
Rudi O |
Charl du Randt |
Magmoed Martin |
Ilonka |
Vyg Fynbos |
S. Vierstra |
| Almal is welkom om positiewe en opbouende kommentaar te lewer oor gedigte wat hier verskyn. Opbouend, sodat die digter by jou kommentaar kan baat. Positief, omdat hierdie blad so oorhoofse doelwit is om positief by te dra. Hierdie tuisblad is daar vir almal om te geniet... |
.
Simon Vierstra![]()
Tandskrif
vir HelenaPaul Kruger
het
op my ortodontis
se muur
geskryf."Alles sal reg kom"
het Paul Kruger
op daai plek
geskryf.Op Steutel
se spreekkamer
se muur
het hy
dit geskryf
chill 3
jy voel warm en ek seksie, asof jy my lover
is
ons staan stil, soos een, donker in die hoek
my hande vroetel rusteloos aan jou punte
waansin bringende sintetiese energie vloei,
ritmiese steurings, ek word warmer
binne-in hoor ek my hart klop en haal diep
asem,
hoe kru die realiteit waarvan ons so spoedig
ontsnap ?
![]()
wat soek ons by die hoi-poloi ?
kyk, die mense drom saam, om glase wyn en
bier
ek wil nader aan jou wees, maar ek kannie,
want jy wil nie
sagte dryfkrag stoot my teen jou vas,
ek wil in jou inklim
ek drink maar my coke, en bly kalm,
nie soos jy, wat rush om te 'weetniewatnie'
in plaas van kalmte, beur die opgewondenheid,
dit beweeg stellig op en op en op
beweeg weg van jou af, ek vibreer
heerlike ontwaking tot lustig en onkeerbare
beweging
ek wil, weer en weer, dit wat ons gedoen
het, doen
en dan wil ek dit weer doen
Motreën
Buite
Binne
![]()
adem ek die bruin geur
van varsnat aarde,
snuif die ryk spesery van klam wintersblare
tot ‘n gloeiende son
diep in die muwwe miasma
van my mosbegroeide gemoed.
wyk die molm en mis
van lank se motreën
na die bekende skadu skuilings
en wag vir die ster om uit te brand
en hul weer baas te maak
van die skurwe klip en kruipende goed.
Tyd 1
Tyd het geen geduld
Nag 1
In die nag huil ons
Waar is ons?
Ons sweef deur die ruim
Moeg
Ek lewe in my kop
Depressie
Ek luister
![]()
Dae word weke
En weke is nou al jare
Dekades vlieg verby
En tog…
Sleur die seisoene deur my kop
En die minute word ure
Van wanhoopsdade
En maande en jare van soek
Uiteindelik keer jy terug
Steeds net deel van stof
Soos die wind
Wat bly soek
Bly dink
En hoop
Om teen dag
Klaarheid te vind
Klou soos rotte
aan die laaste plank
voor alles sink
SOS – dis nag daar buite
SOS – net God sein terug
In onverstaanbre kode
My brein prosesseer
En stuur die impuls
Na dooie mate
Magteloos
Impotent
Ek kyk
Ek vat
En tog
Hoor ek niks
Sien ek niks
En
Voel ek niks
Blues
Hoor ek nog die roep,
Vrydag by die Pub
Hier waar nou 'n sonstraal my vee,
Hulle stap in een vir een,
Hier by die naaste watergat
Hulle kom en gaan, drink gou 'n dop,
![]()
gaan jy jol die naweek?
Daar op Sea View se stoep,
daar gaan ons sit
En gesels oor ou dae.
Ons gaan die lewe lewe...
Saterdagoggend, babbelaasjol,
almal raas, die glase is vol
Drink ons nog steeds Redheart en Coke,
rook ons weer Chesterfield en dope
Ons lewe die lewe, ons vang mos die gees,
hier in ou Gansbaai gaan ons ook mens wees.
Maar die lewe gaan aan en almal trek weg,
die eerste paar jare gaan dit maar sleg
Dis Kaap toe en varsity toe,
ons skraap maar nog deur
Naweek na naweek terug te keer
Die gesigte word minder, die huise vervreem
Ons is nie meer locals nie...
Nou is dit skielik drie maande se wag,
weer met ou vrinne lekker te lag
En ons lag oor ou dae...
tuur ek uit oor 'n eindelose see ...
Vrydagmiddag kwart oor vier
teug ek liggies aan nog 'n bier
hulle gesels nog oor laasweek se reën
Die vis is maar skaars en tye is sleg,
die kombuis ruik na 'n seekosgereg
maak almal maar die kele nat
Hier kan almal se siele rus,
hier is jy van menswees bewus
vrou by die huis - sy kook vanaand sop
Vir nou kan almal gesels en lag
môre is dalk weer 'n goeie skuitdag
...
Die Swaard van Vergelding
Met die swaard van vergelding
Van die koningin, maagd en slet
Van myself,
Met die swaard van vergelding
![]()
in my hand,
Wil ek maar net melding maak
Van die sand
Wat deur die uurglas sif,
En my lippe gesmeer met gif
wat al drie wag in een bed
Dat ek jou lief het
En dat jy my moet red
En die hand wat in my binneste delf.
in my hand
Waai ek waar ek wil,
Soos die wind
Maar wees stil
Want ek is die kind
Wat jou verlos van dit
Wat jou bind.
by
wyse van skrywe 1
blink sink die
swartblou ink
by
wyse van skrywe 3
as ek kon kies
my lief
jy weet,
kringloop
tussen die onvergenoegdheid
binne die kring
mirabilis
jalapa
rooi blom die
wit geel
apathos
leeg pap hang
my hart
momento
mori
klein-klein wipneus
se vinger
meisiekind
om te dink die
wink
![]()
en so tot in
eenvoud geslink
lê dit
kruppel en krank
en lank van
emosie ontklank
tog, my seer
is nog seer
die punte wat
makeer
sou jy dit alles
wees,
die eenself
van my woensdag op kantoor
van elke dag
se koppie tee tien voor
of die oggendkoerant,
die weer
en my vroegmôre
voetval oor die teer.
as ek sou kon
kies my lief
sou jy tog dit
alles wees,
maar nou's jy
net die blou
blou donker
in my pen.
en die vreemde
wat dit van buite verdring
bly die einde
en begint
tog tot een
geheel gebind.
uit die kwas
se steel
die kleure 'n
knoetse-gerf
van goue somersverf.
tussen hol ribbes
maar net part.
wys ek kyk die
son;
nou's ek 'n
grys ou man
my kieriehand
die maan.
agter jou oë
se blink
het vir 'n sekonde
flink
gewillig bly
hink.
Opgekussing,
buisbelyn,
vir ewig verstrengel
in draad en koord.
Geen eie asem,
skaars eie bloed
'n wit wese
wat elders hoort.
Dors naalde
wat droë are
betas en bespied,
meganiese musiek
piep ritmies
'n blik lied.
Dit alles ten spyt
bly jy
'n mediese androiëd.
Ma,moenie worry nie
die Tjaties is nie 'n war zone nie
os baklei mos net vir turf
soe lat os die drugs
verkoep kan kry
en as 'n anner gheng wil trade
oppie turf wat os lankal gekleim het
dan sal hulle moeligheit kry.
Ma,moenie worry nie
wan ek het werk gekry
by 'n druglord
wat my 'n vet pay check sal gee
en al wat ek moet doen
is die skool laities encourage
om oek drugs te use.
Ma, moenie worry nie
as djou meisie kind
haar lyf wil verkoep nie
wan sy is tog 'n addict
wat nie sonner drugs kan leef nie
en ma,
moenie worry nie
as ek die neighbour se huis inbriek nie
wan ek is addicted
aan buttons en rock
al sit ek sonder 'n job.
Ma, asseblief, moenie huil nie
wan djou trane
kom my nie toe nie
en as ek innie tronk beland
moenie worry nie
wan dit is my verdiende loon
en as ma
my liggaam innie strate vol bullets kry
moenie treur nie
wan geen traan is my lewe werd nie.
En laastens wil ek net se^
ma , vergewe my
wan ek het nie geweet
hoe om vir ma te waardeer nie.
Die Budget
Ek verstaan die finance ministrie
wat os land se budget plen
en even as daar 'n shortage moet ko
verstaan ek dit nog,
wan ek het oek 'n budget
wat ek weekly plen
Nou ,my budget day is op 'n Sarag
net soe na die sports,
wan dan het ek 'n kop vir syfers
na so een helse dop.
Die eerste item op my budget,
is om te provide
vir die volgende wiek se dop.
Next ko mos die rekeninge
wat my pyn gee in die kop.
Ek gee oek R 100 vir die motjie
om te sorg vir die wiek se kos.
Sakgeld vir die laities
skryk ek somaar neer as 'n loss.
My budget allow oek vir corruption
want ek, die official
steel oek mos,
wan altyd as dit Vrydag kom
smaak ek mos daai ekstra dop.
Die Sondebok
Ek skryf mos eendag oppie bord
toe 'n leerling
se uitveer teen my kop skop
en in my skrik vlieg ek om
en sien
hoe daai onskuldige laities
my dophou
en dit stoot toe my stress level op.
Dit is Bradley
sweer ek tog
maar die sit met oe
stiptelik in 'n boek gerig.
Grapjas Alfonso kan dit nie wees nie
wan my oogappel is hy tog.
Eugene, Basie of selfs Raymond
kan dit wees
wan 'n skuldige
is daar mos.

hier's 'n span wat hul verkoopsvernuf uithaal:
nee dankie, ek's nie honger nie
ek het nie kitsgom nodig nie
my girlfriend koop haar eie blomme
en hou jou pamflette vir jouself!
so jy's honger? soek werk!
drie kinders en 'n swanger vrou? dra 'n
kondoom
god bless? wel dankie
too bad, daar slaat die robot groen
maar hier's my toebroodjies, gou!
my appel gaan ek hou.
Deel twee
rooi robotte is te kort vir meditasie. hulle
hou jou net lank genoeg daar
om posters en advertensieborde te kan lees.
motoriste kyk nie vir mekaar
by rooi robotte nie, hulle is soos atlete
in wegspringblokke, opponente
maar tog ordentlik. maar wag, daar vang
ek jou tog! jy't skalks vir haar
gekyk, gewonder hoe haar kar ruik en wat
haar selfoonnommer is. en watter
liedjie wat nou oor haar motorradio speel
sy saam mee neurie. as julle
saam wegtrek probeer jy haar nommerplaat
memoriseer, eintlik vergeefs,
maar toemaar, die volgende rooi robot is
reeds aan't naderkom.
Deel drie
skemer by 'n rooi robot. aan my linkerkant
is 'n begraafplaas. dis 'n ou
een, daar lê hensoppers begrawe. en
'n kleinneef van paul kruger. as ek
lank genoeg hier staan, eindig ek dalk tussen
hulle, dink ek. in die
begraafplaas se parkeerarea staan 'n ry
blink insleepvoertuie en wag vir
die nag se prooi. agter my probeer 'n ambulans
deur die verkeer druk om
oor die rooi robot te ry sodat hulle iemand
kan gaan red. iemand bel op my
selfoon en vra: is jy besig? ek sê
nee, ek trek net gou hier by die
begraafplaas in dan gesels ons.

eendag het ek gedink ek
is verkeerd, en ek was reg
my verstand was op n ekskursie
baie ver weg...
op goddelose paaie vol twyfel
het dwaasvrae my geteister
en my selfjammerende siel
het verkeerde antwoorde gefluister
stadig het ek my hart geprospekteer
op soek na n doel van wese
idees het begin presipiteer,
op 'n verlengde eksistensiële leuse
en met aarsel vir eers weg, geweet
ek was altyd reg
Begin van 'n seisoen Die dae word nou
Slapelose nag Die hier en die nou
Onverwagse besoek van die
muse In 'n kol son
Ongevraagd spring my taal
Ek voel ineens renegaatverraaier skuldig
![]()
in ongekende deursigtigheid
saamgestring,
voor en agter geknoop
en om my nek gehang
waar ek loom en lui
oor die waatlemoenhitte
van sondeurdrenkte grasperke loop
en luister na die geluide van die dag,
vóél hoe dit Sondag is
en hoe dit lente word
in die fyn vlerk van 'n insek
die waas van 'n eerste-groen-populier
wat lig van nuwe beloftes weerkaats
en skittersterre tower
uit die vlietende diamantskyn
van vasgevange blinkheid.
moet ek eenvoudig vaspen
om later na terug te blaai
en die bladsy
een
vir
een
weer te lees
om te draai
en drie-dimensioneel te beskou.
Want in al die stringe gisters
word my ek opgesluit;
soms sonder 'n sleutel,
maar ander kere - in naaktheid,
sonder skrome
sonder die duisterheid
van bevange woorde.
warm gemat
en sag toegevou
in die gedruis van seunstemme
slaan ek De Kat oop.
swart op wit na my op
en kom hang die verlange aan my
om met die soet hartklanke
van Afrikaans om te gaan.
oor my pogings tot kommunikeer in 'n vremde
taal
oor my klein vreugdes om dit telkens oop
te breek
soos ryp granate wat my handpalms pers vlek
en ek tong-in-die-kies daarmee kan speel.
Die brandende begeerte
kom uit die dieptes van my binnekamers op
om weg te breek
uit die bros kokonne
van my tonnelvisie lewe
en my skoenlapper gemotte vlerke
wyd te wapper en te sprei
tot ek verarend, ver verstip
tot hoog bo in die lug
om weer
ruimte
in my siel te kan kry.
Die windvlae speel uitbundig
met my wye rokspante,
dwarrel onbetaamlik
teen my bene op
sodat ek soos Monroe
moet keer en gaan sit
op die spuitfontein se muur.
Eers dan sien ek die oggend
knipoging lonkend vir my loer
soos 'n straatvrou
wat subtiel kliënte nader lok.
Mense loop nikssiende rond -
onbewus
van die môre se wulpsheid.
Argeloos is hulle,
blind vir die belofte van lewe
wat winkend
in die varsheid lê
Seisoene
Jy was vir my die vroeë lentereën
wat kaalwit takarms sag deurdrenk
en nuwe hoop en lewe skenk.
Jy was vir my die somerskemer
swanger aan beloftes en geur
en jasmyne wat witpienk blom.
Jy was vir my die dieprooi herfs
wat ryp skakerings kleur
uit blaarpalette verf.
Nou is jy my winterwete
wat koud en klam -
die lente reeds vergete -
'n laaste vonk in die kaggelvuur laat vlam.
Oulaas
Sal jy weer vir oulaas
my gesig in jou hande omvou,
jou oë se diep poele myne laat hou?
Sl jy vir oulaas weer
oor 'n skare onbekendes heen
jou magnete oor my laat reën?
Finito
Dis weg, dis klaar, verby.
Want in die koue kantigheid
van my selfgekose kanse
stapel ek een vir een vir een
aan die klipmure van my skanse.
Binnewinter
My hande kelk na bo
soos 'n boom
in die dor-ste trap van droogte,
my takke kaal
en bar aan vreugde,
aan lewe,
aan begrip.
In hierdie dorheid,
uit klip gekapte aardsheid
móét die belofte van groei
in brose groenheid
kan uitsprei
met die onverwagse
sprong van 'n saad
wat uit sy vasgevange klamheid
óntpop.

Asteroïde op Moedersdag
1999
Tenger en strompelend, hand-aan-hand oor
die stroom, ek en jy,
In jou donker, somber krabbelskets teen my
witgeskropte mure -
Saam het ons nagte deur verdwaal tussen somme
en syfers...
'n Elegante sprokiesaand - na die praal van
die matriekafskeid
Jy't vroegaand die tarentaalpaadjie afgestap
na jou troetelplek
Maar het jy nie geweet:
![]()
die een krom voetjie slepend skeef,
toe het jy al gedroom: om met jou
donker lokke swiepend,
ligvoets, ritmies, statig ... oor die verhoog
te sweef.
met 'n moedelose traan in elke nukkerige
oog -
was die boodskap moeisaam, slommerstadig,
kinderstram:
jy skilder jou eie volkome kleureboog.
maar die maatstok waarmee jy jou dae wou
meet,
was die feit
dat jy eendag ook alles sal kan weet.
het jy stralend weggestap, elegant die trappies
af, in swart
maar met jou troebel oë se skitterswyg
het jy gesê:
daar sal nooit 'n man wees vir jou eksentrieke
hart
en digby die kiewietnes jou bestemming bereik,
bene gekruis,
dit was jou ideaal: ek moes jou vind
op die plek waar jy
(op 'n stil dag) die engelevlerke kon hoor
ruis.
met jou in my arms, toe ek na jou warm liggaam
smag,
en ek my kneukels om die snellervinger van
jou smal hand vou,
dat ek jou
so bitter-bitter
graag
net nóg twee-en-twintig jaar
so styf teen my sou wou hou ?
Die
ryk vrou tussen die dagblaaie Tussen vier vaal vensters
in 'n alleenhoekie het ek jou elke dag
maar tog dans jy nog
in die Kaapse reëns -
Soete
wete God, ek het vandag
na Jou gesoek op die sneltrein
God is nie in die kerk
nie.
Maar toe ek my destinasie
bereik
Ek is jammer.
![]()
Vir die vrou
in die gang voor die Naspers-gebou
getref: jou arms skamerig
om jou bene gevou, jou hare in toiings
vasgekoek, jou oë
spring soos berge rond as jy ander gewaar, jou nek
beweeg langsaam in
die rigting van 'n droom, jou hande in 'n bakkie gevou
uitgestrek,
die blou merke op jou lyf littetekens van jou nagte op
straat, jou arms maer
en uitgeteer 'n noodroep tot hulp die soutmerke van
die trane op jou gesiggie
is bruindroë herfsblare, jou laaste klere vuil
'n verskansing teen
die kou,
ryk en borrelend van
lewenslus en energie
terwyl die waters
jou rein van hartseer en pyn
en jy offer graag
jou laaste druppel bloed
sodat ander saam met
jou snags 'n skuiling
tussen die dagblaaie
kan vind.
van my lewe, tussen
die medepassasiers
wat uitdrukkingloos
hul tog aanpak.
By elke stasie het
ek deur die venster geloer
om te kyk of Jy nie
dalk iewers op 'n perron
vir my staan en wag
nie.
Ek het Jou nie gevind
in die stem van die treinprediker
of die sang van die
koor, of in die kerk nie.
en uitklim het ek
Jou hoor fluister in
die versengende hitte
van die wind.
Deur die groen takke
het Jy met my gesprek gevoer.
Later sou ek besef
dat Jy, my God,
met my spreek deur
die fluisterstem van die wind,
die glimlag van die
sonskyn en die trane van die reën,
wat ek soms (respekloos)
vervloek.
ek is vasgevang in 'n deurmekaarspul van
gevoelens
weet nie of ek moet lag of huil oor die
lewe my so aanhoudend
skop trap in 'n hoek vasdruk
terwyl ander mense saggies, stadig op my
trap
weet nie of dit normaal is om te dink aan
seks God passies studies
vreugde geloof hel fantasieë
so alles in een asem
nie
wat dink ander as ek soms net soms
soos 'n sienende blinde deur die strate
loop
verdwaas verdwaal op soek
na iets
weet God dat ek snags wakker lê
omdraai van sy tot sy
en tob oor my lewensdoel my bestaan
alleen
Gedig aan 'n onbekende
Ek het vandag tevergeefs na jou gesoek:
jy het my die teken gegee dat ons twee saam
iewers sou kon verdwyn om alleen liefde
te pleeg.
Maar in 'n oogwink het ek jou verloor
tussen die kraakgeluid van 'n sekuriteitsradio
en die klap van 'n deur wat ons
tot dusver nog aan dieselfde kant kon hou.
Tussen blommeverkopers leerhandsakke stalletjies
het ek gehardloop; tussen karre my
lewe
op die spel geplaas. Op soek na jou.
Maar al wat ek kon vind was die hartseer
gestalte van 'n wit boemelaar
en straatkinders wat geld bedel,
en die klein gesiggie van Renata Ismail
op 'n muur.
Moeg gesoek het ek wéér alleen
tussen die
eensame bome en groen gesiggies van die
stadsmense beweeg.
![]()
Ek laat jou lag of huil
ek laat jou eerste-leesfrons stol
daar waar jy
van my jong kinders
nie kan verstaan nie
nie van hulle oë of hare hou nie
(wie het dit bestel
–ek, jy, hulleself?)
ek woon nie in één kamp nie
jy kan my nie
vasbind vir jouself nie
jy kan my nie begrawe nie
want as die eerste kluite val
is ek vergeet al uit die kis
langs jou
om te lag en huil
vir jou
oor jou
met jou
ek oorleef
deur my nageslag
groter as jou gedagtes
geweldiger as die storms
mens-wiskunde
(Oorlog
verslaan duisende, vrede tienduisende. Beilby Porteus
Daar
was nog nooit ‘n goeie oorlog of ‘n slegte vrede nie. Benjamin Franklin
Die
helde is die vredemakers, nie die lawaaimakers nie. Senior Burger in Beeld
1998)
Ravensbruck
Auschwitz...
Hirosjima
Nagasaki...
Kosovo...
as oorlog oorlog is
bereken lyding
as die middel
nie per doel geheilig
word nie
bepaal die heiligheidsgraad
as oorlog die middel
is...
:doel geheel en al
ontheilig
bitter
bitter ryk ravyn
vol steentjies
en juweeltjies
bitter pyn ravyn
vol gemis
en jammer
bitter brug
wat ek nie tot
by jou kan bou nie
seker
triomf
(vir almal met beseerde
vredesverwagtings)
ek weet jou vredesduif
is sleg beseer
ek sien die bloed
al broei die duif
langer as ons sinne
verby geloof en hoop
hysal triomfeer
dis so geskryf
dat hy moet
guns
genade
as somer
groen
oor almal reen
God
hierdie rekordhouer
in misdaad
kom seën
ek woon nie in één
kamp nie
jy kan my nie
vasbind vir jouself
nie
jy kan my nie begrawe
nie
want as die eerste
kluite val
is ek vergeet al uit
die kis
langs jou
om te lag en huil
vir jou
oor jou
met jou
ek oorleef
deur my nageslag
groter as jou gedagtes
geweldiger as die
storms
.
.
.
Nokturne
Dis stil op die stoep.
Daar binne,
agter digtoe gordyne
slaap `n man en `n kind -
ongesteur deur die nag se refreine,
onbewus van die wispelturige wind
wat met ligte, koel vingers
kom speel oor my wang
en teer, talmend
kom terg om my mond.
Wit heuningblom en purperrooiroos
vervloei op die wind in die swaar,
oorryp geur van soetjasmyn.
Die geelperskegloed
van die lamp deur die ruite
poel dofglimmend in die donker
hier buite
en die blaarsilhoeëtte
dwaal met swart, soekende hande
teen die muur.
.
veiligheidsnet
my simbalende siel swaai vreesloos
met die tromme en trompette
na die nok van die skitterende kosmos
maar onder die stellasies, buite sig
klap die verslawende sweep en lag die rooi
mond
van die wreedste nar ooit
vakansieromanse
voordat ek jou verloor het, het jy
my soos yskoue roomys in die sandkorrels
van ver verlate eiland-strande laat bollemakiesie:
spoel-spoel, gety oor my kop
suig-suig, soutborrels om my binneste!
nadat ek na jou begin verlang het, het ek
ons seewiere, jellievisse en bloublasies
gevang,
geweeg, te lig bevind en teruggejaag ...
dit is baie soos die verhaal
van Cuchulain van Mehurfna ...
sodat ek kon aangaan met my lewe, het ek
skulpe begin versamel, geleer hoe om branderplank
te ry, lewensredder geword en uiteindelik
afgetree as diepsee-visserman
ek soek deesdae nuwe kontinente ...
noudat ek van jou vergeet het, kyk ek
na ou foto's van verliefde paartjies op
strandbankies
... jammer ons s'n kon nie ontwikkel nie
...
kinderkamer
'n klein seuntjie lê en staar
na 'n helder tapisserie teen sy kamermuur
-
twee swart voëls met wit-pers borsies
in twee hande wat nou vuurpyle lanseer ...
(maar eendag ...
slegs leë doppe en dooie okselknoppe?)
skielik gryp die bloubang veervente mekaar
en vlieg verskrik gangaf
oor speelringe, boublokkies, geweertjies,
rekenaars, fietse, kaal meisies ...
al met fabelagtige pienk plafonne langs
waar wit duifvere blink blits
tot skielik in 'n lugnet van glas, nag -
bruin koeverte, aktetasse, driestuk-pakke,
koue huismure, skreeuende vleisbondeltjies,
vuil beddings en omheinde voël-voerbakke
...
maar die hande kom en haak hul los
en plaas hul, strelend oor die pikkende
snawels, in 'n silwer kou vol klokkies en
spieëls
waar hulle sonder om knus op te pof
mekaar se vliegvere uitpluk soos papegaaie
...
die seuntjie draai sy gesig in sy kussing
in
en voel hoe die trane in sy baard kriewel
Dit maak nie saak nie
woord huil jy dan nie
jy haal die gil nie
in
glimlag om die dood
suggereer 'n vol lewe
deur jou ego eggo
af en uit te lag
dit maak nie saak
nie
sukkel vreugde vol
peins min in pyn
skram in gevoel in
bewys jou leë
dop beter
val kaal en leeg en
dood
in jou in
dit maak nie saak
nie
en waar haar pieperige, dogtertjie-patetiese
en o,
so irriterende opkykstemmetjie die koolsuur-
gasinhoud van so 'n nag verhoog, brandskok
die sweismasjien in my siel hare kale
soebatwoordjies tot skamele grootwordreste
en slaan staalkonstruksies, soos baard en
ereksies,
haar hand van afhanklikheid in warm as
maar die vrou en niks behalwe die vrou
feniks haarself gou reg en kom oor
die skeuring van die laaste naelstringvelletjie
en fladder onswak, dinamies, wys, polsend
soos 'n skaars vlinder uit haar papie-slaapsak
-
pragtig op pad na die vlam van ware liefde
waar sy weer kies: mot in kers
(in kombuis (in kraamsaal (in haar twintigs
(in limbo (in eensaamheid (in ouetehuis
(in testament (in graf)))))))) ...
of ribbebeen-onafhanklike vryheid
in stralende harmonie
met 'n bevryde, vrug-onafhanklike
vlamgenoot!
.
.
Soos Jakob
So
sonder ophou haal jy asem
in en uit
en lig die doodsheid
om my kop
op tot lewe
reuk
(warm sagte nagsweet)
klank
(die hond is donkerbang, soos die lam...
soos die lam ...)
geluid
(Plafon of rot, iewers leef daar bo
my kop
geluide wat selfs in
die donker ure
beste bure is )
gevoel
(vee jou asem - soet soos bies-
my uit die louerige holte van my kussing
tot in die donker hoepelarms van berusting)
... lig die doodsheid
om my kop
op tot lewe
tot vroeg-oggend, bewe-koud die rooi koekoek
weer driekeer kraai
en ek soos jakob
- heuplam -
my rug moet draai
En rondom my
bots koeel en lyf
lewe en dood
kop aan kop teen mekaar
.
.
Mense het mekaar nodig
om te kan oorleef
mense naby mekaar
moet mekaar laat leef
en as jy dalk vir
'n rukkie sonder mense wil leef
en jy het niemand
om mee te gesels nie
en jy moet jou hart
uitpraat
skryf dit maar net
neer.
Iemand sal dit later
lees
maar vir nou het jy
geselskap gekry.
Nota op 'n RSA-skryfblok
Op jou - vel papier - skryf ek nou
My hartsgeheim aan jou toevertrou.
Liefde het in my ontwaak -
broos en teer soos skoenlappers uit
hul kokon
Vlerke sprei, ontkreukel tot hul glorie,
uitbasuin aan wêreld alom.
Ek, verlore in liefde, vind vrede en
rus
daar waar ek by haar is.
Jy
Jy,
Wag-'n-bietjie
dorings haaks gekrul.
Jy,
Vergeet-my-nie
daar waar jy teenwoordig
was.
.
.
I hear the music of the
words...
Francis Ledwidge
jou woorde
het verskiet
hul musiek
talm in verlate
melkweggange
soms hoor
ek kore sing
in leë sale
van die maan
herken woorde
drink die nag
druppel
vir druppel
leeg
Bepeinsing
dis stil
ek is alleen
die lug dynserig
verbleik-blou soos
my grys Pa se oë
vaal-wit bondels
wolk sleep agter
Koedoeberg verby
hoe
hoog was Golgota?
dis altyd so:
met advent kyk ek by
my tralievensters uit
en sien bo-op
die klipperige kop
'n kruis
Ontwaking
In 'n skemer kamer
in 'n vreemde koperkatel
word 'n bang kind wakker
momenteel verdryf 'n tortel se geroep
onsekerheid en vrese
deur hortjies sparre val yl ligstrepe
uit die verste hoek
waar stil gedaantes skuil
verskyn 'n towerfeë
gooi luike-barrikades oop
bring onbegrensde lig na binne
verdryf fantome van die skimmeldag
bied op klein geskulpte palms
die singende voël
vir die bang kind aan
klop dit in rypingsboorde
waar volryp drome
plukgereed blink
klop dit op perronne
na bestemmings
van volle wasdom
klop dit al meer
daar buite
waar dit altyd warm
was
.
.
.
wanneer ek 'n kers
opsteek
val donker skadu's
oor die bewyse van
my
eiewaan
maar ek het lankal reeds ophou vleg aan my galg se tou:
berusting lê
in die besef
van die Liefde wat
ons omvou
'n hartseer vrou
Drome van pienk of blou:
Kastele - beplan, gebou.
maar, helaas...
te gou,
te gou
Poem?
word poems uit gevoel gebore
of is dit intellektuele besinning
of dalk beide
?
moet my nie vra nie
ek sit maar net hier
en speel met my vingers
om die tyd om te kry
dus skryf ek sommer la la la
onversigtig en deurmekaar
steel ander se woorde
bou 'n muur om my in taal
ek het dit geskryf vir jou
die leser
sodat jy die muur met jou begrip kan
omskop
anders is dié poem in 'n lêer in 'n rak in 'n kas
en ek skuil agter die mure
bly bid vir 'n leser
bly bid vir begrip
'n hartseer vrou
Drome van pienk of blou:
Kastele - beplan, gebou.
maar, helaas...
te gou,
te gou.
.
.
ek stuur 'n feetjie
uit my tuin
om vannag
maanligstrale oor jou
wimpers te sprinkel
ek stuur haar
met goue sprokkels
drome om wrede
nagmerries te besweer
ek vra haar om
jou gedagtes vleuels
van vrede en
rus te gee
klippe gelig
bas weggebeur van
die stam
kerse in donker plekke
gebrand
en stowwerige boeke
afgepak
jou naam gefluister
jou naam geroep
'n woordelose stilte
die antwoord in my
gemoed
ek het jou vanoggend
gesoek maar jy
was nie beskikbaar
vir die onderhoud
nie
soms is jy 'n
sterrereën
wat my dorre siel
kom voed
en soms is jy die
son
waarom ek kring in
'n ons-om-wenteling
rusplek
my handpalms het oor
saadryp gras gestreel
wuiwend in die rigting van reën
my voete het pad gevind
terwyl die dag se wroeg soos droë
modder skille begin skilfer
het my lyf moeg en verwese
'n holte in jou skaduboom
gevind en droomloos
my stilte vir jou gegee
.
.
Stad
vaal binnegoed van my ingewande
met jou ingeperkte ruimte
tot klein en knoets
groei jou krabbers in my are
sterf jou onrustigheid teen my slape
tot waar jy my wakker woel
teen jou neonlig nagte -
wat rustig vrot in ‘n donker poel
jou oë sien die bloed
jou hande voed die oopbek kind
wat in die draadbos skuil
teen die oog van nog ‘n robot
Vigs
My liggaam praat die taal
wat jy in jou dra
en groei onwetend in my wande
teer jou siklus
totdat wangbene jou tuiskoms beaam
hul wat onskuldig ween
in donker vertrekke
verpas nie jou vrywillige afsterwe
wyl jy jou groei voed
vir nog 'n uur (twee, drie) ...
sal ek dit verduur
en hoe sal ek dit meedeel
dat jy in my aanteel?
ek ken nie meer jou rowwe nalatigheid
of weereens jou vrywilligheid nie
Aids
vryvertaling van die skrywer se Afrikaanse
gedig: "Vigs"
Mijn lichaam spreekt de taal
die jij in je draagt
en groeit onwetend in mijn wanden
verteert je cyclus
tot jukbeenderen je thuiskomst beamen
zij die onschuldig wenen
in donkere vertrekken
missen je vrijwillig afsterven niet
terwijl jij je groei voedt
voor nog een (twee, drie) uren
zal ik dit verduren
hoe zal ik dit mededelen
jouw in mij verborgen telen?
ik ken jouw rauwe nalatigheid niet meer
noch jouw herhaalde vrijwilligheid
Tabularasa
Ongevul, ongegiet
van dade
horison sonder einder
re‰n ongevog verstof
Vervulde redelikheid
intieme aardsheid
aslose rook, onberoet
van swart giere
Liefde sonder gevoel
onbedoelde dreigemente
onsekere dade -
sonder doen
haat sonder skaad
pyn ongevoel - rein
goed bedoel
ronddwaal
hoe kon ek raai
dat met die ontmoeting
kom die afskeid
hierdie liefde gedane
sake
jou liggaam die tuin
van Getsemane -
‘n afskeid uit weerwil
waar het ek jou verloor?
teen die ewige liggame
van die dood
se onherbergsame gedagtes
-
het ek jou ge-offer
om nie weer te onthou
‘n brief, een telegram
verlate verfrommel
verwerp -
vol pret en plesier
die aandwind het ‘n
uil geword
huil hy ons nederlaag
in die bome
ondanks al die weet en nie weet
sal ek vrae wik
en gedagtes weeg
antwoorde rangskik
tot teenwigte
sou ek ideale tem
behoeftes versadig
mense vredig met dade
my amnestie lê
by vele rade
kommissies en illusies
sal winde nog wense
nog drome verwaai
roepinge verdraai
my onbelig ronddraai
daar is mense wat weet
en diegene wat wil
vergeet
abstrak en konkreet
word alles ontleed
word die malles oorreed
om te onthou
om die waarheid te
weet
en per abuis weer
te vergeet
Nederland
Tulpeland, Platteland
mooiste Nederland
bind my aan jou band
(jou band van rooi,
wit en mooiste blou)
swaai my weer, rond
en rond
skenk aan my jou geleende
grond
dan vlug ek wild en
vry - oor Vaalsenberg
na my heuwelland
my mooiste Nederland
o, Meuleland
wys my jou Rijksmuseum
Amsterdam as jou see
ween
Den Haag met elke
ster geknoop aan sy kraag
wys my weer en weer,
maar toen ik ouder
werd vroeg ik mezelf ....
"... waar is my Nederland
my mooiste Tulpeland
my Meuleland
my Platteland
O, Nimmerland
Straatweduwee
Skuiwend, wuiwend
staan jy wiegend drywend
jou tuistes lê wyd besaai,
jou huis bemors vol beelde
Lampe in jou tuine
Strydomtoring se rooi seine
anderkant jou gordyne -
lê jou voortuin se lyne
Jou gange dra name
tuinduiwe broei in jou vensterrame
in Oktober bloei Jakaranda’s jou tot
‘n dame
lag jy ingeperk tesame
Jou klerekas van glas
het jou weereens met nuwe modes verras
loopplank gekleurde tuinbank - afgebas
jou koskas vol gas
Trane in jou slaapkamer
fonteine in jou badkamer
altesamer-eensamer-geensamer
in jou sonkamer
Gekluisde drome in doringbome
slepend voort
met jou kardoesliefde aanboord
loop jy Kerkplein onverstoord
.
.
asjy kon, Josef
sou jy self
Sy kruis wou dra
tog, jy kan tevrede
rus
want die warm klanke
van jou stem
leef voort, eintlik
soveel groter
as die gemis
(Nic Swanepoel is op 29 September 1998 in Johannesburg oorlede)
.
.
.
die ondemokratiese
krag van die son
en die hoop van die
maan
ontsluit
die krag van die seë
wat alle mens-barrikades
krummel tot rommel
demokraties probeer
die
mense weer
bou met laagwater
Vryheidsdag
27 April 1994
treurig
het die wind
geween
en die haan het
gekraai
die kruik het
in twee gebars...
Delmas-Mau Mau
(16/2/99)
Tussen kakiebos
om stoetbeeste
dans
oer-bloedlusgene
met byle en messe
in sirkels
sonder begin- of eindpunt
kap die hakskeensenings af
vir die spens
.
hoeveel keer gaan ek jou nog onwillig weg
van my laat loop
en jou nat-oog-alleen laat met jou leë
hande vol hoop
hoeveel keer gaan jy nog vir my tot siens
moet sê
voordat jou kop sag op my skouer se kussing
kom lê
hoeveel sekondes, minute, ure en dae moet
jy nog wag
voordat jy soggens slaapwarmsag teen my
oor sal lag
hoeveel aande sal jy nog bang moet wees as
dit donker word
voordat ons saam die helder sterre kan tel
teen die hemelbord
hoeveel lang winternagte moet ek jou piesangkrom
bly begeer
voordat jy my eendag kaalkop die lyflekkertaal
van liefde sal leer
hoeveel aande moet ek nog na jou foto kyk
voordat die donker eensaamheid van my sal
wyk
hoeveel dae moet ek jou nog kortasem bel
voordat ek jou saans rustig van al my vreugdes
& vrese kan vertel
hoe lank sal ons nog op hierdie stasie bly
staan
terwyl die treine een vir een by ons verby
bly gaan
hoe lank sal jy nog deur my vingers bly gly
voordat ek jou aan die hart deur my drome
kan lei
hoeveel keer moet jy nog tevrede wees met
proe-proe pik
voordat ek jou toelaat om mondevol van my
geile lyf te pluk
hoe lank moet ek nog na vers-vars woorde
bly soek
voordat ek klaar kan skryf aan ons twee
se boek
hoeveel keer sal jy nog jou trane terug moet
dwing
voordat ek vir jou bosse blomme as troos
mag bring
hoeveel gedigte moet jy nog lees
voordat ek jou man mag wees
hoe lank nog, voordat ek jou
my mooi-oog, rooi-wang vrou,
mag trou
en vir altyd in my arms, teen my hart vas
mag hou?
.
.
.
Totsiens liefste, totsiens.
Dankie vir alles wat
mooi was.
Ek gaan jou verskriklik
mis.
Ook gaan ek jou aanrakings
mis -
jou opgewekte geselskap,
jou nabyheid,
die sagte kyk in jou
oë
jou speelse stemtoon
en die meeste van
alles - jou liefde
Totsiens vir eers -
want jy gaan my altyd
bybly.
Ek gaan jou sien in
die wolke en
in die sonsondergang,
in die sonsopkoms,
in elk' roos wat sal
blom,
in elk' reëndruppel
wat sal val,
in elke lied van die
wind
en in elke noot van
musiek.
Vir eers is dit
totsiens my lief,
totsiens.
Ons het te veel liefde
vir mekaar
en ons sal mekaar
net onnodiglik pynig
en daarvoor het ek
jou te lief
Dink aan ons sorgvrye
saamwees-dae
as die horison donker
lyk.
Totsiens my liefste,
totsiens.
Ek hoop ... miskien
eendag, miskien...
Onthou jy nog (Desmond Louw)
Onthou jy nog die tye
toe ons saam was.
Hoe ons dinge op ons
manier gedoen het
en verheug was oor
die verloop daarvan.
Onthou jy die vertroostinge
wat jy my aangebied het
as ek soms klein gevoel
het.
Onthou jy nog vir
... my.
Onthou jy nog oor wat
ons geselsies
altyd uit bestaan
het.
Hoe ons saam spontaan
gelag het
oor iets snaaks.
En tog ook hartseer
gevoel het,
as dit 'n tragiese
einde het.
Onthou jy dat ons
nooit ernstig was nie,
maar net plesierig
saam.
Hier waar ek op die
voorstoep
van ons witgekalkte
huisie sit,
onthou ek hoe mooi
groen die vlaktes lyk in die lente.
Ook onthou ek hoe
die grond ruik na 'n goeie reën
en dan onthou ek nog
iets -
ek onthou vir ...
jou.
Nou, egter het die
tyd verander.
Ek kan meer sê
aan jou - nou
en jy verstaan my
beter as ooit.
Ek is nie meer bang
vir my gevoelens nie.
Ek verstaan dit nie
- maar ek is nie meer bang nie.
Ek besef nou ek het
baie om te gee en tyd om te gee.
Dis nou tyd om lief
te hê en tyd om te ontvang.
Dis ook nou tyd om
te aanvaar,
'n gevoel te aanvaar
wat ons lank weggebêre het.
Dis nou tyd om vir
jou te sê en te erken
dat na al die jare
van foute en baklei en worstel
kan ek dit nie meer
beveg nie,
wil ek dit nooit,
ooit weer beveg nie.
En dus sal ons Altyd
Ons bly
tot solank as wat
die dae sal strek.
.
.
.
.
Maan
Vroegaand kom kring
jy helder stiltes
in my arms oop
waarin my hele
dag
sy lêplek vind.
In die nanag
skyn jy al witter
op die yl rafel slierte
wat bang oor
donker holtes waai.
As jy weer kom-
Bring vir my ‘n stukkie Bosveldson
wat warm
op rooi granietgruis lê
Kom vleg dit in my vingers vas
- kom lê dit in die holte my hand
- kom druk dit teen my nat koue wang
As jy weer kom -
Bring vir my die stilte
wat smiddae
by die Vaalbos
tussen die rooigras hang
.
Ek wens
Ek wens ek was nog
ongebore
baarmoeder-geborge
warm
veilig
sonder sorge
dan sou my wens wees
om elders
nuut gemetamorfoseer
gestalte te kry
in 'n beter
lewens-sfeer
miskien vind ek dan
'n beter voetpad vir gister
miskien vind ek dan
vandag
my beter-ek
my kloon-suster
Die ander ek
Altyd sorgvuldig weggesteek
onwillig
onmagtig
om deur my veldun skans te breek...
skuil
die ander ek
wat
in onbewaakte oomblikke
net vlugtig
waaksaam
kortstondig
verskyn
om weer net so sku en gou
in grap-en-lag se skadu's te verdwyn
want daar is ek veilig...
straks
onvergeeflik skynheilig...
dog
onseermaakbaar
onbereikbaar...
'n skuilte
vir die regte ek.
VLIEËR-VROU
Daar's dele van my ek-wees wat nooit meer
leef nie,
soos 'n vergane vlieër wat nooit meer
sweef nie.
Die skepsel wat die geskenk wou hê,
het die vlieër haar vryheid van vlug
ontsê.
Niemand gee om dat haar kleure verdof,
haar lyne verstrengel in verget'lheid
en stof.
Hy't vergeet om die instruksies te lees,
vergeet wat's die liefde veronderstel om
te wees.
Wil iemand hom nie tog maar sê,
die mens wat hom dra wil ook iets hê
Hy mis so baie, maar hy weet dit nie.
Hy kan als kry, maar hy ontgin dit nie.
Sy wereld is so klein en kaal.
'n Gedagte kan kwalik daarin verdwaal.
Dis nie ek wat met Bacchus rinkink nie,
nie ek wat my siel verdrink nie.
Ek weet nie hoe om die vloek te verbreek
nie,
kan nie namens hom sy rubicon oorsteek nie.
Als in my is toegesluit.
Ontvlugting word deur plig gestuit.
My lewensblad is al voos gelees.
Elke môre kan net sowel gister wees.
Ek pyn so diep dat ek bloed kan proe.
Elke dag is deurspek met déjà
vu
Sal iemand ooit weer die vlieër
vind,
vir haar 'n nuwe lyn aanbind.
Al wat sý vra is om te sweef.
Al wat èk vra is om te leef.
As dit te veel is laat my sterf.
My siel kan dan eerder in die hel rondswerf
Ek
wonder
Wanneer gaan ons weet hoe lyk dit daar onder,
daar diep onder die donker water... ek wonder.
Waar donker en stilte steeds hoogty vier.
Waar geen mens kan kom nie, miskien net
die dier.
Ek dink dit sal goed wees as dit so kan
bly.
Als kan beter sonder die mensdom gedy.
Wanneer gaan ons weet hoe lyk dit daar bo,
waar ons onverpoos speur... deur Hubble
se oë.
Wat is anderkant die verste nebula-kolke.
Hoe lyk die aarde van agter daardie gas-wolke.
Ek dink dit sal goed wees as dit so kan
bly.
Als kan beter sonder die mensdom gedy.
Wanneer gaan ons weet waar anker Saturnus
se ring
en is daar op ander planete ook...geveerde
goedjies wat sing.
Hoeveel kleure is daar nóg vir elke
kleur van ons
en ... kan mens 'n swartgat se gaatjie toe-pons.
Ek dink dit sal goed wees as dit so kan
bly.
Als kan beter sonder die mensdom gedy.
Hoe lank moet ons stilstaan om 'n ster se
geboorte te sien.
Hoeveel van ons besef... as ons opkyk en
die uitspansel sien...
hoe ver in die verlede van die heelal se
wonders ons tuur...
hoe lank die beeld van net een enkele blik
moes duur.
Ek dink dit sal goed wees as dit so kan
bly.
Als kan beter sonder die mensdom gedy.
Hoeveel biljoene eenhede tyd moet die uurglas
nóg ledig,
om ons nimmereindigende nuuskierigheid te
bevredig.
Wat is daar nóg aan die einde van
alles...
en hoekom dink ons...dat ons enig en al
is.
(Wanneer gaan ons weet...ek wonder.)
Ek dink dit sal goed wees as dit so kan
bly.
Als kan beter sonder die mensdom gedy.
.
.