H U M O R

.

.

TANT SARIE GAAN INTERNET- TOE

Tant Sarie het nog altyd van skinder gehou
Die bure op die plaaslyn het egter haar geesdrif geknou.
Hulle wou haar nooit met rus laat om te praat,
het haar geskel as sy te lank wou kwaak.
Selfs as sy haar forty winks wou vang,
was die phone se receiver hier vlak langs haar wang.
Tot eendag toe sy die koerant so kyk.
Oom Faan...haar man neem skoon die wyk.
Hy dag sy't sy halfjack in die stal ontdek
Maar al wat sy ontdek het...was die Internet.
Terstond moes die Internet-manne kom.
"Boeties kom install vir my daai intercom.
Hierdie tannie is nou moeg van plaaslyne..
die bure sê alger ek maak hulle se besigheid myne.
Ek's nou moeg vir hulle se ontydige gebrom..
Ek wil nou op daai MIRC-affêring kom."
So gesê...so gedaan...
Oom Faan het Vroutjie maar laat begaan.
Internet-manne het die putertjie ge-install,
maar toe begin die dinge erg lol.
"Ou Faan...jy moet vir my hier kom waak,
die mense het nie 'n idee wat hulle hier maak.
Hoe meer ek vir hulle vra van die fine-tune,
hoe meer sê hulle dis klaar gedoen.
En al wat ek nou eintlik wou weet..
is of die ding baie batteries opvreet.
En waar tel mens die ding se receiver op...
en hoe kan hulle sê daar's nie 'n sentrale op".


JAZZ

'n Sanger genaamd Lucas Maree
beskrywe jazz as "chromatiese diarree."
"Alhoewel die kunstenaar maak of hy dit so bedoel,
is hy eintlik besig om na die wysie te voel,
maar verdomp of hy dit sal toegee!"


BACH EN 'N MONDVOL TEE

Ek het eenmaal 'n jong blondiene ontmoet -
sy had mooi oë en allerhande goed.
Ek nooi haar dadelik om 'n ietsie saam te drink
en sy stem toe in sonder om na te dink.
Ons sit so oor 'n koppie tee en praat,
met my gedagtes op haar bloes se naat,
toe sy meteens alte mooi begin fluit -
eers sag, toe harder, tot my ore tuit.
Sy fluit van Beethoven tot Mozart - ek was verbaas,
en sluit uiteindelik met Bach af om my verder te verdwaas.
Deur dit alles heen het iets my egter gepla,
soveel so dat ek gedwing was om te vra:
"Maar hoe kry jy dit reg, jy drink dan ook tee?"
"Te veel grondboontjies geëet," antwoord sy verleë.


VAN SIT EN STAAN...

Ek ken 'n brunet - nogal goed bedeeld,
maar ai wêreld tog, so uiters verveeld.
Sy sug en sy kla en wil niks nie doen
behalwe miskien om te vry en te soen
en dáárvan is haar lippe al skoon vereelt!


ONDERVINDING

Van 'n gefladder op die maag kan jy my min vertel,
want, alhoewel jy dalk nou eers begin,
is ek al dikwels deur daardie highly overrated hell
van omgee, verlief wees, en bemin.


THE MORNING AFTER

Van rond rinkink in die nag
kan mens nogal verwag
om hoofpyn te hê die volgende môre.
En drink jy nog 'n bietjie wyn
om die kopseer te laat verdwyn,
maak jy dalk net vuur onder jou sorge.

Hulle sê spyt kom te laat,
maar luister nou na goeie raad
en onthou dit vir die res van jou lewe.
Soos die toeval dit wou hê,
het ek eenmaal 'n oujongnooi hoor sê:
"Dan maar liewerster spyt as ontevrede!"


ONSE HENNIE

Onse Hennie is versot
op meisies en op pot.
Beide bring probleme mee,
want op albei moet jy bestee
en onse Hennie is bankrot!


PUB CRAWLING

As Boelie hom klaarmaak om te gaan crawl -
is dit om te suip of om te kan brawl?
En as hy vir Giepie na die pub saamvra -
is dit vir die gesels of die help terugdra?


VICKY DIE VIKING

Sy het Boeiing-brandmaak-bene
en jou-vrou-versaak-spene,
baklei-in-die-broek-boudjies
en glimlag-om-die-mond-voutjies.

Sy kan vroetel en sy kan soen -
sy kan jou ook geweld aandoen.
Sy kan slaan en sy kan skop,
maar sy is 'n bielie op die job.

Jy's nooit seker wanneer sy jou beetkry
of sy jou wil moor en of sy jou wil vry -
As sy jou tussen haar boesems indruk;
wil sy hê jy moet soen, of moet jy verstik?

Vicky die Viking is die ideale vrou
met wie enige Noorman graag sal wil trou.
Ek soek egter een van die makker diere,
een met meer liefde en beslis minder spiere.


REÜNIE-MOLES

Op die byweenkoms van ons Alma Mater
word my vrou hoe later hoe kwater,
want Sannie Viljoen -
wat altyd so lekker kon soen -
vryf die heel tyd oor my knater!

.

Na Skrywers-Indaba se hoofblad