.
.
. Deur kommentaar oor 'n gedig te lewer nadat jy dit gelees het, sal jy nie alleen die
digter help nie, maar ook vir ons help om uit te vind waarvan jy hou. Hierdie tuisblad is
daar vir almal om by te baat...
.
Na Skrywers-Indaba se hoofblad
. . .
. .
LYS VAN DIGTERS
G E D I G T E
Ek is 'n vrou, 'n moeder, 'n mens...
Ek is gemaak om op my knië te bly -
Op my knië om my God te dien,
Op my knië, waar my kinders die moeder in my oë kan sien.
In my huis skep ek dag en nag en dag...
Vorm en vou om 'n welkome atmosfeer te bou.
Soms woeker ek tot laat in die nag -
En dan word ek stil...
Ek is gemaak om op my voete te staan...
Om te sing en te dans, al is daar selde kans om my
drome uit te leef, kan ek
glo en bid en jubel en steeds streef.
In my drome vlieg ek oor die velde, swem ek diep onder die see.
Dan sien ek die gawe van lewe wat die Hemelse Vader ons gee.
En dan word ek stil...
Ek is gemaak om lief te hê,
Te gee, te deel - woorde van liefde te sê.
En as hy my vashou kan ek verstaan
dat daar vir ons nog 'n ewigheid van liefde verby sal gaan...
En dan word ek stil...
En dan word ek vrou.
In die stroewe, vroeë ure van die dag
Gaan Maria Magdalena na Sy graf.
Haar Meester - die een wat Israel sou verlos-
Sy blye boodskap het hom sy lewe gekos.
Sy staan nog voor die gryse graf
Met olie en balsem in die hand.
Sy plek is leeg - sy stem is stil,
Maar sy woorde in haar hart bly brand¼
Skielik skud die ganse aarde.
Die wind ruk heen en weer.
Sneeuwit, geklee soos 'n weerligstraal
Daal 'n engel uit die hemel neer.
"Kom kyk! Jou Heer het opgestaan!"
Stom, verbaas het Maria ingegaan.
"Gaan, Maria, gaan vertel:
Hy het oorwin die dood en hel!"
Engel van God:
Hoe groot is die boodskap wat jy moes bring!
Jy gee in ons wanhoop versekering.
Waar duisternis was, bring jy die lig -
Jy kom verhef ons aangesig.
Sy dissipels steeds in rou gevang,
Hoor haar woorde maar bly steeds bang.
Hul twyfel - al klink haar stem so helder.
Hul volg haar na die donker kelder.
Die engel staan toe saggies nader
Waar hul verstom voor die graf vergader.
"Jul Meester, Hy het opgestaan.
Hy het na Galilea jul vooruit gegaan."
O, Engel van die Blye Tyding,
Jy bring vreugde in ons aardse lyding!
Na 2000 jaar klink die boodskap weer:
"Julle Jesus Lewe - Hy's ewig God en Heer!"
.
.
.
.
Hoe sou die pen so dom in my vingers sit ?
Ek voel tog die gedagtes le vlak
Miskien het ek en jy
En sou ons dalk een grou oggend bots....
sou jy my toelaat om jou lief te he
die duurte van ons reis is kort
en sou jy my toelaat om jou lief te he
Weet jy van die skelm ou
Maar ons almal speel, ons ken die odds
Speel hom nou, ja spel hom weer
Maar wats die kans, ons doen dit weer
Speel hom nou, ja spel hom weer
. . .
Hulle sal nog met stootskrapers kom
Jou ou droompie
. . .
Leef soos jakkalse
. .JOHANN CARSTENS
Aspirasies
Nes 'n bol pap klei in my spastiese hande
- SHIT -
net so duskant bewussyn vasgevat
Maar sit dit neer, en wat spel dit
- PLAGIARIS -
heel uit rym geruk
Analise
dalk telkemale,
in die grou mis bymekaar verbygegly
half dom, onwetend voor die vasteland verby
Hoe sal ek weet dat jy 'n anker kan wees, 'n rots ?
Of sal ek, gedagte aan 'n flikkerende ligglans
half verskonend, links verbytrek.
Miskien
sonder voorwaarde of eis
sou jy my toelaat om met jou alles te deel
die lewe aan jou te wys
ons reis ook maar net eenmaal hier
daar is dus vir ons min tyd
om die liefde en die lewe te vier
sonder voorwaarde of eis
dan sal ek met jou alles deel
die lewe vir jou wys
Play on - Amper mens
Weet jy van die kleptomaan
Die een wat die kaarte ruil
En jou los met 'n klawer 2
En jou los met 'n donker traan
ons laat die wiel met die wit bal bots
deel die kaarte, rol die dice
die dobbel bly mos moerse nice
rol die dice maar nog 'n keer
maar wees gewaarsku, weet dit nou
agter jou staan die skelm ou
en rol die dice maar nog 'n keer
maar ky nou goed, dis weer gelaai
die is hoog, jy bly verraai
rol die dice maar nog 'n keer
maar wees gewaarsku, weet dit nou
agter jou staan die skelm ou

WILLIE DE JAGER
"HISTORY FALLS"
en al die kantstene van blouysterklip
omdolwe (deur oumense liefdevol ingemessel)
en oppie ashoop hel.
sal ook nog soos 'n seepbel
bars, dit kon nie hou
so op die sand gebou.

FM
LEWENSEIS
elkeen in sy eie gat
dit brei jou vir die lewe -
eendag word jy sat.

Dis Kersfees hier my God.
maar al reik die vreugde stede wyd
pyl die kersboom weg,
dat selfs die saxofoon -
wat uit die leë steë tussen flats -
in sharps en minors U belei,
nie verder as die dronk rumoer
van ons show piece skeppings
reik nie
My blou meneer, O blou blou see
jy wat meeuend teen die grysheid skree,
simmetries stulp, soos are klop
jou golwe skuimend uit die koute op.
Hoe kurf hul weg teen die baai se wang...
verval tot klank en mistige stank
die branders in eggo's teen klip en oor sand
en leeg van wit wil 'n misbank bedek
hoe golf op golf teen die rotse vrek...
en waters moeg in die see terug lek.
Daar skilfer van jou en vlok van my
stof-verf af
waarna al ons drome
swartgerand en swambesmet...
al swarter, doods
teen die laatlig lyk
Dit verseker Ek julle, as n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy n groot oes in. (Joh 12:24)
mag ek ryp word as die seisoen
besaai lê met somerdae
mag my wortels diep kruip in die humusaarde
mag my saad - mineraalgevul - hul stingels buig
en van gogh-geel-winterverf
oor die hoëveld gooi
mag die vure en die blink-skerp eg
net so diep vat dat
my saad
soepel in die voorjaar spruit
mag U gee dat my kiem sal groei
dat die reën wat U laat stuif
groen, sagte loof teen die winde vryf.
Die vaal Augustuswind ruk dom aan
bloeisel bespikkelde takke
gryp met gulsige vingers
na die nokke van van dakke
na 'n vatplek aan die losgeut bokant die stoep
graaf ... graaf met stofnaels
in oë en en neus ...
"Waai ... waai jou Dick King van die nuwe reën
jou touleier van die voorjaar
waai......!"
Ek het vanaand met jou gepraat
- jou kou en sluk was daar -
jou oë die silwerdoek vir my woorde
waarop lag en vrae,
peins en droom
helder blou weerkaats.
het my siel
met die strome wat oor jou lippe kom
swangervol geword,
kon my brein uit die bevrugte moes
van woord en beeld,
toon en kleur en vorm gee
aan gedagtes binne my.
Ek het vanaand met jou gepraat;
maar meer nog,
ek kon my woorde...
my eie beelde
in die grys salf
van jou oë doop.
.

.
agter elke horison
lê 'n verder horison.
elke gesigseinder ---
net die einde van sig.
kyk ek op in die lug,
staar ek oor die vertes heen
sien ek hoe groot God is.
nou het ek Sy grootheid gesien
nou kan ek hom voluit dien,
maar dan . . .
agter elke horison
lê 'n verder horison
--- nooit 'n einde aan dié Horison.
Klein en lomp huppelkind
hardloop oor die veld,
kind van blomme en die wind.
haar voet hak vas . . .
sy VAL . . .
haar lag is stil, 'n traan.
Klein en lomp huppelkind
rustig in die veld,
hy strooi blomme in die wind
sy gryp daarna . . .
sy MIS . . .
haar lag verstil, net stil . . .
Elke dag van vroeg tot nag
Van stad se straat tot myn se skag.
Gesigte-massa maal verby
Is dit ek, is dit jy?
Elke dag van uur tot uur
Van skool se bank tot kamp se vuur.
Ek leef vir my en jy vir jou
Agter ons masjers toegevou.
Maar nou...
Elke dag van môre tot aand
Van berg se top tot see se strand
Maskers af sonder vrees,
betree ons só die Lewensfees.
Sien ons nou soos wat ons is
Sien dat ons Sy kinders is.
.

.
wat kan ek vir jou saamgee,
my migrerende geliefde,
met elke keer se afskeid
soos ryp
ons jong boord rankende
- ten spyte van -
vliegtuie wat silwer hurk
op nat teer valksig wag
jou op te pik en weg te skeur,
- ten spyte van -
'n plastiek Hong Kong
bedkastydbom
tik stil tik stil tik stil
verstikkend
die godse nag lank
wagtend
ons uur te slaan
en luidkeels uit te gil
ek draai my inheemse mond na die son
en lek vir jou'n boodskap fyn soos
kondensasie: my liefde teen die lug
in die donker tuin waar ons loop
roep 'n uil fluit seer mooi, verskuil
en herhinner my aan aaronskelke oop
poele bleek jou oë weerkaats, die seer
heerlikheid van gesteelde tyd.
ek smelt vir jou die oomblik ewigheid
om aan jou hals te dra; 'n talisman swaar
en warm teen jou vel, magiese beswering
teen al jou pyn en wondbaarheid.
ek smeek jou : was my met jou oë
want ek sterf lankal reeds voortdurend
kwyn my bloed en hoor ek die ritseling
van swart vlerke; die vergadering
swart rawe van
verganklikheid.
.

.
.
Die kiewiete krysvanoggend
heel en jonk van lyf
kom ons verf met 'n breë kwas
blou geel rooi
tot die kleure al wat pla
. . .
Dr Verwoerd loop in sy hoëhakskoene
Hy skryf swart psalms neer
Op 'n windverwaaide werf
Ek is nou hier vasgebind,
En in die Hemel
Die Republiek word gebore
Sy staan teen die kosyn,
Haar hare val verby haar gesig,
Haar gesig kyk
Sy onthou iets,
Ek sien haar naaktheid
Haar oë knip en die oomblik breek,
Maar die kaal vrou
Ek onthou nog vir Jannie Els,
Ek het ingeloop by die agterdeur soos altyd,
Ek loop verby 'n wa wyd ope deur
. . .
Ek is dit
maar ek glip deur jou grensdrade
ek vleg vir jou 'n engel
. . .
vreemd dat hierdie herfs nie goud was nie
vreemd
. . .
Twee mossies op die toegee-
Geel papierhartjies
. . .
Ek het my gedagte
die wind het dit opgeraap
. . .
as ek in jou skadu
as ek vir jou kon vra
as ek jou riem
as ek saam
ek staar
en soek tevergeefs
wie by Sy fontein
. .JOPIE KOEN
Ontwikkeling
ontsteltenis uit
bo oggendspitsverkeer
oor omgedolwe aarde wat gister nog
tuiste was tussen gras
en ek huil
oor ek my bome moes merk
met linte teen 'n stootskraper
geel vir die appelkoos
ook vir die peperboom
vir die luiperdboompies was die linte rooi
742 in die seisoen van '93
het hy vertrek
die groot eksamen klaar geskryf
gister het hy teruggekom
met drukkersink verewig
in elke jaar se optelsom
(ongetiteld)
oor vandag se doek
kan selfs bietjie groen ook soek
die huis uit ja

MARIO MACCANI
(ongetiteld - 1)
en blaas vir die skare soene
terwyl die dominee en ek
saamry in die pienk Pontiac.
op die kolf van sy geweer,
en ek ry ook in hierdie optog,
soos 'n vark om 'n sog.
is daar op my rug gekerf,
seshonderd, ses en sestig Suid Afrikaanse vlaggies,
en die brandende konsertina se stem was so saggies.
vasgespyker en onbemind.
Die Engelse, die hond,
'n gebroke roos in my mond.
is dit stil
Christus lê in Maria se skoot
en wens hy was dood.
sonder oë, mond of ore,
vandag,
31 Mei 1961.
GEDAGTES
skouer en heup teen die hout,
met een voet gekruis oor die ander.
oor haar skouers en krul om haar bors,
bruin en ongekam, vergeet.
na die oop deur van haar kas,
maar haar gedagtes is elders.
en vir hierdie oomblik
is haar liggaam leeg.
en haar weerloosheid,
maar dis net in my blik.
sy is weer binne haar liggaam,
weer naak en vrou.
is by my vergete -
haar geheime wil ek graag ontklee.
DIE SWEET EN WIEROOK SAMBA
ou Els Kak Gesels.
Jannie wie se ma so mooi was,
oë soos vuur en vel soos glas.
my voete suutjies oor die duur tapyt.
Ek stap deur die stille huis,
is daar iemand tuis?
en sien alles wat daar gebeur:
Mevrou Els se hande oor 'n kaal man se lyne
en haar senutergende mooi oë kyk vas in myne.

ANNELIE MARé
Bergwind
wat jy teen die hange hoor
as jy na jou verweg plekke loop
as jy oor die bergrug vlug
na die uithoeke van jou aarde
om van die hoogste piek
jou grense te bespied
loslit roer my lyf die raasblaar
van die vlakte se groen gras
en in sy vlerke
bind ek
stile vas...

LIESEL MEYER
(ongetiteld)
nie koper of warm brons nie
en al die geel magrietjies het verlep
april se hart was hierdie jaar van ys
en ek moes vroeg gaan slaap om te vergeet

BEAUHDIEN MOZART
HOEKHUIS
teken,
twee blou spreeus op die draad.
Net jy alleen-mens,
sit sonder maat.
SEWEJAARTJIES (Drakensberg)
glinster Nuwejaarswense
van die son aan ons.

HELEN OBERHOLSER
WAAISKUIM
op die strand uitgegooi
sodat dit in die see kon verdrink,
maar die golwe spoel dit
t'rug en t'rug na my
sodat ek aanhou om aan jou te dink
en gooi dit met die waaiskuim teen my vas
en wanneer die skuim nat kolle teen my vel word
meng dit met die trane wat ek oor jou stort.

DH OCHSE
PA
kon staan
as die son my brand
wanneer die twyfel
my verteer
kon vang
as die aarde onder my oopskeur
met jou kon lag
vir tant Annie met die kierie
troosteloos
na die stom foto
vol vingermerke
verstaan
erfenis
water drink
sal sonder geweld
sonder geld
die aarde
as geskenk ontvang

kyk hoe die son aan die blare lek
sag soos 'n kwas
gedoop in amper-rooi
die dae slyt
duim vir duim
sonloser september
ek soek soggens 'n venster
om tee te slurp
saam met 'n mad hatter
en 'n muis
kraak die eerste blare
onder kousvoete
snuif aan skoorstene
en ander gerugte in die lug:
suid bloei die bome
sneeuwit
in die takke
verskroeide skelette
in die strate
breek lentereëns oop
soos die trane van 'n mock turtle
oor lywe wat bid en bedel
om 'n wonderland
waar woorde
waar word
net die eerste voëls
die gesuis van fietswiele oor nat gras
as vermomde mummies voor sonop
uit die niet verskyn
op bevel van die cox
skiet spane uit
sny deur die stilte soos 'n valbyl
gly die boot vaartbelyn
deur die mis
wat soos 'n spook
bo die water
huiwer
Ryg toe jul stewels
terwyl die trein ry -
by Ashwell gaan ons afklim:
landerye lê oopgerol
in skakerings groen sonder ophou,
hooimied se geel
en varkmis geur die veld
duskant die heining
waar 'n vikingheld gewoon het.
In 'n pub met 'n vuur
en 'n hond voor die herd,
ploughman's lunch,
en later 'n laaste sensasie:
teen 25p, fudgekoek
en 'n koppie tee
in die sysaal
van 'n katedraal
voor die skemertrein die spoor oprol.
met 'n klam lyf
wurm ek in
tussen die ander
wat jazz kom soek
koelgroen amstels stapel
oraloor die tafels
swaar is die lug
van sout en saksofoon
die lywe wieg
weeg swaar op skewe stoele
van die Moon Hotel
wat steun
onder die geel pens
van die maan
.

.
.
Ek wens...
en (hande agter die rug)
en dan, na alles
Reeds vroeg was daar
maar skraal
en so't hy
en saam
toe...
skielik word hy
op die rand maak hy toe somme
sien hy in die kas
. . .
Riffelwinde skryf
. . .
projekteer die transformasies van my brein
jy voel begeer
en met elke elektriese puls
jy word begeer
en jy weet dit
dan ontfokus jy in die massa
vir 'n leeftyd.
'n witte hemel met 'n vuurson soos die hel
Afrika
die tyd wat later stilstaan
Afrika
die reuse stuk metaal
God behoed my Afrika
ek leer jou van die bome
ek leer jou die fisika van 'n magtige son
dan vertel ek jou van die Bosbouer
O, God
dan ontwaak die sinnelose voels
*
O Vader mag ek ook vandag
*
sonder ophou kou die nag aan elke hoek,
. . .
op 'n helderblou sonskyndag
oor die randsteen gespoel
en klein poeletjies pers in die voor gelaat
. . .
Dit was vroegaand berg-op met die bus en deur
. .FANUS PIENAAR
Vir (spesiale) geëmansipeerde vrouens
liewe Helena
dat ek sonder 'n houtperd
jou Troje kon binnegaan
na die vroulik-sagte
binnemure van jou vesting
kon kyk
aan sysagte kantgordyne
kon vat
en die geure van jou vrou-wees
kon ruik
jou fassade fnuik
CUL DE SAC
('n Aftelrympie)
die bordjie
met die rooilyn T
was die lus
om ag te gee
aangetjommel
op die doodlooppad
met die massa
snuifies opium gevat
wakker uit sy sinnedroom
en alles skree en kerm soos hy rem om nie oor die afgrond
af
te
stort
nie
oor
wat
hy
het
net
'n
kaal
skelet.

BABS PRETORIUS
OUMENS
oor die duine van my lyf
arms - reëndagstyf
vryf.
Die lewe is 'n Eenbedryf
dan -
afgeskryf.

JAN ROODT
Oog
deur die kegels en die steeltjies
deur die sagbollens
oor die sysag van jou lyne
in elke sinapshuls
streel ek jou
word jou warmte ontvou
en jy lees my voelersagte kyk
totdat die oomblik wyk
en die wêreld instroom
en wat bly
is elke lyn
bedraad in 'n nat neurale net
Vir Afrika
bome ontwortel en beeste gevel
die lug spieel die ver weg
die aarde dreun van die besies
en 'n swart man knik oor sy kierie-stok
kyk na die aan-niks-kou van 'n bok
wat stoom in sy donkerte
wat sy kinners verstrooi in hul armoede
wat toeriste laat sweet onder hul hoede
wat stof maak van alle mense
Afrika
'n dag wat in bloedrooi skemer vergaan
hitte smoor die die dagdiere
en die rotte ritsel deur die gras
'n swart nag met skitterblink sterre
en die vure wat opstyg tot teen my vliegtuig se buik
wat ek afskud van my skoene
wat ek wegdryf uit my gedagte
wat ek huil voor in my hart
wat net plek het vir swart
Afrika
kokon my aan al kante met 'n yskoue vel van staal
die groot enjins asem dreunend
die geur van my kontinent
voor op die horison algiers in sig
en ek proe my laaste simonsig
Bome
(vir Jan-Dawid)
met hul tone in die grond
die gloeigroen blare en die bas
die vuurrooi vuur en die witwarm as
met strale gekettings in jaarringe
die siektes en die saad
die goed en die kwaad
wat nie skroom om te snoei nie
wat uitkap wat nie groei nie
wat nie huiwer om te offer nie
en Jesus in jou hartjie
ja, Jesus wat moes sterf
en vrede so vir sy skepsels werf
NAG
hierdie ongemak bly klou
terwyl die ure wielie-walie
hierdie pyn hou aan met kou
aan die basis van die brein
hierdie foto's weier om te bleik
flits en blits sonder om te wyk
beroep hul op die Vader
en staan vir hul wurmpies nader
die deur na U heiligdom open
my skoonwas in U bloed
die tv flitse agterlaat vir altyd
en vergeet van die motte in my goed
help my die mandelas en die fw's vergewe
vir die neem van my lewe
voorsien asseblief brood vir my gesin se ete
U lig in hierdie duisternis
U Gees
in my onwillige vlees.
beweer 'n bebaarde breytenbach
hy stuur sy vriendin na my deur
met 'n bundel vol doodse geur
en vryf sy vingers deur sy baard:
haat is 'n oneindige vraat.

GERRIE TERBLANCHE
pers reën
het die eerste druppels lente
na
benede
gestort

STEPHAN TERBLANCHE
Vlugtige Ontmoeting... (herinnering uit 1973)
die falliese poort van Jameson tot binne in die swyende
rock-grot en daar was lywe in jeans en jerseys en donker
skynsels politiek-murmurerend/mymerend in die effe lig. ek onthou.
die saal was akademies muf. en swaar.
en die geliefdes wat fluisterend vry in die plooie van die berg-ikon
en 'n kitaar iewers op die verhoog en vanuit die skemer deur die
graniet van totum legendes sien ek jou. sien ek jou. kyk ek jou
en jy my. John Vorster kon ons nie sien miskien die Here ook nie.
maar ek het jou gesien. en jy vir my. alles was sag en alles
was stil. besoekers ek en jy uit ander karmas,
werelde teenoor mekaar maar die heelal is soms
so verswelgend klein. so wesenlik klein.ek onthou
die reuk van sweet uit die plankvloer en daar was
dagga en allerhande dinge in die lug en ek was
dapper verward op my pelgrimstog.
en jy't gesit by joune en jou hare het geblink.
en ek het lank gepeins oor hoe ek jou aura kon in en jy't
geweet toe jy glimlag. toe had jy my vol in die soetheid
van jou hand en later het ons onder die note en die reuke deur
gesels en jy't my hare gestreel en gevra of ek dan wou saam
en ons het koffie gedrink
en op 'n bus geklim en deur die stilnat strate gegly
en daar't ek jou verloor. ek op my vlak en jy joune.
kastes van die wet en buite het dit oor ons bus gereen
en my bleek vrese het my bang gemaak. by 'n onbekende plek
het ek afgeklim en deur spatsels kleur en water jou
vir oulaas gesien. ek dink jy't nog jou hand uitgehou
asof jy wou waai maar daar was net die akkerboomblare
en rooi ligstrepe op die nat teer toe die grusame bus
ons vir ewig skei.

Daar buite
stroom die toeterende ongeduld
en maak 'n minibustaxi
homself ongewild.
Hier binne
drink 'n silwer eenhoring water
waar ongeskonde meisies
ongebonde skater.
Dit is lente
as die paraaf
van vorige verwondings
met die werking van
bonsende rondings wegskaaf.
Neem Callisto, Phobos en Luna,
wakende wagters by 'n groter indoena -
elk het een met wie sy in simbiose is,
maar wie sien om na Mercurius?
Selfs Uranus, die reus van gas,
het nege of tien om hom op te pas -
maar Pluto, uitgeworpe kosmiese hond,
dryf alleen in die duisternis rond.
.

.
Oor die digter: Vyg Fynbos is 'n Kapenaar en woon tans tydelik in Thailand.die fyn rooi lyntjies
trek kaarte van my gemoed
op my oge
swaar is die las
donker my visie
waar is die rus
die strelende slaap
my gedagtes hardloop in sirkels
om en om en om
ek vrees, daar is soveel vrees
vrees van my vlees
gaan jy oorlewe
gaan jy jou moeder verwyt
is jy rêrig myne
of behoort jy ook aan die wêreld
hierdie wêreld so wreed
die donkerte stry met my
nagte om sweet ek
my wraak, haat van my hart
bitter die speeksel
wat ek sluk sluk en sluk
dan kom die daglig
verlosser van die nag wat verby is
die dag wat begin net soos elke dag
die geboorte van nog 'n nag
en my oge wat bly vol sand
tot ek neerval in my waansinnigheid
dan kom haal hulle my weg
weg na die plek waar hulle
jou skuldig skuldig laat voel
en jy weet dis te laat
te laat om weer te probeer.
Soos skelms in die nag, sluip sluip
kom hulle vinniger, nader, kwader
sien die stof, die dans van die dode
krippel klim die spinnekoppe, kruip kruip
'n mooi wit gebou vir mooi wit wesens
waar woon die houer van die sleutels
daar slomer hulle in die daglig
altyd een oog oop, al kykende na die noorde
in die stilte het net die jakarandas gewieg
die vlag het liggies gefladder, skaam skaam
op 'n tak sit die hotnotsgot en wag
toe lig die wind die vlag nader, na genoeg
by die venster is n skaduwee wat sien
hoe klou die donker got aan die oranje hoekie
dan is die skaduwee weg,asof dit nooit daar was nie
soos die volk wat gekom het, tevergeefs
ek, suid-afrika, ek weën, kyk hoe skeur my hart
julle het my grond gevlek met julle bloed
swart bloed, wit bloed, oranje blanje blou
bring die einde gou,o aarde bring dit nou
hoe lank dink julle kan ek die pyn verduur
as ek dood is, wat dan, wat dan, o my weë
môre sal die son my nie meer seën nie
die hemele huil maar net jul trane moet reinig reinig
.

.