die gesin betrekking het gewoonlik 'n "veilige" tema. Vermy onderwerpe soos politiek, geweld en godsdiens, en probeer eerder liefde, spanning of humor in die verhaal inwerk.
Onthou om altyd na 'n goeie slot te probeer opwerk. Die verhaal moet ook vloeiend en maklik lees.
![]()