
GEDIGTE '99
VERHALE
LIESL HORN
Die uitputtende vakansie
Liesl se unieke siening van 'n vakansie.
CORNé SLIPPERS
My Voöltjie
Dis lekker om 'n troeteldiertjie aan te hou.
.
Na Skrywers-Indaba
se hoofblad
GEDIGTE VIR 1999
Jy is vir my 'n wonderlike inspirasie
wat ek oral saam met my neem,
sonder jou sal ek vergaan
sonder jou is daar nie meer 'n ek nie.
Jy het vir my gewys wat ware liefde is,
hoe dit voel om iemand werklik lief te hê,
hoe om vir iemand te wys hoe jy oor hulle voel
hoe ek vir mense my gevoelens kan uit beeld.
Sonder twyfel dat ek nie daai liefde
sal terug ontvang nie,
want jy het vir my
al die selfvertroue gegee wat ek al my hele lewe
lank nodig gehad het.
ek sal aan jou ewig dankbaar wees,
dat jy vir my al die liefde,
al die vriendskap gee
wat ek nooit geken het nie
Waar sal ek liefde vind
Ek loop deur die leë gange van my gedagtes,
en wonder waar sal ek liefde vind.
Elke deur wat ek oopmaak
is vol van nagmerries: van haat en jaloesie
Waar sal ek liefde vind
my wens
My wens
is dat ons twee
weer bymekaar kan wees
Weer die vreugde
en weer die liefde kan ervaar
wat ons saam gedeel het
Onthou jy nog
hoe't ons twee
saans in mekaar se oë gestaar
En partykeer as jy my hand vat
en saggies daarteen soen
het my knee lam geword