BELEID
Vryheid van denke
en spraak is inherent deel van die internet. Ons ondersteun hierdie siening
en sal dus, alhoewel ons persoonlike standpunte of sienswyses moontlik
drasties van die van ons bydraende digters en skrywers mag verskil, verdienstelike
werk plaas ongeag die politieke, godsdientige
of seksuele inhoud daarvan.
Ons kan en sal egter NIE toelaat dat Indaba as platform gebruik word om
enige standpunt bo 'n ander te bevorder
nie.
|
DOELSTELLINGS
-
om die Afrikaanse amateurwoordkuns
in die kollig te bring
-
'n forum te skep vir gesonde,
opbouende debat rondom die Afrikaanse skryfkuns
-
amateur skryfgroepe, opleidingsinstansies
en skryfskole, uitgewers, boeke, wedstryde bekend te stel
-
riglyne te verskaf oor hoe
uitgewers 'n manuskrip voorberei wil hê.
-
nuwe, ongepubliseerde potensiaal
aan die uitgewersbedryf bekend te maak.
Dankie vir die bydraes wat
ons reeds ontvang het vir 1999.
Kom kuier gerus weer!
Johan
enIsabel |